Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.
Inleiding:
In Christus se lewe van volkome gehoorsaamheid aan die wil van God, Sy lyding, dood en opstanding, het God die enigste middel vir die versoening van die mens se sonde voorsien, sodat diegene wat hierdie versoening duer die geloof aanneem, die ewige lewe kan hê, en sodat die hele skepping die ondeurgrondelike en heilige liefde van die Skepper kan verstaan. Hierdie volkome versoening bewys die geregtigheid van die wet van God en die barmhartigheid van Sy natuur; want dit veroordeel ons sonde én maak voorsiening vir ons vergifnis. Die dood van Christus is plaasbekledend en kwytskeldend, versoenend en vernuwend. Die opstanding van Christus verkondig God se sege oor die bose magte, en vir diegene wat die versoening aanvaar, waarborg dit hule uiteindelike oorwinning oor die sonde en die dood. Dit verklaar die Heerskappy van Jesus Christus, voor wie elke knie in die hemel en op aarde sal buig. (Joh. 3:16; Jes. 53; 1 Pet. 2:21,22; 1 Kor. 15:3,4; 1 Kor. 15:20-22; 2 Kor. 5:14,15; 2 Kor. 5: 19-21; Rom. 1:4; Rom. 3:25; Rom. 4:25; Rom. 8:3, 4; 1 Joh. 2:2; 1 Joh. 4:10; Kol. 2:15; Fili. 2:6-11.)
Die Lewe, Dood en Opstanding van Christus
‘n Opedeur gee toegang tot die middelpunt van die heelal die hemel. ‘n Stem roep: “Kom binne en kyk wat gaan hier aan!” In die Gees sien die apostel Johannes die binnekant van die troonkamer van God.
‘nGlinsterende reënboog van smarag omkring die sentrale troon, en weerlig, donder en stemme kom daaruit. Hoogwaardigheidsbekleders in wit klere en met goue krone sit op mindere trone. Terwyl ‘n loflied die ruimte vul, val die ouderlinge plat in aanbidding en werp hulle hul goue krone neer voor die troon.
‘n Engel, met ‘n boekrol wat met sewe seëls verseël is, roep uit: “Wieis waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?” (Openb. 5:2). Bedroef sien Johannes dat nie een in hemel en op aarde waardig is om die boekrol oop te maak nie. Hy ween totdat een van die ouderlinge hom troos: “Moenieween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek” (Openb. 5:5).
Terwyl hy die luisterryke troon so betrag, sien Johannes ‘nLam wat geslag was maar wat nou lewe en in die krag van die Gees staan. Terwyl die nederige Lam die boekrol neem, sing die lewende wesens en die ouderlinge ‘n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Openb. 5:9, 10). Elke skepsel in hemel en op aarde sing met hulle saam: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid” (Openb. 5:13). Waarom is hierdie boekrol so belangrik? Dit beskryf die verlossing van die mensdom uit sy verslawing aan die Satan en skilder die uiteindelike oorwinnig van God oor die sonde. Dit openbaar so ‘n volmaakte verslossing dat die gevangenes van die sonde, bloot deur hule eie keuse bevry kan word uit hul verdoemende kerker. Lank voor Sy geboorte te Betlehem het die Lam al uitgeroep: “Kyk, Ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe. Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande” Ps. 40:8, 9; vgl. Heb. 10:7). Dit was die koms van die Lam wat van die grondlegging van die wêreld af geslag is, wat die mensdom se verlossing bewerkstellig het (Openb. 13:8).
Die Reddende Genade van God
Die Skrif openbaar ‘nGod wat oorweldigend besorg is oor die redding van die mensdom. Die lede van die Godheid werk saam om mense terug te voer tot gemeenskap met hul Skepper. Jesus het God se reddende liefde beklemtoom toe Hy gesê het: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh. 3:16).
Die Skrifte verklaar: “God is liefde” (1 Joh. 4:8). Hy reik die mensdom Sy hand “met ‘n ewige liefde” (Jer. 31:3). Die God wat die uitnodiging tot verlossing rig, is almagtig, maar Sy liefde maak dit noodsaaklik dat elke mens uit eie vrye keuse daarop moet reageer (Openb. 3:20, 21). Dwang, wat strydig met Sy natuur is, kan geen deel aan Sy strategie hê nie.
Die Goddelike Inisiatief. Toe Adam en Eva gesondig het, het God die inisiatief geneem en na hulle begin soek. Toe die skuldige egpaar die geluid van hul Skepper hoor, het hulle Hom nie bly tegemoet gehardloop soos hulle voorheen gedoen het nie. Pleks daarvan het hulle weggekruip. Maar God het hulle nie verlaat nie. Hy het dringend geroep: “Waar is julle?”
Met diepe leed het God die gevolge van hul ongehoorsaamheid vir hulle uitgespel – die pyn, die moeilikhede wat hulle die hoof sou moes bied. Tog het Hy in hul absolute hopelose toestand ‘n pragtige plan uiteengesit wat hulle uiteindelik die oorwinning oor die sonde en die dood sou besorg (Gen. 3:15).
Genade of Geregtigheid? Later, ná Israel se afvalligheid by Sinai, het die Here Sy weldadige maar regverdige karakter aan Moses openbaar: “Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag” (Exod. 34:6, 7).
Die gesindheid van God is ‘n unieke samesmelting van genade en geregtigheid, van gewilligheid om te vergewe maar onwilligheid om die skuldige ongestraf te laat. Alleen in die persoon van Christus kan ons begryp hoe hierdie karaktertrekke met mekaar versoen kan word.
Vergewe of Straf? Tydens Israel se afvalligheid het God dikwels met verlange gepleit dat Sy volk hul ongeregtigheid moet bely en tot Hom moet terugkeer (Jer. 3:12-14). Hulle het Sy genadige uitnodiginge egter veronagsaam (Jer. 5:3). ‘n Onboetvaardige gesindheid wat vergifnis versmaai, maak die straf onafwendbaar (Ps. 7:13).
Hoewel God genadig is, kan Hy nie diegene vergewe wat aan hulle sonde vaskleef nie (Jer. 5:7). Daar is ‘n doel met vergifnis. God wil sondaars in heiliges verander: “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik” (Jes. 55:7). Sy verlossingsboodskap klink duidelik deur die hele wêreld: “Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie” (Jes. 45:22).
God se Toorn Teenoor die Sonde. Die oorspronklike oortreding het in die mens ‘n vyandige gesindheid teenoor God verwek (Kol. 1:21). Gevolglik verdien ons die misnoeë van God, wat ‘n “verterende vuur” teen sonde is (Heb. 12:29; vgl. Hab. 1:13). Die droewige waarheid is, “almal het gesondig” (Rom. 3:23), almal is “van nature kinders van die toorn” (Efe. 2:3; vgl. 5:6), en is onderhewig aan die dood, “want die loon van die sonde is die dood” (Rom. 6:23).
Die toorn van God is wat die Skrif God se reaksie op sonde en ongeregtigheid noem (Rom. 1:18). Die opsetlike verwerping van die geopenbaarde wil van God Sy wet – verwek Sy regmatige toorn (2 Kon. 17:16-18; 2 Kron. 36:16). G. E. Ladd het geskryf: “Mense is eties sondig; en as God hulle hul oortredinge toereken, moet Hy hulle as sondaars, as vyande, as onderhewig aan Sy Goddelike toorn beskou; want dit is ‘n etiese en godsdienstige noodsaaklikheid dat die heiligheid van God hom in toorn teen die sonde openbaar.”1 Tog verlang God terselfdertyd om die opstandige wêreld te red. Hoewel Hy alle sonde haat, is Hy liefdevol begaan oor elke sondaar.
Die Mens se Reaksie. God se handelinge met Israel het sy hoogtepunt bereik in die bediening van Jesus Christus, wat die duidelikste insig gegee het in “die uitnemende rykdom” van die genade van God (Efe. 2:7). Soos Johannes gesê het: “Ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom vol van genade en waarheid” (Joh. 1:14). “Christus Jesus,”het Paulus geskryf, “wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem” (1 Kor. 1:30, 31). Wie kan dus “die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid” verag? Geen wonder nie Paulus wys daarop dat “die goedertierneheid van God jou tot bekering wil lei” (Rom. 2:4).
Selfs die menslike reaksie op God se verlossingsaanbod het nie sy oorsprong by mense nie, maar by God. Ons geloof is maar net ‘n gawe van God (Rom. 12:3); ons bekering ook (Hand. 5:31). Ons liefde ontstaan as ‘n antwoord op die liefde van God (1 Joh. 4:19). Ons kan ons nie self van die Satan, die sonde, die lyding en die dood verlos nie. Ons eie geregtigheid is soos ‘nbesoedelde kleed (Jes. 64:6). “Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak het saam met Christus. . .want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efe. 2:4, 5, 8, 9).
Christus se Bediening van Versoening
Die goeie tyding is dat “God in Christus die wêreld met Homself versoen het” (2 Kor. 5:19). Sy versoening herstel die verhouding tussen God en die mensdom. Die teks wys daarop dat hierdie proses sondaars met God versoen, en nie God met sondaars nie. Die sleutel tot die terugbrenging van sondaars tot God is Jesus Christus. God se versoeningsplan is ‘n wonderwerk van Goddelike minsaamheid. Hy het die volste reg gehad om die mens te laat vergaan.
Soos ons reeds gesien het, was dit God wat die inisiatief geneem het om die verbroke verhouding tussen die mensdom en Homself te herstel. “Terwyl ons nog vyande was,” skryf Paulus, is ons “met God versoen. . .deur die dood van Sy Seun” (Rom. 5:10). Die gevolg is “ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het ” (Rom. 5:11).
Baie Christene beperk die woord versoening tot verlossende uitwerking van Christus se menswording, lyding en dood. In die tempeldienste het versoening egter nie net die slag van die offerlam beteken nie, maar het dit ook die priesterlike bediening van sy gestorte bloed in die heiligdom self ingesluit (vgl. Lev. 4:20, 26, 35; 16:15-18, 32, 33). Volgens hierdie Bybelse gebruik kan versoening ook na Christus se dood en Sy Midddelaarsbediening in die hemelse heiligdom verwys. As Hoëpriester wend hy daar die voordele aan van Sy volkome en volmaakte soenoffer om die mensdom met God te kan versoen.2
Vincent Taylor merk ook op dat die versoeningsleer twee aspekte het: “(a) die reddende daad van Christus, en (b) die aanwending van Sy werk deur die geloof, sowel individueel as gemeenskaplik. Saam maak hierdie twee die Versoening uit.” Hierdie insig het Hom tot die slotsom laat geraak dat “versoening sowel vir ons as in ons bewerkstellig word.”3
Hierdie hoofstuk
spits hom toe op die versoening
“soos dit die dood van Christus raak. Die versoening wat met Sy Hoëpriesterlike
bediening geassosieer word, sal later bespreek word (kyk hoofstuk 23 van
hierdie boek).
Christus se Soenoffer
Christus se soenoffer op Golgota het die keerpunt in die verhouding tussen God en die mensdom gebring. Hoewel daar boekgehou is van die mense se sondes, reken God hulle sonde as gevolg van die versoening nie teen hulle nie (2 Kor. 5:19). Dit wil nie sê dat God nie meer straf nie of dat die sonde nie langer Sy toorn ontketen nie. Dit beteken eerder dat God ‘n middel voorsien het om berouvolle sondaars te vergewe terwyl Hy steeds die reg van Sy ewige wet handhaaf.
Christus se Dood Noodsaaklik. Vir ‘n liefdevolle God wat Sy reg en geregtigheid moes handhaaf, was die soendood van Christus ‘n “morele en wetlike noodsaaklikheid”. God se “geregtigheid vereis dat daar oor die sonde geoordeel word. God moet daarom die oordeel oor die sonde uitvoer en daarom ook op die sondaar. In hierdie teregstelling het die Seun van God ons plek ingeneem, die sondaar se plek, volgens die wil van God. Die versoening was noodsaaklik omdat die mens onder die regmatige toorn van God verkeer het. Hierin is die kern van die evangelie van die vergifnis van sonde en die verborgenheid van die kruis van Christus geleë: Christus se volmaakte geregtigheid het die Goddelike geregtigheid volkome bevredig, en God is gewillig om Christus se selfopoffering in die plek van die mens se dood te aanvaar.”4
Mense wat onwillig is om die versoenende bloed van Christus te aanvaar, ontvang geen vergifnis van sonde nie, en is nog onderhewig aan die toorn van God. “Hywat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh. 3:36).
Die kruis is daarom ‘ndemonstrasie van sowel God se genade as Sy regverdigheid. “Hom [Christus] het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God – om sy geregtigheid te toon in die teenswoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is” (Rom. 3:25, 26).
Wat Bring die Soendood Teweeg? Dit was die Vader self wat Sy Seun voorgestel het “as ‘n versoening” (Rom. 3:25, Grieks Hilasterion). Die Nieu-Testamentiese hilasterion het niks te make met die heidense idee om ‘n “verwoede God tevrede te stel” of om ‘n “wraaksugtige, arbitrêre, wispelturige God te paai nie.”5 Die teks wys daarop dat “God in Sy genadige wil Christus voorgestel het as die versoening vir Sy heilige toorn oor die mens se skuld omdat Hy Christus aangeneem het as die mens se verteenwoordiger en die heilige Plaasvervanger om Sy oordeel oor die sonde te ontvang. “6
Uit hierdie oogpunt kan ‘n mens Paulus se beskrywing van Christus se dood as ‘n “gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur” (Efe. 5:2; vgl. Gen 8:21; Exod. 29:18; Lev. 1:9) verstaan. “Christus se selfopoffering was aan God welgevallig aangesien die soenoffer die skeidsmuur tussen God endie sondige mens weggeneem het omdat Christus die toorn van God oor die mens se sonde volkome gedra het. Deur Christus word die toorn van God nie in liefde verander nie, maar word ti weggekeer van die mens en deur Homself gedra”7
Romeine 3:25 bring ook aan die lig dat die sonde deur Christus se offerdood versoen of uitgedelg word. Versoening het te doen met wat die versoenende bloed vir die berouvolle sondaar doen. Hy onvervind vergifnis, verwydering van persoonlike skuld en die reiniging van sonde.8
Christus die Plaasbekledende Sondedraer. Die Skrifte hou Christus voor as die “sondedraer” van die mensdom. In treffende profetiese taal het Jesaja verklaar: “Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtihede is Hy verbrysel;. . .maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. . .Dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; Hy [het] die sonde van baie gedra” (Jes. 53:5, 6, 10, 12; vgl. Gal. 1:4). Paulus het hierdie profesie in gedagte gehad toe hy gesê het: “Christus [het] vir ons sondes gesterf volgens die Skrifte” (1 Kor. 15:3).
Hierdie tekste dui op ‘n belangrike konsep in die verlossingsplan: Die sondes en skuld wat ons verontreinig het, kan op die Sondedraer oorgeplaas word, sodat ons rein kan wees (Ps. 51:12). Die offerhandeseremonie van die heiligdom in die Ou Testament het hierdie rol van Christus aan die lig gebring. Daar het die oorplasing van die sonde van die berouvolle sondaar op die onskuldige lam sy oorplasing op Christus, die Sondedraer, voorskadu (kyk hoofstuk 4 van hierdie boek).
Watter Rol Vervul die Bloed? Die bloed het’n sentrale rol in die soenoffers van die heiligdom vervul. God het vir die versoening voorsiening gemaak toe Hy gesê het: “Die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit. . .aan julle gegee om vir julle siele versoening te doen” (Lev. 17:11). Nadat die dier geslag is, moes die priester die bloed aanwend voordat vergifnis geskenk is.
Die Nuwe Testament openbaar dat die seremonies van die Ou Testament om vergifnis, reiniging en versoening te verkry deur die plaasvervangende bloed in die versoenende bloed van Christus se offer op Golgota vervul is. In teenstelling met die Ou Testament sê die Nuwe Testament: “Hoeveel te meer sal die bloed van Christus deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reining van dooie werke om die lewende God te dien” (Heb. 9:14). Sy gestorte bloed het die versoening vir sonde bewerkstellig (Rom. 3:25). Johannes sê dat God weens Sy liefde “Sy Seun gestuur het as versoening [hilasmos] vir ons sondes” (1 Joh. 4:10).
Om saam te vat, “God se objektiewe versoeningsdaad is volbring deur die versoenende en reinigende bloed (selfopoffering) van Christus Jesus, Sy Seun. God is dus ‘sowel voorsiener as ontvanger van die versoening.’ “9
Christus die losprys
Toe die mens onder die heerskappy van die sonde beland het, het hy onderhewig geraak aan die veroordeling en vloek van die wet van God (Rom. 6:4; Gal 3:10-13). As slawe van die sonde en onderhewig aan die dood (Rom. 6:17) was daar vir hom geen ontkoming nie. “Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie” (Ps. 49:8). Alleen God het die mag om te verlos. “Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood” (Hos. 13:14). Hoe het God hulle losgekoop?
Deur Jesus, wat getuig het dat Hy “niegekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie” (Matt. 20:28; kyk 1 Tim. 2:6), het God “die gemeente van God…deur sy eie bloed verkry” (Hand. 20:28). In Christus het ons “verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade” (Efe. 1 :7; vgl. Rom. 3:24). Hy het gesterf “0mons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke” (Tit. 2:14).
Wat Het die Losprys Bewerkstellig? Die dood van Christus het God se eienaarskap van die mensdom bekragtig. Paulus het gesê “dat julle nie aan julleself behoort nie…want julle is duur gekoop” (1 Kor. 6:19,20; kyk ook 1 Kor. 7:23).
Deur Sy dood het Christus die heerskappy van die sonde verbreek, die geestelike verslawing beeïndig, die veroordeling en vloek van die wet verwyder en die ewige lewe vir alle berouvolle sondaars beskikbaar gestel. Petrus verklaar dat die gelowiges uit hulle “ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is” verlos is (1 Pet. 1:18). Paulus verklaar dat diegene wat van die slawerny van die sonde en sy dodelike vrugte verlos is, nou in diens van God staan met sy “vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe” (Rom. 6:22).
Om die loskoopbeginsel te ignoreer of te ontken, “is om die kern van die evangelie van genade uit die oog te verloor en om die grondigste motief van ons dankbaarheid aan die Lam van God te verloen.”10 Hierdie beginsel is sentraal in die lofliedere wat in die hemelse troonsaal gesing word: “U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Openb. 5:9, 10).
Christus die Mens se Verteenwoordiger
Sowel Adam as Christus – “die laaste Adam” of “die tweede Mens” (1 Kor. 15:45, 47) – verteenwoordig die mensdom. Waar die natuurlike geboorte elke mens met die gevolge van Adam se oortreding belas, ontvang elkeen wat die geestelike geboorte ondergaan die voordele van Christus se volmaakte lewe en offer. “Wantsoos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word” (1 Kor. 15:22).
Adam se ongehoorsaamheid het sonde, verdoemenis en die dood meegebring. Christus het hierdie afwaartse neiging omgekeer. In Sy groot liefde het Hy Homself aan die oordele van God oor die sonde onderwerp en die mensse verteenwoordiger geword. Sy plaasbekledende dood het die verlossing van die straf van die sonde en die gawe van die ewige lewe vir berouvolle sondaars voorsien (2 Kor. 5:21; Rom. 6:23; 1 Pet. 3:18).
Die Skrif is duidelik oor die universele aard van Christus se plaasbekledende dood. Deur “die genade van God” het Hy die dood vir elkeen ondervind (Heb. 2:9). Soos Adam, het almal gesondig (Rom. 5:12), en daarom is almal aan die dood onderhewig – die eerste dood. Die dood wat Christus vir ons almal gesmaak het, was die tweede dood – die volle vloek van die dood (Openb. 20:6; kyk hoofstuk 26 van hierdie boek).
Christus se Lewe en Verlossing
“Want as ons,m terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is” (Rom. 5:10). Dit het sowel die lewe as die dood van Christus gekos om die kloof wat deur die sonde veroorsaak is, te oorbrug. Albei is noodsaaklik en dra by tot ons verlossing.
Wat kan Christus se Volmaakte lewe vir ons Doen?
Christus het ’n rein, heilige en liefdevolle lewe gelei, involkome afhanklikheid van God. Hierdie kosbare lewe deel Hy met berouvolle sondaars as ’n geskenk. Sy volmaakte karakter word as ’n bruilofsgewaad uitgebeeld (Matt. 22:11) of ’n kleed van geregtigheid (Jes. 61:10) wat Hy voorsien om die besoedelde kleed van menslike pogings om geregtigheid te bewerkstellig, te bedek (Jes. 64:6).
Ondanks ons menslike verdorwenheid word ons hart,, met Christus se hart verenig as ons ons aan Hom onderwerp; ons wil smelt saam met sy wil, die gesinheid word een met Sy gesindheid en die gedagtes word deur hom gevangene geneem; dan leef ons Sy lewe. Ons is met Sy kleed van geregtigheid gedek. As God na die gelowige berouvolle sondaar kyk, sien Hy nie die haaktheid of gebreklikheid van die sonde nie, maar die kleed van geregtigheid wat deur Christus se volmaakte gehoorsaamheid aan die wet gevorm word.11 Niemand kan waarlik regverdig wees tensy hy deur hierdie kleed bedek word nie.
In die gelykenis van die bruilofskleed is die gas wat in sy eie klere opgedaag het, nie weens ongeloof uitgewerp nie. Hy het die uitnodiging na die banket aangeneem (Matt. 22:10). Maar om te kom was nie genoeg nie. Hy het die bruilofskleed nodig gehad. Om voor die Koning te kan verskyn, het ons ook Christus se volmaakte lewe nodig, naamlik Sy regverdige karakter.
Dit is nie net nodig dat sondaars se skuld gedelg worde nie, hulle bankrekening moet ook weer herstel word. Ons het meer nodig as om uit die gevangenis vrygelaat te word, ons moet aanageneem word in die gesin van die Koning. Die middelaarsbediening vandie herrese Christus het die tweevoudige doel om te vergewe en te klee – die aanwending van Sy dood en lewe tot ons lewe en ons status voor God. Golgota se “dit is volbring” het die voleinding van ‘n volmaakte lewe en volmaakte offer aangekondig. Sondaars het albei nodig.
Die Besieling van Christus se Lewe. Christus se lewe op aarde het aan die mens ook ‘n model verskaf van hoe om te lewe. Petrus het byvoorbeeld die wyse waarop Hy op beledigings gereageer het as ‘n voorbeeld vir ons aanbeveel (1 Pet. 2:21-23). Hy wat soos ons gemaak is, wat in alle opsigte net soos ons versoek is, het getoon dat diegene wat hulle op God se krag verlaat, nie in die sonde hoef te volhard nie. Die lewe van Christus bied die versekering dat ons ‘n lewe van oorwinning kan lei. Paulus het getuig: “Ekis tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Filip. 4:13).
Christus se Opstanding en Verlossing
“AsChristus nie opgewek is nie,” sê Paulus, “dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julIe geloof,” en “dan is julle nog in julle sondes” (1 Kor. 15:14, 17). Jesus Christus is fisiek opgewek” (Lukas 24:36-43), het as Godmens na die hemel opgevaar, en het Sy kritiese taak as Middelaar aan die regterhand van God die Vader begin (Heb. 8:1,2; kyk hoofstuk 4 van hierdie boek).
Die opstanding van Christus het ‘n betekenis aan die kruis gegee wat die ontstelde dissipels nie op die Vrydag van die kruisiging kon besef nie. Sy opstanding het hierdie manne in ‘n gedugte mag omgeskep wat die verloop van die geskiedenis verander het. Die opstanding wat nooit van die kruisiging geskei moet word nie – het die middelpunt van hul sending geword. Hulle het die lewende, gekruisigde Christus verkondig wat oor die bose magte geseëvier het. Hierin was die krag van die apostoliese boodskap.
“Die opstanding van Christus,” het Philip Schaff geskryf, “is by uitstek ‘n toetsvraag waarvan die waarheid van die Christelike godsdiens afhang. Dit is of die grootste wonderwerk of die grootste dwaling in die geskiedenis.12 Wilbur M. Smith se kommentaar is: “Die opstanding van Christus is werklik die vesting van die Christelike geloof. Dit is die leer wat die wêreld in die eerste eeu omgekeer het, wat die Christelike leer by uitnemendheid bo die Judaïsme en die heidense godsdienste van die Mediterreense wêreld verhef het. As dit moet verval, dan verval ook alle ander aspekte wat lewensnoodsaaklik en enig in die evangelie van die Here Jesus Christus is: “As Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos” (1 Kor. 15:17).”13 Christus se huidige bediening vind sy grondslag in Sy dood en opstanding. Hoewel die soenoffer op Golgota toereikend en volkome was, sou ons sonder die opstanding geen versekering gehad het dat Christus Sy Goddelike sending op aarde met welslae afgehandel het nie. Dat Christus opgestaan het, bevestig die werklikheid van ‘n lewe oorkant die graf, en demonstreer die waarheid van God se belofte van die ewige lewe in Hom.
Die Gevolge van Christus se Reddingsbediening
Christus se versoningsbediening raak nie net die mensdom nie, maar ook die ganse heelal.
Versoening Dwarsdeur die Heelal. Paulus bring die omvang van die Christus se verlosssing in en deur die kerk aan die lig: “. . .sodat nou deur die gemeente aan die owerede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word” (Efe. 3:10). Voorts verklaar hy ook dat dit God deur Christus behaag het “dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen. . .die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele” (Kol. 1:20). Paulus openbaar die verbysterende gevolge van hierdie versoening: “Sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie wat op die aarde en wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader” (Filip. 2:10, 11).
Die Regverdigbewysing van die Wet van God. Christus se volkome soenoffer het die regverdigheid en goedheid of geregtigheid van God se heilige wet sowel as Sy genadige gesindheid gehandhaaf. Die dood en losprys van Christus het voldoen aan die eise van die wet (dat die sonde gestraf moet word), terwyl die berouvolle sondaars deur sy barmnhartigheid en genade regverdig verklaar. Paulus het gesê: “Want God het. . .die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” (Rom. 8:3, 4).
Regverdiging. Versoening word alleen van krag as vergifnis aanvaar word. Die verlore seun is met sy vader versoen toe hy sy vader se liefde en vergifnis aangeneem het.
“Diegene wat deur die geloof aanneem dat God die wêreld met Homself in Christus versoen het en wat hull aan Hom onderwerp, sal die waardevolle gawe van regverdiging van God ontvang met sy onmiddellike vrugte van vrede met God. Romeine 5:1. Gelowiges wat regverdig verklaar is, is nou nie langer onderhewig aan die toorn van God nie, maar het nou die gunstelinge van God geword. Met volle toegang tot die troon van God deur Christus, ontvang hulle die krag van die Heilige Gees om al die skeidsmure van vyandigheid tussen mense af te breek, soos gesimboliseer deur die vyandigheid tussen Jood en nie-Jood. (Kyk Efe. 2:14-16).”14
Die Vergeefsheid van Verlossing Deur Werke. God se bediening van versoening toon die vergeefsheid van die mens se pogings om verlossing deur die werke van die wet te verwerf. Insig in die genade van God lei tot die aanvaarding van die regerdigende geregtigheid wat deur geloof in Christus beskikbaar is. Die dankbaarheid van diengene wat vergifnis beleef het, maak gehoorsaamheid ’n lus; werke is dus nie die basis van verlossing nie, maar die vrug daarvan.15
‘n Nuwe Verhouding met God. Die belewenis van die genade van God, wat Christus se volmaak gehoorsame lewe, Sy geregtigheid en Sy soendood as ‘n vrye gawe aanbied, lei tot ‘n grondiger verhouding met God. Dankbaarheid, lof en blydskap ontstaan, gehoorsaming word ‘n vreugde, die studie van Sy Woord word ‘n lus, en die gees word ‘n gewillige woning vir die Heilige Gees. ‘n Nuwe verhouding tussen God en die boetvaardige sondaar ontstaan. Dit is ‘n gemeenskap wat op liefde en aanbidding berus, eerder as op vrees en pligsbesef (vgl. Joh. 15;1-10).
Hoe meer ons die genade van God in die lig van die kruis verstaan, hoe minder eiegeregtig sal ons voel en hoe meer sal ons besef hoe geseënd ons is. Die krag van dieselfde Heilige Gees wat in Christus vaardig was toe Hy uit die dood uit opgestaan het, sal ons lewens verander. Pleks van mislukking sal ons daagliks die oorwinning oor die sonde ondervind.
Sendingmotivering. Die aangrypende liefde wat in God se versoeningsbediening deur Jesus Christus geopenbaar word, motiveer ons om die evangelie met ander te deel. As ons dit self beleef het, kan ons die feit nie geheim hou nie dat God die sonde nie sal toereken vir diegene wat Christus se offer vir die sonde aanvaar nie. Ons sal die roerende uitnodiging van die evangelie, “Laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Kor. 5:20, 21) aan ander meedeel.
Videos en Klankbane:
Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Vrae:
Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.
TERUGVOER
Addisionele hulpbronne:
Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Verwysings:
1. George E. Ladd, A Theology of the New Testament (Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1974), bl. 453.
2. Vir In volledige bespreking van hierdie Bybelse konsep, kyk Seventh-day Adventists Answer Questions on Doctrine (Washington, D.C.: Review and Herald, 1957), bl. 341-355.
3. Vincent Taylor, The Cross of Christ (Londen: Macmillan, 1956), bl. 88, 89.
4. Hans K. LaRondelle, Christ Our Salvation (Mountain View, CA: Pacific Press, 1980), bl. 25,26.
5. Raoul Dederen, “Atoning Aspects in Christ’s Death,” in The Sanctuary and the Atonement, reds. Arnold V. Wallenkampi en W. Richard Lesher (Washington, D.C.: [Biblical Research Institute of the General Conference of Seventh-day Adventists], 1981), bl. 295. Hy het bygevoeg: “Onder die heidene is versoening as iets beskou wat die aanbidder self kon doen om ‘n verandering van gesindheid by die godheid teweeg te bring. Hy het sy god as’t ware omgekoop om hom met guns te bejeen. In die Skrifte word versoening voorgehou as iets wat uit die liefde van God ontstaan” (Ibid., bl. 317).
6. LaRondelle, bl. 26.
7. Ibid., bl. 26,27.
8. Dederen, bl. 295.
9. LaRondelle, bl. 28. Die aanhaling in hierdie verwysing was uit H. G. Link en C. Brown, “Reconciliation:’ The New International Dictionary of New Testament Theology (Grand Rapids, MI: Zondervan, 1978), deel3, bl. 162.
10. LaRondelle, bl. 30.
11. Kyk White, Die Gelykenisse van Christus, (Sentinel-Uitgewery, Rosmeadlaan 67, Kenilworth, KeP.)
12. Philip Schaff, History of the Christian Church (Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1962), deel 1, bl. 173.