25. Gaan Jesus werklik weer terug kom?

Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.

DOWNLOAD

Inleiding:

Die wederkoms van Christus is die salige hoop van die kerk, die grootse klimaks van die evangelie.  Die Heiland se koms sal letterlik wees, persoonlik, sigbaar en wêreldomvattend.  Met Sy terugkeer sal die regverdige dode opgewek word en saam met die regverdige lewendes verheerlik en na die hemle geneem word, terwyl die onregverdiges sal sterf.  Die bykans volkome vervulling van die meeste reekse profesieë, saam met die huidige wêreldtoestande, dui daarop dat die koms van Christus ophande is.  Die tyd vir daardie gebeurtenis is nie geopenbaar nie, en ons word daarom gewaarsku om te alle tye gereed te wees.

Die Wederkoms van Christus

Mammie,” het ‘n kindjie met slaaptyd gekla, “ekverlang tog so na my vriend Jesus. Wanneer gaan Hy kom?”

Min sou daardie kindjie besef dat die be­geerte van haar hartjie die verlange van die eeue is. Die laaste woorde van die Bybel hou die belofte van ‘n spoedige weder­koms in: “Ja, Ek kom gou.” En Johannes van die Openbaring, die getroue vriend van Jesus, voeg daarby: “Amen, ja kom, Here Jesus!” (Openb. 22:20).

Om Jesus te sien! Om vir altyd verenig te wees met Hom wat ons liewer het as wat ons ons kan voorstel! Om ‘n einde te sien aan al die lyding op aarde! Om die ewig­heid saam te geniet met ons herrese gelief­des wat nou rus! Geen wonder dat Christus se vriende sedert Sy hemelvaart steeds vooruitsien na daardie dag nie.

Eendag sal Hy kom, al sou Sy koms selfs vir Sy heiliges ‘n oorweldigende verras­sing wees – want almal sluimer en slaap in hul lange waak (Matt. 25:5). Om “mid­dernag,” in die wêreld se donkerste uur, sal God Sy mag uitoefen om Sy volk te ver­los. Die Skrif beskryf die gebeurtenis soos volg: ” ‘n Groot stem” kom “uit die tempel van die hemel” wat sê: “Dit is verby!” Hierdie stem skud die aarde en veroorsaak “‘n groot aardbewing… soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie” (Openb. 16:17, 18). Die berge bewe, rotse rol orals en die hele aarde dein soos die golwe van die oseaan. Sy opper­vlakte verbrokkel, en “die stede van die nasies het geval. .. en alle eilande het ge­vlug, en berge is daar nie gevind nie” (verse 19, 20). “Die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit” (Openb.6:14).

Ondanks die chaos waarin die fisieke wêreld gedompel word, skep die kinders van God moed as hulle “die teken van die Seun van die mens” (Matt. 24:30) sien. Wanneer Hy op die wolke van die hemel neerdaal, sal elke oog dieVors van die lewe sien. Hy kom nou nie as ‘n man van smarte nie, maar as oorwinnaar om Sy eie op te eis. Pleks van die doringkroon dra Hy nou ‘n kroon van heerlikheid en “Hydra op sy kleed en op sy heup die Naam wat ge­skrywe is: DIE KONING VAN DIE KO­NINGS EN DIE HERE VAN DIE HERE” (Openb. 19:12, 16).

Met Sy koms pak wanhoop en vrees diegene beet wat geweier het om Jesus as Here en Verlosser te erken en wat die eise van Sy wet vir hul lewe verwerp het. Niks maak hulle wat Sy genade verwerp het so terdeë bewus van hul skuld as daardie stem wat so geduldig gesmeek het nie: ” Bekeer julle, bekeer julle van jul ver­keerde weë! Waarom tog wil julle sterwe?”(Eseg. 33:11). “En die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan be­staan?” (Openb. 6:15-17).

Maar die blydskap van diegene wat lank na Hom vooruitgesien het, oorskadu die wanhoop van die goddeloses. Die koms van die Verlosser bring die geskiedenis van die kinders van God tot sy heerlike kli­maks; dit is die oomblik van hul verlos­sing. Met verrukking en aanbidding roep hulle uit: “Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor syhulp” (Jes. 25:9).

Wanneer Jesus naby kom, roep Hy Sy slapende heiliges uit die grafte en gee op­drag aan Sy engele om “sy uitverkorenes [te] versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot aan die ander einde daarvan” (Matt. 24:31). Rond­om die wêreld hoor die regverdige dodeSy stem en staan uit hul grafte op – heerlike oomblik!

Dan word die lewende regverdiges ver­ander, “in ‘n oomblik, in ‘n oogwink” (1 Kor. 15:52). Verheerlik en, met onsterf­likheid beklee, word hulle saam met die herrese heiliges opgeneem om hul Here in die lug te ontmoet en om vir altyd by Hom te bly (1 Thess. 4:16, 17).

Die Gewisheid van Christus se Weder­koms

Die apostels en die vroeë Christene het die wederkoms van Christus die “salige hoop” genoem (Titus 2:13; vgl. Heb. 9:28). Hulle het verwag dat al die profesieë en be­loftes van die Skrif met die Wederkoms vervul sou word (kyk 2 Pet. 3:13; vgl. Jes. 65:17), want dit is juis die doelwit van die Christelike pelgrimstog. Almal wat Chris­tus liefhet, kyk gretig voruit na die dag wanneer hulle van aangesig: tot aangesig met Hom sal verkeer – en met die Vader, die Heilige Gees en die engele.

Die Getuienis van die Skrif. Die seker­heid van die Wederkoms berus op die be­troubaarheid van die Skrif. Net voor Sy dood het Jesus aan Sy dissipels gesê dat Hy na Sy Vader terugkeer om vir hulle plek te berei. Hy het egter belowe: “Ek kom weer” (kyk Joh. 14:3).

Soos Christus se oorspronklike koms na die aarde voorspel is, so is Sy wederkoms ook dwarsdeur die Skrif geprofeteer. Selfs voor die sondvloed het God aan Henog gesê dat die sonde deur die koms van Christus in heerlikheid beëindig sou word. Hy het geprofeteer: “Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle god­delose werke wat hulle goddelooslik ge­doen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom ge­spreek het” (Judas 14, 15).

Duisend jaar voor Christus het die psalmdigter verwys na die Here se koms om Sy volk te versamel en gesê: “Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. Hy roep na die hemel daar­bo, en na die aarde, om sy volk te oordeel: Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!” (Ps. 50:3-5).

Christus se dissipels het hulle verheug oor die belofte van Sy wederkoms. Te midde van al hul beproewinge het die troos van hierdie belofte hulle altyd weer nuwe moed en krag gegee. Hul Meester sou terugkeer om hulle na die huis van Sy Vader te neem!

Die Waarborg Wat die Eerste Koms Ver­skaf. Die Wederkoms staan in noue ver­band met die eerste koms van Christus. As Christus nie die eerste keer gekom en ‘n beslissende oorwinning oor die sonde en die Satan behaal het nie (Kol. 2:15), sou ons geen rede gehad het om te glo dat Hy uit­eindelik sou kom om die Satan se heer­skappy oor hierdie wêreld te beëindig en om dit in sy oorspronklike volmaaktheid te herstel nie. Maar aangesien ons die bewys het dat Hy “verskyn [het] om die sonde deur sy offer weg te doen” het ons rede om te glo dat Hy “vir die tweede maal sonder sonde [sal] verskyn…tot saligheid” (Heb. 9:26, 28).

Christus se Hemelse Bediening. Christus se openbaring aan Johannes maak dit duidelik dat die hemelse heiligdom die middelpunt van die verlossingsplan is (Openb. 1:12, 13; 3:12; 4:1-5; 5:8; 7:15; 8:3; 11:1, 19; 14:15, 17; 15:5, 6, 8; 16:1, 17). Die profesieë wat aandui dat Hy Sy finale be­diening ten behoewe van sondaars begin het, dra by tot die versekering dat Hy wel­dra sal terugkeer om Sy kinders huis toe te neem (kyk hoofstuk 23 van hierdie boek). Die vertroue dat Christus druk besig is om die verlossing, wat reeds aan die kruis be­werkstellig is, tot voleinding te bring, is ‘n groot troos vir Christene wat vooruitsien na Sy wederkoms.

Die Wyse van Christus se Wederkoms

Toe Christus die tekens genoem het wat sou aandui dat Sy koms ophande is, het Hy ook Sy volgelinge gewaarsku om nie deur valse aansprake mislei te word nie. Hy het gewaarsku: voor die Wederkoms “sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitver­korenes te mislei.” Hy het gesê: “As ie­mand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! – moet dit nie glo nie” (Matt. 24:24, 23). Voorkennis maak voor­sorg. Om gelowiges in staat te stel om tussen die ware gebeurtenis en die valse koms te onderskei, verstrek etlike Bybel­tekste besonderhede van die wyse waarop Christus sal terugkeer.

‘n Letterlike en Persoonlike Wederkoms. Toe Jesus in die wolk opstyg, spreek twee engele die dissipels toe terwyl hulle hulle opgevaarde Here nog agternastaar: “Ga­lilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle op­geneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand. 1:11).

Met ander woorde, hulle het gesê dat dieselfde Here wat hulle verlaat het – ‘n persoonlike wese van vlees en bloed, nie een of ander geesentiteit nie (Lukas 24:36­43) – na die aarde sou terugkeer. En Sy wederkorns sou net so letterlik en persoon­lik wees as Sy vertrek.

‘n Sigbare Wederkoms. Die wederkoms van Christus sal nie ‘n subjektiewe, onsig­bare aangeleentheid wees nie, maar ‘nwerklike gewaarwording met ‘n ware Per­soon. Om geen geleentheid vir moontlike twyfel te laat oor die sigbaarheid van Sy wederkorns nie, het Jesus Sy dissipels ge­waarsku om nie met ‘nheimlike koms mis­lei te word nie; Hy het Sy wederkoms by die helderheid van weerlig vergelyk (Matt. 24:27).

Die Skrif stel dit baie duidelik dat die regverdiges en die goddeloses Sy weder­koms gelyktydig sal gewaar. Johannes het geskryf: “Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien” (Openb. 1 :7) en Christus het die reaksie van die god­deloses geskets: “Dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid” (Matt. 24:30).

‘n Hoorbare Wederkoms. Die beeld van die universele gewaarwording van die wederkoms van Christus word verder ver­sterk deur die verklaring dat Sy korns nie net sigbaar nie, maar ook hoorbaar sal wees: “Die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van , n aartsengel en met geklank van die ba­suin van God” (1 Thess. 4:16). Die “harde trompetgeluid” (Matt. 24:31) vergesel die insameling van Sy kinders. Hier skuil geen heimlikheid nie.

‘n Heerlike Wederkoms. Christus keer as ‘n oorwinnaar terug met krag en “met sy engele in die heerlikheid van sy Vader” (Matt. 16:27). In die Openbaring beeld Johannes die heerlikheid van Christus se wederkoms in die mees dramatiese taal uit. Hy beeld Christus uit as sittende op ‘n wit perd waarop Hy die ontelbare leërs van die hemel lei. Die bonatuurlike glorie van die verheerlikte Christus is baie duidelik (Openb. 19:11-16).

‘n Skielike, Onverwagte Wederkoms. Gelowige Christene wat verlang na die wederkoms van Christus sal daarvan bewus wees wanneer dit naby is (1 Thess. 5:4-6). Vir die bewoners van die aarde oor die algemeen, egter, het Paulus geskryf: “Die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike ver­derf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie” (1 Thess. 5:2, 3; vgl. Matt. 24:43).

Party mense het tot die gevolgtrekking gekom dat Paulus se vergelyking van die koms van Christus met ‘n dief toon dat Hy op een of ander heimlike, onsigbare wyse sal kom. So ‘n sienswyse bots egter met die Bybelse beeld van Christus se wederkoms in heerlikheid voor die aangesig van alle mense (Openb. 1:7). Wat Paulus hier ver­klaar, is nie dat die koms van Christus in die geheim sal geskied nie, maar dat dit vir die wereldsgesindes net so onverwags soos die koms van’n dief sal wees.

Christus maak dieselfde stelling deur Sy koms met die onverwagte verwoesting van die wêreld deur die sondvloed te vergelyk: “Net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en ge­drink het, getrou en in die huwelik uitge­gee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Matt. 24:38, 39). Hoewel Noag jare lank gepreek het oor die komende vloed, het dit die meeste mense verras. Daar was twee klasse mense op aarde. Die een klas het Noag se prediking geglo en het die ark binnegegaan om gered te word, en die ander het verkies om buite die ark te bly, en “die sondvloed het gekom en almal weggevoer” (Matt. 24:39).

‘n Kataklismiese Gebeurtenis. Soos die gelykenis van die sondvloed beeld Nebu­kadnesar se droom van die metaalbeeld ook die kataklismiese wyse uit waarop Christus Sy koninkryk van heerlikheid sal vestig (kyk hoofstuk 4 van hierdie boek). Nebukadnesar het ‘n groot beeld gesien. “Sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, sy voete gedeel­telik van yster en gedeeltelik van klei.” Toe het daar “sonder toedoen van mensehande ‘n klip los[ge]raak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf ge­word van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het” (Dan. 2:32­-35).

Deur middel van hierdie droom het God ‘n opsomming van die wêreldgeskiedenis aan Nebukadnesar gegee. Van sy tyd af tot die vestiging van die ewigdurende ko­ninkryk van Christus (die rots) sou vier groot koninkryke mekaar een na die ander op die wêreldtoneel opvolg, en daarna ‘n mengsel van swak en sterk nasies.

Sedert die tyd van Christus het vertol­kers hierdie ryke steeds uitgeken as die ryke van Babel (605-539 v.C), Medo-Persië(539-331 v.C.), Griekeland (331-168v.C.) en Rome (168 v.C.-476 n.C).1 Soos voorspel, het geen wêreldryk Rome opgevolg nie. In die vierde en die vyfde eeu na Christus het dit tot ‘n aantal kleiner koninkryke ver­brokkel wat later die nasies van Europa geword het. Deur die eeue heen het magtige heersers – Karel die Grote, Karel V, Napo­leon, keiser Wilhelm en Hitler – probeer om nog ‘n wereldryk tot stand te bring. Geeneen het daarin geslaag nie, net soos die profesie voorspel het: “Hulle sal nie aan mekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie” (Dan. 2:43).

Eindelik vestig die droom die aandag op die dramatiese klimaks: die vestiging van God se ewigdurende koninkryk. Die klip wat sonder mensehande losgeraak het stel Christus se heerlike koninkryk voor (Dan. 7:14; Openb. 11:15), wat met die Weder­koms sonder die toedoen van mense tot stand gebring sal word.

Die koninkryk van Christus sal nie gelyktydig met ‘n menslike ryk bestaan nie. Toe Hy tydens die heerskappy van die Ro­meinse Ryk gekom het, het die rotskonink­ryk wat al die nasies sou fynstamp, nog nie aangebreek nie. Alleen na die fase van die voete van yster en klei, die tydperk van die verdeelde nasies, sou dit aanbreek. Dit sal met die Wederkoms tot stand gebring word wanneer Christus die regverdiges van die goddeloses skei (Matt. 25:31-34).

Wanneer dit gebeur, sal hierdie klip of koninkryk “die beeld aan sy voete van yster en klei” tref en “daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak,””sodat daar geen spoor van gevind” word nie (Dan. 2:34, 44, 35). Die Wederkoms is inderdaad ‘naardskuddende gebeurtenis.

Die Wederkoms en die Menseras

Die wederkoms van Christus sal albei groot afdelings van die mensdom raak ­diegene wat Hom aangeneem het met die verlossing wat Hy bring, en diegene wat die rug op Hom gekeer het.

Die Versameling van die Uitverkorenes. ‘n Belangrike aspek van die vestiging van Christus se ewige koninkryk is die versa­meling van die verlostes (Matt. 24:31; 25:32-34; Markus 13:27) na die hemelse tuiste wat Christus voorberei het (Joh. 14:3).

Wanneer ‘n staatshoof ‘nander land besoek, kan maar net enkeles aan die verwel­komingsgeselskap behoort. Maar wanneer Christus kom, sal elke gelowige wat ooit geleef het, afgesien van ouderdom, geslag, opvoeding, ekonomiese status of ras, deel­neem aan die grootse Wederkomsviering. Twee gebeurtenisse maak hierdie univer­sele versameling moontlik: die opstanding van die regverdige dode en die verandering van die lewende heiliges.

1. Die opstanding van die dode in, Chris­tus. Op die basuingeklank wat die weder­koms van Christus aankondig, sal die regverdige dode onverderflik en onsterflik opgewek word (1 Kor. 15:52,53). Op daar­die oomblik sal “‘die wat in Christus gesterf het, eerste opstaan” (1 Thess. 4:16). Met ander woorde, hulle word opgewek voordat die lewende regverdiges. opge­neem word om by die Here te wees’.

Herrese geliefdes word herenig met die wat oor hul heengaan getreur het. Nou roep hulle verheug uit: “Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?” (1 Kor. 15:55).

Dit is nie die sieklike, afgeleefde, ver­minkte liggame wat in die graf neergedaal het wat nou daaruit opstaan nie, maar nuwe, onsterflike, volmaakte liggame wat nie meer die stempel van sonde dra wat hul verderf veroorsaak het nie. Die herrese heiliges beleef die voleindiging van Chris­tus se herstelwerk en gee die volmaakte beeld van God in gees, siel en liggaam weer (1 Kor. 15:42-54; kyk hoofstuk 25 van hierdie boek).

2. Die verandering van die lewende gelo­wiges. Wanneer die regverdige dode opge­wek is, word die regverdiges wat nog lewe wanneer Christus terugkeer, verander. “Want hierdie verganklike moet met on­verganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word” (1 Kor. 15:53).

Wanneer Christus terugkeer, geniet geen groep voorkeur bo enige ander gelowiges nie. Paulus bring aan die lig dat die lewende en veranderde gelowiges – “die wat in die lewe oorbly,” – “saam met hulle [die opgewekte regverdiges] in wolke weggevoer [sal] word die Here tege­moet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees” (1 Thess. 4:17; vgl. Heb. 11:39, 40). Al die gelowiges sal dus teenwoordig wees by die groot vergadering van die Wederkoms, sowel die opgewekte heiliges van alle eeue as die wat nog lewe wanneer Christus terugkeer.

Die Dood van die Ongelowiges. Vir die verlostes is die Wederkoms ‘n tyd van blydskap en jubeling, maar vir die ver­lorenes sal dit ‘n tyd van verpletterende skrik wees. Hulle het Christus se liefde en Sy uitnodigings tot verlossing so lank weerstaan dat hulle in misleiding verstrik geraak het (kyk 2 Thess: 2:9-12; Rom. 1 :28­32). Wanneer hulle die Een wat hulle ver­werp het, sien kom as Koning van die konings en Here van die Here, besef hulle hul uur van verdoemenis het aangebreek. Oorweldig deur vrees en wanhoop beroep hulle hul op die lewelose skepping om hulle te beskerm (Openb. 6:16, 17).

Nou sal God Babilon, die vereniging van alle afvallige godsdienste, vernietig. “Metvuur sal sy verbrand word” (Openb. 18:8). Die leier van hierdie konfederasie, die ver­borgenheid van die ongeregtigheid, die wettelose, sal “die Here met die asem van sy mond…verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet…maak” (2 Thess. 2:8). Die magte wat daarvoor ver­antwoordelik was om die merk van die dier af te dwing (kyk hoofstuk 12), sal “in die vuurpoel wat met swawel brand” ge­werp word. Die res van die goddeloses sal “gedood [word] met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit” Jesus Christus, die Here (Openb. 19:20, 21).

Tekens van Christus se Spoedige Wederkoms

Die Skrif verklaar nie net die wyse en doel van die wederkoms van Christus nie, maar ook die tekens wat sal aandui dat die klimaktiese gebeurtenis ophande is. Die eerste tekens wat ‘n aanduiding van die Wederkoms gegee het, het meer as 1700 jaar na Christus se hemelvaart plaasge­vind, en ander het gevolg wat bydra tot die getuienis dat Sy koms baie naby is.

Tekens in die Natuur. Christus het voor­spel dat daar tekens sal wees “aan son en maan en sterre” (Lukas 21:25), en verklaar spesifiek: “die son [sal] verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heer­likheid” (Markus 13:24-26). Daarby het Johannes ook gesien dat ‘n groot aardbe­wing die tekens in die hemele sal vooraf­gaan (Openb. 6:12). Al hierdie tekens sou die einde van die 1260 jaar van vervolging (kyk hoofstuk 12) aandui.

1. Die getuienis van die aarde. Ter ver­vulling van hierdie profesie het “diegroot­ste aardbewing bekend”2 op 1 November 1755 plaasgevind. Dit is bekend as die Lis­sabonse aardbewing en is in Europa, Afri­ka en Amerika gevoel, oor ‘n oppervlakte van 10,36 miljoen vierkante kilometer. Die middelpunt van sy verwoesting was Lis­sabon, Portugal, waar dit openbare geboue en wonings binne enkele minute met die grond gelyk gemaak en tienduisende sterf­tes veroorsaak het.3

Terwyl die fisiese uitwerking van die aardbewing groot was, was die indruk wat dit op die denke van die tyd gehad het, net so betekenisvol. Baie wat destyds geleef het, het dit herken as ‘n profetiese teken van die einde4 en het ernstige aandag aan die oordele van God en die laaste dae begin gee. Die Lissabonse aardbewing gee spoorslag aan die studie van die profesieë.

Die getuienis van die son en die maan. Vyf-en-twintig jaar later het die volgende teken wat in die profesie genoem word, plaasgevind – die verduistering van die son en die maan. Christus het die tyd vir die vervulling van hierdie teken aangegee, naamlik dat dit op die groot vervolging sou volg, die 1260 jaar van pouslike vervol­ging wat elders in die Skrif genoem word (Matt. 24:29; kyk hoofstuk 12 van hierdie boek). Maar Christus het gesê dat die ver­drukking wat hierdie tekens sou vooraf­gaan, verkort sou word (Matt. 24:21, 22). Weens die invloed van die Hervorming en die bewegings wat daaruit voortgespruit het, is die pouslike vervolging inderdaad verkort, sodat dit teen die middel van die agtiende eeu byna heeltemal opgehou het.

Ter vervulling van hierdie profesie het ‘n buitengewone donkerte op 19 Mei 1780 op die noordoostelike deel van die Noord-Amerikaanse vasteland toegesak.5

Ter herinnering aan hierdie gebeurtenis het Timothy Dwight, president van die Yale-Universiteit, gesê: “Die19e van Mei 1780 was ‘n merkwaardige dag. Kerse is in baie huise opgesteek; die voëls het stil ge­raak en verdwyn en die hoenders het na hul hokke teruggekeer….Daar is baie alge­meen geglo dat die oordeelsdag aange­breek het.”6

Samuel Williams, van Harvard, het berig dat die duisternis “met die wolke ‘tussen 10 en 11 v.m., uit die suidweste aangekom het en voortgeduur het tot die middel van die volgende nag,’ terwyl dit op verskil­lende plekke van graad en duur gewissel het. Op sommige plekke ‘kon mense nie sien om gewone druk in die buitelug te lees nie.”7 Na die mening van Samuel Tenny was “die duisternis van die volgende aand waarskynlik net so groot as wat ooit beleef is sedert die Almagtige se bevel lig laat ontstaan het. … As elke glansende liggaam in die heelal in ondeurdringbare skaduwee gehul was of uitgedelg was, sou die duis­ternis nie meer volkome kon gewees het nie.”8 Om 9-uur daardie nag het die volmaan opgekom, maar die duisternis het volge­hou tot na middernag. Toe die maan sig­baar word, het dit soos bloed gelyk. Johannes van die Openbaring het die buitengewone gebeurtenisse van daardie dag voorspel. Na die aardbewing, het hy geskryf, sou die son “swart … word soos’n harige sak, en die maan…soos bloed” (Openb. 6:12).

3. Die getuienis van die sterre. Sowel Christus as Johannes het die sterrereën ge­noem as teken dat Sy koms naby is (Openb. 6:13; vgl. Matt. 24:29). Die groot meteoorreën van 13 November 1833 – die grootste vertoon van vallende sterre sover bekend – het hierdie profesie vervul. Daar is bereken dat ‘n enkele waarnemer gemiddeld 60 000 meteore per uur kon sien.9  Dit is van Kanada tot in Mexiko ge­sien, en van die middel van die Atlantiese Oseaan tot in die Stille Oseaan,10 en baie Christene het dit herken as die vervulling van Bybelprofesie.11

‘n Ooggetuie het verklaar: “Daar was skaars ‘n plekkie in die uitspansel wat nie elke oomblik met hierdie vallende sterre gevul was nie, en dit was ook nie moontlik om enige besondere verskil in die voor­koms te sien nie; maar soms het hulle in groepe neergereën – en herinner aan die woorde ‘soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval.'”12

Christus het hierdie tekens gegee om Christene te waarsku teen die nabyheid van Sy koms sodat hulle hul kan verheug in hul verwagting en bereid kan wees daarvoor. “En as hierdie dinge begin ge­beur,” het Hy gesê, “kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Hy het bygevoeg: “Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wan­neer julle hierdie dinge sien gebeur” (Lukas 21:28-31).

Hierdie unieke getuienis van die aarde, son, maan en sterre, wat in die presiese volgorde gekom het in die tyd wat Chris­tus voorspel het, het baie se aandag op die profesieë van die Wederkoms gevestig.

Tekens in die Godsdienstige Wêreld

Die Skrif voorspel dat ‘n aantal beteke­nisvolle tekens in die godsdienstige wêreld die tyd net voor die wederkoms van Christus sou kenmerk.

l.’n Grootgodsdienstige ontwaking. Die boek Openbaring getuig van die opkoms van ‘n groot wêreldomvattende godsdienstige beweging vóór die Weder­koms. In Johannes se visioen is hierdie be­weging deur  ‘nengel gesimboliseer wat die koms van Christus aankondig: “Ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met  ‘ngroot stem gesê; Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aan­bid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het” (Openb. 14:6,7).

Die boodskap self gee  ‘n  aanduiding van wanneer dit verkondig sou word. Die ewige evangelie is deur al die eeue verkon­dig. Maar hierdie boodskap, wat klem op die oordeelsaspek van die evangelie lê, kon alleen in die tyd van die einde verkon­dig word, want dit waarsku: “Die uur van sy oordeel het gekom.”

Die boek Daniël vertel ons dat sy profe­sieë in die tyd van die einde ontseël sou word (Dan. 12:4), Teen daardie tyd sou mense sy verborgenhede begryp. Hierdie ontseëling het plaasgevind toe die 1260 jaar van pouslike heerskappy beëindig is en die pous in 1798 gevange geneem is. Die kombinasie van die verbanning van die pous en die tekens in die natuur het baie Christene beweeg om die profesieë aan­gaande gebeurtenisse wat aanleiding tot die Wederkoms gee, te bestudeer, wat tot  ‘n  grondiger begrip van hierdie profesieë gelei het.

Die belangstelling in die Wederkoms het ook ‘n wêreldomvattende herlewing in die hoop op die Wederkoms veroorsaak. Net soos die Hervorming onafhanklik in ver­skillende lande deur die Christenwêreld ontstaan het, so ook die Adventbeweging. Die wêreldwye aard van hierdie beweging is een van die duidelikste tekens dat die wederkoms van Christus nader. Net soos Johannes die Doper die weg vir die eerste koms van Christus voorberei het, so berei die Adventbeweging die weg vir Sy wederkoms – en verkondig die boodskap van Openbaring 14:6-12, God se laaste be­roep om klaar te maak vir die heerlike wederkoms van die Heiland, (kyk hoof­stukke 12 en 23) van hierdie boek.13

2. Verkondiging van die Evangelie. “God [het] ‘ndag bepaal. .. waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel” (Hand. 17:31). In Sy waarskuwing oor daardie dag het Christus nie gesê dit sou kom wanneer die hele wêreld tot bekering gekom het nie, maar dat “hierdie evangelie van die ko­ninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom” (Matt. 24:14). Daarom vermaan Petrus gelowiges om “die koms van die dag van God [te] verwag en [te] verhaas” (2 Pet. 3:12).

Statistieke oor die vertaling en ver­spreiding van die Bybel in hierdie eeu bewys die toename van die evangeliegetuienis.  In 1900 was die Bybel in 537 tale beskikbaar. Teen 1980 was dit volledig of gedeeltelik in 1811 tale vertaal, wat byna 96 persent van die wêreldbevolking ver­teenwoordig. Daarby het die jaarlikse ver­spreiding van die Skrifte van 5,4 miljoen Bybels in 1900 tot 36,8 miljoen en byna vyfhonderd miljoen Bybelgedeeltes teen 1980 toegeneem.14

Daarby het die Christendom nou ‘n on­gekende verskeidenheid van hulpbronne vir sy sending beskikbaar: diensagent­skappe, opvoedkundige en mediese inrig­tings, inheemse en buitelandse werkers, radio en televisie, en indrukwekkende fi­nansiële middele. Tans kan kragtige kort­golf-radiostasies die evangelie na feitlik elke land in die wêreld uitsaai. Onder leiding van die Heilige Gees maak hierdie on­geëwenaarde middele die doelwit om die wêreld in ons tyd te evangeliseer, realis­ties.

Sewendedag-Adventiste, met ‘n ledetal wat ongeveer 700 tale en 1 000 dialekte ver­teenwoordig, verkondig die evangelie in 190 lande. Met die oortuiging dat mediese en opvoedkundige werk noodsaaklike rolle in die sendingopdrag te vervul het, bedryf ons byna 600 hospitale, verpleegin­rigtings, klinieke en apteke, 19 mediese ri­vierbote, 27 gesondheidsvoedselfabrieke, 86 kolleges en universiteite, 834 sekondere skole, 4 166 laerskole, 125 Bybelkorre­spondensieskole en 33 taalinstitute. Ons 51 uitgewerye lewer leesstof in 190 tale en ons kortgolf-radiostasies saai na ongeveer 75 persent van die wêreldbevolking uit. Die Heilige Gees het ons sendingpoging ryklik geseën.

3. Godsdienstige Verval. Die wydver­takte verkondiging van die evangelie beteken nie noodwendig dat daar ‘n mas­siewe toename in ware Christelikheid is nie. Trouens, die Skrifte voorspel ‘n af­name in ware geestelikheid teen die einde van die tyd. Paulus verklaar “dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, las­teraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, ban­deloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer lief­hebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Tim. 3:1-5).

Selfsug, liefde vir materiële dinge en die wêreld het die Gees van Christus uit baie harte verdring. Mense laat hulle nie langer deur die beginsels en wette van God lei nie; wetteloosheid het oorgeneem en “omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste ver­koel” (Matt. 24:12).

4. Herlewing van die pousdom. Volgens Bybelse profesie sal die pousdom aan die einde van die 1260 jaar “‘n dodelike wond” ontvang maar nie sterf nie (kyk hoofstuk 12 van hierdie boek). Die Skrif bring aan die lig dat hierdie dodelike wond sal genees. Die pousdom sal ‘n groot vernuwing van invloed en aansien onder­vind – “en die hele wêreld het verwon­derd agter die dier aangegaan” (Openb. 13:3). Tans beskou baie mense die pous as die sedelike leier van die wêreld.

In ‘n groot mate is die pousdom se stygende invloed te wyte aan die feit dat Christene oorleweringe, menslike stan­daarde en die wetenskap in die plek van diegesag van die Bybel ingevoer het. Daar­deur het hulle hulle kwetsbaar gemaak vir “die wettelose,” “wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” (2 Thess. 2:9). Die Satan en sy trawante sal ‘n bose konfederasie tot stand bring wat gesimboliseer word deur die on­heilige drie-eenheid van die draak, die dier en die valse profeet wat die wêreld sal mis­lei (Openb. 16:13, 14; vgl. 13:13, 14). Alleen diegene wat hulle deur die Bybel laat lei en “die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openb. 14:12) sal die oorwel­digende misleiding wat hierdie konfede­rasie meebring, suksesvol kan weerstaan.

5. Vermindering van Godsdiensvryheid. Die herlewing van die pousdom sal die Christendom dramaties beïnvloed. Die godsdiensvryheid wat teen ‘n hoë prys verkry is en gewaarborg word deur die skeiding tussen kerk en staat, sal wegge­kalwe en uiteindelik afgeskaf word. Met die ondersteuning van kragtige burgerlike owerhede, sal hierdie afvallige mag pro­beer om sy vorm van godsdiens op alle mense af te dwing. Elkeen sal moet kies tussen getrouheid aan God en Sy gebooie en lojaliteit aan die dier en sy beeld (Openb.14:6-12).

Die druk om te gehoorsaam sal, ekono­miese dwangmaatreëls insluit: “niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het” (Openb. 13:17). Uit­eindelik sal diegene wat weier om gehoor te gee met die doodstraf gedreig word (Openb. 13:15). In hierdie laaste beproe­wingstyd sal God namens Sy kinders in­gryp en elkeen verlos wie se naam in die boek van die lewe geskryf is (Dan. 12:1; vergelyk ook Openb. 3:5; 20:15).

Toename in Goddeloosheid. Die geeste­like verval binne die Christendom en die herstel van die wettelose mens het aanleiding gegee tot ‘ntoenemende verwaarlo­sing van die wet van God in die kerk en in die lewe van gelowiges. Baie het tot die ge­volgtrekking gekom dat Christus die wet afgeskaf het en dat Christene dit nie meer hoef te onderhou nie. Hierdie verontag­saming van die wet van God het aanlei­ding gegee tot ‘ntoename in misdadigheid en ontug.

1. Wêreldwye toename van misdadig­heid. Minagting van die wet van God wat in ‘n groot deel van die Christendom heers, het bygedra tot die hedendaagse samele­wing se veragting van wet en orde. Deur die hele wêreld skiet misdadigheid onbe­heers die hoogte in. ‘n Verslag wat deur korrespondente uit verskeie hoofstede van die wêreld opgestel is, lui: “Net soos in die Verenigde State is misdadigheid in byna elke land van die wêreld aan die styg.” “Van Londen tot Moskou tot Johannes­burg word misdaad vinnig ‘n groot be­dreiging wat die lewenswyse van baie mense verander.15

Seksrevolusie. Minagting vir die wet van God het ook die perke van kuisheid en reinheid verbreek met ‘n styging in ontug tot gevolg. Tans word seks verafgod en deur rolprente, televisie, video, liedjies, tydskrifte en advertensies bemark.

Die seksrevolusie het aanleiding gegee tot ‘n skokkende toename in die aantal eg­skeidings, afwykinge soos “dieope huwelik” of omruiling van maats, die seksuele misbruik van kinders en ‘n skokkende aantal aborsies, wydverspreide homoseksualiteit en lesbianisme, ‘n epidemie van veneriese siektes en VIGS (Verworwe Immuniteitsgebreksindroom) wat onlangs sy verskyning gemaak het.

Oorloë en Rampe. Voor Sy wederkoms, het Jesus gesê, sal “die een nasie…teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander. En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongers­node en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom” (Lukas 21:10, 11; vgl. Markus 13:7, 8; Matt. 24:7). Namate die einde nader en die stryd tussen die sataniese en die hemelse magte verhewig, sal hierdie rampe ook hewiger en meer dikwels voorkom en ‘n ongekende vervulling in ons tyd bereik.

1. Oorloë. Hoewel oorloë die mens deur die hele geskiedenis heen geteister het, was hulle nog nooit tevore so globaal en verwoestend nie. Die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog het meer sterftes en meer lyding veroorsaak as al die vorige oorloë saam.16

Baie verwag nog ‘n wêreldomvattende stryd. Die Tweede Wêreldoorlog het oor­loë nie beëindig nie. Sedert dit geëindig het, was daar ongeveer  “honderd en veer­tig botsings met konvensionele wapens waarin tot 10 miljoen mense gesterf het.”17 Die bedreiging van ‘n volskaalse derde kernoorlog hang oor ons wêreld soos die swaard van Damokles.

2.  Natuurrampe. Dit skyn asof natuur­rampe die afgelope jare aansienlik toege­neem het. Onlangse rampe van die aarde en die weer, wat een op die ander volg, laat party mense wonder of die natuur uit be­heer geraak het – en of die wêreld groot veranderinge in klimaat en struktuur on­dergaan wat in die toekoms sal toeneem.18

3.  Hongersnood. Hongersnood het dikwels in die verlede voorgekom maar nie op die skaal wat ons hierdie eeu beleef nie. Nooit tevore het miljoene mense in die wêreld aan of hongersnood of ondervoe­ding gely nie.19  Die toekomsvooruitsigte is nie juis beter nie. Die ongekende omvang van hongersnood dui baie duidelik dat die wederkoms van Christus ophande is.

Wees Altyd Gereed

Die Bybel verseker ons herhaaldelik dat Jesus sal terugkeer. Maar sal dit oor ‘n jaar wees? Vyf jaar? Tien jaar? Twintig jaar? Niemand weet vir seker nie. Jesus het self gesê: “Van die dag en die uur weet nie­mand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net My Vader alleen” (Matt. 24:36). Aan die einde van Sy aardse bediening het Christus die gelykenis van die tien maagde vertel om die ondervinding van die kerk in die laaste dae te illustreer. Die twee tipes maagde stel twee soorte gelowiges voor wat voorgee dat hulle vir hulle Here wag. Hulle word maagde genoem omdat hulle ‘n rein geloof bely. Lampe stel die Woord van God voor, die olie die Heilige Gees.

Oppervlakkig lyk die twee groepe een­ders; albei gaan uit om die bruidegom te ontmoet, albei het olie in hulle lampe en daar skyn nie ‘n verskil in hulle gedrag te wees nie. Hulle het almal die boodskap van Christus se spoedige wederkoms ge­hoor en sien daarna uit. Maar dan skyn daar ‘nvertraging te wees – hul geloof moet getoets word.

Skielik om middernag – in die donker­ste uur van die aarde se geskiedenis ­hoor hulle die geroep: “Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!” (Matt. 25:6). Nou word die verskil tussen die twee groepe sigbaar: party is nie gereed om die Bruidegom te ontmoet nie. Hierdie “dwase”maagde is nie huigelaars nie, hulle eerbiedig die waarheid, die Woord van God. Maar die olie ontbreek by hulle – hulle is nie deur die Heilige Gees ver­seël nie (vgl. Openb. 7:1-3). Hulle was te­vrede met oppervlakkige voorbereiding en het nie op Jesus Christus die Rots geval nie. Hulle het ‘n gedaante van godsalig­heid maar het nie die krag van God nie.

Wanneer die Bruidegom kom, sal net die wat gereed is saam met Hom ingaan na die bruilofsmaal en dan word die deur gesluit.

Uiteindelik keer die dwase maagde, wat meer olie gaan koop het, terug en roep: “Meneer, meneer, maak vir ons oop!” maar die bruidegom antwoord: “Ek ken julle nie” (Matt. 25:11, 12).

Hoe jammer is dit dat Christus met Sy te­rugkeer na die aarde hierdie woorde sal moet besig teenoor mense wat Hy liefhet. Hy het gewaarsku: “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte ge­doen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matt. 7:22, 23).

Voor die sondvloed het God Noag ge­stuur om die mensdom te waarsku teen die komende verwoesting. Net so stuur God ‘n drievoudige waarskuwing om die wêreld voor te berei op die wederkorns van Chris­tus (kyk Openb. 14:6-16).

Almal wat God se genadeboodskap aan­neem, sal hulle verheug oor die vooruitsig van die Wederkoms. Hulle het die ver­sekering, “Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam” (Openb. 19:9). Trouens, Christus sal u vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid” (Heb. 9:28).

Die Verlosser se wederkoms voer die geskiedenis van die kinders van God tot ‘n heerlike klimaks. Dit is die oomblik van hul verlossing, en met vreugde en aanbid­ding roep hulle uit: “Kyk,dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan ver­los … laat ons juig en bly wees oor Sy hulp” (Jes.25:9).

Videos en Klankbane:

Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Vrae:

Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.

TERUGVOER

Addisionele hulpbronne:

Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Verwysings:

1.  Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, deel l, bl. 456, 894; deel 2, bl. 528, 784; deel 3, bl. 252, 744; deel 4, bl. 396, 846. Kyk ook hoofstuk 23 van hierdie boek.

2.  G. I. Eiby, Earthquakes (New York, NY: Van Nostrand Reinholdt Co., 1980), bl. 164.

3.  Sien bv. Sir Charles Lyell, Principles of Geology (Philadelphia: James Kay, Jun. &: Brother, 1837) deel 1, bl. 416-419; “Lisbon:’ Encyclopaedia Americana, red. Francis Lieber (Philadelphia, PA: Carey and Lea, 1831), bl. 10; W. H. Hobbs, Earthquakes (New York: D. Appleton and Co. 1907) bl. 143; Thomas Hunter, An Historical Account of Earthquakes Extracted From the Most Authentic Historians (Liverpool: R. Williamson, 1756), bl. 54-90; vgl. White, Groot Stryd, hfst. 17, par. 16-21. Volgens vroeë verslae was daar honderdduisend sterftes. Moderne ensiklo­pedieë sal moontlik 60 000 verstrek.

4.  Kyk John Biddolf, A Poem on the Earthquake at Lisbon (Londen: W. Owen, 1755), bl. 9, aangehaal in Source Book, bl. 358; Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, deel 2, bl. 674-677. Op 6 Februarie 1756 het die Anglikaanse Kerk ‘n dag van vas en verootmoediging ter herinnering aan hierdie aardbewing gehou, (ibid.) Kyk ook T. D. Kendrick, The Lisbon Earthquake (Londen Methuen and Co. Ltd. 1955), bl. 72-164.

5.  Vgl. White Groot Stryd hfst. 17, par. 22-30.

6.  Timothy Dwight, aangehaal in Connecticut Historical Collections, red. John W. Barber, 2de uitg. (Newhaven, CT: Durrie en Peck en J. W. Barber, 1836) bl. 403; aangehaal in Source Book bl. 316.

7.  Samuel Williams, “An Account of a Very Uncommon Darkness in the State of New England, May 19,1780,” in Memoirs of the American Academy of Arts and Sciences: to the End of the Year 1783 (Boston, MA: Adams and Nourse, 1785), deel l, bl. 234, 235. Vgl. Source Book, bl. 315

8.  Brief van Samuel Tenny, Exeter, [NH], Des. 1785 in Collections of the Massachusetts Historical Society for the Year 1792 (Boston, MA: Belknap and Hall, 1792), deel l, bl. 97.

9.  Peter M. Millman, “TheFalling of the Stars”, The Telescope, 7 (May-June, 1940, bl. 60). Kyk ook Froom, Pro­phetic Faith of Our Fathers, deel 4, bl. 295.

10.  Denison Olmsted, Letters on Astronomy, 1840-uitgawe, bl. 348, 349, in Source Book, bl. 410, 411.

11.  Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, deel 4, bl. 297-300; vgl. White, Die Groot Stryd, hfst. 18, par. 39-43.

12.  Verskynsels soos waargeneem by Bowling Green, Missouri, berig in die Salt River Journal, 20 Nov. 1780 soos aangehaal in American Journal of Science and Arts, red. Benjamin Silliman, 25 (1834), bl. 382.

13.  Kyk Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, deel 4; Damsteegt, Foundations of the Seventh-day Adventist Mes­sage and Mission.

14. David B. Barrett, uitg., World Christian Encyclopedia. A Comparative Study of Churches and Religions in the Modern World A.D. 1900-2000 (Oxford: Oxford University Press, 1982), bl. 13.

15. “Abroad, Too, Fear Grips the Cities, ” US News and World Report, 23 Feb. 1981, bl. 65.

16.  David Singer en Melvin Small, The Wages of War: 1816-1965. A Statistical Handbook (New York, NY: John Wiley &: Sons, 1972), bl. 66, 67.

17.  Margaret Thatcher soos aangehaal in “Ernest W. Lefever and E. Stephen Hung, The Apocalypse Premise (Washington, D.C.: Ethics and Public Policy Center, 1982), bl. 394.

18.  Kyk Paul Recer, “Is Mother Nature Going Berserk?” US News and World Report, 22 Feb. 1982, bl. 66.

19.  ‘n Spesiale byvoegsel tot die Verenigde Volke se publikasie Development Forum met die opskrif “Fads on Food,” (November 1974) verklaar: “Die helfte van die wêreldbevolking 2 000 miljoen is erg ondervoed,” aange­haal in Ronald J. Sider,Rich Christians in an Age of Hunger (New York, NY: Paulist Press, 1977), bl. 228, n.4. Vgl. bl. 16.