6. Is ek uniek deur God geskape of uit evolusie ontstaan?

Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.

DOWNLOAD

Inleiding:

God is die Skepper van alles en Hy het die ware verhaal van Sy skeppingswerk in die Skrifte geopenbaar. In ses dae het die Here “die hemel en die aarde” en alles gemaak wat op aarde leef; en op die sewende dag van daardie eerste week het Hy gerus. Dus stel Hy die Sabbat vas as ‘n voortdurende gedenkdag van Sy voltooide skeppingswerk. Die eerste man en die eerste vrou is na die beeld van God as kroonstuk van die skepping gemaak. Hy het hulle as Heersers oor die aarde aangestel en aan hulle die verantwoordelikheid gegee om daarvoor te sorg.  Toe die aarde voltooi was, was dit “baie goed” en het dit die heerlikheid van God verkondig.(Gen. 1; 2; Ex. 20:8-11; Ps. 19:1-6; Ps. 33:6, 9; Ps. 104; Heb. 11:3.)

Die Skepping

Die Bybelse beskrywing is eenvoudig. Op die skeppingsbevel van God het “die hemel en die aarde…die see en alles wat daarin is” te voorskyn gekom (Exod. 20:11). Binne die bestek van net ses dae het die ver­andering tot stand gekom van “woes en leeg” tot die weelderige planeet wat wemel van volwasse skepsele en plantvorms. Ons planeet was versier met helder, skoon kleure, fatsoene en geure wat saamgevoeg is met die weergalose presisie van detail en funksie.

Toe het God” gerus,” – stilgestaan om te betrag en te geniet. Die skoonheid en majesteit van daardie ses dae sou altyd onthou word omdat Hy stilgestaan het. Kom ons kyk net vinnig na die Bybel se relaas van die Begin.

“In die begin het God die hemel en die aarde gemaak.” Die aarde was bedek met water en duisternis. Op die eerste dag het God die lig van die duisternis geskei, en die lig “dag” genoem en die duisternis “nag.”

Op die tweede dag het God “skeiding ge­maak tussen waters en waters” – die water in die atmosfeer geskei van die water op die aardbodem, waardeur ‘n toestand geskep is wat lewe moontlik sou maak. Op die derde dag het God die waters na een plek versamel en sodoende die land van die see geskei. Toe het God die barre kuste, heuwels en dale beklee. “Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte” (Gen. 1 :12).

Op die vierde dag het God die son, maan en sterre georden “as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.” Die son sou oor die dag heers, en die maan oor die nag (Gen. 1:14-16).

God het die voëls en die seediere op die vyfde dag gemaak. Hy het hulle “volgens hulle soorte” gemaak (Gen. 1:21), ‘n aan­duiding dat die skepsele wat Hy gemaak het, konsekwent volgens hul eie aard sou vermeerder.

Op die sesde dag het God die hoër dier­soorte gemaak. Hy het gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte” (Gen. 1:24).

Toe, om die kroon op die Skepping te plaas, het God die mens “geskape na Sy eie beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle ge­skape” (Gen. 1:27). God het gesien dat alles wat Hy geskape het, “baie goed” was (Gen. 1:31).

Die Skeppingswoord van God

“Deur die woord van die Here,” het die psalmdigter geskryf, “is die hemele ge­maak en deur die Gees van sy mond hulle hele leer” (Ps. 33:6). Hoe het hierdie skep­pingswoord gefunksioneer?

Die Skeppingswoord en Vóórbestaande Stof. Die woorde van Genesis, “God het gesê,” bring ‘n dinamiese Goddelike bevel aan die lig wat verantwoordelik was vir die majestueuse gebeurtenisse van daardie ses dae van die Skepping (Gen. 1:3, 6, 9, 11 , 14, 20, 24). Elke bevel was gelaai met ‘n skeppende energie wat ‘n planeet wat “woes en leeg” was, in ‘n paradys omge­skep het. “Hyhet gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan” (Ps. 33:9). Waar­lik, “die wêreld [is] deur die woord van God toeberei” (Heb. 11:3).

Hierdie skeppingswoord was nie van voorbestaande stof afhanklik nie (ex nihi­lo): “Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie” (Heb. 11:3). Hoewel God soms reeds bestaande stof gebruik het – Adam en die diere is uit die stof van die aarde gevorm en Eva is uit Adam se rib gemaak (Gen. 2:7, 19, 22)­ het God in die laaste instansie aIle stof ge­maak.

Die Skeppingsverhaal

Daar is al baie vrae oor die Genesis ver­slag van die Skepping gevra. Weerspreek die twee skeppingsverslae van die eerste boek van die Bybel mekaar, of sluit hulle aan by mekaar? Is die dae van die Skep­ping letterlik of stel hulle lang tydperke voor? Is die hemele die son, maan en selfs die sterre – waarlik maar net 6 000 jaar gelede gemaak?

Die Skeppingsverslag. Die Bybel se twee verslae van die skepping – een in Genesis 1:1 tot 2:3, en die ander in Genesis 2:4-25 ­is versoenbaar. Die eerste relaas beskryf, in chronolo­giese orde, die skepping van alle dinge.

Die tweede vertelling begin met die woorde: “Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde… ” ‘n uitdrukking wat in Genesis ‘n familiegeskiedenis be­kend stel (vgl. Gen. 5:1; 6:9; 10:1). Die ver­haal beskryf die mens se plek in die Skepping. Dit is nie streng chronologies nie, maar dui aan dat alles gedien het tot die voorbereiding van ’n omgewing vir die mens.1 Dit verstrek meer besonderhede van die skepping van Adam en Eva en van die omgewing wat God in die tuin van Eden voorsien het as wat die eerste een doen. Daarby lig dit ons ook in oor die aard van die mens en van die heerskappy van God. Alleen as hierdie twee Skeppingsver­slae as letterlik en histories aanvaar word, is hulle in harmonie met die res van die Skrif.

Die Dae van die Skepping. Die dae van die Bybelse verslag van die Skepping dui op letterlike tydperke van 24 uur. Die ti­piese tydsberekening van die kinders van God in die Ou Testament van “die aand en die more” (Gen. 1:5, 8, 13, 19, 23, 31) spesi­fiseer individuele dae wat in die aand met sononder begin het, (kyk Lev. 23:32; Deut. 16:6). Daar is geen regverdiging vir die bewering dat die uitdrukking een letter­like dag in Levitikus, byvoorbeeld, en duisende of miljoene jare in Genesis beteken nie.

Die Hebreeuse woord wat in Genesis 1 as dag vertaal word, is yom. Wanneer yom van ‘n bepaalde getal vergesel word, beteken dit altyd ‘n letterlike dag van 24 uur (bv. Gen. 7:11; Exod. 16:1) – nog ‘n aanduiding dat die Skeppingsverslag van letterlike dae van vier-en-twintig uur elk praat.

Die Tien Gebooie lewer nog ‘n bewys dat die Skeppingsverslag van Genesis van let­terlike dae praat. In die vierde gebod sê God: “Gedenk die Sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie…want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig” (Exod.20:8-11).

God verstrek ‘n bondige, dag-vir-dag ­beskrywing van die Skepping. Elke dag (yom) was vol skeppende handeling, en toe het die Sabbat gekom as die hoogtepunt van die Skeppingsweek. Die Sabbatdag van 24 uur dien dus as ‘n aandenking van die Skepping. Die vierde gebod sou sinne­loos wees as elke dag eone geduur het.2

Diegene wat 2 Petrus 3:8 aanhaal, “dat een dag by die Here soos duisend jaar is,” en daarmee wil bewys dat die dae van die Skepping nie letterlike dae van 24 uur was nie, sien die feit deur die vingers dat die­selfde vers eindig met “enduisend jaar soos een dag. “Diegene wat duisende jare of lang onbepaalde tydperke van miljoene of selfs biljoene jare in die dae van die Skepping wil lees, bevraagteken die gel­digheid van die woord van God – net soos Eva onder die invloed van die slang ge­doen het.

Wat Is die “Hemele”? Party mense is verward – en dis te verstane – oor die tekste wat sê dat God “diehemel en die aarde geskape” het (Gen. 1:1; vgl. 2:1; Exod. 20:11), en dat Hy die son, maan en sterre op die vierde dag van die Skeppings­week 6 000 jaar gelede gemaak het (Gen. 1:14-19). Is al die hemelse liggame eers toe tot stand geroep?

Die Skeppingsweek het nie die hemel waarin God in alle ewigheid gewoon het, betrek nie. Die “hemel” van Genesis 1 en 2 verwys waarskynlik na die planete en sterre wat naaste aan die aarde is.

Inderdaad was die aarde, verre van Christus se eerste skepping te wees, heel waarskynlik Sy laaste. Die Bybel vertel van die seuns van God, waarskynlik die Adams van al die sondelose wêrelde, wat êrens in ‘n afgeleë uithoek van die heelal saam met God vergader het (Job 1:6-12). Tot dusver het ruimtenavorsing op geen planete afgekom wat bewoon word nie. Hulle is skynbaar diep in die ongemete ruimte geleë – ver buite bereik van ons sonde besoedelde sonnestelsel en beskerm teen die smet van die sonde.

Die God van die Skepping

Presies wat se soort God is ons Skepper? Stel so ‘n oneindige Wese dan in ons belang – nietige spikkeltjies lewe in ‘n afgeleë uithoek van Sy heelal? Het Hy, nadat Hy die aarde geskape het, Hom tot groter en beter dinge gewend?

‘n Sorgsame God. Die Bybelse verslag van die Skepping begin met God en wend hom dan tot mense. Dit dui daarop dat God met die skepping van die hemel en die aarde besig was om die volmaakte omge­wing vir die mens voor te berei. Die mens, man en vrou, was Sy heerlike meesterstuk.

Die verslag openbaar God as ‘n sorg­same beplanner wat omgegee het vir Sy skepping. Hy het ‘n spesiale tuinverblyf vir die mens geplant en hulle die taak op­gedra om dit te versorg. Hy het mense ge­skape sodat hulle ‘n verhouding met Hom kon hê. Dit sou nie afgedwing word en daarom ‘n onnatuurlike verhouding wees nie; Hy het hulle met die vryheid van keuse geskape, en met die vermoë om Hom lief te hê en te dien.

Wie Was die Skepper-God? Al die lede van die Godheid was by die Skepping be­trokke (Gen. 1:2, 26). Die aktiewe lid was egter die Seun van God, die voor bestaande Christus. In die voorwoord van sy Skep­pingsverhaal het Moses geskryf: “In die begin het God die hemel en die aarde ge­maak.” In ‘n verwysing daarna het Johan­nes Christus se rol in die skepping beskryf: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God…. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ont­staan het nie” (Joh. 1:1-3). Later in dieself­de skrifgedeelte stel Johannes dit baie duidelik na wie hy eintlik verwys: “Die Woord het vlees geword en onder ons ge­woon” (Joh. 1:14), Jesus was die Skepper, die Een wat gespreek het en die aarde was (kyk ook Efe. 3:9; Heb. 1 :2).

‘n Demonstrasie van die Liefde van God. Hoe grondig is die liefde van God! Toe Christus liefderyk oor Adam gebuk en die eerste mens se hand gevorm het, moet Hy geweet het dat die mens se hande Hom eendag sou mishandel en eindelik aan die kruis sou nael. In ‘n sekere opsig smelt die Skepping en die kruis ineen, aangesien Christus die Skepper van die grondleg­ging van die aarde af geslag is (Openb. 13:8). Sy Goddelike voorkennis3 het Hom nie van stryk gebring nie. Onder die dreigende wolk van Golgota het Christus die asem van die lewe in Adam se neus ge­blaas, wel wetende dat hierdie skeppings­daad Hom van Sy lewensasem sou beroof. Onbegryplike liefde lê ten grondslag aan die Skepping.

Die Doel van die Skepping

Liefde is die dryfveer vir alles wat God doen, want Hy is liefde (1 Joh. 4:8). Hy het ons nie net gemaak sodat ons Hom kon liefhê nie, maar sodat Hy ons ook kon liefhê. Sy liefde het Hom beweeg om in die Skepping een van die grootste gawes wat Hy kon bestee – die bestaan – te deel. Gee die Bybel dan te kenne wat die doel met die heelal en sy inwoners is?

Om die Heerlikheid van God te Open­baar. Met Sy Skepping demonstreer God Sy heerlikheid: “Die hemele vertel die eer van God en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: daar is geen spraak en daar is geen woorde nie­ onhoorbaar is hulle stem. Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld” (Ps.19:2-5).

Waarom so ‘n vertoon van God se heer­likheid? Die natuur dien as ‘n getuie vir God. Hy wil hê dat Sy werke mense na hul Skepper moet trek. “‘Want sy onsigbare dinge,” verklaar Paulus, “kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie” (Rom. 1:20).

Namate ons deur die natuur tot God ge­trek word, leer ons meer aangaande die hoedanighede van God, hoedanighede wat in ons eie lewens ingevoer kan word. En, deur die aard van God te oorpeins, ver­heerlik ons Hom en vervul ons sodoende die doel waarvoor ons geskape is.

Om die Wêreld te Bevolk. Die Skepper het nie bedoel dat die aarde ‘n eensame, leë planeet sou wees nie; dit moes bewoon word (Jes. 45:8). Toe die eerste mens die be­hoefte aan ‘n metgesel gevoel het, het God die vrou geskape (Gen. 2:20; 1 Kor. 11:9). So het Hy die huweliksinstelling vasgestel (Gen. 2:22-25). En die Skepper het die eg­paar nie net heerskappy oor hierdie pas­ geskape wêreld gegee nie – maar, met die woorde “weesvrugbaar en vermenigvul­dig” (Gen. 1:28), het Hy aan hulle die voor­reg gegee om aan die skepping deel te neem.

Die Betekenis van die Skepping

Mense verkeer in die versoeking om die Skeppingsleer te ignoreer. “Wiegee om,” sê hulle, “hoe God die aarde gemaak het? Wat ons moet weet, is hoe om in die hemel te kom.” Tog vorm  “die onontbeerlike grondslag vir die Christe­like en Bybelse teologie.”4 ‘n Aantal fun­damentele Bybelse begrippe is gewortel in die Skepping van God.5 Waarlik, ’n kennis van hoe God “die hemel en die aarde” gemaak het, kan per slot van sake die mens help om die nuwe hemel en aarde waarvan Johannes in die Openbaring praat, binne te gaan. Wat is dus sommige van die impli­kasies van die Skeppingsleer?

Die Middel Teen Afgodery. Omdat God Skepper is, is Hy anders as alle ander gode (1 Kron. 16:24-27; Ps. 96:5, 6; Jes. 40:18-26; 42:5-9; 44). Ons moet die God aanbid deur wie ons gemaak is, en nie die gode wat deur ons gemaak is nie. Uit hoofde van Sy Skepperskap verdien Hy ons algehele trou. Enige verhouding wat afbreuk doen aan hierdie trou is afgodery en dis onder­hewig aan die oordeel van God. Getrou­heid aan die Skepper is dus ‘n saak van lewe en dood.

Die Grondslag van Ware Aanbidding. Ons aanbidding van God berus op die feit dat Hy ons Skepper is en ons Sy skepsele (Ps. 95:6). Hoe belangrik hierdie tema is, blyk uit sy insluiting in die beroep wat op die bewoners van die aarde gedoen word net voor die wederkoms van Christus: “Aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het” (Openb. 14:7).

Die Sabbat Gedenkdag van die Skep­ping. God het die sewendedag-Sabbat in­gestel sodat ons weekliks daaraan herinner kan word dat ons Sy skepsele is. Die Sabbat was ‘n genadegawe wat ons vertel, nie wat ons gedoen het nie, maar wat God gedoen het. Hy het hierdie dag juis geseën en dit geheilig sodat ons nooit sal vergeet nie dat daar benewens arbeid ook in die lewe voorsiening gemaak moet word vir gemeenskap met die Skepper, rus en die viering van God se wonderbare skepping (Gen. 2:2, 3). Om die belang­rikheid daarvan te benadruk, het God dit goed geag dat hierdie gewyde herdenking van Sy skeppingskrag in die middel van die sedewet staan as ‘n ewige teken en sim­bool van die Skepping (Exod. 20:8-11; 31:13-17; Eseg. 20:20; kyk hoofstuk 19 van hierdie boek.

Die Huwelik ‘n Instelling van God. In die Skeppingsweek het God ook die huwelik as ‘n heilige instelling gegee. Hy het bepaal dat kennis van hoe God “diehemel en die aarde” ge­maak het, kan per slot van sake die mens help om die nuwe hemel en aarde waarvan hierdie gewyde samevoe­ging van twee individue onskeibaar moes wees. Die man sou “syvrou aankleef” en hulle sou “een vlees” word: (Gen. 2:24; kyk ook Markus 10:9; sien hoofstuk 22 van hierdie boek).

Die Grondslag van Opregte Eiewaarde. Volgens die skeppingsverhaal is ons na die beeld van God geskape. Hierdie feit gee ‘n mens die ware begrip van die waarde van elke individu. Dit laat geen ruimte vir ‘n swak selfbeeld nie. Ons is, trouens, ‘n unieke plek in die skepping gegee, met die besondere voorreg van gedurige kom­munikasie met die Skepper en die geleent­heid om meer soos Hy te word.

Die Grondslag vir Ware Gemeenskap. Omdat God die Skepper is, is Hy ook die Vader (Mal. 2:10), en dit maak van alle mense broers. Hy is ons Vader en ons is Sy kinders. Afgesien van geslag, ras, opvoe­ding of posisie is almal na die beeld van God gemaak. As dit besef en toegepas sou word, sou daar geen rassisme, dweepsug of enige ander vorm van diskriminasie wees nie.

Persoonlike Rentmeesterskap. Aange­sien God ons gemaak het, behoort ons aan Hom. Hierdie feit bring mee dat ons ‘n heilige verantwoordelikheid het om ge­troue rentmeesters van ons liggaamlike, geestelike en verstandelike vermoëns te wees. Om geheel en al afhanklik van die Skepper te handel is die kern van dank­baarheid. (Kyk hoofstuk 20 van hierdie boek).

Verantwoordelikheid Teenoor die Om­gewing. Met die Skepping het God die eer­ste man en vrou in ‘n tuin geplaas (Gen. 2:8). Hulle moes die grond bewerk en heers oor al die diere (Gen. 1:28). Dit is ‘n aan­duiding dat ons ‘n opdrag van Bo het om die gehalte van ons omgewing te bewaar.

Die Waardigheid van Handearbeid. Die Skepper het Adam gevra om die tuin van Eden “te bewerk en te bewaak” (Gen. 2:15). Dat Hy die mens hierdie taak in ‘n volmaakte wêreld gegee het, demonstreer die waardigheid van handearbeid.

Die Waarde van die Stoflike Heelal. In elke stadium van die Skepping het God verklaar dat wat Hy gemaak het, “goed” was (Gen. 1:10, 12, 17, 21, 25), en toe Hy die Skepping voltooi het, het Hy die hele werk “baie goed” genoem (Gen. 1 :31). Geskape materiaal is dus nie intrinsiek boos nie, maar goed.

Die Middel Teen Pessimisme, Eensaam­heid en Doelloosheid. Die Skeppingsver­haal bring aan die lig dat dinge nie deur toevallige evolusie ontstaan het nie, maar dat hulle doelbewus geskape is. Die menseras was bestem om ‘n ewige ver­houding met die Skepper self te handhaaf. As ons verstaan dat ons met ‘n doel ge­skape is, word die lewe ryk en sinvol en word die pynlike leegheid en onverge­noegdheid wat deur so baie mense gevoel word, met die liefde van God vervang.

Die Heiligheid van die Wet van God. Die wet van God het nog voor die sondeval be­staan. In hul sondige staat was die mens daaraan onderhewig. Dit moes waarsku teen selfvernietiging, moes die perke van vryheid bepaal (Gen. 2:17), en moes die geluk en vrede van die onderdane van die koninkryk van God verseker (Gen. 3:22-24; kyk hoofstuk 18 van hierdie boek).

Die Heiligheid van die Lewe. Die Skep­per van die lewe is steeds gemoeid met die vorming van menselewens, wat die lewe iets heiligs maak. Dawid loof die Here vir Sy betrokkenheid by sy geboorte: “Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vrees­lik wonderbaar is; … My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim ge­maak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe” (Ps. 139:13-16). “Ons is sy maaksel,” sê Paulus,  “geskape in Christus Jesus tot goeie werke” (Efe. 2:10). “As iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel” (2 Kor. 5:17). God, wat die melkweë oor die kosmos uitgestrooi het, gebruik daardie selfde krag om die mees verdorwe sondaar na Sy eie beeld te herskep.

Hierdie verlossende, herstellende krag is nie beperk tot die verandering van mense lewens nie. Dieselfde krag wat die hemel en die aarde oorspronklik geskape het, sal hulle na die laaste oordeel herskep – hulle tot ‘n manjifieke skepping vernuwe, ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde Jes. 65:17­19; Openb. 21,22).

Skepping en Verlossing

So word Skepping en verlossing in Jesus Christus versoen. Hy het ‘n grootse heelal en ‘n volmaakte wêreld gemaak. Sowel die teenstellings as die parallelle is betekenis­vol.

Die Duur van die Skepping. Met die skepping het Christus beveel en dit het onmiddellik geskied.  Nie lang tydperke van gedaanteverwisseling nie, maar Sy mag­tige woord was verantwoordelik vir die Skepping. Binne ses dae het Hy alles tot stand gebring. Maar waarom het dit selfs ses dae geneem? Kon Hy nie maar net een maal gepraat het en alles in ‘n oogwink laat ontstaan het nie?

Moontlik het Hy Hom verlustig in die ontluiking van ons planeet in daardie ses dae. Of moontlik staan hierdie “verleng­de” tyd meer in verband met die waarde wat Hy aan elke geskape ding geheg het, of met Sy begeerte om die sewedaagse week as ‘n model te stel vir die kringloop van arbeid en rus wat Hy vir die mens beoog het.

Christus spreek egter nie maar net om verlossing tot stand te bring nie. Die verlossingsproses het oor duisende jare ge­strek. Dit staan in verband met die ou en die nuwe verbond, Christus se 33 1/2 jaar op aarde en Sy byna 2 000 jaar van bemid­deling in die hemel sedertdien. Dit is ‘n ontsaglike tydperk – volgens Bybelse tyd­aanwysing ongeveer 6 000 jaar van die Skepping af – en geen mens het nog teruggekeer na die Tuin van Eden nie.

Die teenstelling tussen die tyd wat vir die Skepping nodig was en die tyd wat vereis word vir die herskepping, toon dat God altyd in belang van die mensdom optree. Die korte duur van die Skepping toon hoe gretig Hy was om volwasse mense in die lewe te roep wat Sy skepping kon ge­niet. Om die voltooiing van die Skepping uit te rek deur daarvan ‘n lang proses van geleidelike ontwikkeling te maak, druis in teen die aard van ‘n liefdevolle God. Die tyd wat vir herskepping gegun word, openbaar God se verlange om soveel mense moontlik te red (2 Pet. 3:9).

Christus se Skeppingswerk. In Eden het Christus die skeppende Woord gespreek. In Betlehem het die “Woord vlees geword en onder ons gewoon” (Joh. 1:14) – die Skepper het die skepping deelagtig ge­word. Watter nederigheid! Hoewel nie­mand teenwoordig was toe Christus die wêreld geskape het nie, was baie getuie van die mag wat blindes laat sien (Joh. 9:6, 7), stommes laat praat (Matt. 9:32,33), me­laatses Die Duur van die Skepping. Met die Skepping het Christus beveel en dit het on­middellik geskied. Nie lang tydperke van genees (Matt. 8:2, 3) en die dooies opgewek het (Joh. 11:14-45).

Christus het as die tweede Adam gekom, die nuwe begin van die mensdom (Rom. 5). In Eden het Hy die boom van die lewe aan die mensdom gegee; en op Golgota het die mensdom Hom aan ‘n boom gekruisig. In die Paradys het die mens fier in die beeld van God gestaan; op Golgota het die Mens slap, in die beeld van ‘n misdadiger, gehang. Op sowel die Skeppingsvrydag as die Kruisigingsvrydag het die woorde “dit is volbring” van ‘n voltooide skeppings­daad getuig (Gen. 2:2; Joh. 19:30) – die een het Christus as God volbring, die ander as Mens; die een in blitsige krag die ander in menslike lyding; die een vir ‘n tyd, die ander vir die ewigheid; een onderworpe aan die sondeval, die ander in oorwinning oor die Satan.

Dit was die volmaakte, Goddelike hande van Christus wat oorspronklik die lewe aan die mens geskenk het; en dit is die hande van Christus, deurboor en bebloed, wat aan die mens die ewige lewe sal gee. is geroep om God te verheerlik. Want die mens is nie net geskape nie; hy kan herskape word. Albei skeppings is eweseer die werk van Christus – nie een het van binne deur natuurlike ontwikkeling geskied nie.­ Ons is na die beeld van God geskape en is geroep om God te verheerlik.  As die kroningsdaad van Sy Skepping nooi God elkeen van ons om in gemeenskap met Hom te tree en daagliks die vernuwende krag van Christus aan te vra sodat ons, tot verheerliking van God in staat sal wees en om Sy beeld meer volkome weer te gee.

Videos en Klankbane:

Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Vrae:

Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.

TERUGVOER

Addisionele hulpbronne:

Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Verwysings:

1. L Berkhof, Systmatic Theology, 4de hers. uitg. (Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1941), bl.182.

2. Selfs om aan te neem dat elke dag van die skepping maar net 1 000 jaar lank geduur het, sou probleme skep. Met so ‘n veronderstelling sou Adam teen die aand van die sesde “dag” sy heel eerste lewens-“dag” -veel ouer gewees het as die totale lewensjare wat die Bybel aan hom toeken (Gen. 5:5). Kyk Jemison, Chris­ian Beliefs, bl. 116, 117.

3. Kyk hoofstuk 4 van hierdie boek.

4. “Creation,” SDA Encyclopedia, bl. 357.

5. Ibid., Arthur J. Ferch, “What Creation Means to Me,” Adventist Review, 9 Oktober 1986, bl. 11-13.