Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.
Inleiding:
Die man en die vrou is na die beeld van God gemaak met persoonlikheid en die vermoë en vryheid om te dink en te handel. Hoewel hulle as vrye wesens geskep is, is elk ‘n onverdeelbare geheel van liggaam, verstand en gees, wat van God afhanklik is vir die lewe, asem en al die ander dinge. Toe ons stamouers God ongehoorsaam was, het hulle hul afhanklikheid van Hom verloën en hul bevoorregte staat voor God verbeur. Die beeld van God in hulle is geskend en hulle het aan die dood onderhewig geword. Hul afstammelinge deel hierdie sondige natuur en die gevolge daarvan. Hulle word gebore met swakhede en met neiginge tot die bose. Maar God het in Christus die wêreld met Hom versoen, en deur Sy Gees herstel Hy die beeld van hul Maker aan berouvolle sterflinge. Hulle is vir die verheerliking van God geskape en is geroepe om Hom en mekaar lief te hê, en om hul omgewing op te pas. ( Gen. 1:26-28; Gen. 2:7; Ps. 8:4-8; Hand. 17:24-28; Gen. 3; Ps. 51:5; Rom. 5:12-17; 2 Kor. 5:19,20; Ps. 51:10; 1 Joh. 4:7,8,11,20; Gen. 2:15. )
Die Natuur van die Mens
En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis. “God het nie hierdie kroon op Sy skepping in aansyn geroep nie. Nee, Hy het liefderyk gebuk om hierdie nuwe skepsel uit die stof van die aarde te vorm.
Die bekwaamste beeldhouer op aarde sou nooit so ‘nedele wese kon skep nie. Moontlik sou Michelangelo ‘n treffende uiterlike afbeelding kon gemaak het, maar wat van die anatomie en fisiologie wat so noukeurig ontwerp is vir sowel funksie as skoonheid?
Die volmaakte beeld het daar gelê – elke haar, elke wimper en nael was op sy plek – maar God het nog nie klaar gewerk nie. Die man moes nie stof versamel nie hy moes leef, dink, skep en heerliker word.
Gebukkend oor hierdie manjifieke vorm het die Skepper “in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword” (Gen 2:7; vgl. 1:26). Omdat Hy bewus was van die mens se behoefte aan geselskap, het God vir hom ” ‘n hulp” gemaak “watby hom pas”. God het ‘n diepe slaap” op Adam laat val, en terwyl Adam geslaap het, het God een van Adam se ribbebene uitgehaal en daarvan ‘n vrou gemaak (Gen. 2:18, 21, 22). “En God het die mens geskape na sy beeld na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.” ‘n Tuinverblyf, pragtiger as die mooiste op aarde vandag, is aan Adam en Eva gegee. Daar was bome, klimplante, blomme, heuwels en dale – almal deur die Meester self versier. Twee besondere bome, die boom van die lewe en die boom van die kennis van goed en kwaad, was aanwesig. God het aan Adam en Eva die vergunning gegee om van elke boom te eet, behalwe die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen. 2:8, 9, 17).
So is die kroon tot die Skeppingsweek volbring. “Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en – dit was baie goed” (Gen. 1:31).
Die Ontstaan van die Mens
Hoewel baie mense tans glo dat die mens van die laer diervorms afkomstig is en die resultaat is van natuurlike prosesse wat biljoene jare geneem het, kan so ‘n idee nie met die Bybelse verslag versoen word nie. Dat mense onderhewig was aan ‘n proses van verwording is noodsaaklik vir die Bybelse siening van die natuur van die mens.1
God het die Mens Gemaak. Die ontstaan van die menseras is in ‘n Goddelike raadsbesluit bepaal. God het gesê: “Laat Ons mense maak” (Gen. 1 :26). Die meervoudige “Ons” verwys na die Drie-enige God – God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees (kyk hoofstuk 2 van hierdie boek). Dus het ‘n eensgesinde God die mens begin maak (Gen. 1:27).
Uit die Stof van die Aarde Gemaak. God het die mens “uit die stof van die aarde” gemaak (Gen. 2:7). Hy het reeds bestaande stof gebruik, maar nie ander lewensvorme soos see- of landdiere nie. Eers nadat Hy elke orgaan gevorm en op sy plekgesit het, het Hy “die asem van die lewe” ingeblaas wat van die mens ‘n lewende wese gemaak het.
Volgens ‘n Goddelike Model Geskape. God het al die ander diere – visse, voëls, reptiele, insekte, soogdiere, ensovoorts “volgens hul soort” gemaak (Gen. 1:21, 24, 25). Elke spesie het ‘n tipiese eiesoortige vorm gehad met die vermoë om sy eie soort voort te bring. Die mens is egter op die Goddelike model geskoei, en nie volgens die diereryk nie. God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis” (Gen. 1:26). Daar is ‘n duidelike breuk tussen die mens en die diereryk. Lukas se stamboom van die mens se herkoms sê eenvoudig maar veelseggend: “Adam, die seun van God” (Lukas 3:38).
Die Mens se Verhewe Stand. Die skepping van die mens was die hoogtepunt van die ganse Skepping. God het die mens, wat na die beeld van die almagtige God geskape is, oor die aardse planeet en alle dierelewe aangestel. L. Berkhof sê van Adam: “Dit was sy plig en voorreg om die ganse natuur en alle geskape wesens wat onder sy heerskappy geplaas is, onderdanig aan sy doel en wil te maak, sodat hy en sy hele heerlike ryk die almagtige Skepper en Heer van die heelal kon verheerlik. Gen. 1:28; Ps. 8:4-9.2
Die Eenheid van die Menseras. Die geslagslyste in Genesis toon dat die verskillende geslagte ná Adam en Eva almal van die eerste paar afgestam het. As mense deel ons dieselfde natuur, wat ‘n genetiese en genealogiese eenheid vorm. Paulus het verklaar: “Hy [God] het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon” (Hand. 17:26).
Ons sien boonop ander aanduidings van die organiese eenheid van ons ras in die Bybelse verklaring dat Adam se oortreding die sonde en dood oor almal gebring het, en in die voorsiening van verlossing vir almal deur Christus (Rom. 5:12, 19; 1 Kor. 15:21, 22).
Die Eenheid van die Menslike Natuur
Wat is die kenmerkende onderdele van die mens? Bestaan hy uit verskillende komponente, soos ‘n liggaam, ‘n siel en ‘n gees?
Die Asem van die Lewe. “God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword” (Gen. 2:7).
Toe God die elemente van die aarde in ‘n lewende wese verander het, het Hy “die asem van die lewe” in die neus van die lewelose Adam “geblaas.” Hierdie asemvan die lewe is “die asem van die Almagtige” wat lewe gee (Job 33:4) – die vonk van die lewe. Ons kan dit vergelyk met die elektriese strome wat, as hulle deur verskillende elektriese komponente vloei, ‘n lewelose, grys glaspaneel aan ‘n kas in ’n polsende vertoon van kleur en aksie verander – as ons die skakel van’n kleurtelevisiestel druk. Die elektrisiteit bring klank en beweging waar daar eers niks was nie.
Die Mens –‘n Lewende Siel. Wat het die asem van die lewe gedoen? Toe God die mens uit die elemente van die aarde gevorm het, was al die organe aanwesig: die hart, longe, niere, lewer, milt, brein, ensovoorts -almal volmaak maar leweloos.
Toe het God in hierdie lewelose stof die asem van die lewe geblaas en “die mens [het] ‘n lewende siel geword.”
Die Skrif se vergelyking is eenvoudig: die stof van die aarde (elemente) + die asem van die lewe = ‘n lewende wese, of lewende siel. Die vereniging van die aarde se elemente en die asem van die lewe het ‘n lewende wese, of siel, voortgebring.
Hierdie “asem van die lewe” is nie tot mense beperk nie. Elke lewende wese besit dit. Die Bybel skryf die asem van die lewe toe aan sowel die diere wat in Noag se ark ingegaan het as die wat nie ingegaan het nie (Gen. 7:15,22).
Die Hebreeuse uitdrukking in Genesis 2:7 wat as” lewende siel” vertaal is, is nefesj Tsjaia. Hierdie uitdrukking word nie tot die mens beperk nie, want dit verwys ook na seediere, insekte, reptiele en landdiere (Gen. 1:20, 24; 2:19).
Nefesj, wat as “wese”of “siel” vertaal word, is afgelei van nafasj, wat beteken “om asem te haal.” Die Griekse ekwivalent in die Nuwe Testament is psuche. “In soverre asem die mees voor die hand liggende teken van lewe is, beskryf nefesj die mens as ‘n lewende wese, ’n persoon.”3 Wanneer dit na diere verwys, soos in die Skeppingsverhaal, beskryf dit hulle as lewende wesens wat God geskape het.
Daar kan gerus op gelet word dat die Bybel sê dat die mens ‘n lewende siel geword het. Daar is geen aanduiding in die Skeppingsverhaal dat die mens ‘n siel ontvang het nie – een of ander afsonderlike entiteit wat met die Skepping met die mens se liggaam verenig is nie.
‘n Onverdeelbare Eenheid. Hoe belangrik die Skeppingsverhaal is om die natuur van die mens behoorlik te kan verstaan, kan nie oordryf word nie. Deur sy organiese eenheid te beklemtoon, beeld die Skrif die mens as ‘n geheel. Watter verband hou die siel en gees dan met die natuur van die mens?
1. Die Bybelse betekenis van siel. Soos ons reeds gesê het, is “siel” in die Ou Testament ‘n vertaling van nefesj. In Genesis 2:7 beskryf dit die mens as ’nlewende wese nadat die asem van die lewe in die fisieke liggaam ingeblaas is wat uit die elemente van die aarde gevorm was. “Net so ontstaan ‘n nuwe ‘siel’ wanneer ‘n kind gebore word, en elke siel is ‘n nuwe eenheid van lewe wat uniek verskillend en afsonderlik is van ander soortgelyke eenhede. Die gehalte van individualiteit in elke lewende wese, wat ‘n unieke entiteit uitmaak, is waarskynlik deur die Hebreeuse woord nefesj beklemtoon. Waar dit in hierdie sin gebruik word, is nefesj nie ‘n deel van ‘n persoon nie; dit is die persoon, en in sommige gevalle word dit vertaal as ‘mens’ (kyk Gen. 14:21); of ‘self’ (Lev. 11:43; 1 Kon. 19:4; Jes. 46:2 ensovoorts).
“Aan die ander kant is uitdrukkings soos ‘mysiel,’ ‘jou siel,’ ‘sy siel’ ensovoorts oor die algemeen idiome vir die voornaamwoorde ‘ek,”my,’ ‘jou,’ ‘hy’ ensovoorts (kyk Lev. 19:8; Jos. 23:11 [in Afrikaans word die woord ‘self’ dikwels in die plek van ‘siel’ gebruik – Vertaler]). In ander gevalle in die Ou Testament word nefesj as ‘lewe’ vertaal (Job 2:4-6; Ps. 31:14).
“Dikwels verwys nefesj na begeertes, eetlus of hartstogte (kyk Deut. 23:24; Spr. 23:2; Pred. 6:7; Ps. 105:2: Jer. 34:16). Dit kan na die setel van geneenthede verwys (Gen. 34:3). In Numeri 31:19 word die nefesj ‘doodgemaak,’ en in Rigters 16:30 sterf dit (vertaal as ‘my’). In Numeri 5:2 is dit ‘n ‘n ‘lyk’ en in hoofstuk 9:6 ‘nmens’ en in albei gevalle verwys dit na ‘n lyk (vgl. Lev. 19:28; Num. 9:7, 10).
“Die gebruik
van die Griekse woord psuche in die Nuwe Testament is soortgelyk aan
die in die Ou Testament. Dit word vir sowel die lewe van ‘n dier as van ‘nmens gebruik (Openb. 16:3).
Dit word ook as ‘lewe’ of ‘lewens’ vertaal (kyk Matt. 2:20; 6:25; 16:25). In
sommige gevalle verwys dit na ‘siele’ (kyk Hand. 7:14; 27:37; 1 Pet. 3:20;
ensovoorts), of ‘mense’ (Rom. 13:1). In ander gevalle staan dit vir die persoonlike
voornaamwoord (kyk Matt. 12:18; 2 Kor. 12:15; ensovoorts), Soms verwys dit na
die emosies (Markus 14:34; Lukas 2:35), en na die gees (Hand. 14:2; Filip.l:27)
of die hart (Efe. 6:6).”4
Die psuche is nie onsterflik nie, maar is onderhewig aan die dood (Openb.16:3). Dit kan vernietig word (Matt. 10:28).
Bybelse aanduidings is dat nefesj en psuche soms na die hele mens verwys en ander kere na ‘n besondere aspek van die mens, soos die geneenthede, emosies, eetlus en gevoe1ens. Hierdie gebruik toon egter hoegenaamd nie dat die mens ‘n wese is wat uit twee afsonderlike dele bestaan nie. Die liggaam en die siel bestaan saam; saam vorm hulle ‘nonverdeelbare eenheid. Die sie1 het geen bewuste bestaan buite die liggaam nie. Daar is geen teks wat aandui dat die siel die liggaam as ‘n bewuste entiteit oorleef nie.
2. Die Bybelse betekenis van gees. Waar die Hebreeuse woord nefesj as siel vertaal word, en op individualiteit of persoonlikheid dui, verwys die Hebreeuse woord roeag in die Ou Testament, wat as gees vertaal word, die lewensvonk wat noodsaaklik is vir die individuele lewe. Dit staan vir die Goddelike energie, of die lewensbeginsel wat die mens tot lewe aktiveer.
“Roeag” kom 377 maal in die Ou Testament voor en word meesal vertaal as ‘gees,’ ‘wind,’ of ‘asem’ (Gen. 8:1, ensovoorts). Dit word ook gebruik om lewenskrag aan te dui, soos ‘gees’ in Rigters 15:19 gebruik word, dit word vertaal as moed (Jos. 2:11), as opgewondenheid (Rig. 8:3), gesindheid (Jes. 54:6); sedelike karakter (Eseg. 11:19), en die setel van die emosies (1 Sam. 1:15).
“In sy betekenis as asem is die mens se roeag identies met die roeag van diere (Pred. 3:19). Die roeag van die mens verlaat die liggaam met die dood (Ps. 146:4) en keer terug na God (Pred. 12:7; vgl. Job 34:14). Roeag word dikwels gebruik vir die Gees van God, soos in Jesaja 63:10. In die Ou Testament word roeag nooit, sover dit die mens betref, gebruik om ‘n intelligente entiteit voor te stel wat afsonderlik van die fisieke liggaam kan voel nie.
“DieNuwe Testament se weergawe van roeag is pneuma, ‘gees,’ van pneu, ‘om te blaas,’ of ‘om asem te haal.’ Soos met roeag is daar niks inherent in die woord pneuma wat ‘n entiteit in die mens aandui wat tot ‘n bewuste bestaan buite die liggaam in staat is nie, en ook gee die NuweTestament se gebruik in verband met die mens geen aanduiding van so ‘n begrip nie. In Skrifgedeeltes soos Romeine 8:15; 1 Korinthiërs 4:21; 2 Timotheüs 1:7; 1 Johannes 4:6 dui pneuma op ‘luim,’ ‘gesindheid,’ of ‘gevoel.’ Dit word ook van verskillende aspekte van die persoonlikheid gebruik, soos in Galasiërs 6:1; Romeine 12:11; ensovoorts. Soos met roeag, word die pneuma aan die Here afgegee met die dood (Lukas 23:46; Hand. 7:59). Soos roeag word pneuma ook gebruik om die Gees van God aan te dui (1 Kor. 2:11, 14; Efe. 4:30; Heb. 2:4; 1 Pet. 1:12; 2 Pet.1:21; ensovoorts).”5
3. Eenheid van liggaam, siel en gees. Wat is die verhouding tussen liggaam, siel en gees? Wat is die invloed van hierdie verhouding op die eenheid van die mens?
a. ‘n Tweevoudige eenheid. Hoewel die Bybel
die natuur van die mens as ‘n eenheid sien, gee dit nie ‘ n presiese omskrywing
van die verhouding tussen liggaam, siel en gees nie. Soms word siel en gees in
gebruik omgeruil. Let op hul gelykheid in Maria se vreugdebetoon ná die
aankondiging: “Mysiel
maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker” (Lukas
1:46, 47).
In een geval beeld Jesus die mens uit
as liggaam en siel (Matt. 10:28), en in ‘n ander geval doen Paulus dit as
liggaam en gees (1 Kor. 7:34). In eersgenoemde geval verwys siel na die
mens se hoër fakulteit, vermoedelik sy verstand, waarmee hy met God gemeenskap
hou. In laasgenoemde geval verwys gees na hierdie verhewe vermoë. In
albei gevalle sluit die liggaam die fisieke
asook die emosionele aspekte van die persoon in.
b. ‘n Drievoudige eenheid. Daar is een uitsondering op die algemene uitbeelding van die mens as bestaande uit ‘n tweeledige eenheid. Paulus, wat verwys het na die tweevoudige eenheid van liggaam en gees, het ook van ‘n drievoudige eenheid gepraat. Hy sê: “En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkorns van onse Here Jesus Christus” (1 Thess. 5:23). Hierdie teks dra Paulus se begeerte oor dat nie een van hierdie aspekte van die persoon uit die proses van heiligmaking uitgesluit moet word nie.
In hierdie geval kan gees verstaan word as “die hoër beginsel van intelligensie en denke waarmee die mens bedeel is, en waarmee met God deur Sy Gees gekommunikeer kan word (kyk Rom. 8:16). Dit is deur die vernuwing van die gees deur die werkinge van die Heilige Gees dat die individu na die beeltenis van Christus verander word (Kyk Rom. 12:1,2).
“Met ‘siel’ … waar dit van die gees onderskei word, kan die deel van die natuur van die mens verstaan word wat uitdrukking vind deur die instinkte, emosies en begeertes. Ook hierdie deel van’n mens se natuur kan geheilig word. Wanneer die gees deur die werking van die Heilige Gees in ooreenstemming met die gees van God gebring word en die geheiligde rede die heerskappy oor die laer natuur voer, sal die impulse, wat andersins teen God gekant is, aan Sy wil onderworpe wees.”6
Die liggaam, wat deur of die hoër of die laer natuur beheers word, is die fisieke konstitusie – vlees, bloed en been.
Paulus se volgorde van eers die gees, dan die siel en daarna die liggaam, is geen toeval nie. As die gees geheilig is, is die gedagte onder die beheer van God. Op sy beurt sal die geheiligde verstand ‘n heiligmakende invloed op die siel hê, met ander woorde, die begeertes. gevoelens en emosies. Die mens in wie die heiligmaking plaasvind, sal nie sy liggaam misbruik nie, en dus sal sy liggaamlike gesondheid floreer. Die liggaam word dus die geheiligde instrument waardeur die Christen sy Here en Verlosser kan dien. Paulus se beroep om heiligmaking is diep gewortel in die begrip van die eenheid van die menslike natuur, en openbaar dat ‘ n doeltreffende voorbereiding vir die wederkorns van Christus die voorbereiding van die hele mens beteken – gees, siel en liggaam.
c. ‘n Onsigbare, simpatieke eenheid. Dit is duidelik dat elke mens ‘n onverdeelbare eenheid is. Die liggaam, siel en gees funksioneer in noue samewerking, wat ‘n intens simpatieke verhouding tussen ‘n mens se geestelike, verstandelike en fisieke vermoëns aandui. Gebreke op die een gebied sal die ander twee benadeeI. ‘n Siek, onrein of verwarde gees of gemoed het ook’n nadelige uitwerking op ‘n mens se emosionele en liggaamlike gesondheid. Die teenoorgestelde is ook waar. In swak, siek of lydende fisieke konstitusie sal gewoonlik ‘n mens se emosionele en geestelike gesondheid benadeel. Die uitwerking wat die vermoëns op mekaar het, beteken dat elke individu ‘n Godgegewe verantwoordelikheid het om sy vermoëns in die beste toestand moontlik te hou. Om dit te doen, is ‘n noodsaaklike deel van die mens se herstel na die beeld van die Skepper.
Die Mens na die Beeld van God
Die mens wat God op die sesde dag van die Skepping gemaak het, is “na die beeld van God”geskape (Gen. 1:27). Wat beteken dit om na die beeld van God gemaak te wees?
Geskape na die Beeld en Gelykenis van God. Daar word dikwels beweer dat die mens se sedelike en geestelike dimensies iets omtrent die sedelike en geestelike natuur van God aan die lig bring. Maar aangesien die Bybel leer dat die mens uit ‘n onverdeelbare eenheid van liggaam, gees en siel bestaan, moet die mens se fisieke eienskappe op een of ander wyse ook ‘n weergawe van God se beeld wees. Maar is God dan nie ‘n gees nie? Hoe kan ‘nwese wat gees is dan met enige vorm of gedaante geassosieer word?
‘n Kort studie van die engele toon dat hulle, soos God, geestelike wesens is (Heb. 1:7, 14). Tog verskyn hulle altyd in menslike gedaante (Gen. 18:1-19:22; Dan. 9:21; Lukas 1:11-38; Hand. 12:5-10). Kan dit wees dat ‘n geesteIike wese ‘n “geestelike liggaam” kan hê met ‘n gedaante en gelaatstrekke (vgl. 1 Kor. 15:44)?
Die Bybel dui aan dat party mense God se wese gedeeltelik gesien het. Moses, Aäron, Nadab, Abihu en die sewentig ouderlinge het Sy voete gesien (Exod. 24:911). Hoewel Hy geweier het om Sy gelaat sigbaar te maak, het God, nadat Hy Moses met Sy hande bedek het, Sy rug aan hom getoon terwyl Hy verbygaan (Exod. 33:2023). God het aan Daniël in ‘n visioen van die oordeel verskyn waar die Oue van dae op ‘n troon gesit het (Dan. 7:9, 10). Christus word beskryf as “die Beeld van die onsienlike God” (Kol. 1:15) en die “afdruksel van sy wese” (Heb.1 :3). Hierdie Skrifgedeeltes skyn daarop te dui dat God ‘n persoonlike wese is met ‘n persoonlike gedaante. Dit behoort ‘n mens nie te verbaas nie, want die mens is na die beeld van God geskape.
Die mens is “weinig minder as die engele” gemaak (Heb. 2:7), wat ‘n aanduiding is dat hy met verstandeIike en geestelike gawes bedeel moet gewees het. Hoewel Adam ‘n gebrek aan ondervinding, insig en karakterontwikkeling gehad het, is hy “reg”gemaak (Pred. 7:29), wat ‘n verwysing na sedelike opregtheid is.7 Omdat hy in die sedelike beeld van God was, was hy regverdig en ook heilig (vgl. Efe. 4:24), en was hy deel van die Skepping wat God” baie goed” genoem het (Gen. 1:31).
Omdat die mens na die sedelike beeld van God gemaak is, is hy die geleentheid gegee om sy liefde en lojaliteit aan sy Skepper te demonstreer. Soos God, het hy die vermoë gehad om te kies – die vryheid om volgens sedelike noodsaaklikhede te besluit en te handel. Dit het hom dus vrygestaan om lief te hê en te gehoorsaam of om te wantrou en ongehoorsaam te wees. God het die risiko geneem dat die mens die verkeerde keuse kon doen, want alleen met die vryheid van keuse sou die mens ‘n karakter kon ontwikkel wat ‘n volledige demonstrasie van die beginsel van die liefde sou kon gee, wat die wesenlike eienskap van God self is (1 Joh. 4:8). Sy bestemming was om die hoogste uitdrukking van die beeld van God te bereik: om Hom lief te hê met sy hele hart, siel en gees en om andere net so lief te hê soos homself (Matt. 22:36-40).
Geskape vir Verhoudinge met Ander. God het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie” (Gen. 2:18), en toe maak Hy Eva. Net soos die drie lede van die Godheid in ‘n liefdevolle verhouding verenig is, is ons gemaak vir die kameraadskap wat in vriendskappe en die huwelik bestaan (Gen. 2:18). In hierdie verhoudinge het ons die geleentheid om vir ander te lewe. Om eg menslik te wees, is om tot verhoudinge geneë te wees. Die ontwikkeling van hierdie aspek van die beeld van God is ‘n integrale deel van die eensgesindheid en voorspoed van die koninkryk van God.
Geskape om Rentmeesters van die Omgewing te Wees. God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Gen. 1:26). God vermeld die mens se Goddelike beeltenis en sy heerskappy oor die laer skeppingsvorme in een asem. Dit was as verteenwoordiger van God dat die mens oor die laer skeppingsordes aangestel is. Die diereryk kan nie die soewereiniteit van God verstaan nie, maar baie diere is in staat om lief te hê en die mens te dien.
Met verwysing na die mens se heerskappy verklaar Dawid: “U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel” (Ps. 8:7-9). Die mens se verhewe posisie was aanduiding van die eer en heerlikheid waarmee hy gekroon is (Ps. 8:6). Dit was sy verantwoordelikheid om goedgunstiglik oor die aarde te heers en sodoende God se weldadige heerskappy oor die heelal te verbeeld of weer te gee. Ons is dus nie die slagoffer van omstandighede wat deur omgewingsmagte oorheers word nie. Inteendeel, ons is deur God aangesê om ‘n positiewe bydrae te maak deur die omgewing te verbeter en om elke omstandigheid waarin ons beland as ’n geleentheid te gebruik om die wil van God te volbring.
Hierdie insigte bied die sleutel tot die verbetering van menslike verhoudinge in ’n wêreld waarin gebroke bande algemeen is. Hulle bevat ook die antwoord op die selfsugtige uitbuiting van die wêreld se natuurbronne en die onbedagsame besoedeling van die lug en die water wat aanleiding gee tot ‘n toenemende agteruitgang in die gehalte van lewe. Die aanneming van die Bybelse perspektief oor die menslike natuur bied die enigste belofte vir ‘n voorspoedige toekoms.
Geskape om God na te Leef. As mense is ons gemaak om soos God te handel omdat ons gemaak is om soos Hy te wees. Hoewel ons menslik is, en nie Goddelik nie, moet ons ons Maker sover moontlik binne ons eie perke weergee. Die vierde gebod beroep hom op hierdie verpligting: ons moet ons Maker se voorbeeld volg deur ses dae lank te werk en op die sewende te rus (Exod.20:8-11).
Met Voorwaardelike Onsterflikheid Geskape. Met die Skepping is onsterflikheid aan ons stamouers gegee, hoewel die besit daarvan van gehoorsaamheid afgehang het. Met toegang tot die boom van die lewe was hulle bestem om vir ewig te lewe. Al wyse waarop hulle hierdie toestand van onsterflikheid in gevaar kon stel, was om die bevel van God te veronagsaam wat hulle belet het om van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet. Ongehoorsaamheid sou tot die dood lei (Gen. 2:17; vgl. 3:22).
Die Sondeval
Ondanks hulle volmaak geskape was en na die beeld van God, het Adam en Eva oortreders geword. Hoe kan so ‘n radikale – en verskriklike – verandering ingetree het?
Die Oorsprong van Sonde. As God ‘n volmaakte wêreld gemaak het, hoe kon sonde dan ontstaan het?
1. God en die ontstaan van sonde. Is God as Skepper ook vir die sonde verantwoordelik? Die Skrif wys daarop dat God uit Sy aard heilig is (Jes. 6:3) en dat daar geen onreg in Hom is nie. “Volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy” (Deut. 32:4). Die Skrif verklaar: “Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg” (Job 34:10). “God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie” (Jak.1:13); Hy haat sonde (Ps. 5:5;11:5). God se oorspronklike Skepping was “baie goed” (Gen. 1:31). Verre van aanspreeklik te wees vir die ontstaan van sonde, is Hy “vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid” (Heb. 5:9).
2. By wie die sonde ontstaan het. God sou die sonde kon voorkom het deur ‘n heelal van robotte te maak wat net sou handel soos hulle geprogrammeer is. Die liefde van God het egter vereis dat Hy wesens maak wat uit vrye wil op Sy liefde sou reageer – en so ‘ n reaksie is alleen moontlik by wesens wat die vermoë het om te kies.
Deur aan Sy skepping egter hierdie soort vryheid te gee, moes God die risiko loop dat sommige van Sy skepsele die rug op Hom kon draai. Ongelukkig het Lucifer, ‘n wese van hoë aansien onder die engeleskaar, hoogmoedig geword (Eseg. 28:17; vgl. 1 Tim. 3:6). Hy het ontevrede met God se heerskappy geword (kyk Judas 6), en het God se eie posisie begin begeer (Jes. 14:12-14). In ‘n poging om beheer oor die heelal oor te neem, het hierdie afgedwaalde engel die saad van ontevredenheid onder sy mede-engele begin saai en die ondersteuning van baie verkry. Die daaropvolgende botsing in die hemel het daartoe gelei dat Lucifer, nou as Satan, die teenstander, bekend, uit die hemel verban is (Openb. 12:4, 7-9; sien ook hoofstuk 8).
3. Die ontstaan van sonde onder die mense. Nie ontmoedig deur sy verbanning uit die hemel nie, het die Satan hom voorgeneem om ander uit te lok om by hom aan te sluit in sy verset teen God. Toe gewaar hy die pas geskape menseras. Hoe kon hy Adam en Eva verlei om in opstand te kom? Hulle het in ‘n volmaakte wêreld geleef, en alles wat hulle nodig gehad het, is deur hul Skepper voorsien. Hoe sou hulle ooit ontevrede kon word en die Een wantrou wat die bron van hul geluk was? Die verhaal van die eerste sonde verskaf die antwoord.
In sy aanslag op die eerste mensepaar het die Satan besluit om hulle onverhoeds te betrap. Hy het Eva aangespreek toe sy naby die boom van die kennis van goed en kwaad was en – vermom as ’n slang – het hy haar uitgevra oor God se verbod op die eet van die boom se vrugte. Toe Eva beaam het dat God gesê het dat hulle sou sterf as hulle van die boom se vrugte eet, het die Satan die verbod betwis en gesê: “JulIe sal gewis nie sterwe nie.” Hy het haar nuuskierig gemaak deur voor te gee dat God hulle maar net wil weerhou van ‘n wonderlike nuwe belewenis: om soos God self te wees (Gen. 3:4, 5). Onmiddellik het twyfel in die woord van God ontstaan. Eva het gaande geraak oor die wonderlike moontlikhede wat die vrugte veronderstel was om in te hou. Die versoeking het haar geheiligde gees begin ontstem. Geloof in die woord van God het nou oorgeslaan in geloof in die woord van die Satan. Skielik het sy geglo dat “die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry.” Ontevrede met haar lot, het Eva geswig voor die versoeking om soos God te kan word. “En sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet” (Gen. 3:6).
Deur op haar sinne te vertrou pleks van op God, het Eva haar afhanklikheid van God prysgegee, haar bevoorregte posisie verbeur en in die sonde verval. Die sonde van die menseras is dus in die eerste plek gekenmerk deur verbrokkeling van geloof in God en Sy woord. Hierdie ongeloof het tot ongehoorsaamheid gelei wat, op sy beurt, in ‘n verbroke verhouding geëindig het en eindelik in ‘n skeiding tussen God en die mens.
Die Uitwerking van die Sonde. Wat was die onmiddellike en langtermyn gevolge van die sonde? Hoe het dit die menslike natuur beïnvloed? En wat is die vooruitsigte om die sonde uit te skakel en die menslike natuur te verbeter?
1. Die onmiddellike gevolge. Die eerste gevolg van die sonde was ‘n verandering in die natuur van die mens, wat onderlinge verhoudinge asook die verhouding met God benadeel het. Die nuwe opwindende ondervinding wat hulle oë sou oopmaak, het vir Adam en Eva net skaamte gebring (Gen. 3:7). Pleks van God se gelykes te word, soos die Satan belowe het, het hulle bang geword en probeer wegkruip (Gen. 3:8-10).
Toe God Adam en Eva oor hul sonde ondervra, het hulle, pleks van hul skuld te erken, die blaam op ander probeer plaas. Adam het gesê: “Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet” (Gen 3:12). Daarmee het hy geïnsinueer dat Eva, en onregstreeks God self, vir sy sonde verantwoordelik was -‘ n duidelike aanduiding van hoe sy sonde sy verhouding met sowel sy vrou as God verbreek het. Op haar beurt het Eva die slang geblameer (Gen. 3:13).
Die ontsettende gevolge waartoe hul sonde gelei het, toon hoe ernstig hul oortreding was. God het die Satan se medium, die slang, vervloek en gedoem om op sy buik te seil, as ‘n voortdurende herinnering aan die sondeval (Gen. 3:14). Aan die vrou het God gesê: “Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers” (Gen. 3:16). En omdat Adam na sy vrou geluister het pleks van na God, is die aarde vervloek sodat sy sorge en arbeid sou vermeerder: “Vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet todat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem” (Gen. 3:17-19).
In ‘n herbevestiging van die onveranderlikheid van Sy wet en dat ‘n oortreding daarvan tot ‘n gewisse dood sal lei, het God gesê: “Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer” (Gen. 3:19). Hy het Sy vonnis voltrek deur hulle uit hul Edenverblyf te verdryf, waarmee regstreekse gemeenskap met God verbreek is (Gen. 3:8), en hulle belet is om van die boom van die lewe – die bron van die ewige lewe – te eet. So het Adam en Eva aan die dood onderworpe geword (Gen. 3:22).
2. Die aard van die sonde. Baie skrifgedeeltes, waaronder veral die verslag van die sondeval, maak dit duidelik dat die sond ‘n morele euwel is – die gevolg van ‘n vrye morele wese wat verkies het om die geopenbaarde wil van God te veronagsaam (Gen. 3:1-6; Rom. 1:18-22).
a. Die definisie van sonde. Onder die Bybelse definisies van sonde is: “die sonde is wetteloosheid” (1 Joh. 3:4), versuim deur enigeen wat “weetom goed te doen en dit nie doen nie” Oak. 4:17) en “alles wat nie uit die geloof is nie” (Rom. 14:23). ‘n Omvattende omskrywing van die sonde is: “Enige afwyking van die bekende wil van God, of deur na te laat om te doen wat Hy spesifiek beveel het, of deur te doen wat Hy spesifiek verbied het.”8
Die sonde ken geen neutraliteit nie. Christus verklaar: “Hy wat nie met My is nie, is teen My” (Matt.12:30). Versuim om in Hom te glo, is sonde (Joh. 16:9). Die sonde is absoluut van aard omdat dit verset teen God en Sy wil is. Enige sonde, klein of groot, gee aanleiding tot ‘n uitspraak van “skuldig.” Dus, “wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword” (Jak.2:10).
b. Sonde gaan net soseer om gedagtes as om dade. Daar word dikwels na sonde verwys as konkrete, sigbare dade van wetteloosheid. Maar Christus verklaar dat om vir iemand kwaad te wees, ‘ n skending is van die sesde gebod van die Tien Gebooie, “jy mag nie doodslaan nie” (Exod. 20:13) en dat wellustige begeertes ‘n oortreding is van die gebod “jy mag nie egbreek nie” (Exod. 20:14). Sonde is dus nie beperk tot openlike ongehoorsaamheid nie, maar sluit ook gedagtes en begeertes in.
c. Sonde en skuld. Die sonde baar skuld. Uit ‘n Bybelse oogpunt beteken skuld dat iemand wat sonde gepleeg het, strafbaar is. En omdat almal sondaars is, staan die hele wêreld “voor God doemwaardig” (Rom.3:19).
As daar nie behoorlik teen skuld opgetree word nie, verwoes dit die liggaamlike, verstandelike en geestelike vermoëns en veroorsaak dit uiteindelik die dood want “die loon van die sonde is die dood” (Rom. 6:23).
Die teenmiddel vir skuld is vergifnis (Matt. 6:12), wat ‘n skoon gewete en gemoedsrus meebring. God is gretig om vergifnis aan berouvolle sondaars te skenk. Tot die sondebelaste, skuldbevange mensdom roep Christus genadiglik: “Komna My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matt. 11:28).
d. Die beheersentrum van die sonde. Die setel van die sonde is in wat die Bybel die hart noem – en wat ons as die gemoed ken. Uit die hart “is die oorsprongevan die lewe” (Spr. 4:23). Christus se vir ons dat dit die gedagtes is wat verontreinig, “want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal” (Matt. 15:19). Dit is deur die hart dat die hele mens – intellek, wil, geneenthede, emosies en liggaam beïnvloed word. Omdat die hart “bedrieglik is … bo alle dinge, ja, verdorwe” (Jer. 17:9), is die menslike natuur verdorwe, ontaard en deur en deur sondig.
3. Die sonde se uitwerking op die mens. Party mense sal miskien voel dat die doodstraf te streng was vir die eet van verbode vrugte. Ons kan egter alleen die erns van die oortreding beoordeel aan die uitwerking wat Adam se sonde op die mensdom gehad het.
Adam en Eva se eerste seun het moord gepleeg. Hul afstammelinge het weldra die heilige huwelikstaat geskend deur hulle aan veelwywery skuldig te maak, en dit was nie lank nie of die aarde was vol goddeloosheid en geweld (Gen. 4:8, 23; 6:1-5, 11-13). God se pleidooie om bekering en hervorming het op dowe ore geva1, en net agt mense is gered van die vloedwaters wat die onboetvaardiges verswelg het. Die geskiedenis van die mensdom ná die sondvloed is, op weinig uitsonderinge na, ‘n beklaenswaardige verslag van die gevolge van die sondigheid van die mens.
a. Die universele sondigheid van die mens. Die geskiedenis leer dat Adam se afstammelinge die sondigheid van sy natuur deel. Dawid se in die gebed: “Niemand wat leef is voor u aangesig regverdig nie” (Ps. 143:2; vgl. 14:3). “Daar is geen mens wat nie sondig nie” (1 Kon. 8:46). En Salomo het gesê: “Wiekan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?” (Spr. 20:9). “Daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie” (Pred. 7:20). Die Nuwe Testament stel dit net so duidelik dat “almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom. 3:23), en “asons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie” (1 Joh. 1:8).
b. Is sondigheid geërf of verwerf? Paulus sê: “Hulle almal [sterwe] in Adam” (1 Kor. 15:22). Elders sê hy: “Deur een mens [het] die sonde in die wêreld ingekom…en deur die sonde die dood, en so [het] die dood tot alle mense deurgedring…omdat almal gesondig het.” (Rom. 5:12).
Die verdorwenheid van die mensehart tas die hele mens aan. Dit is wat Job laat uitroep het: “Ag, kon maar ‘n reine voortkom uit ‘n onreine – nie een nie!” (Job 14:4). Dawid kla: “Kyk,in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang” (Ps.51:7). Paulus verklaa dat U wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie” (Rom. 8:7,8). Voor hul bekering, verklaar hy, was die gelowiges “van nature kinders van die toorn,” net soos die res van die mensdom (Efe. 2:3).
Hoewel ons as kinders sondige gedrag aanleer deur nabootsing, bevestig die bogemoemde skrifgedeeltes dato ns ons basiese sondigheid oorerf. Die universele sondigheid van die mens word bewys deur die feit dat ons van nature tot die kwade neig, en nie tot die goeie nie.
c. Die uitwissing van ‘n sondige leefwyse. Hoeveel sukses het die mens om sonde uit sy lewe en uit die samelewing te verwyder?
Alle pogings om uit eie krag ‘n regverdige lewe te ontwikkel, is gedoem. Christus het gesê dat elkeen wat sondig” ‘n slaaf van die sonde” is. Alleen die krag van Bo kan ons van hierdie slawerny verlos. Christus het ons egter die versekering gegee: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh. 8:36). Julle kan alleen geregtigheid verkry, het Hy gesê, “as julle in My bly”, want “sonder My kan julle niks doen nie” (Joh. 15:4, 5).
Selfs die apostel Paulus was nie in staat om in eie krag n regverdige lewe te lei nie. Hy het die volmaakte norm van die wet van God geken, maar was nie in staat om dit uit te leef nie. Oor sy eie pogings skryf hy: ” “Wat ek doen, weet ek nie, want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.” “Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.” Dan beskryf hy die uitwerking van die sonde op sy lewe: “As ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.” Ondanks sy mislukking erken hy die volmaakte norm deur te sê: “Ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?” (Rom. 7:15, 19, 20, 22-24), Uiteindelik erken Paulus dat hy krag van Bo nodig het om te kan oorwin. Deur Christus het hy ‘n lewe na die vlees afgelê en ‘n nuwe lewe na die Gees begin lei (Rom. 7:25; 8:1).
Hierdie nuwe lewe in die Gees is die vernuwende gawe van God. Deur die genade van Bo het ons, “wat dood was deur die misdade en die sondes”, oorwin (Efe. 2:1, 3, 8-10). Die geestelike wedergeboorte verander die lewe so (Joh. 1:13; Joh. 3:5) dat ons van ‘n nuwe skepping kan praat ”die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor. 5:17). Die nuwe lewe sluit egter nie die moontlikheid om te sondig uit nie (1 Joh. 2:1).
4. Evolusie en die mens se sondeval. Heel van die Skepping af het die Satan baie mense verwar deur hul vertroue in die Bybelse verslag van die oorsprong van die mens en die mens se sondeval te ondermyn. ‘n Mens sou evolusie die “natuurlike” siening van die mens kon noem vanweë die veronderstelling dat die lewe per toeval begin het en dat die mens deur ‘n lang evolusionêre proses uit die laer lewensvorme tevoorskyn getree het. Deur ‘n proses van die oorlewing van die sterkste het hy tot sy huidige staat ontwikkel. Omdat die mens nog nie sy potensiaal bereik het nie, duur ontwikkeling steeds voort.
‘n Toenemende aantal Christene het ‘n teïstiese evolusie begin aanneem, wat beweer dat God van evolusie gebruiik gemaak het om die Genesisskepping teweeg te bring. Diegene wat teïstiese evolusie aanhang, beskou die eerste hoofstukke van Genesis nie letterlik nie, maar as ‘n allegorie of mite.
a. Die Bybelse siening van die mens en evolusie. Christene wat in die Skepping glo, is bekommerd oor die uitwerking wat die evolusionêre teorie op die Christelike geloof het. James Orr het geskryf: “Die Christelike geloof word tans beveg, nie deur sy leerstellings een vir een af te kraak nie…maar deur ‘n positief-besonne teensiening van die wêreld, met die aanspraak dat dit op wetenskaplike grond berus, wat goed opgestel en verdedig word; tog steek dit in sy fundamentele idees na die wortel van die Christelike stelsel.”9 Die Bybel verwerp die allegoriese of mitiese vertolking van Genesis. Die Bybelskrywers self vertolk Genesis 1-11 as letterlike geskiedenis. Adam, Eva, die slang, en die Satan word almal as historiese karakters gesien in die drama van die groot stryd (Kyk Job 31:33; Pred. 7:29; Matt. 19:4, 5; Joh. 8:44; Rom. 5:12, 18, 19; 2 Kor. 11:3; 1 Tim. 2:14; Openb. 12:9).
b. Golgota en evolusie. Evolusie in enige vorm weerspreek die grondslae van die Christelike leer. Soos Leonard Verduin sê: “In die plek van die verhaal van die ‘val’ het die storie van die opgang gekom.”10 Die Christelike geloof en evolusie bots lynreg met mekaar. Die eerste mense is of na die beeld van God gemaak waarna hulle in sonde verval het, of hulle is nie. As dit nie so gebeur het nie, is daar geen rede om ‘n Christen te wees nie.
Golgota is ‘n radikale verloëning van evolusie. As daar geen sondeval was nie, waarom sou God dan namens ons moet sterf? Nie net die algemene dood nie, maar Christus se dood vir ons vertel dat alles nie pluis met die mensdom is nie. As ons aan onsself oorgelaat sou word, sou ons steeds agteruitgaan totdat die mensdom uitgewis is.
Ons hoop berus op die Mens wat aan die kruis gehang het. Alleen Sy dood wek die moontlikheid van ‘n beter, sinryker lewe wat nooit sal eindig nie. Golgota verklaar dat ons ‘n plaasvervanger nodig het om ons te verlos.
c. Christus se vleeswording en evolusie. Miskien kan die polemiek oor die Skepping teenoor evolusie die beste beantwoord word uit die perspektief van Christus se vleeswording. Deur die tweede Adam, Christus, in die geskiedenis in te voer, het God skeppend gehandel. As God hierdie weergalose wonder kon laat geskied, bestaan daar geen twyfel oor Sy vermoë om die eerste Adam te maak nie.
d. Het die mens mondig geword? Voorstanders van die evolusieleer wys dikwels op die wetenskaplike vooruitgang die afgelope eeue as getuienis dat die mens oor sy eie lot kan beskik. Met sy behoeftes deur die wetenskap voorsien, en as hy genoeg tyd gegun word, sal hy die wêreld se probleme oplos.
Tog word die tegnologie se messiaanse rol met al meer skeptisisme begroet omdat die tegnologie die planeet tot op die randjie van uitdelging gebring het. Die mens is totaal onbekwaam om die sondige hart onder beheer te kry. Die gevolg is dat wetenskaplike vooruitgang die wêreld net gevaarliker gemaak het.
Die filosofieë van nihilisme en wanhoop wen al meer veld. Alexander Pope se uitdrukking: “Hope springs eternal in the human breast” klink tans hol. Job het ‘n beter begrip van die werklikheid gehad die tyd “is vinniger as ‘n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting” (Job 7:6). Ons wêreld gaan ten onder. Iemand moes van buite die mensegeskiedenis kom en ingryp om n nuwe realiteit daaraan te gee.
Straal van Hoop. Hoe verdorwe was die mens? Aan die kruis het mense hul Skepper vermoor – die snoodste vadermoord. Maar God het die mens nie sonder hoop gelaat nie.
Dawid het nagedink oor die mens se stand in die Skepping. Diep onder die indruk van die ontsaglikheid van die heelal, het hy eers gedink die mens is nietig. Toe raak hy bewus van die mens se ware stand. Na aanleiding van die mens se huidige verhouding met God het hy gesê: “U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande” (Ps. 8:6, 7; vgl. Heb. 2:7).
Ondanks die sondeval bly daar ‘n sekere menswaardigheid oor. Hoewel die Goddelike beeld geskend was, is dit nie heeltemal uitgewis nie. Hoewel afgedwaal, verdorwe en sondig, is die mens steeds God se verteenwoordiger op aarde. Sy natuur is minder as Goddelik, tog beklee hy ‘n waardige pos as die opsigte rvan God se aardse skepping. Toe Dawid dit besef het, het hy met lof en danksegging geantwoord: “o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!” (Ps. 8:10).
Die Genadeverbond
Hul oortreding het die eerste paar sondig gemaak. Noudat hulle die Satan nie langer kon weerstaan nie, kon hulle ooit weer vry word, of is hulle aan hul lot oorgelaat? Was daar enige hoop?
Die Verbond Wat by die Sondeval Gemaak Is. Voordat God die straf op die sondige paar aangekondig het, het Hy hulle hoop gegee deur die genadeverbond aan te kondig. Hy het gesê: “Ek sal vyandskap stel tussen jou [die Satan] en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt” (Gen. 3:15).
God se boodskap het moed gebring omdat dit aangekondig het dat hoewel die Satan die mens onder sy bose mag gebring het, hy uiteindelik verslaan sou word. Die verbond is tussen God en die mens gemaak. In die eerste plek het God deur Sy genade ‘n vesting teen die sonde belowe. Hy sou haat tussen die slang en die vrou bring; tussen die Satan se volgelinge en God se kinders. Dit sou die mens se verhouding met die Satan ontwrig en die weg baan vir ‘nhernieude verhouding met God.
Deur die eeue heen sou daar oorlog woed tussen die kerk van God en die Satan. Die stryd sou sy klimaks bereik met Jesus Christus se dood aan die kruis – Hy wat volgens die profesie die verpersoonliking van die Saad van die vrou was. Op Golgota is die Satan verslaan. Hoewel die Saad van die vrou gewond was, is die kwaadstigter verslaan.
Almal wat God se genadeaanbod aanvaar sal ‘n vyandskap teen die sonde ondervind wat hulle sal laat slaag in hul stryd teen die Satan. Deur die geloof sal hulle ‘n aandeel hê in die Heiland se oorwinning op Golgota.
Die Verbond Voor die Skepping Gemaak. Die genadeverbond is nie na die sondeval gemaak nie. Die Skrif verklaar dat die lede van die Godheid selfs voor die Skepping onderling besluit het om die mensdom te red indien hy sou sondig. Paulus verklaar dat God “ons in Hom [Christus] uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade” (Efe. 1 :4-6; vgl. 2 Tim. 1:9). In verband met Christus se soenoffer verklaar Petrus dat Hy “wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld” (1 Pet. 1:20).
Die verbond het op onwrikbare grondslag berus: die belofte en eed van God self (Heb. 6:18). Jesus was die borg van die verbond (Heb. 7:22). ‘nBorg is iemand wat verantwoordelikheid aanvaar vir enige skuld of verpligting van ‘nander persoon indien dié sou versuim om dit na te kom. Christus se borgskaphet beteken dat indien die mensdom in die sonde sou verval, Hy hul skuld sou betaal. Hy sou hulle losprys betaal; Hy sou versoening vir hul sonde doen; Hy sou aan die eise van die geskonde wet van God voldoen. Geen mens of engel sou daardie verantwoordelikheid kon dra nie. Alleen Christus die Skepper, die verteenwoordigende hoof van die ras, kon daardie verantwoordelikheid op Hom neem (Rom. 5:12-21; 1 Kor. 15:22)
Die Seun van God is nie net die borg van die verbond nie. Hy is ook die middelaar of eksekuteur. Sy omskrywing van Sy sending as die vleesgeworde Seun van die mens openbaar hierdie aspek van Sy rol. Hy het verklaar: “Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het” (Joh. 6:38; vgl. 5:30, 43). Die wil van die Vader is “dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê” (Joh. 6:40). “En dit is die ewige lewe,” het Hy gesê, “dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” (Joh. 17:3). Aan die einde van Sy sending het Hy getuig dat Hy Sy Vader se opdrag volbring het toe Hy gesê het: “Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U my gegee het om te doen, het Ek volbring” (Joh. 17:4).
Aan die kruis het Jesus Sy gelofte om die mens se borg te wees, gestand gedoen. Sy uitroep “Ditis volbring” (Joh. 19:30) het die voleindiging van Sy sending gekenmerk. Met Sy eie lewe het Hy die vereiste straf vir die geskonde wet van God verduur en so verlossing vir die berouvolle mens gewaarborg. Op daardie oomblik het Christus se bloed die genadeverbond bekragtig. Deur geloof in Sy versoenende bloed sal berouvolle sondaars as seuns en dogters van God aangeneem word en sodoende erfgename van die ewige lewe word.
Hierdie genadeverbond toon God se ondeurgrondelike liefde vir die mens. Die verbond, wat voor die Skepping ingestel is, is na die sondeval aan die lig gebring. Op daardie oomblik het God en die mensdom in ‘n besondere sin vennote geword.
Die Hemuwing van die Verbond. Ongelukkig het die mens hierdie manjifieke genadeverbond sowel vóór as na die sondvloed verwerp (Gen. 6:1-8; 11:1-9). Toe God weer eens die verbond aangebied het, het Hy dit aan Abraham gedoen. Weer het Hy die belofte van verlossing bevestig: “In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het” Gen. 22:18; vgl. 12:3; 18:18).
Die Skrif maak besonder gewag van die getrouheid van Abraham aan die voorwaardes van die verbond. Abraham het God geglo “en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken” (Gen. 15:6). Dat Abrahamse deelname aan die seëninge van die verbond, hoewel dit op die genade van God berus het, ook van sy gehoorsaamheid afgehang het, toon dat die verbond die gesag van die wet van God handhaaf (Gen. 17:1; 26:5).
Abraham se geloof was sodanig dat hy “die vader…van almal wat glo” genoem word (Rom. 4:11). Hy is God se model vir die geregtigheid deur die geloof wat hom dien die sou versuim om dit na te kom. Christus se borgskap het beteken dat indien die mensdom in die sonde sou in gehoorsaamheid openbaar (Rom. 4:2, 3; Jak. 2:23, 24). Die genadeverbond deel sy seëninge nie outomaties met Abraham se natuurlike afstammelinge nie, maar alleen met diegene wat Abraham se voorbeeld van geloof volg. Net “die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham” (Gal. 3:7). Elke mens op aarde kan die verbond se beloftes van verlossing ondervind deur aan die voorwaarde te voldoen. “As julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename” (Gal. 3:29). Met die Sinaïtiese verbond (ook die ou verbond genoem) het God die genadeverbond aan Abraham vernuwe (Heb. 9:1). Israel het dit egter in ‘n verbond van werke laat ontaard (Gal. 4:22-31).
Die Nuwe Verbond. Latere Skriftuurplase verwys na ” ‘n nuwe of beter verbond.”11 Dit is egter nie omdat die ewige verbond verander is nie, maar omdat (1) God se ewige verbond deur Israel se ontrouheid in ‘n stelsel van werke ontaard het; (2) dit is met ‘n nuwe openbaring van God se liefde in Jesus Christus se menswording, lewe, dood, opstanding en bemiddeling geassosieer (vgl. Heb. 8:6-13); en (3) dit is eers met die kruis bekragtig deur die bloed van Christus (Dan. 9:27; Lukas 22:20; Rom. 15:8; Heb. 9:11-22).12
Wat hierdie verbond aan diegene bied wat dit aanneem, is ontsaglik. Deur die genade van God bied dit hulle vergifnis van sondes. Dit bied die werking van die Heilige Gees om die Tien Gebooie op die hart te skryf en om berouvolle sondaars na die beeld van hul Maker te herstel (Jer. 31:33). Die belewing van die nuwe verbond, die wedergeboorte, maak die geregtigheid van Christus en regverdiging deur die geloof van krag.
Deur die vernuwing
van die hart wat dit meebring word individue verander sodat hulle die vrugte
van die Gees sal dra: “liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,
vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing”
(Gal. 5:22). Deur die krag van Christus se reddende genade kan hulle wandel
soos Christus gewandel het en daagliks die dinge geniet wat God behaag (Joh.
8:29). Die sondige mens se enigste hoop is om God se uitnodiging aan te neem
om Sy genadeverbond te onderskryf. Deur geloof in Jesus kan ons hierdie
verhouding ondervind wat waarborg dat ons saam met Christus aangeneem word as
kinders van God en erfgename van Sy koninkryk.
Videos en Klankbane:
Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Vrae:
Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.
TERUGVOER
Addisionele hulpbronne:
Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Verwysings:
1. Die leer aangaande die mens (enkelvoud) word al lank as ‘n teologiese term gebruik om di emensdom as geheel voor te stel.
2. Berkhof, Systematic Theology. bl. 183.
3. “Soul,” SDA Encyclopedia, hers. uitg., bl. 1361.
4. “Soul,” SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 1061.
5. Ibid, bl. 1064.
6. SDA Bible Commentary, hers. uitg., deel 7, bl. 257.
7. Ibid, hers. uitg., deel 3, bl.1090.
8. “Sin,” SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 1042.
9. James Orr, God’s Image in Man (Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1948), bl. 3, 4.
10. Leonard Verduin, Somewhat Less than God: The Biblical View on Man (Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1970), bl. 69.
11. Die Nuwe Testament assosieer die ondervinding van Israel by die berg Sinai met die ou verbond (Gal. 4:24,25). By Sinai hernieu God Sy ewige genadeverbond met Sy bevryde volk (l Kron. 16:14-17; Ps. 105:8-11; Gal. 3:15-17). God belowe hulle: “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. En julle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie wees” (Exod.19:5,6; vgl.Gen.17:7,9, 19). Die verbond het opgeregtigheid deur die geloof berus (Rom. 10:6-8: Deut. 30:11-14) en die wet moes in hul harte geskrywe Die genadeverbond is altyd onderhewig aan verdraaiing deur gelowiges wat dit ‘n stelsel van verlossing deur werke wi! maak. Paulus het Abraham se versuim om God te vertrou -dat hy op sy eie werke vertrou het om sy probleme op te los -as ‘n illustrasie van die ou verbond gebruik (Gen. 16; 12:10-20: 20: Gal. 4:22-25). In werklikheid is pogings tot geregtigheid deur werke aangewend sedert sonde in die w3reld gekom het en die ewige verbond verbreek is (Hosea 6:7).
Dwarsdeur die geskiedenis van Israel het die meerderheid “hul eie geregtigheid probeer oprig” deur “die werke van die wet” (Rom. 9:30-10:4). Hulle het volgens die letter gelewe, en nie volgens die Gees nie (2 Kor. 3:6). Deur te probeer om deur die wet geregverdig te word (Gal. 5:4), het hulle onder die veroordeling van die wet geval en verkeer hulle in slawerny, nie in vryheid nie (Gal. 4:21-23). So het hulle die verbond van Sinai verdraai.
Die boek Hebreërs pas die eerste of ou verbond op die geskiedenis van Israel sedert Sinai toe en wys op die tydelike aard daarvan. Dit toon dat die Levitiese priesterskap tydelik bedoel was en ‘n simboliese funksie moes vervul totdat die werklikheid in Christus aangebreek het (Heb. 9; 10). Dit was tragies dat baie nie kon besef dat hierdie seremonies op sigself waardeloos was nie. (Heb.10:1). Deur te volhard met hierdie stelsel van simbole wanneer die simbool deur die werklikheid vervang is, is die ware sending van Christus verdraai. Vandaar die kragtige taal waarin die meerderwaardigheid van die beter of nuwe verbond bo Sinai uitgebeeld word.
Die ou verbond kan dus in negatiewe en positiewe terme beskryf word. In negatiewe sin verwys dit na die volk se verdraaiing van God se ewige verbond. In positiewe sin verteenwoordig dit die tydelike aardse bediening wat deur God ingestel is om die noodtoestand die hoof te bied wat menslike swakheid veroorsasak het. Kyk ook White, Patriarge en Profete, bl. 370-373; White, “Our Work,” Review and Herald, 23 Junie 1904, bl. 8; White, “AHoly Purpose to Restore Jerusalem” Southern Watchman, 1 Maart 1904, bl. 142: Hasel, Covenant in Blood (Mountain View, CA: Pacific Press, 1982); vgl. Wallenkampf, Salvation Comes From the Lord (Washington, D.C.: Review and Herald, 1983), bl. 84-90.
12. Vgl. Hasel, Covenant in Blood.