Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.
Inleiding:
Daar is ‘n heiligdom in die hemel, die ware tabernakel wat die Here gebou het en nie die mens nie. Daarin tree Christus namens ons op en stel Hy die voordele van Sy soenoffer wat Hy eens en vir altyd aan die kruis gedoen het, aan gelowiges beskikbaar. Hy is tydens Sy hemelvaart as ons groot Hoepriester ingehuldig en toe het Hy as Middelaar begin dien. In 1844, aan die einde van die profetiese tydperk van 2300 dae, het Hy die tweede en laaste fase van Sy versoeningsbediening betree. Dit is ‘n ondersoekende oordeel wat deel uitmaak van die uiteindelike verwydering van sonde, waarvan die reiniging van die ou Hebreeuse tempel op die groot Versoendag ‘n voorafskaduwing was. In daardie skadudiens is die heiligdom met die bloed van offerdiere gereinig, maar die hemelse dinge word met die volmaakte offer van die bloed van Jesus gereinig. Die ondersoekende oordeel openbaar aan die hemelse wesens wie van die dooies in Christus slaap en daarom in Hom waardig geag word om aan die eerste opstanding deel te hê. Dit maak ook bekend wie onder die lewendes in Christus bly, die gebooie van God en die getuienis van Jesus hou en daarom in Hom gereed is om in Sy ewige koninkryk opgeneem te word. Hierdie oordeel bewys die regverdigheid van God om diegene te red wat in Jesus glo. Dit verklaar dat diegene wat getrou aan God gebly het, die koninkryk sal ontvang. Die voltooiing van hierdie bediening van Christus sal die einde van die genadetyd vir die mensdom voor die Wederkoms aandui.
Christus se Bediening in die Hemelse Heiligdom
Die uur van die aandoffer breek aan. Die priester staan in die voorhof van die tempel in Jerusalem, gereed om ‘n lam te offer.
As hy die mes oplig om die slagogffer dood te maak, skud die aarde. Verskrik laat hy die mes val, en die lam ontsnap. Bo die gedreun van die aardbewing hoor hy ‘n luide skeurgeluid terwyl ‘n ongesiene hand die voorhangsel van die tempel van bo tot onder skeur.
Buite die stad omhul donker wolke ‘n kruis. Jesus, die Paaslam van God, roep uit: “Dit is volbring!” En Hy sterf vir die sondes van die wêreld.
Die beeld is deur die teenbeeld vervang. Die een gebeurtenis waarna die tempeldienste vooruitgewys het, het geskied. Die Heiland het Sy soenoffer volbring, en omdat die simbool in die werklikheid opgelos is, is die rites wat hierdie offer voorspel het, nou verval. Vandaar die geskeurde voorhangsel, die gevalle mes en die ontsnapte lam.
Die verlossingsgeskiedenis strek egter verder. Dit strek verder as die kruis. Jesus se opstanding en hemelvaart vestig ons aandag op die hemelse heiligdom, waar Hy, nou nie meer ‘n Lam nie, as priester dien. Die eenmalige offer is gebring (Heb. 9:28); nou maak Hy vir almal die voordele van Sy soenoffer beskikbaar.
Die Hemelse Heiligdom
God het Moses beveel om vir Hom ‘n aardse woning (Exod. 25:8) te bou – die eerste heiligdom wat onder die eerste (ou) verbond in werking was (Heb. 9:1). Dit is hier waar mense in die verlossingsweg voorgelig is. Ongeveer 400 jaar later het die permanente tempel in Jerusalem wat deur Salomo gebou is, Moses se draagbare tabernakel vervang. Nadat Nebukadnesar daardie tempel verwoes het, het die ballinge wat uit Babel teruggekeer het, ‘n tweede tempel gebou. Herodes die Grote het dit verfraai en die Romeine het dit in die jaar 70 n.C. verwoes.
Volgens die Nuwe Testament het die nuwe verbond ook ‘n heiligdom, een wat in die hemel is. Daar tree Christus as hoëpriester op, “aan die regterhand van die troon van die Majesteit.” Hierdie heiligdom is “die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie” (Heb. 8:1, 2).1 Op die berg Sinai is Moses ‘n “voorbeeld,” ‘n weergawe of miniatuur model van die hemelse heiligdom, getoon (Exod. 25:9, 40).2 Die Skrif noem die heiligdom wat hy gebou het, “afbeeldinge van die dinge in die hemele,” en ” ‘n teebeeld van die ware” (Heb. 9:23, 24). Die aardse heiligdom en sy dienste gee ons dus besondere insae in die rol van die hemelse heiligdom.
Die Skrif dui deurgaans op die bestaan van ‘n hemelse heiligdom of tempel (bv. Ps.11:4; 102:20; Miga 1:2, 3).3 Johannes van die Openbaring het ‘n visioen van die hemelse heiligdom gesien. Hy het dit beskryf as “die tempel van die tent van die getuienis in die hemel” (Openb. 15:5) en “die tempel van God…in die hemel” (Openb. 11:19). Daar het hy van die ameubelmente gesien waarvolgens die heilige plek van die aardse heiligdom ‘n afbeelding was, byvoorbeeld die sewe goue kandelare (Openb. 1:12) en die reukofferaltaar (Openb. 8:3). En daar het hy ook die verbondsark gesien, wat soos die een in die aardse allerheiligste gelyk het (Openb. 11:19).
Die hemelse reukofferaltaar is voor die troon van God geleë (Openb. 8:3; 9:13), wat in die hemelse tempel van God is (Openb. 4:2; 7:15; 16:17). Die toneel van die hemelse troonsaal (Dan. 7:9, 10) is dus in die he- melse tempel of heiligdom. Dit is waarom die laaste oordele vanuit die tempel van God kom (Openb. 15:5-8).
Dit is dus duidelik dat die Skrifte die hemelse heiligdom as ‘n werklike plek voorstel (Heb. 8:2), en nie beeldspraak of ‘n abstraksie nie.4 Die hemelse heiligdom is die woning van God.
Die Bediening in die Hemelse Heiligdom
Die boodskap van die heiligdom was ‘n boodskap van verlossing. God het die dienste gebruik om die evangelie te verkondig (Heb. 4:2). Die aardse heiligdom was ” ‘n beeld [parabole in Grieks – ‘n gelykenis] met die oog op die teenswoordige tyd” – tot met die koms van Christus (Heb. 9:9, 10). “Deur middel van simbole en rites het God met hierdie evangeliegelykenis beoog om die geloof van Israel te vestig op die offer en priesterlike bediening van die wêreld se Verlosser, die ‘Lam van God,’ wat die sonde van die wêreld sou wegneem (Gal. 3:23; Joh. 1:29).”5
Die heiligdom het drie fases van Christus se bediening voorgestel: (1) die plaasvervangende offer; (2) die priesterlike bemiddeling en (3) die laaste oordeel.
Die Plaasbekledende Offer. Elke offer in die heiligdom het die dood van Jesus vir die vergifnis van sonde gesimboliseer en die waarheid geopenbaar dat daar “sonder bloedvergieting” “geen vergifnis plaas[vind] nie” (Heb. 9:22). Daardie offers het die volgende waarhede toegelig: Christus se Bediening In die Hemelse Heillgdom
1. God se oordeel oor sonde. Omdat die sonde ‘n diepgewortelde verset is teen al wat goed, rein en waar is, kan dit nie veronagsaam word nie. “Die loon van die sonde is die dood” (Rom. 6:23).
2. Christus se plaasbekledende dood. “Ons almal het gedwaal soos skape,…maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom” (Jes. 53:6).”…dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte” (1 Kor. 15:3).
3. God voorsien ‘n soenoffer. Daardie offer is “Christus Jesus … Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof” (Rom. 3:24, 25). “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Kor. 5:21). Christus die Verlosser het die oordeel oor die sonde op Homself geneem. Daarom: “Christus is behandel soos ons verdien het, sodat ons behandel kan word soos Hy verdien het. Hy is veroordeel vir ons sonde waaraan Hy geen deel gehad het nie, sodat ons geregverdig kan word deur Sy geregtigheid waarin ons geen deel gehad het nie. Hy het ons dood gesterf, sodat ons Sy lewe kan ontvang. ‘Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom’ (Jes. 53:5]. “6
Die offerandes van die aardse heiligdom moes gedurig herhaal word. Soos ‘n verhaal is hierdie rituele gelykenis oor en oor vertel, jaar na jaar. In teenstelling het die teenbeeld – die soendood van ons Here – net een maal plaasgevind, op Golgota (Heb. 9:26-28; 10:10-14).
Die straf vir die mensdom se sonde is aan die kruis volledig betaal. Aan die eise van die Godddelike gereg is voldoen. Uit ‘n wetsoogpunt is die wêreld in God se guns herstel (Rom. 5:18). Die versoening is aan die kruis volbring soos deur die offerandes voorgestel, en die berouvolle gelowige kan hom op hierdie voltooide taak van ons Here verlaat.7
Die Priesterlike Middelaar. As die offer die sonde versoen het, waarom was ‘n priester dan nodig?
Die rol van die priester was om die aandag te vestig op die noodsaaklikheid van ‘n versoening tussen sondaars en ‘n heilige God. Die priesterlike bemiddeling toon die ernstige aard van die sonde en die vervreemding wat dit tussen ‘n sondelose God en ‘n sondige skepsel veroorsaak het. “Netsoos elke offerande die dood van Christus voorspel het, het elke priester Christus se middelaarswerk as hoëpriester in die hemelse heiligdom voorafgeskadu. ‘Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus’ (1 Tim. 2:5.).”8
1. Middelaar en versoening. Die aanwending van die versoenende bloed in die bemiddelingswerk van die priester is ook as ‘n vorm van versoening gesien (Lev. 4:35). Versoening geskied tussen twee partye wat van mekaar vervreem is. Die soendood van Christus het die wêreld met God versoen en Sy bemiddeling, of die aanwending van die voordele van Sy sondelose lewe en plaasbekledende dood, maak versoening met God ‘n persoonlike werklikheid vir die gelowige.
Die Levitiese
priesterskap illustreer die verlossingsbediening wat Christus sedert Sy dood
voortgesit het. Ons Hoëpriester, wat “gaan sit het aan die regterhand van
die troon van die Majesteit in die hemele,” dien as “‘n bedienaar van die heilige
dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie die mens
nie” (Heb. 8:1, 2).
Die hemelse heiligdom is die groot beheersentrum waar Christus Sy priesterlike bediening vir ons verlossing voortsit. “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree” (Heb. 7:25). Vandaan ook die uitnodiging “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:16).
In die aardse heiligdom het die priester twee verskillende bedieninge uitgevoer ’n daaglikse taak in die heilige (kyk hoofstuk 4 van hierdie boek) en ‘n jaarlikse bediening in die allerheiligste, of tweede afdeling. Hierdie dienste het Christus se priesterlike bediening gelllustreer.9
2. Die bediening in die heilige plek. Die priesterlike bediening in die heilige sou beskryf kon word as ‘n bediening van bemiddeling, vergifnis, versoening en herstel. Dit was ‘n ononderbroke diens en het voortdurende toegang tot God deur middel van die priester voorsien.10 Dit het die feit versinnebeeld dat die berouvolle sondaar onmiddellike en voortdurende toegang tot God het deur die priesterlike bediening van Christus as Middelaar (Efe. 2:18; Heb. 4:14-16; 7:25; 9:24; 10:19-22). Wanneer die boetvaardige sondaar11 met sy offer na die heiligdom gekom het, het hy sy hande op die kop van die onskuldige dier gelê en sy sonde bely. Hierdie daad het sy sonde en die straf daarvoor simbolies op die slagoffer oorgeplaas. So het hy vergifnis van sonde ontvang.12 Soos The Jewish Encyclopedia dit stel: “Die handeoplegging op die dier se kop is ‘n algemene rite waardeur die sonde vervang en oorgedra word.” “In elke offerande skuil die idee van plaasbekleding; die slagoffer neem die plek van die menslike sondaar in.”13
Die bloed van die sondoffer is op een van twee wyses aangewend; a. As dit in die heilige ingeneem is, is dit voor die voorhangsel gesprinkel en aan die horings van die reukofferaltaar gesmeer (Lev. 4:6, 7, 17, 18). b. As dit nie in die heiligdom ingeneem is nie, is dit aan die horings van die brandofferaltaar in die voorhof gesmeer (Lev. 4:25, 30). In daardie geval het die priester deel van die vleis van die offerdier geëet (Lev. 6:25, 26, 30). In albei gevalle het die deelnemers besef dat hul sondes en hul aanspreeklikheid daarvoor op die heiligdom en sy priesterdom oorgedra is.14
“In hierdie seremoniële gelykenis het die heiligdom die sondaar se skuld en aanspreeklikheid aanvaar -voorlopig altans wanneer die sondaar ‘n sondoffer gebring en sy sonde bely het. Hy het vergifnis ontvang en is daar weg met die versekering dat God hom aangeneem het. Net so in die werklikheid, as die Heilige Gees die sondaar tot berou gelei het om Christus as Here en Verlosser aan te neem, neem Christus sy sondes en aanspreeklikheid oor. Hy is vrylik vergewe. Christus is tegelyk die gelowige se Borg en Plaasbekleër.”15
In sowel die voorafskaduwing as die werklikheid draai die bediening in die heilige hoofsaaklik om die individu. Christus se priesterlike bediening voorsien vergifnis vir die sondaar en versoening met God (Heb. 7:25). “OmChristus se onthalwe vergewe God die bekeerde sondaar, reken hom die regverdige karakter en gehoorsaamheid van Sy Seun toe, vergewe sy sondes, en skryf sy naam in die boek van die lewe as een van Sy kinders (Efe. 4:32; 1 Joh. 1:9; 2 Kor. 5:21; Rom. 3:24; Lukas 10:20). En omdat die gelowige in Christus bly, skenk ons Here geestelike genade deur die Heilige Gees aan hom, sodat hy geestelik opwas en die deugde en grasieë ontwikkel wat ‘n weergawe van die Goddelike beeld is (2 Pet. 3:18; Gal. 5:22, 23).”16
Die bediening in die heilige bewerkstellig die gelowige se regverdiging en heiliging.
Die Laaste Oordeel. Die gebeurtenisse
op die Versoendag illustreer die drie fases van God se laaste oordeel. Hulle is
(1) die oordeel wat die duisend jaar voorafgaan (of die “ondersoekende
oordeel”) wat ook die Wederkoms voorafgaan; (2) die oordeel van die
duisend jaar en (3) die “voltrekkende oordeel” wat aan die einde van
die duisend jaar plaasvind.
Die Uitleg van die Hebreeuse Heiligdom

1. Die bediening in die Allerheiligste. Die tweede afdeling van die priesterlike bediening is eerstens op die heiligdom gemik en draai om die reiniging van die heiligdom en van die kinders van God. Hierdie fase van die bediening, met die allerheiligste as brandpunt en wat net die hoëpriester kon verrig, is tot een dag in die godsdienstige jaar beperk.
Vir die reiniging van die heiligdom was twee bokke nodig – die bok vir die Here en die sondebok (Asasel in Hebreeus). Deur die Here se bok te offer het die hoëpriester versoening gedoen vir “die heiligdom [in hierdie geval eintlik die allerheiligste], en die tent van samekoms [die heilige], en die altaar [van die voorhof]” (Lev. 16:20; vgl. 16:16-18).
Die hoëpriester het dan die bloed van die Here se bok, wat die bloed van Christus voorgestel het, in die allerheiligste ingedra. In die teenwoordigheid van God self het hy dit aan die versoendeksel – wat die ark met die Tien Gebooie daarin bedek het – gesmeer om aan die eise van die heilige wet van God te voldoen. Hierdie daad was ‘n simbool van die onberekenbare prys wat Christus vir ons sondes moes betaal, en dit was ‘n openbaring van hoe gretig God is om Sy volk met Hom te versoen (vgl. 2 Kor. 5:19). Daarna het hy hierdie bloed aan die reukofferaltaar gesmeer, wat elke dag van die jaar met bloed besprinkel is om sondebelydenis voor te stel. Hierdeur het die hoëpriester vir die heiligdom en vir die volk versoening gedoen en albei se reiniging bewerkstellig (Lev. 16:16-20, 30-33).
Daarna het die hoëpriester, wat Christus voorgestel het, as middelaar die sondes wat die heiligdom besoedel het, op homself geneem en op die lewendige bok, Asasel, oorgedra, wat dan uit die laer van die volk van God weggeneem is. Hierdie daad het die sondes van die volk, wat simbolies deur die bloed of vlees van die offerandes van die daaglikse bediening van vergifnis van die boetvaardige gelowiges na die heiligdom oorgedra is, uit die kamp verwyder. Hierdeur is die heiligdom gereinig en voorberei vir nog ‘n jaar van bediening (Lev. 16:16-20, 30-33). En so is alles tussen God en Sy volk herstel.18
Die Versoendag illustreer dus die oordeelsproses wat om die uitdelging van sondes gaan. Die versoening wat op hierdie dag bewerkstellig is, “het die finale toepassing van die deugde van Christus voorafgeskadu om die teenwoordigheid van sonde vir ewig uit die weg te ruim en om die heelal in een groot harmonieuse heerskappy onder God te versoen.”19
2. Asasel, die sondebok. “Die[Engelse] vertaling ‘scapegoat”’ van die Hebreeus asasel is afkomstig uit die Vulgaat caper emissarius, “bok wat weggestuur is” (Lev. 16:8).20 (Die vertalers van die Afrikaanse Bybel het, soos die Nederlandse vertalers, by “diebok vir Asasel” gebly. Die opstellers van woordeboeke in sowel Afrikaans as Nederlands koppel “sondebok” egter met die “bok vir Asasel” en verwys na Levitikus 16.-Vertaler). In Noukeurige ondersoek van Levitikus 16 toon dat Asasel die Satan voorstel en nie Christus soos sommiges meen nie. Hierdie vertolking word deur die volgende argumente ondersteun: “(1) die sondebok is nie as ‘n offer geslag nie en kon daarom nie vergifnis bewerkstellig nie. Want “sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” (Heb. 9:22); (2) Die heiligdom is geheel en al gereinig deur die bloed van die Here se bok voordat die sondebok op die toneel gebring is (Lev. 16:20); (3) Die Skrif behandel die sondebok as ‘n persoonlike wese wat die teenoorgestelde van God is en Hom ook teenstaan (Lev.16:8 lui letterlik “een vir die Here en die ander vir Asasel’). In die beeldspel van die heiligdom is dit dus meer logies om die Here se bok as ‘n simbool van Christus te sien en die sondebok – Asasel – as ‘n simbool van die Satan.”21
3. Die verskillende fases van die oordeel. Die rite van die sondebok op die Versoendag het verby Golgota gedui na die finale beeïndiging van die sondevraagstuk en die Satan. Die “volle rekenskap vir die sonde sal teruggewerp word op die Satan, die stigter en opstoker van die sonde. Die Satan, sy volgelinge en al die uitwerkinge van die sonde sal deur vernietiging uit die heelal verban word. Versoening deur middel van die oordeel sal daarom ‘n heelal tot gevolg hê wat volkome versoen en eensgesind sal wees (Efe. 1:10). Dit is die doel wat Christus se tweede en finale fase van Sy priesterlike bediening in die hemelse heiligdom sal verwesenlik.”22 Hierdie oordeel sal God volkome geregverdig laat in die oë van die heela1.23
DieVersoendag het die drie fases van die laaste oordeel uitgebeeld:
a. Die verwydering van sonde uit die heiligdom hou verband met die eerste, ondersoekende fase van die oordeel wat die Wederkoms voorafgaan. Dit vestig die aandag “op die name wat in die Boek van die Lewe verskyn net soos die Versoendag die aandag vestig op die verwydering uit die heiligdom van belyde sondes van die boetvaardiges. Valse gelowiges sal uitgesif word; die geloof van die ware gelowiges en hul eenheid met Christus sal voor die lojale heelal bekragtig word, en die aantekeninge van hul sondes sal uitgewis word.”24
b. Die verbanning van die sondebok na die woestyn stel die Satan se gevangenisskap op hierdie verwoeste aarde vir duisend jaar voor – ‘n tydperk wat met die Wederkoms ‘n aanvang neem en saamval met die tweede fase van die laaste oordeel, wat in die hemel geskied (Openp. 20:4; 1 Kor. 6:1-3). Hierdie duisendjarige oordeel bied ‘n oorsig oor die oordeel op die goddeloses en sal die verlostes ‘n insig gee in God se handelwyse met sonde en met die sondaars wat nie gered is nie. Dit sal al die vrae beantwoord wat die verlostes moontlik oor die genade en regverdigheid van God mag hê (kyk hoofstuk 26).
c. Die skoon laer simboliseer die gevolge van die derde, of uitvoerende fase van die oordeel, wanneer vuur die goddeloses verswelg en die aarde reinig (Openb. 20:11-15; Matt. 25:31-46; 2 Pet. 3:7-13; kyk hoofstuk 26 van hierdie boek),
Die Hemelse Heiligdom in die Profesie
In ons bogemeldebespreking het ons ons toegespits op die beeld- en die teenbeeldperspektief. Nou sal ons dit uit ‘n profetiese oogpunt behandel.
Die Salwing van die Hemelse Heiligdom. Die profesie van 70 weke in Daniël 9 het op die inwyding van Christus se priesterlike bediening in die hemelse heiligdom gedui. Eenvan die laaste gebeurtenisse wat in daardie 490 jaar sou plaasvind, was die salwing van “wat hoogheilig is” (Dan. 9:24; kyk hoofstuk 4). Die Hebreeuse kwodesh kwodeshiem, wat as “hoogheilig” vertaal is, beteken letterlik die allerheiligste. ‘n Beter vertaling sou wees, “om ‘n allerheiligste te salf.”
Net soos met die inwyding van die aardse heiligdom dit met heilige olie gesalf is om dit vir diens toe te wy, so is die hemelse heiligdom gesalf om dit vir Christus se middelaarskap toe te wy. Met Sy hemelvaart kort net Sy dood (Dan. 9:27)25 het Christus Sy bediening as hopriester en middelaar begin.
Die Reiniging (Herstel) van die Hemelse Heiligdom. In verband met die reiniging van die hemelse heiligdom verklaar die boek Hebreers: “Byna alles word met bloed gereinig volgens die wet en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele [die aardse heiligdom] deur hierdie offers [die bloed van diere] gereinig moes word, maar die hemelse dinge self [die hemelse heiligdom] deur beter offers as hierdie” die kosbare bloed van Christus (Heb. 9:22,23).
Verskeie kommentators verwys na hierdie Bybelse leer. Henry Alford het verklaar dat “die hemel self het reiniging nodig gehad en verkry deur die versoenende bloed van Christus.”26 B. F. Westcott se kommentaar is: “Daar kan gesê word dat selfs ‘hemelse dinge,’ vir sover hulle die voorwaardes vir die mens se toekomstige lewe beliggaam, iets deur die sondeval opgedoen het wat reiniging vereis het. “Dit was die bloed van Christus, het hy gesê, wat beskikbaar was “vir die reiniging van die hemelse argetipe van die aardse heiligdom.”27
Soos die sondes van die volk van God deur die geloof op die sondoffer geplaas is en toe simbolies na die aardse heiligdom oorgedra is, so word die belyde sondes van die berouvolle onder die nuwe verbond deur die geloof op Christus geplaas.28
En soos die reiniging van die aardse heiligdom gedurende die voorafskaduwende Versoendag die sondes wat daar opgehoop het, verwyder het, so word die hemelse heiligdom gereinig deur die finale verwydering van die sondes in die hemelse boeke. Voordat die boeke egter finaal skoongevee word, sal hulle ondersoek word om vas te stel wie deur bekering en geloof in Christus Sy ewige koninkryk mag binnegaan. Die reiniging van die hemelse heiligdom gaan daarom om ‘n ondersoek of oordeel wat ‘n volkome weergawe van die Versoendag as ‘n dag van oordeel is.30 Hierdie oordeel, wat die besluit bekragtig oor wie gered sal word en wie verlore sal gaan, moet vóór die Wederkoms geskied, want dan bring Christus Sy loon met Hom, “om elkeen te vergoed soos sy werk sal wees” (Openb. 22:12). Dan sal ook die Satan se beskuldigings beantwoord word (vgl. Openb. 12:10).
Almal wat hulle waarlik bekeer en deur die geloof aanspraak gemaak het op die bloed van Christus se soenoffer, het vergifnis ontvang. Wanneer hul naam in hierdie oordeel onder die loep geneem word en daar bevind word dat hulle met die geregtigheid van Christus beklee is, word hulle sondes uitgedelg en word hulle die ewige lewe waardig gereken (Lukas 20:35). “Wieoorwin,” het Jesus gesê, “sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele” (Openb. 3:5).
Die profeet Daniël openbaar die aard van hierdie ondersoekende oordeel. Terwyl die afvallige mag wat deur die klein horinkie voorgestel word, sy godslastering en vervolging van God en Sy kinders op aarde voortsit (Dan. 7:8,20, 21, 25), word trone geplaas en tree God as regter oor die laaste oordeel op. Hierdie oordeel vind in die troonsaal van die hemelse heiligdom plaas en word deur ontelbare hemelse getuies bygewoon. Wanneer die hof tot sitting oorgaan, word die boeke geopen as aanduiding dat die ondersoekende hofverrigtinge ‘n aanvang geneem het (Dan. 7:9, 10). Dit is eers ná hierdie oordeel dat die afvallige mag vernietig word (Dan. 7:11).31
Die Tyd van die Oordeel. Sowel Christus as die Vader is by die ondersoekende oordeel betrokke. Voordat Hy “opdie wolke van die hemel” terugkeer, kom Christus as die “Seun van die mens” “metdie wolke van die hemel” na die “Oue van dae,” God die Vader, en gaan staan Hy voor Hom (Dan. 7:13). Sedert Sy hemelvaart het Christus steeds as hoëpriester opgetree ons Middelaar voor God (Heb. 7:25). Hierdie keer, egter, kom Hy om Sy koninkryk te ontvang (Dan. 7:14).
1. ‘n Skaduwee oor Christus se priesterlike bediening. Daniël 8 vertel ons van die stryd tussen goed en kwaad en God se uiteindelike sege. Hierdie hoofstuk bring aan die lig dat ‘n aardse mag tussen die inwyding van Christus se hoëpriesterlike bediening en die reiniging van die hemelse heiligdom ‘n skaduwee oor die bediening van Christus sou werp.
Die ram in hierdie gesig het die ryk van die Meders en Perse voorgestel (Dan. 8:2). Die twee horings, die hoogste waarvan laaste opgekom het, beskryf sy twee fases; die Persiese deel het laaste oorheers. Soos Daniël voorspel het, het hierdie oosterse ryk sy mag “na die weste en na die noorde en na die suide” uitgebrei, en het hy “mag tig geword” (Dan. 8:4).
Die bokram wat van die weste af aangestorm het, het Griekeland voorgestel met die groot horing, wat sy “eerste koning,” Alexander die Grote, uitgebeeld het (Dan. 8:21). Vanuit “dieweste” het Alexander Persië gou verslaan. Toe, binne enkele jare na sy dood, is sy ryk in “vier koninkryke” verdeel (Dan. 8:8, 22) – die koninkryke van Cassander, Lysimachus, Seleucus en Ptolomaeus.
“Aan die einde van hulle heerskappy” (Dan. 8:23), met ander woorde, teen die einde van die verdeelde Griekse ryk, sou ‘n “klein horinkie” ontstaan (Dan. 8:9). Sommige mense beweer dat hierdie deel van die profesie deur Antiochus Epiphanes vervul is, ‘n Siriese koning wat ‘n kort rukkie gedurende die tweede eeu voor Christus oor Palestina geregeer het. Ander, waaronder etlike Hervormers, het die klein horinkie geïdentifiseer as Rome in sowel sy heidense as pouslike fases. Laasgenoemde vertolking pas Daniël se spesifikasies presies, terwyl die ander dit nie doen nie. Let op die volgende punte:
a. Die mag van die klein horinkie strek vanaf die ondergang van die Griekse ryk tot aan “dietyd van die einde” (Dan. 8:17). Alleen Rome, sowel heidens as pouslik, voldoen aan hierdie tydspesifikasies.
b. Die profesieë van Daniël 2, 7 en 8 loop parallel met mekaar (kyk profetiese parallellekaart, aan die einde van hoofstuk 24 van hierdie boek). Die vier metale van die beeld van Daniël 2 en die vier diere van Daniël 7 stel dieselfde wêreldryke voor: Babel, Medo-Persie, Griekeland en Rome. Sowel die voete van yster en klei as die tien horings van die vierde dier stel die verdelings van Rome voor; verdeelde state wat sou voortduur tot met die Wederkoms. Let daarop dat albei profesieë Rome aanwys as die opvolger van die Griekse ryk en as die laaste ryk voor die Wederkoms en die laaste oordeel. Die klein horinkie in Daniël 8 pas in dieselfde gleuf; dit volg op Griekeland en is bonatuurlik vernietig, of ” sonder toedoen van mensehand verbreek” (Dan. 8:25; vgl. Dan. 2:34).33
c. Medo-Persië word “magtig” genoem, Griekeland “uitermate magtig,” en die klein horinkie as “baie groot” (Dan. 8:4, 8, 9). Rome, een van die grootste wêreldryke, pas hierdie spesifikasie.
d. Net Rome het sy ryk na die suide (Egipte) en die ooste (Macedonië en Klein-Asië), en “na die Pragtige Land” (Palestina), uitgebrei, net soos die profesie voorspel het (Dan. 8:9).
e. Rome het hom verset teen die “Vors van die leer,” die “Vors van die vorste” (Dan. 8:11, 25), wat niemand anders as Jesus Christus is nie. “Teen Hom en Sy volk, asook teen Sy heiligdom, het die mag van Rome ‘n verbysterende stryd gevoer. Terwyl die heidense Rome Christus weerstaan en in werklikheid die tempel in Jerusalem verwoes het, het die pouslike Rome die priesterlike middelaarsbediening van Christus namens sondaars in die hemelse heiligdom verduister (kyk Heb. 8:1, 2) deur dit te vervang met ‘n priesterdom wat vergifnis deur die bemiddeling van mense aanbied.”34 (Kyk hoofstuk 12). Hierdie afvallige mag sou heel suksesvol wees, want “dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad” (Dan. 8:12).
2. Die tyd van herstel, reiniging en oordeel. God sou nie toelaat dat hierdie verdoeseling van die waarheid van Christus se hoëpriesterlike bediening onbepaald voortduur nie. Deur middel van getroue, godvresende manne en vroue het Hy Sy saak herstel. Die gedeeltelike herontdekking van Christus se rol as ons Middelaar deur die Hervorming het aanleiding gegee tot ‘n groot herlewing in die Christelike wêreld. Daar was egter meer waarheid omtrent Christus se hemelse bediening wat op openbaring gewag het.
Daniël se visioen het aangedui dat Christus se rol as ons hoëpriester veral teen “die tyd van die einde” duidelik sou blyk (Dan. 8:17), wanneer Hy Sy besondere taak van reiniging en oordeel benewens Sy voortdurende middelaarsbediening sou onderneem (Heb. 7:25).35 Die visioen spesifiseer wanneer Christus se werklike versoeningsbediening – die taak van die ondersoekende oordeel (Dan. 7) en die reiniging van die heiligdom – sou begin: “Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word” (Dan. 8:14).36 Omdat die visioen op die tyd van die einde dui, kan die heiligdom waarna dit verwys nie die aardse heiligdom wees nie – want die is in 70 n.C. verwoes. Die profesie moet daarom na die heiligdom van die nuwe verbond verwys – die plek waar Christus vir ons verlossing optree.
Wat is die 2300 dae of “2300 aande en môres,” soos die oorspronklike Hebreeus dit stel?37 Volgens Genesis 1 vorm ‘n “aand en môre” een dag. Soos ons in hoofstukke 4 en 12 van hierdie boek gesien het, is ‘n tydperk in simboliese profesie ook simbolies: ‘n profetiese dag stel ‘n jaar voor. Daarom het baie Christene deur die eeue heen geglo dat die 2300 dae van Daniël 8, 2300 letterlike jare voorstel. 38
a. Daniël 9 die sleutel tot die verklaring van Daniël 8. God het aan die engel Gabriël opdrag gegee om Daniël die gesig te laat “verstaan” (Dan. 8:16). Maar die betekenis was so skokkend dat Daniël siek geword het en Gabriël sy verduideliking moes staak. Aan die einde van die hoofstuk verklaar Daniël: “Ek was verstom oor die gesig” (Dan. 8:27).
As gevolg van hierdie onderbreking moes Gabriël sy verklaring van die tydprofesie uitstel – die enigste aspek van die visioen wat hy nog nie verduidelik het nie. Daniël 9 beskryf hoe hy terugkeer om hierdie taak af te handel. Daniël 8 en 9 staan dus in verband met mekaar, met laasgenoemde die sleutel tot die verklaring van die raaisel van die 2300 dae.39 Toe Gabriël verskyn, het hy aan Daniël gesê: Ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘ngeliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig” (Dan. 9:23). Hier verwys hy terug na die 2300 dae. Sy begeerte om die tydelemente van die gesig van Daniël 8 te verduidelik, verklaar waarom hy sy verduideliking met die profesie van 70 weke inlui.
Die 70 weke, of 490 jaar, was vir die Jode en Jerusalem “bepaal” (Dan. 9:24). Die Hebreeuse werkwoord is chathak. Hoewel hierdie werkwoord net een maal in die Skrifte gebruik is, kan sy betekenis van ander Hebreeuse bronne afgelei word.40 Die welbekende Hebreeus-Engelse woordeboek deur Gesenius verklaar dat dit eintlik beteken “om te sny,” of “om te verdeel.”40

Met hierdie agtergrond is Gabriël se kommentaar betekenisvol. Hy vertel Daniël dat 490 jaar afgesny sou word van die langer tydperk van 2300 jaar. As aanvangspunt vir die 490 jaar wys Gabriël op “die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou” (Dan. 9:25), wat in 457v.C. geskied het, naamlik die sewende jaar van Artasasta (kyk hoofstuk 4).42
Die 490 jaar het in 34 n.C. geëindig. As ons 490 jaar van die 2300 jaar afsny, laat dit ons 1810 jaar oor. Aangesien die 2300 jaar 1810 jaar verder as 34 n.C. sou strek, kom ons by die jaar 1844 uit.43
b. Vir ‘n vollediger begrip van die bediening van Christus. Vroeg in die neentiende eeu het baie Christene – waaronder Baptiste, Presbiteriane, Metodiste, Lutherane, Anglikane, Episkopale, Kongregasionaliste en Disciples of Christ die profesie van Daniël 8 intens bestudeer.44 Al hierdie Bybelkenners het verwag dat iets gewigtigs aan die einde van die 2300 jaar sou gebeur. Na gelang van hul begrip van die klein horinkie en die heiligdom, het hulle verwag dat hierdie profetiese tydperk sou uitloop op die reiniging van die kerk, die bevryding van Palestina en Jerusalem, die terugkeer van die Jode, die val van die Turkse of Moslemmag, die vernietiging van die pousdom, die herstel van die ware godsdiens, die begin van die aardse millennium, die oordeelsdag, die reiniging van die aarde deur vuur, of die Wederkoms.45
Nie een van hierdie voorspellings is verwesenlik nie, en almal wat daaraan geglo het, is teleurgestel. Hoe hewig die teleurstelling egter was, het afgehang van wat verwag is. Vanselfsprekend was die teleurstelling van diegene wat verwag het dat Christus in 1844 sou terugkeer, meer troumaties as die van hulle wat verwag het dat die Jode na Palestina sou terugkeer.46
As gevolg van hul teleurstelling het baie opgehou om die profesie te bestudeer, of het hulle hul afgewend van die historistiese metode van profetiese vertolking wat aanleiding tot hierdie gevolgtrekkings gegee het.47 Party het egter volgehou om hierdie profesie en die onderwerp van die heiligdom met veel gebed en intensiteit te bestudeer, en het hul aandag op Christus se bediening in die hemelse heiligdom namens hulle gevestig. Kostelike nuwe insigte in hierdie bediening het hul pogings beloon. Hulle het ontdek dat die historiese profetiese geloof van die vroeë kerk en die hervorming steeds geldig was. Die profetiese tydberekening was inderdaad korrek. Die 2300 jaar het in 1844 geëindig. Hul fout – en die van al die vertolkers van die tyd – was hul begrip van die aard van die gebeurtenis wat aandie einde van daardie profetiese tydperk sou geskied. Nuwe lig uit Christus se bediening in die heiligdom het hul terleurstelling in hoop en blydskap verander.48
Hul ondersoek na Bybelleer oor die heiligdom het aan die lig gebring dat Christus in 1844 na die Oue van dae gekom en die laaste fase van Sy hoëpriesterlike bediening in die hemelse heiligdom begin het. Hierdie bediening was die teenbeeld van die reiniging van die heiligdom op die Versoendag wat Daniël 7 uitbeeld as die ondersoekende oordeel vóór die Wederkoms.
Hierdie nuwe insig in Christus se hemelse bediening “is nie ‘n afwyking van die historiese Christelike geloof nie. Dit is inteendeel die logiese vervulling en onvermydelike voleinding van daardie geloof. Dit is eenvoudig die laastedaagse verskyning en vervulling van die geprofeteerde klem wat die ewige evangelie kenmerk…in die laaste gedeelte van sy getuienis aan die wêreld.”49
Die Belangrikheid Binne die Omvang van die Groot Stryd
Die profesieë van Daniël 7 en 8 openbaar die breër perspektiewe van die uiteindelike uitslag van die groot stryd tussen Christus en die Satan.
Die Karakter van God Regverdig Bewys.Deur die handelinge van die klein horinkie het die Satan getrag om die gesag van God uit te daag. Die dade van daardie moondheid het die hemelse heiligdom, die sentrum van die gesag van God, vertrap en in diskrediet gebring. Daniël se gesigte dui op ’n oordeel vóór die Wederkoms waarin God ’n vonnis van veroordeling teen die klein horinkie sal verkry en daarom teen die Satan self. In die lig van Golgota sal al die Satan se uitdanginge verwerp word. Almal kom tot die besef dat God reg het, en dat Hy geen verantwoordelikheid vir die sondervraagstuk dra nie. Sy karakter sal onberispelik daaruit te voorskyn tree, en Sy heerskappy van liefde sal opnuut bekragtig word.
Die Volk van God Regverdig Bewys.Terwyl die oordeel die afvallige klein horinkie skuldig bevind, word “aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf” (Dan. 7:22). Trouens, hierdie oordeel bewys nie net die regverdigheid van God voor die heelal nie, maar ook dié van Sy volk. Hoewel die heiliges, soos deur die eeue heen, verguis en vervolg is vir hul geloof in Christus, bewys hierdie oordeel dat hulle saak reverdig is. Die kinders van God sal die belofte van Christus verwesenlik sien: “Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, homs la Ek ook bely voor my Vader wat in die hemel is” (Matt. 10:32; vgl. Lukas 12:8, 9; Openb. 3:5)
Die Oordeel en die Verlossing. Stel die ondersoekende oordeel die verlossing van diegene wat in Jesus Christus glo, in gevaar? Glad nie. Ware gelowiges leef in Christus en vertrou op Hom as Middelaar (Rom.8:34). Hulle sekerheid is die belofte: “Ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige” (l Joh. 2:1).
Waarom dan ‘n ondersoekende oordeel vóór die Wederkoms? Hierdie oordeel is nie tot voordeel van die Godheid nie. Dit is eerstens tot voordeel van die heelal, deur die beskuldiginge van die Satan te weerlê en die sondelose skepping die versekering te gee dat God alleen diegene wat waarlik tot bekering gekom het, in Sy koninkryk sal toelaat. God maak die boeke oop vir ‘n onpartydige ondersoek (Dan. 7:9, 10).
Mense behoort aan een van drie klasse:
(1) die goddeloses, wat die gesag van God verwerp; (2) ware gelowiges, wat deur die geloof op die deugde van Christus staatmaak en gehoorsaam is aan die wet van God en (3) diegene wat hulle voordoen as ware gelowiges maar wat dit nie is nie.
Die sondelose wesens kan die eerste klas maklik eien. Maar wie is ‘n opregte gelowige en wie is nie? Albei groepe se name is in die boek van die lewe geskryf, wat die name bevat van almal wat ooit in die diens van God getree het (Lukas 10:20; Filip. 4:3; Dan. 12:1; Openb. 21:27). Die kerk self bevat opregte en valse gelowiges, die koring en die onkruid (Matt. 13:28-30).
God se sondelose wesens is nie alwetend nie; hulle kan nie die hart lees nie. “Daarom is ‘ n oordeel – voor die wederkoms van Christus nodig – om die ware van die valse te skei en om deur die redding van die opregte gelowiges aan die belangstellende heelal te bewys dat God regverdig is. Die saak gaan om God en die heelal, nie tussen God en die ware kind nie. Dit vereis dat die boeke oopgeslaan word om aan die lig te bring wie geloof bely het en wie se naam in die boek van die lewe opgeneem is.”50
Christus het hierdie oordeel beskryf in Sy gelykenis van die bruilofsgaste wat gehoor gegee het aan die milddadige evangelieuitnodiging. Omdat nie almal wat besluit om ‘n Christen te wees egte dissipels is nie, kom die koning om die gaste deur te kyk en om te sien wie die bruilofskleed aan het. Hierdie kleed stel die “rein, vlekkelose karakter voor wat Christus se ware volgelinge sal besit. Aan die kerk is gegee ‘om bekleed te wees met rein en blink fyn linne’ (Openb. 19:8) ‘sonder vlek of rimpel of iets dergeliks’ (Efe. 5:27). Die fyn linne, sê die Skrif, ‘is die regverdige dade van die heiliges’ (Openb. 19:8). Dit is die geregtigheid van Christus, Sy eie onbevlekte karakter, wat deur die geloof aan almal toebedeel word wat Hom as hulle persoonlike Saligmaker aanneem.”51 As die koning die gaste deurkyk, sal net diegene as opregte gelowiges aangeneem word wat die kleed van Christus se geregtigheid aan het, die kleed wat so groothartig in die evangelie-uitnodiging aangebied word. Diegene wat voorgee dat hulle volgelinge van God is maar wat ongehoorsaam bly, word nie deur Christus se geregtigheid bedek nie en sal uitgewis word uit die boek van die lewe (kyk Exod. 32:33).
Die idee van ‘n ondersoekende oordeel vir almal wat Christus bely, weerspreek nie die Bybelleer van verlossing uit genade deur die geloof nie. Paulus het geweet dat hy eendag die ordeel in die oë sal moet kyk. Daarom het hy die wens uitgespreek om “in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met die wat deur die geloof in Ch:ristus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof” (Filip. 3:9). Almal wat met Christus verenig is, is seker van verlossing. In die fase van die laaste oordeel voor die Wederkoms word opregte gelowiges, diegene wat in ‘n reddende verhouding met Christus verkeer, voor die sondelose heelal erken.
Christus kan egter nie verlossing aanbied vir diegene wat maar net voorgee dat hulle Christene is op die basis van hoeveel goeie dade hulle verrig het nie (kyk Matt. 7:21-23). Die hemelse verslae is daarom meer as net ‘n werktuig om die egte van die valse te onderskei. Dit is ook die grondslag waarvolgens die opregte gelowiges voor die engele erken word.
“Verre van die gelowige sy sekerheid van Christus te ontneem, bevestig die leer van die heiligdom dit. Dit illustreer en verduidelik die verlossingsplan vir hom. Sy berouvolle hart is verheug oor die werklikheid van Christus se plaasbekledende dood vir sy sondes, soos voorafgeskadu in sy offerandes. Ook strek sy geloof na bo om die betekenis daarvan in die lewende Christus, sy Priester-Voorspraak in die teenwoordigheid van die heilige God self te vind.”52
‘n Tyd om Gereed te Wees. Dit is die doel van God dat hierdie goeie tyding van Christus se laaste verlossingsdiens aan die hele wêreld verkondig moet word voordat Christus terugkeer. Die kern van hierdie boodskap is die ewige evangelie, wat baie dringend verkondig moet word, aangesien “dieuur van sy [God se] oordeel. .. gekom” het (Openb. 14:7). Hierdie roepstem waarsku die wêreld dat hierdie oordeel nou aan die gang is.
Ons verkeer tans in die groot teenbeeld van die Versoendag. Soos die Israeliete vermaan is om hulle op daardie dag te verootmoedig (Lev. 23:27), so beroep God Hom op al Sy kinders om hulle in hartgrondige berou te verootmoedig. Almal wat graag hul name in die hoek van die lewe wil behou, moet in hierdie dae van die oordeel van God sake regmaak met God en met hul medemense (Openb. 14:7).
Christus se taak as hoëpriester nader sy einde. Die tyd van genade vir die mensdom53 vervlieg. Niemand weet presies wanneer die stem van God sal uitroep: “Dit is volbring!” nie. “Pas op,” het Christus gesê, “waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie” (Markus 13:33).
Hoewel ons in die gewigtige dae van die teenbeeldige versoendag verkeer, hoef ons nie te vrees nie. Jesus Christus, in Sy tweevoudige rol as offerande en priester, tree namens ons in die hemelse heiligdom op. “Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedig heid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:14-16).
Videos en Klankbane:
Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Vrae:
Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.
TERUGVOER
Addisionele hulpbronne:
Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Verwysings:
1. Die boek Hebreërs bring ‘n ware heiligdom in die hemel aan die lig. In Hebreërs 8:2 is die woord “heiligdom” ‘n vertaling van die Griekse woord ta hagia, ‘n meervoudige vorm van die heilige plek (ding). Ander gebruike van hierdie meervoudige vorm kan gevind word, bv. in Hebreërs 9:8, 12, 24, 25; 10:19; 13:11. Die verskillende vertalings gee die indruk dat Christus alleen in die allerheiligste of die heilige dien, en nie die heiligdom nie. Dit is omdat sekere vertalers ta hagia as ‘n intensiewe meervoud beskou wat daarom as enkelvoudig vertaal kan word. ‘n Studie van die Septuaginta en Josephus toon egter dat ta hagia konsekwent na “heilige dinge” of die “heilige plekke” verwys – met ander woorde na die heiligdom self. Dit is die algemene term wat vir die heiligdom as geheel gebruik word, met sy heilige en allerheiligste. Dat Hebreërs ta hagia gebruik om na die heiligdom as geheel te verwys vind sterk eksegetiese steun in die sendbrief self. Die eerste gebruik van ta hagia in Hebreërs kom in 8:2 voor en is ‘n bystelling by “die ware tent.” Aangesien dit uit 8:5 duidelik is dat “tent” (skene die heiligdom as geheel aandui, moet ta hagia in Hebreërs 8:2 ook op die hele hemelse heiligdom dui. Daar is dus geen rede om ta hagia in Hebreërs as die allerheiligste te vertaal nie. In die meeste gevalle vra die konteks dat ta hagia as “die heiligdom” vertaal word (“Christ and His High Priestly Ministry,” Ministry, Oktober 1980, bl. 49). Uit hul ondersoek na die aardse heiligdom en ta hagia het die Adventiste pioniers tot die gevolgtrekking gekom dat die hemelse heiligdom ook twee afdelings het. Hierdie begrip het die basis gevorm vir hul heiligdomsleer (Damsteegt, ”The Historical Development of the Sanctuary Doctrine in Early Adventist Thought” [ongepubliseerde manuskrip, Biblical Research Institute van die Wêreldkonferensie van Sewendedag-Adventiste, 1983]; vgl. White, Groot Stryd, hfst. 23, par. 12-19; hfst. 24).
2. Kyk The SDA Bible Commentary, hers. uitg., “Ellen G. White Comments” deel 6, bl. 1082.
3. Antieke Joodse geskrifte bring aan die lig dat sommige rabbi’s in ‘n ware hemelse heiligdom geglo het. In ‘n kommentaar oor Exodus 15:17 het een rabbi gesê: “Die [posisie van die aardse] Heiligdom kom ooreen met dié van die hemelse Heiligdom en die [posisie van die] ark met die van die hemelse Troon” (Midrash Rabbah, Numbers, herd. uitg., [Londen: Soncino Press, 1961], deel l, hoofst. 4, sek. 13, bl. 110. Hakies in oorspronklike). Nog ‘n rabbi, wat in die Babiloniese Talmoed aangehaal is, het na “die hemelse en die aardse Tempel” verwys (Sanhedrin,99b, I. Epstein, uitg. [Londen: Soncino Press, 1969]). Nog ‘n ander se kommentaar was: “Daar is geen meningsverskil oor die vraag of die heiligdom benede die teendeel van die hemelse daarbo is nie” (Leon Nemoy, uitg., The Midrash on Psalms, vertaal deur William G. Braude [New Haven, Conn.: Yale University Press, 1959], Psalm 30, sek. I, bl. 386).
4. Die boek Hebreërs beeld ‘n ware heiligdom in die hemel uit. “Diewerklikheid van die hemelse heiligdom word verder onderskraag deur die adjektief ‘ware’ in Hebreërs 8:2. Die hemelse heiligdom is die ‘ware,’ of beter nog, ‘werklike.’ Die Griekse woord wat hier gebruik word en ook in 9:24, waar dit ook op die hemelse sfeer toegepas word, is alethinos. Die Griekse adjektief beteken ‘ware,’ in teenstelling met die ‘skynbare.’ Met die oog op die klassieke onderskeid met die Griekse adjektief alethes, wat ‘ware’ beteken, teenoor ‘vals,’ dui die adjektief aldhinos, wat twee maal in verband met die hemelse heiligdom gebruik word, skynbaar ondubbelsinnig op die werklikheid van die heiligdom in die hemel. Soos God in Johannes 17:3 as ‘ware’ beskryf word, en konsekwent deur Paulus, soos in 1 Thessalonicense 1:9, met gebruik van die woord alethinos, so besit ander entiteite werklikheid vir sover hulle met Sy werklikheid geassosieer word. Omdat die hemelse heiligdom met die werklikheid van God vergelyk word, is dit so werklik soos God werklik is” (Hasel, “Christ’s Atoning Ministry in Heaven,” Ministry, Januarie 1976, spesiale invoeging, bl. 21c).
5. Holbrook, “Sanctuary of Salvation,” Ministry, Januarie 1983, bl. 14.
6. White, Koning van die Eeue, hfst. I, par. 19.
7. Holbrook, “light in the Shadows:’ Journal of Adventist Education, Oktober-November 1983, bl. 27.
8. Ibid., bl. 28.
9. Net soos Christus.se bediening uit twee groot dele sou bestaan wat elk ‘n tydperk en ‘n vasgestelde plek in die hemelse heiligdom in beslag sou neem, so het die sinnebeeldige bediening ook uit twee afdelings bestaan, naamlik die daaglikse en die jaarlikse diens, en aan elk is ‘n afdeling van die tabernakel gewy” (White, Patriarge en Profete, bl. 357),
10. In die oggend-en die aandoffer verteenwoordig die priester die hele volk.
11. Die vader van die gesin het sy vrou en kinders verteenwoordig en hulle het nie offerandes gebring nie.
12. Kyk bv. Angel M. Rodriguez, “Sacrificial Substitution and the Old Testament Sacrifices,” in Sanctuary and the Atonement, bl. 134-156; A. M. Rodriguez, ”Transfer of Sin in Leviticus,” in 70 Weeks, Leviticus, and the Nature of Prophecy, red. F. B. Holbrook (Washington, D.C.: Biblical Research Institute of the General Conference of Seventh-day Adventists, 1986), 169-197.
13. “Atonement, Day of,” in The Jewish Encyclopedia, red. Isidore Singer (New York: Funk and Wagnalls Co., 1903), bl. 286. Kyk ook Hasel, “Studies in Biblical Atonement I: Continual Sacrifice, Defilement/Cleansing and Sanctuary:’ in Sanctuary and the Atonement, bl. 97-99.
14. Hasel, “Studies in Biblical Atonement I,” bl. 99-107; Alberto R. Treiyer, ”The Day of Atonement as Related to the Contamination and Purification of the Sanctuary,” 70 Weeks, Leviticus, Nature of Prophecy, bl. 253.
15. Holbrook, “Light in the Shadows:’ bl. 27.
16. Ibid., bl. 29.
17. Kyk bv. Hasel, “Studies in Biblical Atonement II: The Day of Atonement,” in Sanctuary and Atonement, bl. 115-125.
18. Vgl. Hasel, “The Little Horn,’ the Saints and the Sanctuary in Daniël 8,” in Sanctuary and Atonement, bl. 206, 207; Treiyer, “Day of Atonement,” bl. 252, 253.
19. Holbrook, “tight in the Shadows,” bl. 29.
20. Vgl. “Azazel:’ SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 102.
21. Holbrook,”Sanctuary of Salvation,” bl. 16. Deur die eeue heen het Bybelverklaarders tot soortgelyke gevolgtrekkings gekom. In die Septuaginta word azazel as apopompaios vertaal, ‘n Griekse woord vir ‘n kwaadwillige god. Antieke Joodse skrywers en die vroeë Kerkvaders het na hom as die duiwel verwys (SDA Encyclopedia, hers. uitg., bl. 1291, 1292). Neëntiende-en twintigste-eeuse verklaarders met soortgelyke sienings is Samuel M. Zwemer, William Milligan, James Hastings en William Smith van die Presbiteriaanse Kerk; E. W. Hengstenberg, Elmer Flack en H. C. Alleman, van die Lutherse Kerk; William Jenks, Charles Beecher en F. N. PeLoubet van die Kongregasionalistiese Kerk; John M’Clintock en James Strong van die Metodistekerk; James M. Gray, van die Hervormde Episkopaalse Kerk; J. B. Rotherhom, van die Disciples of Christ; en George A. Barton, van die Society of Friends. Baie ander het soortgelyke menings gelug (Questions on Doctrine, bl. 394, 395). As Asasel die Satan voorstel, hoe kan die Skrif (kyk Lev. 16:10) hom met die versoening verbind? Soos die hoëpriester, nadat hy die heiligdom gereinig het, die sondes op Asasel geplaas het, wat dan vir altyd uit die midde van God se kinders verwyder is, so sal Christus, nadat Hy die hemelse heiligdom gereinig het, die sondes van Sy kinders, wat bely en vergewe is, op die Satan plaas, wat dan vir ewig van die verlostes verwyder sal word. “Hoegepas dat hierdie slotbedryf van” die drama van God se handeling met die sonde op die kop van die Satan moet neerkom vir al die sonde en skuld wat by hom ontstaan het en soveel lyding veroorsaak het in die lewens van diegene wat nou deur die versoenende bloed van Christus van die sonde bevry is. Die kringloop is dus voltooi, die drama beëindig. Eers nadat die Satan, die veroorsaker van die sonde, uiteindelik verwyder is, sal waarlik gesê kan word dat die sonde vir ewig uit God se heelal uitgewis is. In hierdie aangepaste sin kan ons begryp waarom die sondebok deel aan die ‘versoening’ het (Lev. 16:10). As die regverdiges verlos is, die goddeloses ‘uitgeroei’ en die Satan nie meer bestaan nie, eers dan sal die heelal in volkome harmonie verkeer soos dit was voordat die sonde ontstaan het” (The SDA Bible Commentary, hers. uitg., deel l, bl. 778).
22. Holbrook, “Sanctuary of Salvation,” bl. 16.
23. Treiyer, “Day of Atonement,” bl. 245.
24. Holbrook, “Light in the Shadows,” bl. 30.
25. Kyk hoofstuk 4.
26. Henry Alford, The Greek Testament, 3de uitg. (Londen: Deighton, Bell and Co., 1864), dee1 4, bl. 179.
27. B. F. Westcott, Epistle to the Hebrews, bl. 272, 271.
28. Deurdat hierdie belyde sondes op Christus geplaas word, word hulle “in werklikheid in die hemelse heiligdom ingebring” (White, Die Groot Stryd, hfst. 23, par. 38).
29. Hierdie oordeel gaan om diegene wat voorgee dat hulle volgelinge van God is. “In die sinnebeeldige diens het alleen diegene wat hulle sondes hely het en wie se sondes deur die bloed van die sondoffer in die heiligdom ingeneem is, deel gehad. So ook sal daar op daardie groot dag van uiteindelike versoening en die ondersoekende oordeel net die sake van Gods volk inaanmeking kom. Die oordeel van die goddeloses is heeltemal ‘n afsonderlike werk en dit vind later plaas. ‘Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?’ (1 Pet. 4:17).” (Ibid, hfst. 28, par. 4.)
30. Die Joodse tradisie hou al lank vol dat Joom Kippoer ‘n dag van oordeel is, ‘n dag wanneer God op Sy troon sit en die wêreld oordeel. Die boeke word oopgeslaan, elkeen gaan voor Hom verby en hul lot is verseël. Kyk “Atonement, Day of.” The Jewish Encyclopedia; Morris Silverman, opgest. en gered., High Holyday Prayer Book (Hartford, Conn.: Prayer Book Press, 1951), bl. 147,164. Joom Kippoer bring ook troos en gerusstelling vir die gelowiges, want dit is “die dag waarop die vreeslike afwagting op die oordeel eindelik plek maak vir die gewisse bevestiging dat God diegene wat hulle in ootmoed en boetvaardigheid tot Hom wend, nie veroordeel nie, maar menigvuldiglik sal vergewe” (William W. Simpson, Jewish Prayer and Worship [New York: Seabury Press, 1965], bl. 57, 58).
31. Kyk Arthur J. Ferch, ”’The Judgment Scene in Daniël 7,” in Sanctuary and Atonement, bl. 163-166,169.
32. Oor die probleme van die Antiochus-vertolking van Daniël, kyk W. H. Shea, Seleded Studies on Prophetic Interpretation, bl. 25-55.
33. Shea, “Unity of Daniel,” in Symposium on Daniel, red. F. B. Holbrook, (Washington, D.C.: Biblical Research Institute of the General Conference of Seventh-day Adventists, 1986), bl. 165-219.
34 ”’The Amazing Prophecies of Daniel and Revelation,” These Times, April 1979, bl. 18. Kyk ook Maxwell, God Cares, deel l, bl.166-173; en hoofstuk 12.
35. In die aardse heiligdom het die hoëpriester op die Versoendag die allerheiligste binnegegaan en sy bediening in die eerste afdeling gestaak. “Toe Christus die allerheiligste plek binnegegaan het om die laaste deel van Sy versoeningswerk te doen, het Sy bediening in die eerste afdeling opgehou. Maar toe Sy bediening in die eerste afdeling opgehou het, het Sy bediening in die tweede afdeling begin …. Christus het dus maar een deel van Sy werk as middelaar volbring, om te begin met die ander deel van Sy werk en Hy pleit nog Sy bloed voor die Vader ten behoewe van sondaars.” (White, Die Groot Stryd, hfst. 24, par. 14.)
36. Etlike vertalings gebruik die uitdrukking “sal gereinig word” vir die Hebreeuse woord nitsdaq. Wycliffe (1382 n.c.) het dit ook so vertaal uit die Latynse Vulgaat, wat die woord mundabitur gebruik wat “gereinig” beteken en sy wortels in die vroegste Griekse vertalings van die Ou Testament het – die Septuaginta en Theodotion, wat die woord Katharisthesetai, “sal gereinig word,” gebruik. Die meeste moderne vertalings gee nie hierdie tradisionele vertolking weer nie. Omdat nitsdaq van die hoofwerkwoord tsadaq afgelei is, wat ‘n reeks betekenisse dek, waaronder “om reg te stel,” “reg te wees,” “regverdig,” “geregverdig,” en “regverdig verklaar”gee hierdie vertalings tsadaq weer as “in sy regte staat herstel,””hertoegewy” of “herstel” ensovoorts. Ou-Testamentiese poëtiese parallelisme lewer aanduidings dat tsadaq sinoniem kan wees met taher, “om rein, of skoon te wees” (Job 4:17; 17:9), met zakah, “om rein, skoon, te wees,” (Job 15:14; 25:4), en bor, “reinheid” (Ps. 18:21). Nitsdaq, dus, “sluit in sy semantiese reeks betekenisse in soos ‘reiniging, regverdiging, regverdigmaking, regstelling, herstelling: Hoe ‘n mens ook al hierdie Hebreeuse woord in ‘n moderne taal vertolk, die ‘reiniging’ van die heiligdom sluit ‘n werklike reiniging in benewens ander handelinge soos regverdigverklaring, regverdigmaking en herstelling.” (Hasel, ‘Little Hom,’ the Heavenly Sanctuary and the Time of the End: A Study of Daniel 8:9-14,” in Symposium on Daniel, bl. 453). Kyk ook ibid, bl. 448-458; Hasel, ”’The ‘Little Hom,’ the Saints, and the Sanctuary in Daniel 8,” in Sanctuary and Atonement, bl. 203-208; Niels-Erik Andreasen, “Translation of Nitsdaq/Katharisthesetai in Daniel 8:14,” in Symposium on Daniel, bl. 475-496; Maxwell, God Cares, deel l, bl. 175: “Christ and His High Priestly Ministry,” Ministry, Oktober 1980, bl. 34, 35.
37. Party mense het die “2300 aande en môres” as net 1150 letterlike dae vertolk (TEV bv.). Dit is egter strydig met Hebreeuse gebruik. Carl F. Keil, redakteur van Keil and Delitzsch-kommentaar, het geskryf: “As die Hebreërs dag en nag afsonderlik wit uitdruk, as die bestanddele van ‘n dag van ‘n week, dan word die getal van albei uitgedruk. Hulle sê byvoorbeeld, 40 dae en 40 nagte (Gen. 7:4, 12; Exod. 24:18; 1 Kon. 19:8), en drie dae en drie nagte (Jona 2:1; Matt. 12:40), maar nie 80 of ses dae-en-nagte wanneer hulle van 40 of van drie volle dae wit praat nie. ‘n Hebreeuse leser sou onmoontlik nie die tydperk van 2300 aande en môres as 2300 half dae of 1150 volle dae verstaan nie, want aand en môre met die skepping het nie ‘n halwe nie maar ‘n volle dag beteken….Ons moet die woorde daarom vertolk soos hulle is, m.a.w. hulle as 2300 volle dae verstaan” (C. F. Keil, Biblical Commentary on the Book of Daniel, vertaal M. G. Easton, in C. F. Keil and F. Delitzsch, Biblical Commentary on the Old Testament [Grand Rapids: Wm. B. Eerdmans, 1959], deel 25, bl. 303, 304. Vir bykomende argumente, kyk Hasel, “Sanctuary of Daniel 8,” in Sanctuary and Atonement, bl. 195; Hasel, “The ‘Little Hom,’ the Heavenly Sanctuary and the Time of the End,” in Symposium on Daniel, bl. 430-433; Siegfried J. Schwantes, “Ereb Boqer of Daniel 8:14 Re-Examined,” in Symposium on Daniel, bl. 462-474); Maxwell, God Cares, deel l, bl. 174.
38. Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, deel 2, bl. 985; deel 3, bl. 252, 743; deel 4, bl. 397, 404. Vir die beginsel dat ‘n profetiese dag ‘n letterlike jaar aandui, kyk Shea, Selective Studies on Prophetic Interpretation, bl. 56-93.
39. Kyk bv. Hasel, “Sanctuary in Daniel 8,” in Sanctuary and Atonement, bl. 196, 197; Shea, “Unity of Daniel,” in Symposium on Daniel, bl. 220-230.
40. Ontledings van Hebreeuse geskrifte soos die Mishnah toon dat hoewel chathak “bepaal” kan beteken, die meer algemene gebruik “temake het met die idee van sny” (Shea, “The Relationship Between the Prophecies of Daniël 8 and Daniël 9,” in Sanctuary and Atonement, bl. 242).
41. Gesenius, Hebrew and Chaldee Lexicon to the Old Testament Scripture, vert. Samuel P. Tregelles (Grand Rapids: W. B. Eerdmans, herdrukte uitg., 19SO), bl. 314.
42. Kyk Ferch, “Commencement Date for the Seventy Week Prophecy;’ in 70 Weeks, Leviticus, and the Nature of Prophecy, bl. 64-74.
43. Uit Daniël 8 blyk dit dat die 2300 dae ‘n tydperk van baie jare moet dek. Die vraag word gevra: “Hoelank sal die gesig duur?” (Dan. 8:13). Die woord “gesig” is dieselfde as wat in verse 1, 2 gebruik word. As die hemelse engel dus vra: “Hoe lank sal die gesig duur?” verwag hy ‘n antwoord wat die hele gesig sal dek vanaf die eerste diersimbool, deur die tweede diersimbool, deur die horingsimbool tot aan die einde van die tyd, soos aangedui in verse 17 en 19 van Daniël 8. Dat die 2300 aande en môres hierdie vraag beantwoord, dui taamlik duidelik dat hulle die tydperk vanaf die ryk van die Meders en Perse tot aan die einde van tyd moet bestryk, wat ‘n aanduiding is dat hulle jare moet voorstel.
44. Vgl. Damsteegt, Foundations of the Seventh-day Adventist Message and Mission, bl. 14, 15; Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, deel 4.
45. Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, deel 4, bl. 404.
46. Kyk bv. Francis D. Nichol, The Midnight Cry, (Washington, D.C.: Review and Herald, 1944).
47. Kyk Froom, The Prophetic Faith of Our Fathers, dele 1-4; Damsteegt, Foundations of the Seventh-day Adventist Message and Mission, bl. 16-20.
48. Kyk Damsteegt, Foundations of the Seventh-day Adventist Message and Mission, bl. 103-146; White, Die Groot Stryd, hfst. 24.
49. Froom, Movement of Destiny bl. 543.
50. Holbrook, “Light in the Shadow,” bl. 34.
51. White, Die Gelykenisse van Christus, bl. 310.
52. Holbrook, “Light in the Shadows,” bl. 35.
53. Die einde van die genadetyd vir die mens is die tyd wanneer bekering nie langer moontlik is nie. ‘ n Mens se genadetyd kan op enige van drie maniere beëindig word: (1) met die dood; (2) as die onvergeeflike sonde gepleeg is (Matt. 12:31, 32; Lukas 12:10); (3) wanneer die genadetyd vir alle mense sluit net voor die Wederkoms. So lank as wat Christus as hoëpriester en middelaar tussen God en die mense dien, is daar nog genade. “Geenoordele kan dus sonder genade gevel word totdat Christus se taak as priester geëindig het nie. Die sewe laaste plae word egter uitgegiet sonder dat dit met genade gemeng is [Openb. 14:10; 15:1], daarom word hulle uitgegiet nadat Christus opgehou het om te pleit en die genadetyd verby is” (U. Smith, in SDA Encyclopedia, hers. uitg., bl. 1152.