20. Wat is die Sabbat wat Jesus van praat?

Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.

DOWNLOAD

Inleiding:

Die weldadige Skepper het, na die ses dae van die Skep­ping, op die sewende dag gerus en die Sabbat vir alle mense ingestel as ‘n aandenking aan die Skepping. Die vierde gebod van die onveranderlike wet van God vereis dat die sewendedag-Sabbat as rusdag gehou moet word, vir aan­bidding en bediening ooreenkomstig die leer en gebruik van Jesus, die Here van die Sabbat. Die Sabbat is ‘n dag van heuglike gemeenskap met God en met mekaar. Dit is ‘n sim­bool van ons verlossing in Christus, ‘n teken van heiliging, ‘n teken van ons trou, en ‘n voorsmaak van ons ewige toekoms in die koninkryk van God. Die Sabbat is God se ewigdurende teken van Sy ewige verbond tussen Hom en Sy kinders. ‘n Vreugdevolle nakoming van hierdie heilige tyd van sononder tot sononder, is ‘n viering van God se skep­pende en verlossende dade.

Die Sabbat

 Saam met God het Adam en Eva hul Paradysverblyf besigtig. Die natuur­skoon was asemrowend, onbeskryflik. Toe die son langsaam oor daardie Vrydag daal, die sesde dag van die Skepping, en die sterre begin verskyn, “toe sien God alles wat Hy gemaak het, en – dit was baie goed” (Gen. 1 :31). So het God Sy skepping van “die hemel en die aarde met hulle ganse leer­mag” voltooi (Gen. 2:1).

Maar hoe pragtig die voltooide wêreld ook al was, was die grootste gawe wat God ooit aan die pasgeskape paar kon gee, die voorreg van ‘n persoonlike verhouding met Hom. So het Hy hulle die Sabbat gegee, ‘n dag van besondere seëning, kameraadskap en gemeenskap met hulle Skepper.

Die Sabbat Dwarsdeur die Bybel

Die Sabbat is sentraal tot ons aanbidding van God. As aandenking aan die Skep­ping, openbaar dit die rede waarom God aanbid moet word: Hy is die Skepper en ons is Sy skepsele. “DieSabbat is daarom die grondslag self van die aanbidding van God, want dit leer ons die groot waarheid op die indrukwekkendste wyse en geen ander instelling doen dit nie. Die ware grondslag van aanbidding, nie net op die sewende dag nie, maar van alle aanbid­ding, berus in die onderskeid tussen die Skepper en Sy skepsele. Hierdie groot feit kan nooit uitgedien raak nie en moet nooit vergeet word nie.”1 Dit was om hierdie waarheid altyd aan die mensdom voor te hou dat God die Sabbat ingestel het.

Die Sabbat Tydens die Skepping. Die Sabbat kom na ons uit ‘n sondelose wêreld. Dit is God se besondere gawe wat die mensdom in staat stel om die werklikheid van die hemel op aarde te belewe. Die Sab­bat is deur drie afsonderlike dade van God ingestel:

1. God het op die Sabbat gerus. Op die sewende dag het God “gerus en Hom ver­kwik” (Exod. 31:17), tog het Hy nie gerus omdat Hy dit nodig gehad het nie (Jes. 40:28). Die werkwoord “gerus,” sjabath, beteken letterlik “om op te hou” arbei of handel (vgl. Gen. 8:22). “Dierus van God was nie die gevolg van uitputting of moeg­heid nie, maar ‘n staking van vorige bedry­wighede.”2

God het gerus omdat Hy verwag het dat mense moet rus. Hy het vir die mens ‘n voorbeeld gegee om te volg (Exod. 20:11).

As God die Skepping op die sesde dag voltooi het (Gen. 2:1), wat bedoel die Skrif dan as dit sê dat Hy “Sy werk voltooi” het op die sewende dag (Gen. 2:2)1 God het die skepping van die hemel en die aarde in daardie ses dae voltooi, maar Hy moes nog die Sabbat maak. Hy het dit gedoen deur op die Sabbat te rus. Die Sabbat was die afrondingswerk waarmee Hy die skep­pingswerk afgehandel het.

1.  God het die Sabbat geseën. God het die Sabbat nie net gemaak nie, Hy het dit geseën. “Die seën op die sewende dag het te kenne gegee dat dit ‘n besondere guns van God was en ‘n dag wat ‘n seën vir Sy skepsels sou wees.”3

2.  God het die Sabbat geheilig. Om iets te heilig, beteken om dit heilig te maak of toe te wy of om dit af te sonder as heilig en vir ‘n heilige doel. Mense, plekke (soos ‘n hei­ligdom, tempel of ‘n kerk), en tyd (heilige dae) kan geheilig word. Die feit dat God die sewende dag geheilig het, beteken dat die dag heilig is, dat Hy dit afgesonder het vir die verhewe doel om die verhouding tussen God en die mens te verryk.

God het die sewendedag-Sabbat geseën en geheilig omdat Hy op hierdie dag van al Sy werke gerus het. Hy het dit vir die mens geseën, nie vir Homself nie. Dit is Sy per­soonlike teenwoordigheid wat die seën en heiligheid aan die Sabbat gee.

Die Sabbat by Sinai. Die gebeurtenisse wat met die Israeliete se vertrek uit Egipte gepaard gegaan het, toon dat hulle die Sab­bat hoofsaaklik uit die gesig verloor het. Dit skyn of die strenge vereistes van die slawerny dit baie moeilik gemaak het om die Sabbat te onderhou. Kort nadat hulle hulle vryheid verkry het, het God hulle pertinent deur die wonder van die manna en die afkondiging van die Tien Gebooie aan hul verpligting herinner om die sewendedag-Sabbat te onderhou.

1. Die Sabbat en die manna. Een maand voordat Hy die wet van Sinai afgekondig het, het God belowe om die volk teen siekte te beskerm as hulle getrou ag gee op “Sy gebooie en al sy insettinge” (Exod. 15:26; verg. Gen. 26:5). Kort nadat Hy hier­die belofte gemaak het, het God die Is­raeliete herinner aan die gewydheid van die Sabbat. Deur die wonderwerk van die manna het Hy hulle op konkrete wyse ge­toon hoe belangrik Hy dit ag dat hulle op die sewende dag rus.

Elke weeksdag het God die Israeliete ge­noeg manna gegee vir hulle behoeftes van daardie dag. Hulle moes nie oorhou vir die volgende dag nie, want dan sou dit bederf (Exod. 16:4, 16-19). Op die sesde dag moes hulle twee maal soveel as gewoonlik bymekaarmaak sodat hulle genoeg vir hulle behoeftes van daardie dag en die Sabbat sou hê. God het hulle geleer dat die sesde dag ‘n voorbereidingsdag sou wees en hoe die Sabbat onderhou moes word en het gesê: “Môreis dit rusdag, ‘n heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om te bewaar tot die môre toe.” (Exod. 16:23). Net op die sewende dag kon die manna oorgehou word sonder dat dit bederf (Exod. 16:24). In taal soortgelyk aan die vierde gebod het Moses gesê: “Ses dae lank moet julle dit in­samel, maar op die sewende dag is dit sab­bat; dan sal dit daar nie wees nie” (Exod. 16:26).

Veertig jaar lank, of meer as 2 000 agter­eenvolgende weeklikse Sabbatte wat die Israeliete in die woestyn deurgebring het, het die wonderwerk van die manna hulle herinner aan hierdie patroon van ses dae van werk en die sewende dag van rus.

2. Die Sabbat en die wet. God het die Sab­batsgebod in die middel van die Tien Ge­booie geplaas. Dit lui soos volg:

“Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig” (Exod. 20:8-11).

Al tien gebooie is van lewensbelang, en geeneen behoort verwaarloos te word nie (Jak. 2: 10), tog het God die Sabbatsgebod van al die ander onderskei. In verband daarmee het Hy beveel: “Gedenk,” en het Hy die mensdom daarop attent gemaak dat dit gevaarlik is om die belangrikheid daarvan te vergeet.

Die woorde waarmee die gebod begin ­”Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig” – toon dat dieSabbat nie eers by Sinai in­gestel is nie. Hierdie woorde dui daarop dat dit vroeër ontstaan het – trouens met die Skepping, soos die res van die gebod aan die lig bring. God het bedoel dat ons die Sabbat moet vier as ‘n aandenking aan die Skepping. Dit omskryf die tyd vir rus en aanbidding en beveel ons om oor God en Sy werke na te dink.

As die aandenking aan die Skepping is Sabbatsonderhouding ‘n teenmiddel teen afgodery. Deur ons daaraan te herinner dat God die hemel en die aarde geskape het, onderskei dit Hom van alle vals gode. Sab­batsonderhouding word dus die teken van ons trou aan die ware God – ‘n teken dat ons Sy soewereiniteit as Skepper en Ko­ning erken.

Die Sabbatsgebod dien as die seël van die wet van God.4 Gewoonlik bevat seëls drie elemente: die naam van die eienaar van die seël, sy titel en sy jurisdiksie. Amp­telike seëls word gebruik om baie belang­rike dokumente geldig te maak. Die dokument ontvang die gesag van die amp­tenaar wie se seël daarop geplaas word. Die seël verklaar dat die amptenaar self die wetgewing goedgekeur het en dat dit deur al die mag van sy amp gerugsteun word.

Onder die Tien Gebooie is dit die Sab­batsgebod wat die essensiële elemente van ‘n seël bevat. Dit is die enigste een van die tien wat die ware God uitken deur Sy Naam te verstrek: “Die Here jou God;” Sy titel: die Een wat gemaak het – die Skep­per; en Sy gebied: “die hemel en die aarde” (Exod. 20:10, 11). Aangesien net die vierde gebod toon op wie se gesag die Tien Ge­booie verstrek is, bevat dit daarom “die seël van God” wat aan Sy wet geheg is as bewys van Sy egtheid en bindende krag.5

Trouens God het die Sabbat gemaak as ” ‘n  herinnering of teken van Sy mag en gesag in ‘n wêreld wat nie deur sonde en verset bederf was nie. Dit sou ‘n instelling van ewigdurende, persoonlike verpligting wees wat opgelê is deur die vermaning: ‘Gedenk die sabbatdag dat jy dit heilig’ (Exod. 20:8)”6

Hierdie gebod verdeel die week in twee dele. God het aan die mens ses dae gegee waarin hulle moes “arbei en al julle werk doen”, maar op die sewende dag “mag jy geen werk doen nie” (Exod. 20:9, 10). ” ‘Sesdae,’ sê die gebod is werkdae, maar ‘diesewendedag’ is ‘n rusdag. Dat die sewende dag God se unieke rusdag is, blyk uit die openingswoorde van die gebod: Gedenk die sabbat [rus] -dag, dat jy dit heilig.”7

Hoewel mense fisieke rus nodig het om hulle liggaam te verkwik, grond God Sy gebod dat ons op die Sabbat moet rus op Sy voorbeeld. Aangesien Hy van Sy werk­saamhede van die wêreld se eerste week gerus het, moet ons ook rus.

3. Die Sabbat en die verbond. Net soos die wet van God die middelpunt van die verbond was (Exod. 34:27), so is die Sab­bat, wat in die hartjie van die wet geplaas is, prominent in Sy verbond. God het ver­klaar dat die Sabbat ” ‘nteken…tussen My en hulle [is], dat hulle kan weet dat dit Ek, die Here, is wat hulle heilig” (Eseg. 20:12; vgl. Eseg. 20:20; Exod. 31:17). Daarom, het Hy gesê, is Sabbatsonderhouding ” ‘n ewige verbond” (Exod. 31:16). “Net soos die verbond op God se liefde vir Sy volk berus (Deut. 7:7, 8), so is die Sabbat, as teken van daardie verbond, ‘n teken van die liefde van God.”8

4. Die jaarlikse sabbatte. Benewens die weeklikse Sabbatte (Lev. 23:3), was daar sewe jaarlikse seremoniële sabbatte wat deur Israel se godsdienstige kalender ver­sprei was. Hierdie jaarlikse sabbatte het nie regstreeks met die sewendedag-Sabbat of die weeklikse kringloop verband gehou nie. Hierdie sabbatte, “behalwe die sab­batte van die Here” (Lev. 23:38), was die eerste en die laaste dag van die Fees van die Ongesuurde Brode, Pinksterdag, die Fees van die Basuingeklank, die Versoen­dag en die eerste en die laaste dag van die Huttefees (vgl. Lev. 23:7, 8, 21, 24, 25, 27, 28,35,36).

Omdat die tydsberekening van hierdie sabbatte aan die begin van die heilige jaar gekoppel was, wat op sy beurt op die maankalender berus het, kon hulle op enige dag van die week val. Wanneer hulle met die weeklikse Sabbat saamgeval het, is hulle “groot” dae genoem (vgl. Joh. 19:31). “Waar die weeklikse Sabbat aan die einde van die skeppingsweek vir alle mense georden is, was die jaarlikse sabbatte ‘n in­tegrale deel van die Joodse stelsel van rites en seremonies wat op die berg Sinai ingestel is, … wat vooruit gewys het na die koms van die Messias en waarvan die on­derhouding met Sy dood aan die kruis geëindig het.”9

Die Sabbat en Christus. Die Skrif toon dat Christus, net soseer as die Vader, die Skepper was (kyk 1 Kor. 8:6; Heb. 1:1, 2; Joh. 1:3). Dus was dit Hy wat die sewende dag as ‘n rusdag vir die mens afgesonder het.

Met verloop van tyd het Christus die Sabbat met Sy verlossingswerk sowel as met Sy skeppingswerk verbind. As die groot “EK IS” (Joh. 8:58; Exod. 3:14) het Hy die Sabbat in die Tien Gebooie opgeneem as ‘n kragtige herinnering aan hierdie weeklikse aanbiddingsafspraak met die Skepper. En Hy het nog ‘n rede vir Sabbats­onderhouding bygevoeg: die verlossing van Sy volk (Deut. 5:14, 15). Die Sabbat kenmerk dus diegene wat Jesus as Skepper en Verlosser aangeneem het.

Christus se tweevoudige rol as Skepper en Verlosser verklaar waarom Hy daarop aanspraak gemaak het dat Hy as Seun van die mens ook “Here van die sabbat” is (Markus 2:28). Met daardie gesag kon Hy van die Sabbat ontslae geraak het as Hy wou, maar Hy het nie. Inteendeel, Hy het dit op alle mense toegepas deur te sê: “DieSabbat is vir die mens gemaak” (vers 27).

Dwarsdeur Sy aardse bediening het Christus vir ons ‘n voorbeeld van getroue Sabbatsonderhouding gestel. Dit was “Sy gewoonte” om op die Sabbat te aanbid (Lukas 4:16). Sy deelname aan die Sabbats­dienste toon dat Hy dit bekragtig het as ‘n dag van bediening.

So begaan was Christus oor die heilig­heid van die Sabbat, dat Hy, toe Hy die ver­volging voorspel het wat na Sy hemelvaart sou volg, Sy dissipels van raad gedien het in verband daarmee. “Bid,” het Hy gesê, “dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie” (Matt. 24:20). Dit het duidelik te kenne gegee, soos Jona­than Edwards opgemerk het, “dat Chris­tene selfs toe verbind was om die Sabbat streng te onderhou.”10

Toe Christus Sy skepping voltooi het – Sy eerste groot daad in die wêreld se ge­skiedenis het Hy op die sewende dag gerus. Hierdie rus het ‘n voltooiing aange­dui. Hy het teen die einde van Sy aardse bediening min of meer dieselfde gedoen toe Hy Sy tweede groot daad in die ge­skiedenis verrig het. Die Vrydagnamid­dag, op die sesde dag van die week, het Christus Sy sending as Verlosser op die aarde voltooi. Sy laaste woorde was: “Ditis volbring!” (Joh. 19:30). Die Skrif beklem­toon dat toe Hy gesterf het, dit “die dag van voorbereiding” was en dat “die sabbat wou aanbreek” (Lukas 23:54). Na Sy dood het Hy in die graf gerus en so simbolies ge­toon dat Hy die verlossing van die mens­dom voltooi het.”

Die Sabbat getuig dus van Christus se werk in sowel die Skepping as die verlossing. Deur dit te onderhou, verheug Sy vol­gelinge hulle saam met Hom oor wat Hy vir die mensdom tot stand gebring het.12

Die Sabbat en die Apostels. Die dissipels het groot agting vir die Sabbat gehad. Dit het met Christus se dood geblyk. Toe die Sabbat aangebreek het, het hulle die begrafnisvoorbereidsels onderbreek en op die sabbat gerus volgens die gebod,” met die voorneme om hierdie taak op die Son­dag, “die eerste dag van die week” voort te sit (Lukas 23:56; 24:1).

Net soos Christus, het die apostels op die sewende dag aanbid. In sy evangeliereise het Paulus die sinagoge op die Sabbat bygewoon en Christus verkondig (Hand. 13:14; 17:1, 2; 18:4). Selfs die heidene het hom uitgenooi om die Woord van God op die volgende Sabbat te verkondig (Hand. 13:42, 44). Op plekke waar daar geen sina­goge was nie, het hy die plek opgesoek waar daar gewoonlik ‘n Sabbatsdiens sou wees (Hand. 16:13). Net soos Christus se deelname aan die Sabbatsdienste ‘n aan­duiding was dat Hy die sewende dag as die besondere dag van aanbidding aan­vaar het, so was dit ook in die geval van Paulus.

Hierdie apostel se getroue onderhou­ding van die weeklikse Sabbat, het skerp afgesteek teen sy houding teenoor die jaar­likse seremoniële sabbatte. Hy het dit duidelik gestel dat Christene nie verplig was om hierdie jaarlikse rusdae te onder­hou nie omdat Christus die seremoniële wette aan die kruis genael het (kyk hoof­stuk 18 van hierdie boek). Hy het verklaar: “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die lig­gaam behoort aan Christus (Kol. 2:16, 17). Aangesien “die sinsverband [van hierdie skrifgedeelte] oor rituele sake gaan, is die sabbatte waarna hier verwys word, die seremoniële sabbatte van die jaarlikse Joodse feeste ‘wat ‘n skaduwee’ of uit­beelding is waarvan die vervulling in Christus sou plaasvind.”13

Ook in Galasiëërs het Paulus hom teen die onderhouding van die vereistes van die seremoniewet uitgespreek. Hy het gesê: “Julle neem dae en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het” (Gal. 4:10, 11).

Baie verkeer onder die indruk dat Johan­nes na Sondag verwys het toe hy verklaar het: “Ek was in die Gees op die dag van die Here” (Openb. 1:10). In die Bybel word daar egter net na een dag verwys as die Here se besondere besit en dit is die Sab­bat. Christus het gesê: “Die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God” (Exod. 20:10); en later het hy dit “my heilige dag” genoem (Jes. 58:13). En Christus het Homself “Here van die sabbat” genoem (Markus 2:28). Aangesien die sewende­dag-Sabbat in die Skrif die enigste dag is wat die Here Sy eie noem, klink dit logies om af te lei dat dit die Sabbat is waarna Johannes verwys het. Daar is gewis geen Bybelse presedent om aan te dui dat Hy daardie benaming op die eerste dag van die week, of Sondag, sou toepas nie.4

Nêrens beveel die Bybel ons om enige dag van die week behalwe die Sabbat te onderhou nie. Geen ander dag van die week word daarin as geseënd of heilig ver­klaar nie. Die Nuwe Testament gee ook geen aanduiding dat God die Sabbat na enige ander dag verskuif het nie.

Inteendeel, die Skrif toon dat God bedoel het dat Sy volk die Sabbat deur alle ewig­heid sou onderhou: “Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die Here, so sal julle nageslag en julle naam be­stendig wees. En elke maand op die nuwe­maan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here” (Jes. 66:22, 23).

Die Betekenis van die Sabbat. DieSabbat het ‘n breë betekenis en ‘n diepe en ryke geestelikheid.

1. ‘n Ewige aandenking aan die Skep­ping. Soos ons gesien het, is die fundamen­tele betekenis wat die Tien Gebooie aan die Sabbat heg, dat dit ‘n aandenking aan die skepping van die wêreld is (Exod. 20: 11, 12). Die gebod om die sewende dag as die Sabbat te onderhou, is “onafskeidelik aan die skeppingsdaad verbonde, en die in­stelling van die Sabbat en die gebod om dit te onderhou, is ‘n regstreekse gevolg van die skeppingsdaad. Bowendien is die ganse mensdom sy bestaan verskuldig aan God se skeppingsdaad wat so verewig word; daarom betrek die verpligting om die Sabbatsgebod as ‘n aandenking van die skeppingsmag van God te onderhou die ganse mensdom”.15 Strong noem die Sab­bat “in ewigdurende verpligting as God se aangewese aandenking aan Sy skeppings­werk.”16 Diegene wat dit as ‘n aandenking aan die skepping onderhou, sal dit doen as ‘n dankbare erkenning “dat God hulle Skep­per en regmatige heerser is – dat hulle Sy handewerk en die onderdane van Sy heer­skappy is. Derhalwe is hierdie instelling geheel en al ‘n gedenkteken wat aan die ganse mensdom gegee is. Daarin was niks wat skaduweeagtig en uitsluitlik op enige volk van toepassing was nie.”17 En solank as wat ons God aanbid, omdat Hy ons Skepper is, so lank sal die Sabbat die teken en gedenkdag van die Skepping wees.

2. ‘n Simbool van die verlossing. Toe God Israel van hul slawerny in Egipte verlos het, het die Sabbat, wat reeds die aanden­king van die Skepping was, ook ‘n aanden­king aan die verlossing geword (Deut. 5:15). “Die Here het bedoel dat die weeklikse Sabbatsrus, indien dit behoorlik onderhou word, die mens steeds sou ver­los van die slawerny van ‘n Egipte wat tot geen land of eeu beperk is nie, maar wat elke land en elke tydperk insluit. Die mens het nodig om aan die slawerny te ontkom wat die gevolg is van hebsug, van magsbe­lustheid, van maatskaplike ongelykheid en van sonde en selfsug.”18

Dit is wanneer ons die kruis betrag dat die Sabbatsrus as ‘n spesiale simbool van verlossing uittroon. “Dit is ‘n aandenking aan die eksodus, onder leiding van Emma­nuel, uit die slawerny van die sonde. Die swaarste las wat ons dra, is die skuld van ons ongehoorsaamheid. Deur terug te verwys na Christus se rus in die graf, die rus van die oorwinning oor die sonde, bied die Sabbat aan die Christen ‘n tasbare ge­leentheid om Christus se vergifnis, vrede en rus te aanvaar en te ondervind.”19

3. Die teken van heiliging. Die Sabbat is ‘n teken van God se vernuwende krag, ‘n teken van heiligheid of heiliging. Die Here het verklaar: “Julle moet sekerlik my sab­batte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig” (Exod. 31:13; verg. Eseg. 20:20). Die Sabbat is dus ook ‘n teken van God as die Heiligmaker. Soos mense deur die bloed van Christus geheilig word (Heb. 13:12), is die Sabbat ook ‘n teken van die gelowiges se aanneming van Sy bloed vir die vergif­nis van sondes.

Net soos God die Sabbat vir ‘nheilige doel afgesonder het, so het Hy ook Sy volk vir ‘n heilige doel afgesonder – om Sy spe­siale getuies te wees. Hulle gemeenskap met Hom op daardie dag lei tot heiligheid; hulle leer om hulle nie op hulle eie krag te verlaat nie, maar op God wat hulle heilig.

“Die krag wat alle dinge geskape het, is die krag wat die siel na Sy eie beeld her­skep het. Vir diegene wat die Sabbatdag heilig, is dit die teken van heiliging. Ware heiliging is eenstemmigheid met God, ‘neenheid met Hom wat karakter betref. Dit word ontvang deur gehoorsaamheid aan die beginsels wat ‘n weergawe van Sy ka­rakter is. En die Sabbat is die teken van ge­hoorsaamheid. Hy wat die vierde gebod van harte gehoorsaam, sal die hele wet ge­hoorsaam. Hy word deur gehoorsaamheid geheilig.”20

4. ‘n Teken van getrouheid. Soos Adam en Eva se trou beproef is deur die boom van die kennis van goed en kwaad wat in die middel van die tuin van Eden geplaas is, so sal elke mens se getrouheid aan God ge­toets word aan die Sabbatsgebod wat in die middel van die Tien Gebooie geplaas is.

Die Skrif toon dat die hele wêreld voor die wederkoms in twee klasse verdeel sal word: diegene wat getrou is en “die ge­booie van God en die geloof in Jesus be­waar,”en diegene wat die “dier en sy beeld” aanbid (Openb. 14:12, 9). Dan sal die waarheid van God oor die wêreld ver­hoog word en sal dit vir almal duidelik wees dat die gehoorsame onderhouding van die sewendedag-Sabbat van die Skrif, die bewys is van getrouheid aan die Skep­per.

5. ‘n Tyd van gemeenskaplike verkeer. God het die diere geskape om metgeselle vir die mens te wees (Gen. 1 :24, 25). En vir gemeenskap op ‘n hoër vlak het God die man en die vrou aan mekaar gegee (Gen. 2:18-25). Maar in die Sabbat het God aan die mens ‘n gawe gegee wat die allerhoog­ste kameraadskap aanbied – gemeenskap met Hom. Mense is nie maar net gemaak om met diere om te gaan, of selfs met ander mense nie. Hulle is vir God gemaak.

Dit is op die Sabbat dat ons die teen­woordigheid van God onder ons op beson­dere wyse kan ondervind. Sonder die Sabbat sou alles eindelose arbeid en sweet wees. Elke dag sou eenders wees en aan wêreldse belange gewy. Die aankoms van die Sabbat bring egter hoop, blydskap, be­tekenis en moed. Dit voorsien die tyd om met God om te gaan deur aanbidding, gebed, sang, die ondersoek en bepeinsing van die Woord en deur die mededeling van die evangelie aan ander. Die Sabbat is ons geleentheid om die teenwoordigheid van God te ondervind.

6. In Teken van geregtigheid deur die ge­loof. Christene besef dat nie-Christene wat eerlik na die waarheid soek, onder leiding van ‘n verligte gewete deur die Heilige Gees tot ‘n begrip van die al­gemene beginsels van die wet van God ge­bring kan word (Rom. 2:14-16). Dit verklaar waarom die nege gebooie sonder die vierde in ‘n mate buite die Christen­dom uitgeleef word. Maar dit is nie die geval met die Sabbatsgebod nie.

Baie mense kan die rede vir ‘nweeklikse rusdag insien, maar hul vind dit dikwels moeilik om te verstaan waarom werk wat op enige dag van die week reg en prysens­waardig sou wees, ‘nsonde is wanneer dit op die sewende dag verrig word. Die na­tuur bied geen rede vir die onderhouding van die sewende dag nie. Planete beweeg in hulle onderskeie bane, plante groei, reën en sonskyn wissel mekaar af, en diere leef asof elke dag maar dieselfde is. Waarom moet mense dan die sewendedag-Sabbat onderhou? “Vir die Christen is daar net een rede, en geen ander nie; maar daardie rede is genoeg: God het gespreek.”21

Dit is alleen op die basis van God se be­sondere openbaring dat mense die rede­likheid van die onderhouding van die sewende dag kan verstaan. Mense wat die sewende dag onderhou, doen dit dus uit geloof en onwrikbare vertroue in Christus wat beveel het dat dit onderhou moet word. Deur die Sabbat te onderhou, toon gelowiges ‘nbereidwilligheid om die wil van God vir hul lewe te aanvaar pleks van volgens hulle eie oordeel te handel.

Deur die sewende dag te onderhou, probeer gelowiges nie om regverdig te word nie. Hulle onderhou die Sabbat eer­der as gevolg van hul verhouding met Christus, die Skepper en Verlosser.22  Sab­batsviering is die produk van Sy geregtig­heid in regverdiging en heiliging wat toon dat hulle verlos is van die slawerny van die sonde en dat hulle Sy volkome geregtig­heid ontvang het.

” ‘n Appelboom word nie ‘n appelboom deur appels te dra nie. Dit moet eers ‘nap­pelboom word. Dan volg die appels as die natuurlike vrugte. So bewaar die ware Christen nie die Sabbat of die ander nege gebooie om homself te regverdig nie. In­teendeel, dit is die natuurlike vrug van die geregtigheid wat Christus aan hom gee. Hy wat die Sabbat op hierdie wyse onder­hou, is nie ‘n werkheilige nie, want die uiterlike onderhouding van die sewende dag bewys die gelowige se innerlike on­dervinding van regverdiging en heiliging. Daarom weerhou die ware Sabbatsonder­houer hom nie van verbode dade op die Sabbat om in God se guns te kom nie, maar omdat hy God liefhet en graag die Sabbat wil benut met die intiemste gemeenskap moontlik met [Hom].”23

Sabbatsonderhouding toon dat ons op­gehou het om op ons eie werke te vertrou, dat ons besef dat net Christus die Skepper ons kan red. Trouens, “die gees van ware Sabbatsonderhouding openbaar ‘n innige liefde vir Jesus Christus, die Skepper en Verlosser, wat ons in nuwe mense veran­der. Dit maak die onderhouding van die regte dag op die regte manier ‘n teken van regverdiging deur die geloof.”24

7. ‘n Simbool van rus in Christus. Die Sabbat wat God se verlossing van Israel uit Egipte na die rus van die aardse Kanaän gedenk, het die destydse verlostes van die omliggende nasies onderskei. Net so is die Sabbat ‘n teken van die verlossing van sonde na die rus van God, wat die verlos­tes van die wêreld afsonder.

Hy wat die rus betree waartoe God hom uitnooi, “rusook self van sy werke soos God van syne” (Heb. 4:10). “Hierdie rus is ‘n geestelike rus, ‘n rus van ‘ons eiewerke,’ ‘n staking van sonde. Dit is tot hierdie rus wat God Sy volk roep en dit is van hierdie rus dat sowel die Sabbat as Kanaän simbole is.”25 Toe God Sy skepping voltooi en op die sewende dag gerus het, het Hy Adam en Eva in die Sabbat die geleentheid gegee om in Hom te rus. Hoewel hul gefaal het, bly God se oorspronklike doel om daardie rus aan die mens te bied, onveranderd. Na die sondeval het die Sabbat voortbestaan om aan daardie rus te herinner. “Die onder­houding van die sewendedag-Sabbat ge­tuig dus nie net van die geloof in God as die Skepper van alle dinge nie, maar ook van geloof in Sy krag om die lewe te ver­nuwe en manne en vroue toe te rus om daardie ewige ‘rus’ wat Hy oorspronklik vir die bewoners van die aarde bedoel het, binne te gaan.”26 God het hierdie geestelike rus aan die letterlike Israel belowe. Ondanks hul versuim om dit binne te gaan, staan God se uitnodiging steeds: “Daar bly dus ‘n sab­batsrus oor vir die volk van God” (Heb. 4:9). Almal wat graag daardie rus wil in­gaan “moet eers sy geestelike ‘rus’ deur die geloof binnegaan – die rus van die siel van sonde en sy eie pogings tot redding.”27

Die Nuwe Testament beroep hom op die Christen om nie te wag om hierdie rus van genade en geloof te ondervind nie want, “vandag” is die geleë tyd om dit binne te gaan (Heb. 4:7; 3:13). Almal wat daardie rus binnegegaan het – die reddende ge­nade wat deur die geloof in Jesus Christus ontvang is – het elke poging gestaak om geregtigheid deur hul eie werke te verkry.

Pogings om die Dag van Aanbidding te Verander

Aangesien die Sabbat ‘n lewensbelang­rike rol in die aanbidding van God as Skep­per en Verlosser speel, is dit nie verbasend dat die Satan ‘n volskaalse oorlog ontketen het om hierdie heilige instelling omver te werp nie.

Nêrens magtig die Bybel ‘n verandering van die dag van aanbidding wat God in Eden gemaak en op Sinai herstel het nie. Ander Christene, wat self Sondagsonder­houers is, het dit erken. Die Katolieke kardinaal James Gibbons het eens geskryf: “Jy kan die Bybel van Genesis tot Openba­ring deurlees en jy sal nie ‘n enkele reël vind wat die heiliging van Sondag magtig nie. Die Skrifte dwing die godsdienstige onderhouding van Saterdag af”28.

A. T. Lincoln, ‘nProtestant, het erken dat “daar nie geredeneer kan word dat die Nuwe Testament self magtiging verleen vir die geloof dat God sedert die Opstan­ding die eerstedag aangewys het om.as die Sabbat onderhou te word nie.”29 Hy het erken: “Om ‘n sewendedag-Sabbatariër te word, is die enigste konsekwente optrede vir enigeen wat glo dat die hele Tien Ge­booie as sedewet bindend is.”30

As daar geen Bybelse bewys is dat Chris­tus of Sy dissipels die dag van aanbidding van die sewende dag af verander het nie, hoe is dit dan dat soveel Christene Sondag in sy plek aanvaar?

Die Ontstaan van Sondagsonderhou­ding. Die oorgang van aanbidding op die Sabbat na aanbidding op Sondag het ge­leidelik plaasgevind. Daar is geen aan­duiding dat Christene weekliks op Sondag aanbid het, tot voor die 2de eeu nie, maar die aanduiding is dat party Christene teen die middel van daardie eeu Sondag vry­williglik gevier het as ‘n dag van aanbid­ding, nie ‘n dag van rus nie.31

Die gemeente te Rome, wat hoofsaaklik uit nie-Joodse gelowiges bestaan het (Rom. 11:13), het voorgegaan in die neiging tot aanbidding op Sondag. In Rome, die hoof­stad van die ryk, het heftige anti-Joodse ge­voelens ontstaan wat met verloop van tyd verskerp het. As reaksie op hierdie ge­voelens het die Christene in daardie stad hulle van die Jode probeer onderskei. Hulle het afgesien van sekere gebruike wat hulle met die Jode gemeen gehad het begin wegbeweeg van die heiliging van die Sab­bat tot die uiteindelike eksklusiewe van Sondag.32

Van die 2de tot die 5de eeu, terwyl die in­vloed van Sondag toegeneem het, het Christene byna oral deur die Romeinse Ryk aangehou om die sewendedag-Sabbat te onderhou. Die vyfde-eeuse geskiedkun­dige Sokrates het geskryf: “Byna al die ge­meentes deur die hele wêreld vier die heilige verborgenhede op die Sabbat van elke week, maar Christene van Alexandrië en Rome, het weens een of ander antieke tradisie opgehou om dit te doen.”33

In die 4de en die 5de eeu het baie Chris­tene op sowel die Sabbat as Sondag aan­bid. Soos Sozomenus, nog ‘n geskiedkundige van daardie tydperk, geskryf het: “Die mense van Konstantino­pel, en byna orals, vergader op die Sabbat asook op die eerste dag van die week, ‘n gebruik wat nooit in Rome of in Alexan­drië gevolg word nie.”34 Hierdie verwy­sings toon die leidende rol wat Rome in verband met die veronagsaming van Sab­batsheiliging geneem het.

Waarom het diegene wat hulle van aan­bidding op die sewende dag afgewend het Sondag verkies en nie ‘n ander dag van die week nie? ‘nVername rede was dat Christus op Sondag opgestaan het; trouens daar is beweer dat Hy aanbidding op daardie dag gemagtig het. “Maar, hoe vreemd dit ook mag voorkom, nie een skrywer van die 2de of die 3de eeu het ooit ‘n enkele Bybelvers aangehaal as gesag vir die onderhouding van Sondag in die plek van die Sabbat nie. Nòg Barnabas, nòg Ignatius, nòg Justinia­nus, nòg Irenaeus, nòg Tertullianus, nòg Clementus van Rome, nòg Clementus van Alexandrië, nòg Origenes, nòg Cyprianus, nòg Victorinus, nòg enige ander skrywer wat rondom die tyd van Jesus op aarde ge­leef het, was bewus van enige opdrag van Jesus of in enige deel van die Bybel.”35

Die gewildheid en invloed wat die sons­aanbidding van die Romeinse heidene op Sondag gehad het, het ongetwyfeld byge­dra tot sy toenemende aanvaarding as ‘n dag van aanbidding. Sonsaanbidding het ‘n belangrike rol deur die ganse antieke wêreld gespeel. Dit was “een van die oud­ste aspekte van die Romeinse godsdiens.” As gevolg van ’n Oosterse sonkultus, “van die vroeë deel van die 2de eeu na Christus, het die kultus, Sol Invictus, in Rome en ander dele van die Ryk geheers.”36

Hierdie gewilde godsdiens het sy in­vloed op die vroeë kerk uitgeoefen deur die nuwe bekeerlinge: “Christen bekeer­linge uit die heidendom het hul steeds aangetrokke gevoel tot die aanbidding van die Son. Dit word aangedui deur nie net herhaaldelike veroordeling van hierdie ge­bruik deur die [Kerk]vaders nie, maar ook deur betekenisvolle weerspieëlings van sonsaanbidding in die Christelike liturgie.”37

In die 4de eeu het Sondagswette hul ver­skyning gemaak. Eers is Sondagswette van siviele aard uitgevaardig, en daarna Son­dagswette van ‘n godsdienstige aard. Die keiser Konstantyn het die eerste siviele Sondagswet op 7 Maart 321 n.C. uitgevaar­dig. Met die oog op die gewildheid van Sondag onder die heidense sonsaanbid­ders en die agting wat dit by baie Christene geniet het, het Konstantyn gehoop om die ondersteuning van albei hierdie faksies vir sy bewind te verkry deur Sondag tot ‘n va­kansiedag te verklaar.38

Konstantyn se Sondagswet getuig van sy agtergrond as sonsaanbidder. Dit het gelui: “Op die eerbiedwaardige Dag van die Son [venerabili die Solis] laatdie magi­strate en die volke wat in die stede woon, rus en laat alle werklokale gesluit word. In die landelike streke kan mense wat met landbou doenig is, egter vryelik en wettig­lik hul werksaamhede voortsit.”39

Etlike dekades later het die kerk sy voor­beeld gevolg. Die Raad van Laodicea (c. 364 n.C.), wat nie ‘n universele Raad was nie, maar Rooms, het die eerste kerklike Sondagswet geproklameer. In kerkreël 29 het die kerk bepaal dat Christene Sondag moet eerbiedig en “indien moontlik nie op daardie dag werk doen nie,” terwyl dit die gebruik om op die Sabbat te rus, veroor­deel het en opdrag gegee het dat Christene nie “op Saterdag [Grieks sabbaton, ‘die Sab­bat’] ledig moet wees nie, maar op daardie dag moet werk.”40

 In die jaar 538 n.C., wat die begin van die profesie van 1260 jaar aangedui het (kyk hoofstuk 12 van hierdie boek), het die Roomse Kerk se Derde Raad van Orleans ‘n wet uitgevaardig wat selfs strenger as die van Konstantyn was. Reël 28 van daar­die raad verklaar, dat selfs “landboube­dryf” op Sondae “gestaak moet word sodat mense nie verhinder word om die kerk by te woon nie.”41

Die Verandering Voorspel. Die Bybel openbaar dat die viering van Sondag as ‘n Christelike instelling sy oorsprong in die “verborgenheid van die ongeregtigheid” (2 Thess. 2:7) gehad het, wat reeds in Pau­lus se tyd werksaam was (kyk hoofstuk 12 van hierdie boek). Deur die profesie van Daniël 7 het God Sy voorkennis van die verandering van die dag van aanbidding geopenbaar.

Daniël se gesig beskryf ‘n aanval op die volk van God en op Sy wet. Die aanvaller, wat deur ‘n klein horinkie (en deur ‘n dier in Openb. 13:1-10) voorgestel word, bring groot afvalligheid binne die Christelike kerk teweeg (kyk hfst. 12 van hierdie boek). Die klein horinkie wat uit die vierde dier ontstaan en ‘n belangrike vervolger word na die ondergang van Rome (kyk hoofstuk 18), probeer om “tye en wet te verander” (Dan. 7:25). Hierdie afvallige mag slaag grootliks daarin omdie grootste deel van die wêreld te mislei, maar op die ou end sal die oordeel teen hom besluit (Dan. 7:11,22, 26). In die laaste beproewing sal God namens Sy volk ingryp en hulle verlos (Dan. 12:1-3).

Hierdie profesie is net op een mag binne die Christendom van toepassing. Daar is net een godsdienstige organisasie wat be­weer dat hy die reg het om die wette van God te verander. Let op wat die Rooms­Katolieke owerhede dwarsdeur die ge­skiedenis beweer het:

Ongeveer 1400 n.C. het Petrus de Ancha­rano beweer: “Die pous kan wette van God verander, want sy mag kom nie van mense nie, maar van God en hy tree op aarde in die plek van God op met die volle mag om sy skape te bind of los te laat. “42

Die uitwerking van hierdie verbys­terende aanspraak is gedurende die Her­vorming gedemonstreer. Luther het ver­klaar dat die Heilige Skrif, en nie die tradisie van die kerk nie, sy gids in die lewe is. Sy leuse was sola scriptura -“die Bybel en die Bybel alleen.” Jan Eck, een van die vooraanstaande verdedigers van die Rooms-Katolieke geloof, het Luther hieroor aangeval deur te beweer dat die gesag van die kerk bo die Bybel verhewe was. Hy het Luther uitgedaag oor die on­derhouding van Sondag pleks van die By­belse Sabbat. Hy het verklaar: “Die Skrif leer: ‘Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat­dag van die Here jou God,’ ens. Tog het die kerk op eie gesag die Sabbat na Sondag verander waarvoor jy [Luther1 geen skrif­tuur het nie.”43

Op die Konsilie van Trente (1545-1563), wat deur die Pous belê is om die Prote­stantisme te beveg, het Gaspare de Fosso, aartsbiskop van Reggio, die saak weer geopper. “Die gesag van die kerk,” het hy gesê, “word dus duidelik deur die Skrifte geïllustreer; want terwyl hy [die kerk] hulle aan die een kant aanbeveel en heilig verklaar [en] hulle aanbied om gelees te word,…het die wetlike gebooie in die Geskrifte wat deur die Here verkondig is, aan die ander kant opgehou uit hoofde van dieselfde gesag [die kerk]. Die Sabbat, die heerlikste dag in die wet, is na die dag van die Here verander….Hierdie sake en ander wat soortgelyk is, is nie beëindig uit hoofde van Christus se leer nie (want Hy sê dat Hy gekom het om die wet te vervul, nie te vernietig nie), maar hulle is deur die gesag van die kerk verander.”44

Volhard daardie kerk nog met hierdie stelling? Die uitgawe van 1977 van The Convert’s Catechism of Catholic Doctrine bevat die volgende reeks vrae en ant­woorde:

 “V. Watter is die Sabbatdag?

” A. Saterdag is die Sabbatdag.

“V. Waarom vier ons dan Sondag pleks van Saterdag?

“A. Ons vier Sondag pleks van Saterdag, omdat die Katolieke Kerk die plegtigheid van Saterdag na Sondag oorgeplaas het.”45

In sy blitsverkoper The Faith of Millions (1974) het die Rooms-Katolieke geleerde, John A. O’Brien tot hierdie oortuigende slotsom geraak: “Is dit nie eienaardig dat aangesien Saterdag en nie Sondag nie, in die Bybel gespesifiseer word, nie-Kato­lieke, wat voorgee om hul godsdiens reg­streeks op die Bybel te baseer en nie op die Kerk nie, Sondag in plek van Saterdag vier? Maar dit is natuurlik inkonsekwent.” Die gebruik van Sondagsviering, verklaar hy, “berus op die gesag van die Katolieke Kerk en nie op ‘n uitdruklike teks in die Bybel nie. Daardie viering herinner steeds aan die Moederkerk van wie die nie-Kato­lieke sektes weggebreek het – soos ‘n seun wat van die huis gedros het, maar nog altyd ‘n foto van sy ma of ‘n haarlok van haar in sy sak het.”46

Hierdie aansprake op gesag is ‘n vervul­ling van die profesie en help om die mag uit te ken wat die klein horinkie genoem word.

Die Herstel van die Sabbat. In Jesaja 56 en 58 roep God Israel tot Sabbatshervor­ming. In die openbaring van ‘n heerlike toekoms waarin die heidene by Sy kudde gevoeg sal word (Jes. 56:8), verbind Hy die welslae van hierdie verlossingsmissie met die onderhouding van die heilige Sabbat (Jes. 56:1, 2, 6, 7).

Hy spel die spesifieke taak van Sy volk noukeurig uit. Hoewel hul sending wêreldomvattend is, is dit veral op ‘n sekere klas mense gerig wat beweer dat hulle gelowiges is, maar in werklikheid af­gewyk het van Sy gebooie (Jes. 58:1,2). Hy stel hul sending aan hierdie sogenaamde gelowiges in die volgende woorde: “Die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet te­rughou van die sabbat – om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die Here hoog hou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die Here” (Jes. 58:12-14).

Die sending van die geestelike Israel loop parallel met die van Israel van ouds. Die wet van God is geskend toe die klein horinkie die Sabbat verander het. Net soos die vertrapte Sabbat in Israel herstel moes word, net so moet die heilige Sabbatsin­stelling en die breuk in die muur van Gods wet hedendaags herstel word.47

Dit is die verkondiging van die bood­skap van Openbaring 14:6-12 in verband met die ewige evangelie wat hierdie herstelwerk en die verhoging van die wet te­weegbring. En dit is die verkondiging van hierdie boodskap wat tydens die Weder­koms die sending van die kerk van God is (kyk hoofstuk 12 van hierdie boek). Hier­die boodskap moet  ‘n  wekroep tot die wê reld wees wat almal nooi om hulle klaar te maak vir die oordeel.

Die bewoording van hierdie oproep tot aanbidding van die Skepper, “Hom wat die hemel en die aarde en die see en water­fonteine gemaak het” (Openb. 14:7), is ‘n regstreekse verwysing na die vierde gebod van die ewige wet van God. Sy insluiting in hierdie laaste waarskuwing bevestig hoe dringend God Sy Sabbat, wat deur so baie vergeet is, voor die Wederkoms wil herstel.

Die verkondiging van hierdie boodskap sal ‘n stryd ontketen wat die hele wêreld sal betrek. Die sentrale strydpunt sal gehoorsaamheid aan die wet van God en die heiliging van die Sabbat wees. Met hierdie botsing voor oë moet elkeen besluit of hy die gebooie van God of die gebooie van mense wil onderhou. Hierdie boodskap sal ‘n volk voortbring wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. Diegene wat dit verwerp, sal uiteindelik die merk van die dier ontvang (Openb. 14:9, 12; kyk hoofstuk 12 van hierdie boek).

Ten einde hierdie sending om die wet van God hoog te hou en Sy verwaarloosde Sabbat te heilig, met welslae uit te voer, moet die volk van God ‘n konsekwente, liefdevolle voorbeeld van Sabbatsonder­houding stel.

Die Heiliging van die Sabbat

Om die Sabbat te gedenk en dit te heilig (Exod. 20:8), moet ons dwarsdeur die week aan die Sabbat dink en die nodige voor­bereiding tref sodat ons dit op ‘n wyse kan huldig wat God welbehaaglik is. Ons moet sorg dra om ons nie gedurende die week so uit te put, dat ons nie op die Sabbat aan Sy diens kan deelneem nie. Dit grens aan afgodery.

Omdat die Sabbat ‘n dag vir besondere gemeenskap met God is, waarin ons ge­nooi word om Sy genadige skeppende en verlossende bedrywighede met blydskap te vier, is dit noodsaaklik dat ons enigiets vermy wat neig om aan die heilige atmos­feer afbreuk te doen. Die Bybel stel dit duidelik dat ons ons daaglikse werk op die Sabbat moet staak (Exod. 20:10); en dat ons alle werk wat verrig word om ‘n bestaan te verdien en alle saketransaksies moet vermy (Neh. 13:15-22). Ons moet eer aan God bring, deur “nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie” (Jes. 58:13). Deur hierdie dag aan ons eie plesier te wy, of wêreldse dinge te doen, of te praat of te be­dink of om aan sport deel te neem, sal afbreuk doen aan ons gemeenskap met ons Skepper en die heiligheid van die Sabbat skend.48  Ons besorgdheid oor die Sabbats­gebod moet almal betrek oor wie ons gesag het – ons kinders, die wat vir ons werk en selfs ons besoekers en ons diere (Exod. 20:10), sodat hulle ook in die seëninge van die Sabbat kan deel.

Die Sabbat begin op Vrydagaand om sononder en eindig Saterdagaand om son­onder (kyk Gen. 1:5; vgl. Markus 1:32).49 Die Skrif noem die dag voor die Sabbat (Vrydag) die voorbereiding (Markus 15:42), ‘n dag om vir die Sabbat voorberei­ding te doen sodat niks sy heiligheid sal skend nie. Op hierdie dag moet diegene wat die kos berei, dit voor die Sabbat doen sodat hulle ook gedurende die gewyde ure van hulle arbeid kan rus (kyk Exod. 16:23; Num.11:8).

Wanneer die gewyde ure van die Sabbat aanbreek, is dit goed dat die gesin of groepe gewydes kort voor sononder op Vrydag byeenkom om te sing, te bid en die Woord van God te lees en sodoende die Gees van Christus as ‘n welkome gas in te nooi. Net so moet hulle ook die afsluiting vier deur teen die einde van die Sabbat op Saterdagaand vir aanbidding byeen te kom om die teenwoordigheid en leiding van God deur die komende week te vra.

Die Here doen ‘n beroep op Sy volk om die Sabbat ‘n verlustiging te maak (Jes. 58:13). Hoe kan hulle dit doen? Alleen as hulle die voorbeeld van Christus, die Here van die Sabbat, volg, kan hulle ooit hoop om die ware vreugde en bevrediging te on­dervind wat God vir hulle vir hierdie dag beoog het.

Christus het gereeld op die Sabbat aan­bid, deelgeneem aan die dienste en gods­dienstige onderrig gegee (Markus 1 :21; 3:1-4; Lukas 4:16-27; 13:10). Maar Hy het meer gedoen as net aanbid. Hy het met ander gemeenskap gehou (Markus 1 :29­-31; Lukas 14:1), tyd in die buitelug deurge­bring (Markus 2:23) en rondgegaan en ge­nadewerk verrig. Waar Hy ook al kon, het Hy die siekes en beproefdes genees (Mar­kus 1:21-31; 3:1-5; Lukas 13:10-17; 14:2-4; Joh. 5:1-15; en 9:1-14).

Toe Jesus gekritiseer is, omdat Hy lyding verlig het, het Hy geantwoord: “So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen” (Matt. 12:12). Sy genesingsbedry­wighede het die Sabbat nie geskend of af­geskaf nie. Dit het wel ‘n einde gebring aan die ondraaglike reëls wat die betekenis van die Sabbat verdraai het sodat dit nie as God se middel tot geestelike verkwikking en verlustiging herken is nie.50 God het die Sabbat vir die geestelike verryking van die mens bedoel. Bedrywighede wat gemeen­skap met God bevorder, is gepas; die wat daardie doel verydel en van die Sabbat ‘n vakansie maak, is nie gepas nie.

Die Here van die Sabbat nooi almal om Sy voorbeeld te volg. Diegene wat gehoor gee, vind die Sabbat ‘n verlustiging en ‘n geestelike fees ‘n voorsmaak van die hemel. Hulle ontdek dat “die Sab­bat…deur God ingestel [is1 om geestelike moedeloosheid te voorkom. Week na week bring die sewende dag vrede tot ons gewete en stel dit ons gerus dat ons on­danks ons onvolmaakte karakters vol­kome in Christus is. Wat Hy op Golgota verrig het, dien tot ons versoening. Ons be­tree Sy rus.”51

Videos en Klankbane:

Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Vrae:

Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.

TERUGVOER

Addisionele hulpbronne:

Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Verwysings:

1. John N. Andrews, History of the Sabbath, 2de vergr. uitg. (Battle Creek, MI: Seventh-day Adventist Publish­ing Assn., 1873), 3de vergr. uitg. bl. 575.

2.  SDA Bible Commentary, hers. uitg. deel l, bl. 220.

3.  Ibid.

4. J. L. Shuler, God’s Everlasting Sign (Nashville: Southern Pub. Assn., 1972), bl. 114-116; M. L. Andreasen, The Sabbath (Washington, D.C.: Review and Herald, 1942), bl. 248; Wallenkampf, “The Baptism, Seal and the Full­ness of the Holy Spirit” (ongepubliseerde manuskrip) bl. 48; White, Patriarge en Profete, bl. 307; White, Die Groot Stryd, hfst. 39, par. 1, 2; hfst. 40, par. 12-14.

5.  White, Patriarge en Profete, bl. 307.

6.  Wallenkampf, “Baptism, Seal and the Fullness of the Holy Spirit”, bl. 48.

7.  SDA Bible Commentary, hers. uitg. deel l, bl. 605.

8.  “Sabbath,” SDA Encyclopedia, hers. uitg. bl. 1239.

9.  “Sabbath, Annual,” ibid, bl. 1265.

10.  Jonathan Edwards, The Works of President Edwards (New York: Leavitt and Allen, 1852, herdruk van die Worcesteruitg.), deel 4, bl. 622. Die Puriteine het Sondag as die Christelike Sabbat beskou.

11.  Interessant genoeg het Jesus op ‘n “groot dag” in die graf gerus – want daardie Sabbat was sowel die sewende dag van die week as die eerste sabbat van die Week van die Ongesuurde Brode. Wat ‘n dag om die verlossing op te voltrek! Die “dit is goed” van die Skepping vererug met die “dit is volbring” van die verlos­sing wanneer die Leidsman en die Voleinder weer eens by voltooiing rus.

12.  Samuele Bacchiocchi, Rest for Modern Man (Nashville: Southern Pub. Assn., 1976), bl. 8, 9.

13.  “Sabbath,” SDA Encyclopedia, hers. uitg. bl. 1244 . Kyk ook SDA Bible Commentary, hers. uitg. deel 7, bl. 205, 206; vgl. White, “The Australia Camp Meeting,” Review and Herald, 7 Jan, 1896, bl. 2.

14 . Kyk SDA Bible Commentary, hers. uitg. deel 7, bl. 735, 736; vgl. White, Die Handelinge van die Apostels,(S. A. Uniekonferensie van S.D.A., Bloemfontein, 1980), bl. 581.

15.  “Sabbath,” SDA Encyclopedia, bl.1237.

16. A. H. Strong, Systematic Theology, bl. 408.

17.  White, Patriarge en Profete, bl. 48.

18.  Bacchiocchi, Rest for Modern Man, bl. 15.

19.  Ibid., bl. 19.

20.  White, Testimonies, deel 6, bl. 350.

21.  Andreasen, Sabbath, bl. 25.

22.  Werkheiligheid kan omskryf word as “pogings om verlossing deur individuele inspanning te verkry. Dit is om die wet en sekere vereistes na te kom as  ‘n  middel tot regverdiging voor God. Dit is verkeerd, want ‘uit die werke van die wet [sal] geen vlees voor Hom geregverdig… word nie’ (Rom. 3:20)” (Shuler, God’s Everlast­ing Sign, bl. 90). Shuler gaan voort: “Diegene wat Sabbatsonderhouding as werkheiligheid veroordeel, behoort op die volgende te let: As ‘n wedergebore Christen hom van die aanbidding van vals gode weerhou, en eerbied betoon soos beveel word deur die eerste en die derde gebod, is hy dan gekant teen verlossing uit genade? En reinheid, eerlikheid en waarheidliewendheid, soos voorgeskryf deur die sewende, die agste en die negende gebod, weerspreek dit vrye genade? Die antwoord op albei vrae is Nee! Net so is die onderhouding van die sewende dag deur ‘n wedergebore siel nie werkheiligheid nie, en ook nie strydig met verlossing uit genade nie. Trouens, die Sabbatsgebod is die enigste gebod in die wet wat as ‘n teken staan van verlossing uit die sonde en hei1igmaking alleen” (ibid.).

23.  Ibid., bl. 89.

24.  Ibid., bl. 94.

25.  Andreasen, Sabbath, bl. 105.

26.  SDA Bible Commentary, hers. uitg. deel 7, bl. 420.

27. Ibid.

28. James Gibbons, The Faith of Our Fathers, 47ste hers. vergr. uitg. (Baltimore: John Murphy and Co., 1895), bl. 111, 112. R. W. Dale, ‘n Kongregasionalis, het gesê: “Dit is heeltemal duidelik dat hoe streng of toegewyd ons Sondag ook al mag deurbring, ons nie die Sabbat onderhou nie…. Die Sabbat is deur ‘n  spesifieke gebod van God tot stand gebring. Ons kan ons nie op so ‘n gebod vir die verpligte heiliging van Sondag beroep nie” (R. W. Dale, The Ten Commandments, 4de uitg. [Londen: Hodder and Stoughton, 1884], bl. 100.

29. Andrew T. Lincoln, “From Sabbath to Lord’s Day: A Biblical and Theological Perspective,” in From Sab­bath to Lord’s Day: a Biblical, Historical and Theological Investigation, uitg. D. A. Carson (Grand Rapids: Zonder­van, 1982), bl. 386.

30. Ibid., bl. 392.

31. Kyk Justinus Martyr, First Apology, in Ante-Nicene Fathers (Grand Rapids: William B. Eerdmans, 1979), deel 1, bl.186; Maxwell, God Cares (Mountain View, CA: Pacific Press, 1981), deel l, bl. 130.

32. Kyk bv. Bacchiocchi, “The Rise of  Sunday Observance in Early Christianity,” in The Sabbath in Scripture and History, uitg. Kenneth A. Strand (Washington, D.C.: Review and Herald, 1982) bl. 137; Bacchiocchi, From Sabbath to Sunday (Rome: Pontifical Gregorian University Press, 1977), bl. 223-232.

33. Sokrates, Ecclesiastical History, deel 5, hfst. 22, vert. in Nicene and Post-Nicene Fathers, 2de reeks (Grand Rapids: William B. Eerdmans, 1979), dee1 2, bl. 132.

34. Sozomenus, Ecclesiastical History, deel 7, hist. 19, vert. in Nicene and Post-Nicene Fathers, 2de reeks, deel 2, bl. 390.

35. Maxwell, God Cares, deel l, bl. 131.

36. Gaston H. Halsberghe, The Cult of Sol Invictus, (Leiden: E. J. Brill, 1972), bl. 26 en 44. Kyk ook Bacchioc­chi, “Rise of Sunday Observance,” bl. 139.

37. Bacchiocchi, “Rise of Sunday Observance,” bl. 140. Kyk ook Bacchiocchi From Sabbath to Sunday, bl. 252, 253.

38.  Kyk bv. Maxwell, God Cares, deel 1, bl. 129; H. G. Heggtveit, Illustreret Kirkehistorie (Christiania [Oslo]: Cammermeyers Boghandel, 1891-1895), bl. 202, soos vert. in SDA Bible Students’ Source Book, hers. uitg. bl. 1 000.

39.  Codex Justinianus, deel 3, titel 12, 3, vert. in Schaff, History of the Christian Church, 5de uitg. (New York: Charles Scribner, 1902), deel 3, bl. 380, aant. 1.

40.  Konsilie van Laodicea, reël 29, in Charles J. Hefele, A History of the Councils of the Church from the Original Documents, vert. en gered. deur Henry N. Oxenham (Edinburgh: T. en T. Clark, 1876), deel 2, bl. 316. Kyk ook SDA Bible Students’ Source Book, hers. uitg. bl. 885.

41. Giovanni Domenico Mansi, red., Sacrorum Conciliorum, deel 9, kol. 919, soos aangehaal deur Maxwell, God Cares, deel 1, bl. 129. Deels aangehaal in Andrews, History of the Sabbath and First Day of the Week, bl. 374.

42. Lucius Ferraris “Papa,” art. 2, Prompta Bibliotheca, Venetiis [Venesië]: Caspa Storti, 1772), deel 6, bl. 29, soos vert. in SDA Bible Students’ Source Book, hers. uitg. bl. 680.

43. John Eck, Enchiridion of Commonplaces Against Luther and Other Enemies of the Church, vert. Ford L. Battles, 3de uitg. (Grand Rapids: Baker, 1979), bl. 13.

44. Gaspare [Ricciu1li] de Fosso, Toespraak in die 17de sitting van die Konsilie van Trente, 18 Jan., 1562, in Manse, Sacrorum Conciliorum, deel 33, kol. 529, 530, soos vert. in SDA Bible Students’ Source Book, hers. uitg., bl. 887.

45.  Peter Geiermann, The Convert’s Cathechism of Catholic Doctrine, (Rockford, IL: Tan Books and Publishers, 1977), bl. 50.

46.  John A. O’Brien, The Faith of Millions, hers. uitg. (Huntington, IN: Our Sunday Visitor lnc., 1974), bl. 400, 401.

47. Vgl. White, Die Groot Stryd, hfst. 26, par. 1-9.

48. White, Selected Messages, deel 3, bl. 258.

49. In die Skrif verklaar die skeppingsverhaal duidelik dat die dae van sononder tot sononder afgebaken is. Kyk ook Lev. 23:32.

50. Gee Christus se voorbeeld ‘n mandaat dat Christelike hospitale sewe dae per week oopgehou moet word sonder dat die personeel ‘n Sabbatsrus kan kry? In ‘n besef van die behoeftes van hospitaalpersoneel, het White gesê: “Die Heiland het ons deur Sy voorbeeld getoon dat dit reg is om lyding op hierdie dag te verlig; maar ge­neeshere en verpleegsters moet geen onnodige werk verrig nie. Gewone behandeling en operasies wat kan wag, moet tot die volgende dag oorstaan. Laat die pasiënte besef dat geneeshere ook een dag rus nodig het” (Medical Ministry [Mountain View, CA: Pacific Press, 1963], bl. 214). Die besoldiging vir hierdie mediese dienste op die Sabbat moet vir liefdadigheidswerk gebruik word. White het geskryf: “Dit kan nodig wees om selfs die ure van die heilige Sabbat aan die verligting van menslike lyding te wy. Maar die besoldiging vir sodanige arbeid moet in die skatkis van die Here gesit word, om gebruik te word vir armes wat dit verdien, wat mediese hulp nodig het, maar dit nie kan bekostig om daarvoor te betaal nie” (Ibid., bl. 216).

51. George E. Vandeman, When God Made Rest (Boise, ID: Pacific Press, 1987), bl. 21.