Holistiese Prent uit Openbaring

Kom deel aan ‘n interaktiewe dieper studie van die boek Openbaring saam met my ds. Jaco Jordaan elke Dinsdag en Donderdag
om 19:00 op YouTube. Beginende 31 Maart 2020.

https://www.YouTube.com/c/Teksopteks

Die Boek Openbaring begin deur om vir ons te sê dat dit “die Openbaring is van Jesus Christus wat God Hom gegee het…” is. Dus ontdek ons wie Christus is en wat Hy vir ons gedoen, doen en gaan doen in die boek.

Ons doel is om vers vir vers deur Openbaring te stap en te sien hoe die res van die Bybel die boek ontsluit. Die boek bestaan uit 404 verse waarvan 278 verse aanhalings uit die res van die Bybel is. Dus skep al die aanhalings en simbole uit die res van die Bybel ‘n pragtige prent wat Openbaring vir ons ontsluit. Dus gaan ons teks op teks gebruik om te sien wat die Woord vir ons wil skilder.

Studie 1: Die Woord

  • Openbaring 1:1,2
  • 1. DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
  • 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het. (AFR 53)

Klankgrepe (mp3): Klein (16mb) en Groot (40mb)

Studiegids 01: Die Woord – Opb-1:1,2.pdf

Studie 2: Die God van Tyd

Openbaring 1:1,3  Lees ook Opb. 22:6,10

1. DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,

3: Salig is hy wat die woorde van die profesie lees en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. –  (AFR 53)

Live – Direkte uitsending van die studie: Die God van Tyd

Klankgrepe (mp3): Klein (26mb) en Groot (48mb)

Studiegids 02: Die God van Tyd Opb 1:1,3 – Jaco Jordaan.pdf

Studie 3: Die Godheid en Sy Getuie

Openbaring 1:4-8

4JOHANNES aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,

5en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons lief gehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

6en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

7Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

8Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Klankgrepe (mp3): Klein (19mb) en Groot (57mb)

Studiegids 03 : Holistiese prent uit Openbaring – Die Godheid en Sy Getuie.pdf

Studie 4: Die Mees herhaalde belofte

Openbaring 1:7 & 22:12

7Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

12En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Klankgrepe (mp3): klein(19mb) en groot (38mb)

Studiegids 04: Die Mees Herhaalde belofte – deel1.pdf

Studie 05: Die Mees Herhaalde belofte – deel 2 – ‘n Prent uit Openbaring

Revelation 3:20–21
20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
21Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

7 EN ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
2En ek het ’n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ’n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig

Revelation 7:1–2, 14

Die getroue Israeliete uit ontsaglike gevare gered.

7 EN ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
2En ek het ’n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ’n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig

14En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Revelation 13:15–16
15En dit is hom gegee om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
16En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

Revelation 15:1

1EN ek het ’n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.

Klankgrepe (mp3): klein (25mb), groot (45mb)

Studiegids 05: Die Mees Herhaalde Belofte – deel 2

Studie 06: Die Ewige Verlossing en die Drie Tempels

Hebrews 4:14–16 (DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling)

Christus oortref die hoëpriesters van die ou verbond.

14TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
15Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
16Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Klankgrepe : klein (16mb) & groot (64mb)

Studiegids: Die Ewige Evangelie en die drie Tempels

Studie 07: Die Vrou en die Draak

Openbaring 12:1–4 (DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling)

Die vrou en die draak.

12 EN ’n groot teken het in die hemel verskyn: ’n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ’n kroon van twaalf sterre;
2en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
3En ’n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ’n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
4en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.

Klankgrepe: Klein (14mb) & Groot (42mb)

Studiegids 07: Die Vrou, die Kind en die Draak.pdf

Studie 08: Die Konglomeraat Dier

Revelation 13:1–7

13 EN ek het ’n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ’n naam van godslastering.
2En die dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd, en sy pote soos dié van ’n beer, en sy bek soos die bek van ’n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
3En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
4En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
5En ’n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.
6En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.
7Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

Studiegids: 08 Die Konglomeraat dier.pdf

Studie 09: Die vrug van Pouslike Rome

Revelation 11:1–13 (DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling)

Die twee getuies.

11 EN ’n riet soos ’n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
2Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.
3En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.
4Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
5En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
6Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
7En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
8en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
9En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ’n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.
10Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.
11En ná die drie en ’n halwe dag het ’n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ’n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
12En hulle het ’n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
13En in dié uur het daar ’n groot aardbewing gekom, en ’n tiende van die stad het geval, en seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.

Klankgrepe: klein(17mb) & groot( 67mb)

Studiegids: 09 Die Vrug van Pouslike-Rome.pdf

Studie 10: Die Lamagtige dier

Openbaring 13:11–15 (DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling)

Die dier wat uit die aarde opkom.

11EN uit die aarde het ek ’n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ’n lam en het gepraat soos ’n draak.
12En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
13Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
14En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ’n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
15En dit is hom gegee om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

Klankgrepe: klein (16mb) & groot (46mb)

Studiegids: 10 Die Lamagtige dier.pdf

Studie 11a: Die Vors van die vorste

Daniel 10:13

13maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.

Daniel 10:21

21Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael.

Daniel 12:1

12 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

Judas 9

9Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

Openbaring 12:7–8

7En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;

Klankgrepe: klein (3mb) & groot (21mb)

Studiegids: 11a Die Vors van die Vorste.pdf

Die Vors van die vorste – 69+1=70 Week Profesie

Daniel 9:24–27

24Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.
25Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ’n Gesalfde, ’n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.
26En ná die twee-en-sestig sewetalle sal ’n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ’n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ’n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.
27En hy sal een week lank met baie ’n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ’n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Klankgrepe: klein (13mb) & groot (40mb)

Studigids: 11a-en-b-Die-Vors-van-die-vorste-Die-Holistiese-prent-uit-Openbaring-Jaco-Jordaan.pdf

Studie 12: Die Heiligdom in sy regte staat herstel – 2300 aandes en morens

Daniel 8:14
14En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.

Daniel 8:19
19en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.

Daniel 8:26
26En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jý, hou die gesig geheim, want dit sien op ’n verre toekoms.

Klankgrepe: klein (13MB) & groot (52MB)

Studie 13: Vrees die God van liefde?

Openbaring 14:6-7

6EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
7En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Studiegids: 13-Vrees-die-God-van-Liefde.pdf

Klankgrepe: klein (6mb & groot (34mb)

Studie 14: Die uur van Sy Oordeel het gekom.

Openbaring 14:6-7

6EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

7En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

12Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

Heb 6:2

2van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.

Studiegids: 14 Die uur van Sy oordeel het gekom.pdf

Klankgrepe: klein (11mb) & groot (61mb)

Studie 15: Geval, geval het Babilon

Openbaring 14:8 (Opb 18)

8En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

Studiegids: 15 Geval,geval het Babilon.pdf

Klankgrepe: klein (9mb) & groot (37mb)

Studie 16: Die Wyn van Babilon

Openbaring 14:8 (Opb 18)

8En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

Studiegids: 16 Die Wyn van Babilon

Klankgrepe: klein (12mb) & groot(50mb)

Studie 17: Die derde engel boodskap – die Seël van God

Openbaring 7:3

3en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.

Openbaring 14:1,4,5

 EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. 4Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. 5En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.

Openbaring 14:9-13

9En ’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,  10sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. 11En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie—hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.12Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. 13En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf—salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

Studiegids: Die derde engel boodskap – die seël van God – Jaco Jordaan

Klankgrepe: klein (9mb) & groot(36mb)

10 replies on “Holistiese Prent uit Openbaring”

Amen, Dankie vir die Gebede. Dis net deur die werking van die Heilige Gees dat ons die Bybel se boodskap kan verstaan.

Bietjie laat weggespring en hoor jou hard en duidelik. Dankie vir die PDF lesstudies. Groete en seenwense

Goeie more. Ek gaan ‘n video oor Michael maak. Hou asb die webwerf/YouTube kanaal dop. Ek beoog om dit voor 16 Mei te doen.

Baie dankie vir die boodskap “Vrees die God van liefde” en die herhinering van wie God is. Mens is geneig om jou genade so casual te vat

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *