15. Wat beteken dit om met Water en Gees gedoop te wees?

Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.

DOWNLOAD

Inleiding:

Deur die doop bely ons ons geloof in die dood en opstanding van Jesus Christus en getuig ons dat ons vir die sonde gesterf het en dat ons van voorneme is om n nuwe lewe te lei. So erken ons Christus as Here en Verlosser, word ons Sy volk, en word ons as lidmate van Sy kerk aangeneem. Die doop is n simbool van ons vereniging met Christus, vergifnis van ons sondes en ons ontvangs van die Heilige Gees. Dit geskied deur onderdompeling in water na bevestiging van geloof in Jesus en blyke van berou oor die sonde. Dit volg na onderrig in die Heilige Skrifte en n aanvaarding van wat dit leer.

Die Doop

Nyangwira, wat in Sentraal-Afrika ge­woon het, het nie geglo dat die doop maar net opsioneel is nie. Meer as ‘n jaar lank het sy die Bybel gretig bestudeer. Sy wou graag ‘n Christin word.

Een aand het sy die dinge wat sy geleer het, met haar man bespreek. Ontevrede het hy geskree: “Ek wil nie hierdie soort gods­diens in my huis hê nie, en as jy daarmee volhou, maak ek jou dood” Hoewel dit haar verpletter laat voel het, het Nyang­wira verder gestudeer, en weldra was sy gereed om gedoop te word.

Voordat sy na die doopdiens vertrek het, het Nyangwira eerbiedig voor haar man gekniel en aangekondig dat sy gedoop gaan word. Hy het sy groot jagmes opge­tel en geskree: “Ek het jou gesê dat ek nie wil hê dat jy gedoop moet word nie. Die dag as jy gedoop is, maak ek jou dood.”

Maar Nyangwira was vasberade om haar Here te volg, en is daar weg met haar man se dreigemente nog in haar ore.

Voordat sy die water binnegegaan het, het sy haar sondes bely en haar lewe aan haar Heiland gewy, nie wetende of sy daardie dag haar lewe vir haar Here sou moes aflê nie. Vrede het oor haar hart gekom toe sy gedoop word.

Toe sy tuis kom, het sy die mes vir haar man aangegee. “Hetjy jou laat doop? “het hy kwaad gevra. “Ja,” het Nyangwira bedaard gesê, “hier is die mes.”

“Isjy gereed om doodgemaak te word?”

“Ja,ek is.”

Haar man was so verbaas oor haar moed dat hy nie langer begeer het om haar dood te maak nie.1

Hoe Belangrik Is die Doop?

Is die doop soveel werd dat ‘ n mens jou lewe daarvoor op die spel kan waag? Vereis God werklik die doop? Hang die verlossing daarvan af of ‘n mens gedoop is?  Jesus se Voorbeeld. Eendag het Jesus die timmermanswinkel in Nasaret verlaat, Sy gesin gegroet en na die Jordaan vertrek waar sy neef Johannes gepreek het. Hy het Johannes genader en hom gevra om Hom te doop. Verbaas het Johannes Hom pro­beer afraai en gesê: “Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?”

“Laat dit nou toe,” het Jesus geant­woord, “want so pas dit ons om alle gereg­tigheid te vervul” (Matt. 3:13-15).

Jesus se doop het vir altyd aan hierdie in­stelling2 Goddelike goedkeuring verleen (Matt. 3:13-17; vgl. Matt. 21:25). Die doop is ‘n aspek van geregtigheid waaraan almal kan deelneem. Aangesien Christus, die Sondelose, gedoop is “om alle gereg­tigheid te vervul,” behoort ons, wat son­daars is, dit ook te doen.

Jesus se Bevel. Na afloop van Sy bedie­ning het Jesus Sy dissipeis beveel: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matt. 28:18-20).

Met hierdie opdrag het Jesus dit duidelik gestel dat Hy die doop vereis van diegene wat deel van Sy kerk, Sy geestelike konink­ryk, wou word. Namate die Heilige Gees mense deur die bediening van die dissipels tot bekering sou bring om Jesus as Ver­losser aan te neem, moes hulle in die Naam van die Drie-enige God gedoop word. Met hul doop sou hulle te kenne gee dat hulle ‘n persoonlike verhouding met Christus aangegaan het en dat hulle hul daaraan wy omooreenkomstig die beginsels van Sy koninkryk van genade te lewe. Christus het Sy mandaat om te doop, afgesluit met die versekering: “Enkyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”

Na Christus se hemelvaart het die apos­tels die noodsaaklikheid van die doop be­klemtoon (Hand. 2:38; 10:48; 22:16). Menigtes het daarop gereageer en hulle laat doop en hulle het die Nieu-Testamen­tiese kerk geword (Hand. 2:41, 47; 8:12), en die gesag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees erken.

Die Doop en die Verlossing. Christus het verklaar: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word” (Markus 16:16). In die apostoliese kerk is mense outomaties ge­doop nadat hulle Christus aangeneem het. Dit was ‘n bevestiging van die nuwe be­keerling se geloof (vgl. Hand. 8:12; 16:30-­34).

Petrus het Noag se ondervinding ge­durende die sondvloed gebruik om die verhouding tussen die doop en die ver­lossing te illustreer. In die dae voor die sondvloed het ongeregtigheid sulke af­metings aangeneem dat God die wêreld deur Noag gewaarsku het om hulle te be­keer of vernietig te word. Net agt mense het geglo, het die ark binnegegaan, en is “deur water heen gered … waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red,” het Petrus gesê, “nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘nbede tot God om ‘ngoeie gewete – deur die op­standing van Jesus Christus” (1 Pet. 3:20, 21).

Petrus verduidelik dat ons deur die doop gered word soos Noag en sy gesin deur water heen gered is. Natuurlik is dit God, nie die vloedwaters nie, wat Noag gered het. Ooreenstemmend is dit die bloed van Christus, nie die water van die doop nie, wat die gelowige se sondes wegneem. “Maar die doop, soos [Noag se] gehoor­saamheid deur die ark binne te gaan, is die ‘bede tot God om ‘n goeie gewete.’ Wan­neer die mens in die krag van God gehoor gee, word verlossing deur die opstanding van Jesus Christus,’ werklikheid.”3

Hoewel die doop van die uiterste belang vir die verlossing is, waarborg dit egter nie verlossing nie.4 Paulus het Israel se onder­vinding tydens die eksodus as ‘n simbo­liese voorstelling van die doop beskou.5 “Ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurge­gaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieself­de geestelike drank gedrink het.” Met die wolk bo hulle en die water aan weerskante is die kinders van Israel simbolies gedoop terwyl hulle deur die Rooi See gegaan het. Dog, ondanks hierdie ondervinding, het God “in die meeste van hulle geen welge­valle gehad nie” (1 Kor. 10:1-5). Net so is die doop tans nie ’n outomatiese waarborg van verlossing nie. Israel se ondervinding is “‘n waarskuwing aan ons op wie die ein­des van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie” (1 Kor. 10:11, 12).

“Een Doop”

Die toediening van die doop verskil in die Christelike wêreld. Party pas onderdom­peling toe, ander besprinkeling, en nog ander begieting. Kenmerkend van die een­heid wat die Gees in die kerk bring, is die beoefening van “een doop” (Efe. 4:5).6 Wat openbaar die Bybel aangaande die be­tekenis van die woord doop, aangaande die gebruik self, en aangaande sy geestelike betekenis?

Die Betekenis van die Woord “Doop”. Die Griekse woord wat met doop vertaal word, is die werkwoord baptizo, wat on­derdompeling vereis, aangesien dit afgelei is van die woord bapto, wat beteken om onder te dompel? Wanneer die werk­woord om te doop na ‘n waterdoop verwys, hou dit die idee van onderdompeling in ­om die persoon onder die water in te druk.8

In die Nuwe Testament word die werk­woord om te doop gebruik om (1) te verwys na doop in water (bv. Matt. 3:6; Markus 1:9; Hand. 2:41); (2) as ‘n beeld van Christus se lyding en dood (Matt. 20:22, 23; Markus 10:38, 39; Lukas 12:50); (3) na die koms van die Heilige Gees (Matt. 3:11; Markus 1:8; Lukas 3:16; Joh. 1:33; Hand. 1:5; 11:16); en (4) na reiniging of seremoniële was van die hande (Markus 7:3, 4; Lukas 11:38). Hier­die vierde gebruik verwys net na wassing om van seremoniële onreinhede ontslae te raak en wettig nie ‘n doop deur begieting nie.9 Die Skrif gebruik die selfstandige naamwoord doop vir sowel waterdoop as Christus se dood (Matt. 3:7; 20:22).

J. K. Howard verklaar dat die Nuwe Tes­tament “geen aanduiding gee dat besprin­keling ooit apostoliese gebruik was nie; trouens, die getuienis dui alles daarop dat dit later ingevoer is.”10

Die Doop in die Nuwe Testament. Die ge­valle in die Nuwe Testament waar in water gedoop is, vermeld onderdompeling. Ons lees dat Johannes in die Jordaanrivier ge­doop het (Matt. 3:6; vgl Markus 1:5) en “in Enon naby Salem, omdat daar baie water was” (Joh. 3:23). Alleen onderdompeling vereis “baie water.”

Johannes het Jesus ondergedompel. Hy het Jesus “indie Jordaan” gedoop en na die doop het Jesus “uitdie water opgeklim” (Markus 1:9, 10; vgl Matt. 3:16).11

Die apostoliese kerk het ook deur onder­dompeling gedoop. Toe Filippus die evangelis die Ethiopiese hofdienaar ge­doop het, het hulle albei “in die water af­geklim” en daarna “uit die water opgeklim” (Hand. 8:38,39).

Die Doop in die Geskiedenis. Voor die Christelike tydperk het die Jode hul be­keerlinge deur onderdompeling gedoop. Die Essene te Qumran het sowel lede as be­keerlinge deur onderdompeling gedoop.12

Die getuienis van skilderye in die kata­kombes en kerke, uit mosaïeke op vloere, mure en plafonne, van reliëfwerk en teke­ninge in antieke Nuwe Testamente “leweroorweldigend getuienis van onderdom­peling as die normale doopwyse in die Christelike kerk in die eerste tien tot veer­tien eeue. “13 Doopfonte in die ou kate­drale, kerke en bouvalle in Noord-Afrika, Turkye, Italië, Frankryk en elders getuig steeds van die antikwiteit van hierdie ge­bruik.14

Die Betekenis van die Doop

Die betekenis van die doop is intiem ver­want aan sy wyse. Alfred Plummer ver­klaar: “Alleen wanneer die doop deur onderdompeling toegedien word, word sy volle betekenis sigbaar.”15

Simbool van Christus se Dood en Op­standing. Net soos bedekking deur water simbolies was van oorweldigende moei­likheid en beproewing (Ps. 42:8; 69:2; 124:4, 5) het Jesus se waterdoop In profe­tiese vervulling van Sy lyding, dood en be­grafnis voorgestel (Markus 10:38; Lukas 12:50) en Sy opkoms uit die water van Sy daaropvolgende opstanding (Rom. 6:3-5).

Die doop sou geen betekenis as simbool van Christus se lyding gehad het nie “as die apostoliese kerk ‘n ander doopwyse as onderdompeling gebruik het.” Daarom is “‘n teologiese argument die kragtigste ar­gument vir doop deur onderdompeling.”16

Simbool vir Dood Teenoor die Sonde en Lewend Teenoor God. In die doop maak gelowiges die lydensondervinding van ons Here mee. Paulus het gesê: “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is … ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel” (Rom. 6:3,4).

Hoe intiem die gelowige se verhouding met Christus is, blyk uit uitdrukkings soos “in Christus Jesus gedoop,” “in sy dood gedoop,” en “saam met Hom begrawe deur die doop.” Howard merk op: “In die simboliese daad van die doop betree die gelowige die dood van Christus, en in ‘n werklike sin word daardie dood sy dood; en maak hy die opstanding van Christus mee, en daardie opstanding word sy op­standing.”17 Wat is die betekenis daarvan dat die gelowige die lyding van ons Here meemaak?

1. Dood vir die sonde. In die doop het die gelowiges “saamgegroei…deur die ge­lykvormigheid aan sy [Christus se] dood” (Rom. 6:5) en is hulle met Christus gekruisig” (Gal. 2:20). Dit beteken dat “die oue mens saam gekruisig is, sodat die lig­gaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregver­dig van die sonde” (Rom. 6:6-8).

Gelowiges het afstand gedoen van hul vorige lewenswyse. Hulle is dood vir die sonde en bevestig dat “die ou dinge… ver­bygegaan” het (2 Kor. 5:17), en hul lewe met Christus in God verborge is. Die doop versinnebeeld die kruisiging van die ou lewe. Dit is nie net ‘n dood nie, maar ‘n be­grafnis. Ons is “saam met Hom be­grawe…in die doop” (Kol. 2:12). Net soos ‘n begrafnis op die dood volg, word die ou lewe weggedoen wanneer die gelowige in die watergraf neerdaal en aanneem dat Jesus Christus begrawe is.

In die doop het die gelowige die wêreld afgesterf. Ter gehoorsaamheid aan die bevel “gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat on­rein is nie” (2 Kor. 6:17), maak dopelinge dit openbaar dat hulle die Satan se diens verlaat en Christus in hul lewens aanneem.

In die apostoliese kerk het die oproep om bekering gepaard gegaan met ‘n oproep om gedoop te word (Hand. 2:38). Die doop gee dus ook opregte bekering te kenne. Gelowiges sterf vir hul oortredings van die wet en verkry vergifnis van sondes deur die reinigende bloed van Jesus Christus. Die doopplegtigheid is ‘n demonstrasie van ‘n innerlike reiniging – die afwassing van die sondes wat bely is.

2. Lewend vir God. Die krag van Chris­tus se opstanding word vaardig in ons lewens. Dit stel ons in staat om in ‘n nuwe lewe te wandel (Rom. 6:4) – nou dood vir die sonde, “maar lewend … vir God in Christus Jesus, onse Here” (Rom. 6:11). Ons getuig dat ons enigste hoop op’n lewe van oorwinning oor die ou natuur in die genade berus van ‘ n herrese Here wat nuwe geestelike lewe voorsien het deur die kraggewende werking van die Heilige Gees. Hierdie nuwe lewe verhef ons tot ‘n hoër vlak in ons menslike ondervinding, gee ons nuwe waardes, strewes en begeer­tes, wat om ‘n toewyding aan Jesus Chris­tus draai. Ons is nou dissipels van ons Verlosser, en die doop is die teken van ons dissipelskap.

Simbool van ‘n Verbondsverhouding. In die tyd van die Ou Testament was die be­snydenis die teken van die verbondsver­houding tussen God en Abraham (Gen. 17:1-7).

Die Abrahamsverbond het sowel geeste­like as nasionale aspekte gehad. Die be­snydenis was ‘n teken van nasionale identiteit. Abraham self, en al die manlike lede van sy familie wat agt daeofouerwas, moes besny word (Gen. 17:10-14; 25-27). Enige manlike wat nie besny was nie, moes uit sy volksgenote uitgeroei word omdat hy die verbond verbreek het (Gen. 17:14).

Dat die verbond wat tussen God en Ab­raham, ‘n volwassene, gesluit is, toon die geestelike dimensie daarvan. Abraham se besnydenis het sy voorafgaande belewenis van regverdigmaking deur die geloof aangedui en bevestig. Sy besnydenis was ‘n “seël van die geregtigheid van die ge­loof toe hy nog nie besny was nie” (Rom. 4:11).

Besnydenis alleen het egter nog nie toetrede tot die ware geestelike dimensie van die verbond gewaarborg nie. God se woordvoerders het dikwels gewaarsku dat niks minder as ‘n geestelike be­snydenis sal voldoen nie. “Besnydan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie” (Deut. 10:16; vgl. 30:6; Jer. 4:4). Die “onbesnede van hart” sou saam met die heidene gestraf word (Jer. 9:25,26).

Toe die Jode Jesus as die Messias ver­werp het, het hulle hul verbondsverhou­ding met God verbreek en hul besondere status as Sy uitverkore volk (Dan. 9:24-27; kyk hoofstuk 4 van hierdie boek) verbreek. Hoewel God se verbond en beloftes onver­anderd gebly het, het Hy ‘n nuwe volk gekies. ‘n Geestelike Israel het die Joodse volk vervang (Gal. 3:27-29; 6:15, 16).

Christus se dood het ‘n nuwe verbond bekragtig. Mense het tot hierdie verbond toegetree deur ‘n geestelike besnydenis ­die antwoord van die geloof op Jesus se soendood. Christene het “die evangelie vir die onbesnedenes” (Gal. 2:7). Die nuwe verbond vereis ‘n “innerlike geloof” en nie ‘n “uiterlike” nie van diegene wat aan die geestelike Israel wil behoort. Iemand kan ‘n Jood weens geboorte wees;maar ‘n mens kan alleen deur die wedergeboorte ‘n Christen word. “Want in Christus Jesus het nog die besnydenis nog die onbesneden­heid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk” (Gal. 5:6). Wat saak maak, is ‘n “besnydenis…van die hart, in die gees” (Rom. 2:28, 29).

Die doop is ‘n teken van ’n reddende ver­houding met Jesus, en stel hierdie geeste­like besnydenis voor… “in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die be­snydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het” (Kol. 2:11, 12).

“Nadat die ‘vleeslike liggaam’ afgelê is deur die geestelike besnydenis wat deur Jesus verrig is, ‘beklee’ die een wat gedoop is hom nou met Christus en tree hy toe tot ‘n verbondsverhouding met Jesus.

Gevolglik is hy nou verkiesbaar om die vervulling van die beloftes van die ver­bond te ontvang.”18 “Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Chris­tus beklee …. En as julle aan Christus be­hoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfge­name”(Gal. 3:27-29). Diegene wat tot hier­die verbondsverhouding toegetree het, beleef die versekering van God: “Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” (Jer. 31:33).

Simbool van Toewyding tot die Diens van Christus. Met Sy doop het Jesus ‘n be­sondere uitstorting van die Heilige Gees ondervind as aanduiding van Sy salwing of toewyding aan die sending wat Sy Vader aan Hom opgedra het (Matt. 3:13-17; Hand. 10:38). Sy ondervinding toon dat ‘n waterdoop en doping deur die Gees saam hoort en dat doop sonder ontvangs van die Heilige Gees onvolledig is.

In die apostoliese kerk het die uitstorting van die Heilige Gees gewoonlik op die waterdoop gevolg. As ons dus tans in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees gedoop word, word ons toegewy aan en verenig met die drie groot kragte van die hemel en vir die versprei­ding van die ewige evangelie.

Die Heilige Gees berei ons vir hierdie be­diening voor deur ons hart van die sonde te reinig. Johannes sê Jesus “sal…doop met die Heilige Gees en met vuur” (Matt. 3:11). Jesaja het geopenbaar dat God Sy volk van hul onreinhede sal reinig “deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging” (Jes. 4:4). “Ek sal … ou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele weg­neem” (Jes. 1 :25). “Want onse God is ‘n ver­terende vuur” vir die sonde (Heb. 12:29), en aan almal wat hulle aan Hom oorgee. Die Heilige Gees sal hul hart reinig en hul sondes verteer.

Dan voorsien die Heilige Gees hulle met Sy gawes. Sy gawes is ‘n “besondere be­deling uit die hemel wat tydens die doop gegee word om die gelowige in staat te stel om die kerk te dien en om tot diegene te reik wat Jesus Christus nog nie aange­neem het nie.”19 Die doop van die Heilige Gees het aan die vroeë kerk krag gegee om te getuig (Hand. 1:5, 8), en net dieselfde doop sal die kerk in staat stel om sy sen­ding te volbring om die ewige evangelie van die koninkryk te verkondig (Matt. 24:14; Openb. 14:6).

Simbool van Toetrede tot die Kerk. As ‘n teken van iemand se vernuwing of we­dergeboorte (Joh. 3:3, 5), kenmerk die doop ook so, iemand se toetrede tot die geestelike koninkryk van Christus.20  Aangesien dit die nuwe gelowige met Christus verenig, dien dit ook as deur tot die kerk. Deur die doop voeg die Here die nuwe dissipels by die liggaam van gelo­wiges – Sy liggaam, die kerk (Hand. 2:41, 47; 1 Kor. 12:13). Dan is hulle lede van die gesin van God. ‘n Mens kan nie gedoop word sonder om by die kerkfamilie aan te sluit nie.

Vereistes vir die Doop

Die Skrif vergelyk die verhouding tussen Christus en Sy kerk met ‘n huwelik. In die eg behoort albei partye deeglik bewus te wees van die verantwoorde­likhede en verpligtinge wat betrokke is. Wie verlang om gedoop te word, moet in sy lewe geloof, berou en die vrugte van die bekering openbaar, asook ‘n begrip van die betekenis van die doop en die daaropvol­gende geestelike verhouding.21

Geloof. Een voorvereiste vir die doop is geloof in Jesus se soenoffer as die enigste middel tot verlossing van die sonde. Chris­tus het gesê: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word” (Markus 16:16). In die apostoliese kerk is net diegene gedoop wat die evangelie geglo het (Hand. 8:12, 36, 37; 18:8).

Aangesien “die geloof … uit die gehoor, en die gehoor…deur die woord van God” is (Rom. 10:17), is onderrig noodsaaklik ter voorbereiding vir die doop. Christus se groot opdrag bevestig hoe belangrik so­danige onderrig is: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matt. 28:19). Om ‘n dissipel te kan word, vereis deeglike onderrig.

Bekering. “Bekeer julle,” sê Petrus, “en laat elkeen van julle gedoop word” (Hand. 2:38). Onderrig in die Woord van God wek nie net geloof op nie, maar ook berou en bekering. In antwoord op die roepstem van God besef mense hul verlorenheid, bely hulle hul sondigheid, onderwerp hulle hul aan God, bekeer hulle van hul sondes, aanvaar hulle Christus se versoe­ning en wy hulle tot ‘n nuwe lewe saam met Hom. Sonder bekering kan hulle nie ‘n persoonlike verhouding met Jesus Chris­tus betree nie. Alleen deur bekering kan hulle die sonde afsterf – ‘n voorvereiste vir die doop.

Die Vrugte van Bekering. Wie hulle wil laat doop, moet geloof bely en die beke­ring ondervind. Tensy hulle egter ook “die vrugte wat by die bekering pas” aan die dag lê (Matt. 3:8), voldoen hulle nie aan die vereistes wat die Bybel vir die doop stel nie. Hul lewe behoort hul toewyding aan die waarheid soos dit in Jesus is, te demon­streer, en hulle moet deur gehoorsaamheid aan Sy gebooie uitdrukking aan hul liefde vir God gee. Ter voorbereiding vir die doop moet hulle afgesien het van hul fou­tiewe gelowe en gewoontes. Die vrugte van die Gees wat in hul lewens tot uiting kom, sal toon dat die Here in hulle bly en hulle in Hom (Joh. 15:1-8). Tensy hulle blyke van hul verhouding met Christus gee, is hulle nog nie gereed om by die kerk aan te sluit nie.

Ondersoek van Dopelinge. Om lidmaat van die kerk te word, is ‘n geestelike stap; dit is nie net ‘n kwessie van jou naam in die kerkregister kry nie. Diegene wat die doop moet toedien, moet vasstel of die kandidate gereed is vir die doop. Hulle moet vasstel of die kandidaat die kerk se beginsels verstaan en aanduidings gee dat hy  ‘n nuwe skepsel is en die vreugde van  ‘n ver­houding met die Here Jesus geniet.23

Tog moet hulle versigtig wees om nie die dopelinge se motiewe te beoordeel nie. “As iemand hom aanmeld as ‘n kandidaat vir kerklidmaatskap, moet ons die vrugte van sy lewe nagaan en die verantwoorde­likheid vir sy motief aan hom self oor­laat”24.

Party is al lewendig in die water van die doop begrawe. Die eie ek het nie gesterf nie. Diesulkes het nie ‘n nuwe lewe in Christus ontvang nie. Mense wat op hier­die wyse by die kerk aangesluit het, het die saad van swakheid en afvalligheid met hulle saamgebring. Hul “ongeheiligde” invloed verwar diegene wat binne en buite die kerk is en stel sy getuienis in gevaar.

Moet Babatjies en Kindertjies Gedoop Word? Deur die doop word nuwe gelo­wiges binne die samehang van die “we­dergeboorte” in die kerk ingelyf. Hul bekering het hulle vir die doop en kerklid­maatskap bekwaam. So ‘n inlywing ge­skied met die “wedergeboorte,” nie met die geboorte as baba nie. Dit is waarom gelowiges gedoop is –“manne sowel as vroue” (Hand. 8:12, 13, 29-38; 9:17, 18; 1 Kor. 1:14).”Nêrens in die Nuwe Testa­ment,” het Karl Barth erken, “word kin­derdoop òf toegelaat òf beveel nie.”25  G. R. Beasley-Murray het erken: “Ek vind dit nie moontlik om in kinderdoop die doop van die Nieu-Testamentiese Kerk te sien nie.”26

Omdat babatjies en klein kindertjies nie besef wat bekering is nie, is hulle nie ge­skik vir die doop nie.

Beteken dit dat hulle uit die gemeenskap van die nuwe verbond uitgesluit is? Gewis nie! Jesus het hulle nie uit Sy koninkryk van genade uitgesluit nie. “Laat die kindertjies … na My toe kom…en verhinder hulle nie,” het Hy gesê, “want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele. En Hy het hulle die hande opgelê” (Matt. 19:14, 15). Gelowige ouers vervul ‘n lewensnoodsaaklike rol deur hulle kinders tot ‘n verhouding met Christus te lei wat hulle uiteindelik tot die doop sal neem.

Jesus se positiewe reaksie op die moeders wat hul kinders na Hom gebring het om geseën te word, het aanleiding gegee tot die gebruik om die kindertjies toe te wy. Om hierdie rede bring ouers hul kindertjies na die kerk om aan God gewy te word.

Op watter ouderdom behoort ‘n mens gereed vir die doop te wees? Individue kan gedoop word indien hulle (1) oud genoeg is om die betekenis van die doop te ver­staan, (2) hul lewens aan Christus gewy het en bekeer is, (3) die fundamentele be­ginsels van die Christendom verstaan, en (4) die betekenis van kerklidmaatskap ver­staan. ‘n Mens stel sy verlossing alleen in gevaar indien hy oud genoeg geword het om rekenskap van homself te gee en dan die invloed van die Heilige Gees verwerp.

Omdat mense op enige gegewe ouder­dom van mekaar verskil in geestelike vol­wassenheid, is party vroeër vir die doop gereed as ander. Ons kan daarom nie ‘n vaste ouderdom vir die doop neerlê nie. As ouers toelaat dat hul kinders op ‘n vroeë ouderdom gedoop word, moet hulle die verantwoordelikheid vir hul geestelike groei en karakterontwikkeling aanvaar.

Die Vrugte van die Doop

Die vemaamste vrug wat die doop dra, is ‘n lewe wat aan Christus gewy is. Doel­wit en strewe het sy brandpunt in Chris­tus, nie in jouself nie. “As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regter­hand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” (Kol. 3:1, 2). Die doop is nie die hoogste spits wat ‘n Christen kan bereik nie. Namate ons geestelik opwas, ontwikkel ons die Chris­telike grasieë wat ingespan moet word om ander volgens God se vermenig­vuldigingsplan te dien: “Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!” (2 Pet. 1:2). As ons getrou aan ons doop gelof­tes bly, sal die Vader, Seun en Heilige Gees, in wie se Naam ons gedoop is, waarborg dat ons toegang tot die Goddelike krag het wat ons sal help in elke noodtoestand wat moontlik in ons nadoopse lewe kan op­duik.

Die tweede vrug is ‘n lewe wat aan die kerk van Christus gewy word. Ons is nie langer geïsoleerde individue nie; ons het lede van die kerk van Christus geword. As lewende stene vorm ons die tempel van God (1 Pet. 2:2-5). Ons behou ‘n besondere verhouding met Christus, die hoof van die kerk, van wie ons ons daaglikse genade vir groei en ontwikkeling in liefde ontvang (Efe. 4:16). Ons aanvaar verantwoorde­likhede binne die verbondsgemeenskap, wie se lede ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die pas gedooptes het (1 Kor. 12:12-26). Vir hul eie beswil, asook vir die van die kerk, moet die nuwe lidmate in ‘n lewe van aanbidding, gebed en liefdevolle diens betrek word (Efe. 4:12).

Die laaste vrug is ‘n lewe wat in en vir die wêreld gelei word. Dit is wel waar dat ons wat gedoop is, ons burgerskap in die hemel het (Filip. 3:20), maar ons is alleen uit die wêreld geroep om binne die lig­gaam van Christus opgelei te word om na die wêreld terug te keer as dienaars wat deelneem aan Christus se verlossende be­diening. Ware dissipels sal hulle nie van die wêreld na die kerk onttrek nie; ons word as sendelinge in die koninkryk van Christus gebore. Om getrou aan ons doop­verbond te wees, beteken om ander na die koninkryk van genade te lei.27 God wag tans verlangend dat ons die oorvloedige lewe wat Hy so genadiglik voorsien het, sal betree. “En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep” (Hand. 22:16).

Videos en Klankbane:

Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Vrae:

Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.

TERUGVOER

Addisionele hulpbronne:

Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.

INSERT VIDEO HERE

INSERT SOUNDTRACK HERE

Verwysings:

 1. S. M. Samuel, “ABrave African Wife,” Review and Herald, 14 Feb. 1963, bl. 19.

2. ‘n Kerklike instelling is ‘n vasgestelde godsdienstige rite wat ‘n uitbeelding is van die sentrale waarhede van die evangelie en wat ‘n universele en ewigdurende verpligting is. Christus het twee sulke instellings voorgeskryf die doop en die Heilige Nagmaal. So ‘n instelling is nie ‘n sakrament in die sin dat dit ‘n opus operatum is nie – ‘n daad wat in sigself genade verleen en verlossing bewerkstellig nie. Die doop en die Nag­maal is alleen sakramente in die sin dat hulle soos die sacramentum is, die eed wat deur Romeinse soldate af­gelê is om hul bevelhebber tot die dood toe te gehoorsaam. Hierdie instellings hou ‘n eed van algehele trou aan Christus in. Kyk Strong, Systematic Theology (Philadelphia, PA: Judson Press, 1954), bl. 930; “Baptism,” SDA Encyclopedia, hers. uitg., bl. 128, 129.

3.   Jemison, Christian Beliefs, bl. 244.

4.   Uit die staanspoor het die SDAs, ooreenkomstig hul Protestantse afkoms, enige siening verwerp dat die doop ‘n opus operatum is, dit wil sê, dat dit ‘n daad is wat in sigself genade verleen en verlossing bewerkstel­lig” (“Baptism,” SDA Encyclopedia, hers. uitg., bl. 128.

5.   SDA Bible Commentary, hers. uitg., deel 6, bl. 740.

6.  Soms gebeur dit dat mense wat deur onderdompeling gedoop is, voel dat hulle oorgedoop moet word. Bots hierdie wens met Paulus se verklaring dat daar net “een doop” is (Efe. 4:5)?  Paulus se eie handeling toon dat dit nie bots nie. Op besoek aan Efese het hy etlike dissipels teëgekom wat deur Johannes die Doper gedoop was. Hulle was bekeer en het hul geloof in die komende Messias te kenne gegee (Hand. 19:1-5). Hierdie dissipels het die evangelie nie duidelik verstaan nie. “Toehulle deur Johannes gedoop is, het hulle aan ernstige foute vasgehou. Met duideliker lig het hulle Christus egter met blydskap as hul Verlosser aange­neem, en met hierdie gevorderde stap het hul verpligtinge ook verander. Met dat hulle ‘n suiwerder geloof on­dervind het, het daar ook ‘n ooreenkomstige verandering in hulle lewens en natuur ingetree. As ‘n bevestiging van hierdie verandering, en as ‘n erkenning van hul geloof in Christus, is hulle in die Naam van Jesus herdoop. “Baie opregte volgelinge van Jesus het al ‘n soortgelyke ondervinding gehad. ‘n Duideliker begrip van die wil van God bring die mens in ‘n nuwe verhouding met Hom. Nuwe verpligtinge kom aan die lig. Veel wat voorheen onskuldig of selfs lofwaardig voorgekom het, word nou as sondig beskou…. Sy vorige doop stel hom nie nou tevrede nie. Hy beskou hom as ‘n sondaar wat deur die wet van God veroordeel word. Hy het opnuut vir die sonde gesterf en nou wil hy graag saam met Christus in die doop begrawe word sodat hy kan opstaan om ‘n nuwe lewe te bewandel. So ‘n stap strook met die voorbeeld van Paulus wat die Joodse bekeerlinge ge­doop het. Daardie insident is deur die Heilige Gees aangeteken as ‘n nuttige les vir die kerk” (White, Sketches From the Life of Paul [Battle Creek, MI: Review and Herald, 18831, bl. 132, 133; kyk ook Seventh-day Adventist Church Manual, [Washington, D.C.: General Conference of Seventh-day Adventists, 19861, hers. uitg., bl. 50; White, Evangelism, bl. 372-375). Die Skrif gee niks te kenne wat ‘n herdoop sou ontsê aan individue wat die verbond met God weens ernstige sonde of afvalligheid verbreek het en toe ‘n nuwe bekering ondervind het met die verlange om hul verbond te hernuwe nie (kyk Seventh-day Adventist Church Manual, bl. 51, 162; White, Evangelism, bl. 375).

7.   Kyk Albrecht Oepke, “Bapto, Baptiso,” in Theological Dictionary of the New Testament, uitg. Gerhard Kittel, vert. Geoffrey W. Bromiley (Grand Rapids: Wm. B. Eerdmans Publ. Co., 1964), deel 1, bl. 529. Vine wys daarop dat bapto “deurdie Grieke gebruik is om die kleuring van ‘n kledingstuk aan te dui, of vir die put van water deur ‘n houer in ‘n ander een te druk, ens.” (W. E. Vine, An Expository Dictionary of Biblical Words [New York, NY: Thomas Nelson, 1985], bl. 50). “om in te steek,” of “te doop” kom drie maal in die Nuwe Testament voor, en elke keer beteken dit “om onder te dompel.” In die gelykenis van die ryk man en Lasarus het die ryk man Abraham gesmeek om toe te laat dat Lasarus die punt van sy vinger in koue water insteek om ‘n bietjie water op sy tong te drup (Lukas 16:24). Op die vooraand van Sy kruisiging het Jesus Sy verraaier aangewys deur ‘n stukkie voedsel in te doop en aan Judas te gee (Joh. 13:26). En toe Johannes Jesus in ‘n visioen gesien het as die bevelvoerder van die hemelse leër wat te perd opruk, het dit vir Johannes gelyk asof Jesus se klere in bloed ge­doop was (Openb. 19:13).

8.   George E. Rice, “Baptism: Union With Christ,” Ministry, Mei 1982, bl. 20.

9.   Kyk Albrecht Oepke, “Bapto, Baptiso,” in Theological Dictionary of the New Testament, deel 1, bl. 535. Vgl. Arndt and Gingrich, Greek-English Lexicon of the New Testament, bl. 131.

10. J. K. Howard, New Testament Baptism (Londen: Pickering & Inglis Ltd., 1970), bl. 48.

11. Kursivering deur ons.

12. Matthew Black, The Scrolls and Christian Origins (New York: Charles Scribner’s Sons, 1961), bl. 96-98. Kyk ook ”Baptism,” SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 118, 119.

13. G. E. Rice, ”Baptism in the Early Church,” Ministry, Maart 1981, bl. 22. Vgl. Henry F. Brown, Baptism Through the Centriees (Mountain View, Cal.: Pacific Press, 1965); William Lampkin, A History of Immersion (Nash­ville: Broadman Press, 1962); Wolfred N. Cotte, The Archeology of Baptism (Londen: Yates and Alexander, 1876).

14. Brown, Baptism Through the Centuries, bl. 49-90.

15. Alfred Plummer, A Critical and Exegetical Commentary on the Gospel According to St. Luke, The International Critical Commentary, uitg. Samuel R. Driver, et al., 5de uitg. (Edinburgh: T. &: T. Clark, 1981 herdruk), bl. 88.

16. ”Baptism,” SDA Encyclopedia,“her. uitg., bl. 128.

17. Howard, New Testament Baptism, bl. 69.

18.  G. E. Rice, ”Baptism: Union With Christ,” Ministry, Mei 1982, bl. 21.

19.  Gottfried Oosterwal, “Every Member a Minister? From Baptism to a Theological Base,” Ministry, Feb. 1980, bl. 4-7. Kyk ook Rex D. Edwards, ”Baptism as Ordination,” Ministry, Aug. 1983, bl. 4-6.

20. White in SDA Bible Commentary, hers. uitg. deel 6, bl. 1075.

21. As kwalifikasies vir die doop vereis word, hoe kan daar “vir die dode gedoop word”? Die volgende ver­tolking bewaar die harmonie van die Bybe1boodskap: In 1 Korinthiërs 15 beklemtoon Paulus die betekenis van die opstanding uit die dood en verwerp hy die idee dat daar geen opstanding is nie. Hy toon dat indien daar geen opstanding is nie, die gelowiges se geloof ver­geefs en sinneloos is (1 Kor. 15:14,17). In dieselfde trant redeneer hy: “Wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?” (1 Kor. 15:29). Party mense vertolk die uitdrukking “vir die dode laat doop” as ‘n verwysing na ‘n plaasvervangende doop deur gelowiges vir afgestorwenes. In die lig van die Bybelse kwalifikasies vir die doop kan ‘n mens nie so ‘n sienswyse huldig nie. W. Robertson Nicoll wys daarop dat wat Paulus na verwys ‘n “normale ondervinding is, naamlik dat die dood van Christene aanleiding tot die bekering van oorlewendes gee, wat hulle in die eerste plek ‘ter wille van die dode’ (hul afgestorwe geliefdes), tot Christus wend in die hoop dat daar ‘n hereniging sal wees.” Paulus verwys na sulke bekeerlinge as “vir die dode gedoop.” “Die hoop op toekomstige saligheid, met ‘n vereenselwiging met familiebetrekkinge en vriende, was een van die kragtigste faktore in die vroeë ver­spreiding van die Christe1ike boodskap” (W. Robertson Nicoll, uitg. The Expositor’s Greek Testament [Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1956], deel l2, bl. 931. M. Raeder wys daarop dat die voorsetsel “vir” [huper in Grieb] in die uitdrukking “vir die dode gedoop” ‘n voorsetsel is wat ‘n doel aandui. Dit beteken dat hierdie doop “ter wille van” of “ter wille van die dode met die doel om met die afgestorwe Christenfamilie herenig te word met die opstanding” [M. Raeder, “Vikariatstaufe in 1 K. 15:29?” Zeitschrift füir die Neutestamentliche Wis­senschaft, 45 (1955), bl. 258-260 aangehaal deur Harold Riesenfeld, “Huper,” Theological Dictionary of the New Testament, dee1 8, bl. 513]. Vgl. Howard, New Testament Baptism, bl. 108, 109). Howard verklaar dat Paulus se argument in 1 Korinthiërs 15:29 in sy samehang so lui: “As Christus nie op­gewek is nie het diegene wat ‘in Christus’ gesterf het, vergaan, en met geen hoop nie, word ons hopeloos en el­lendig, veral diegene wat hulle by die Christengemeenskap aangesluit het en gedoop is ter wille van diegene wat in Christus gesterf het in die hoop om met hulle herenig te word” (Howard, ”Baptism for the Dead: A Study of 1 Corinthians 15:29,” Evangelical Quarterly, red. F. F. Bruce [Exeter, Eng.: Paternoster Press], Julie-September 1965, bl. 14).

22. Vgl. Damsteegt, “Reaping the Harvest,” Adventist Review, 22 0ktober 1987, bl. 15.

23. Kyk SDA Church Manual, bl. 41.

24. White, Evangelism, bl. 313,

25. Karl Barth, Church Dogmatics, vert. G. W. Bromiley (Edinburgh: T. &: T. Oark, 1969), deel 4/4, bl. 179.

26. G. R. Beasley-Murray, Baptism in the New Testament (Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1973), bl. 392. 27. Kyk Edwards, ”Baptism.”