Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.
Inleiding:
Die universele kerk bestaan uit almal wat waarlik in Christus glo, maar in die laaste dae, ten tyde van grootskaalse afvallighoeid, is ‘n oorblyfsel uitgeroep om die gebooie van God te onderhou en die geloof van Jesus te hê.. Hierdie oorblyfsel kondig die begin van die oordeelsuur aan, verkondig verlossing deur Christus, en dien as voorloper vir die wederkoms van Christus. Hierdie aankondiging word gesimboliseer deur die drie engele van Openbaring14; dit val saam met die oordeelswerk in die hemel en loop uit op ‘n daad van bekering en hervorming op aarde. Elke gelowige word geroep om persoonlik aan hierdie wêreldomvattende getuienis deel te neem.
Die Oorblyfsel en Sy Sending
Die groot rooi draak is oorgehaal. Reeds het hy die val van een derde van die engele van die hemel bewerkstellig (Openb. 12:4, Openb. 12:7-9). As hy nou die Kindjie wat gebore gaan word, kan verslind, sal hy die oorlog gewen het.
Die vrou voor hom is met die son beklee en het die maan onder haar voete en dra ‘n kroon van twaalf sterre. Die Seuntjie aan wie sy geboorte moet gee, is bestem om “die nasies met ‘n ystersepter… [te] regeer.”
Die draak slaan toe, maar sy pogings om die Kind te dood, word verydel. Pleks daarvan word die Kind “weggeruk na God en sy troon.” Die verwoede draak wend hom tot die moeder, wat wonderbaarlik vlerke ontvang en na ‘n afgeleë plek geneem word wat spesiaal deur God voorberei is, waar Hy haar vir ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd onderhou – 3½ jaar, of 1260 profetiese dae (Openb. 12:1-6, 13, 14).
In Bybelse profesie stel ‘n rein vrou God se getroue kerk voor.1 ‘n Vrou wat as ‘n hoer of owerspeelster voorgestel word, stel die kinders van God voor wat afvallig geword het (Eseg. 16; Jes. 57:8; Jer. 31:4, 5; Hos. 1-3; Openb. 17:1-5).
Die draak, “die ou slang wat genoem word duiwel en Satan,” het gewag om die Seuntjie te verslind, die langverwagte Messias, Jesus Christus. Die Satan, wat stryd voer teen sy aartsvyand Jesus, het die Romeinse Ryk as werktuig gebruik. Niks, nie eens die dood aan die kruis, kon Jesus afskrik van Sy sending as Verlosser van die mensdom nie.
Aan die kruis het Christus die Satan verslaan. In verband met Sy kruisiging het Christus gesê: “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word” (Joh. 12:31). In die Openbaring word die hemel se oorwinningslied beskryf: “Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp….Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon!” (Openb. 12:10-12). Die Satan se verbanning uit die hemel het sy optrede ingekort. Nie langer kon die Satan die kinders van God voor die hemelse wesens aankla nie.
Terwyl die hemel egter juig, word die aarde gewaarsku: “Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openb. 12:12).
Om uiting aan sy woede te gee het die Satan die vrou – die kerk – begin vervolg (Openb. 12:13), en hoewel die kerk bitter gely het, het dit nogtans oorleef. Dun bevolkte dele van die aarde – “die woestyn” – het skuiling aan God se getroue gelowiges gedurende die 1260 profetiese dae of 1260 letterlike jare gebied (Openb. 12:14-16; kyk hoofstuk 4, bl. 41, oor die jaar-dagbeginsel).2
Aan die einde van hierdie tydperk in die woestyn tree die volk van God te voorskyn in antwoord op tekens van die spoedige wederkoms van Christus. Johannes noem hierdie getroue groep “haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus het” (Openb. 12:17). Die Satan haat veral hierdie ander nakomelinge.
Wanneer en waar het hierdie vervolging plaasgevind? Hoe het dit gebeur? Wanneer het hierdie “ander nakomelinge” op die toneel verskyn? Die antwoord op hierdie vrae vereis ‘n oorsig van sowel die Skrif as die geskiedenis.
Die Groot Afvalligheid
Die vervolging van die Christelike kerk het aanvanklik onder die heidense Rome begin, en daarna deur afvalligheid in sy eie geledere. Hierdie afvalligheid was geen verrassing nie, aangesien Johannes, Paulus en Christus self dit voorspel het.
In Sy laaste groot toespraak het Jesus Sy dissipels gewaarsku: “Pas op dat niemand julle mislei nie….Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Matt. 24:4, 24). Sy volgelinge sou ‘n tydperk van “groot verdrukking” deurmaak, maar hulle sou dit oorleef (Matt. 24:21, 22). Indrukwekkende tekens in die natuur sou die einde van hierdie verdrukking vergesel en sou toon dat die wederkoms van Christus ophande is (Matt. 24:29,32,33).
Paulus het ook gewaarsku: “Ek weet dit, dat net my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand. 20:29, 30). Daardie “wolwe” sou die kerk na die “afval” lei.
Hierdie afval moet voor die wederkoms van Christus geskied, het Paulus gesê. Dit was so gewis, dat die feit dat dit nog nie plaasgevind het nie, ‘n gewisse teken was dat Christus se wederkoms nog nie ophande was nie. “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teestander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess. 2:3, 4).
Selfs in Paulus se tyd was daar reeds ‘n beperkte afval aan ontwikkel. Die optrede was satanies, “met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid” (2 Thess. 2:9, 10). Voor die einde van die eerste eeu het Johannes verklaar: “Baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” Trouens, “dit is die gees van die Antichris … en hy is nou al in die wêreld” (1 Joh. 4:1, 3).
Die Opkoms van die "Mens van Sonde."“Toe die kerk sy ‘eerste liefde’ verloor het (Openb.2:4), het hy ook sy leerstellige reinheid, sy hoë norme van persoonlike gedrag en die onsigbare band van eenheid wat deur die Heilige Gees voorsien is, verbeur. In sy dienste het formalisme die eenvoud verdring. Populariteit en persoonlike mag het al hoe meer die keuse van leiers bepaal, wat eers hul gesag binne die plaaslike gemeente laat geld het, en toe probeer het om daardie gesag na naburige gemeentes uit te brei. (Selfverheerliking is die basis van die “Mens van sonde”)
“Die administrasie van die plaaslike gemeente onder leiding van die Heilige Gees moes uiteindelik plek maak vir kerklike outoritarisme aan die hande van ‘n enkele ampsdraer, die biskop, aan wie elke kerklid persoonlik onderworpe was en deur wie alleen hy toegang tot verlossing kon kry. Voortaan het die leiers net aan kerkregering gedink, pleks van diens en die ‘grootste‘ was nie langer die een wat homself die ‘dienskneg van almal‘ geag het nie. So het die konsep van ‘n priesterlike hiërargie ontstaan, wat tussen die individu en die Here bemiddel het.”3
Namate die belangrikheid van die individu en die plaaslike gemeente weggekalwe is, het die biskop van Rome na vore getree as die opperste gesag in die Christendom. Met die hulp van die keiser is hierdie hoogste biskop, of pous,4 erken as die sigbare hoof van die universele kerk en beklee met die opperste gesag oor alle kerkleiers deur die hele wêreld.
Onder die leiding van die pousdom5 is die Christelike kerk in nog dieper afvalligheid gedompel. Die toenemende populariteit van die kerk het sy agteruitgang verhaas. Laer norme het die onbekeerdes in die kerk gemaklik laat voel. Menigtes wat heel weinig van die ware Christelike geloof geweet het, het hulle net in naam by die kerk gevoeg en hul heidense leerstellings, beelde, godsdiensgebruike, feeste en simbolisme met hulle saamgebring.
Hierdie kompromisse tussen die paganisme en die Christendom het aanleiding gegee tot die totstandkoming van die “mens van sonde” – ‘n reusagtige stelsel van valse godsdiens, ‘n mengsel van waarheid en dwaling. Die profesie van 2 Thessalonicense 2 veroordeel nie individue nie, maar stel die godsdienstige stelsel wat vir die groot afvalligheid verantwoordelik is, aan die kaak. Baie gelowiges binne die stelsel behoort nogtans aan God se universele kerk omdat hulle leef volgens die lig wat hulle ontvang het.
Die Lydende Kerk. Met die afname in geestelikheid het die kerk van Rome ‘n meer sekulêre aansien gekry, met nouer bande met die keiserlike bewind. Kerk en staat is in ‘n onheilige verbond verenig.
In sy klassieke werk, Die Stad van God, het Augustinus, een van die invloedrykste kerkvaders, die Katolieke ideaal van ‘n universele kerk wat in beheer van ’n universele staat is, uiteengesit. Augustinus se denke het die fondament vir die middeleeuse pouslike ideologie gelê.
In 533 n.C. het keiser Justinianus in ‘n brief wat in die Code Justinianus opgeneem is, die biskop van Rome tot hoof oor al die kerke uitgeroep.6 Hy het ook die pous se invloed erken om van ketters ontslae te raak.7
Toe Justinianus se generaal Belisarius Rome in 538 bevry het, is die biskop van Rome verlos van die beheer van die Oos-Gote, wie se Arianisme ‘n stremmende invloed op die ontwikkelende Katolieke Kerk gehad het. Die biskop was nou in staat om die prerogatiewe wat Justinianus se dekreet van 533 n.C. aan hom toegeken het, uit te oefen; hy kon nou die gesag van die “Heilige Stoel” uitbrei. So het die 1260 jaar van vervolging begin soos dit in die Bybel voorspel is (Dan. 7:25; Openb. 12:6, 14; 13:5-7).
Tragies genoeg het die kerk, met behulp van die staat, probeer om sy dekrete en leerstellings op alle Christene af te dwing. Baie het hul geloof prysgegee uit vrees vir vervolging, terwyl diegene wat aan die skriftuurlike leer getrou was, hewig vervolg is. Die Christelike wêreld het ‘n slagveld geword. Baie is in die naam van God in die gevangenis gestop of tereggestel. In die vervolging van die 1260 jaar het miljoene getroue gelowiges groot lyding deurgemaak, terwyl baie vir hul getrouheid aan Christus met die hoogste offer geboet het.8
Elke druppel bloed het ‘n vlek op die Naam van God en Jesus Christus geplaas. Niks het die saak van die Christendom meer skade berokken as hierdie meedoënlose vervolging nie. Die erg verwronge begrip van die aard van God wat deur hierdie optrede van die kerk oorgedra is, en die leerstellings van die vagevuur en ewigdurende pyniging het daartoe aanleiding gegee dat baie mense die Christendom heeltemal verwerp het.
Lank voor die Hervorming al het stemme binne die Katolieke Kerk opgegaan wat geprotesteer het teen die genadelose doodmaak van teenstanders, teen sy arrogante aansprake en die demoraliserende korrupsie. Die kerk se onwilligheid om te hervorm het aanleiding tot die Protestantse Hervorming in die sestiende eeu gegee. Sy sukses was ‘n geweldigeslag vir die gesag en prestige van die kerk van Rome. Deur die Teenhervorming het die pousdom in bloedige stryd gevoer om die Hervorming te vernietig, maar hy het geleidelik die stryd teen die magte wat burgerlike en godsdienstige vryheid nagestreef het, verloor.
Eindelik, in 1798, 1260 jaar net 538 n.C., het die Rooms-Katolieke Kerk ‘n dodelike hou ontvang (vgl. Openb. 13:3).9 Die skouspelagtige oorwinnings van Napoleon se leërs in Italië het die pous aan die genade van die Franse rewolusionêre regering oorgelaat, wat die Roomse godsdiens as ‘n onversoenbare vyand van die Republiek beskou het. Die Franse regering het Napoleon gelas om die pous gevangene te neem. Op sy bevel het generaal Berthier Rome binnegeruk en die politieke heerskappy van die pousdom beëindig verklaar. Berthier het die pous gevangene geneem en hom na Frankryk geneem, waar hy in ballingskap gesterf het.10
Die omverwerping van die pousdom was die hoogtepunt van ‘n lang reeks gebeurtenisse wat met sy toenemende verval gepaard gegaan het. Dit dui ook die einde aan van die profetiese tydperk van 1260 jaar. Baie Protestante het hierdie gebeurtenis as die vervulling van die profesie vertolk.”
Die Hervorming
Onskriftuurlike leerstellings wat op oorlewerings berus het, meedoënlose vervolging, korrupsie en die geestelike agteruitgang van baie geestelikes was onder die vernaamste faktore wat mense laat roep het om hervorming binne die gevestigde kerk.
Leerstellige Geskilpunte. Die volgende is voorbeelde van onbybelse leerstellings wat gehelp het om die Protestantse Hervorming tot stand te bring, en skei steeds die Protestante van die Rooms-Katolieke.
1. Die hoof van die kerk op aarde is die plaasbekleder van Christus. Die aanspraak van hierdie leerstelling is dat net die biskop van Rome die plaasbekleder of verteenwoordiger van Christus op aarde en die sigbare hoof van die kerk is. In teenstelling met die Bybelse standpunt oor kerkleiding (kyk hoofstuk 11 van hierdie boek), berus hierdie leer op die veronderstelling dat Christus Petrus die sigbare hoof van die kerk gemaak het en dat die pous Petrus se opvolger is.12
2. Die onfeilbaarheid van die kerk en sy hoof. Die leer wat die meeste bygedra het tot die prestige en invloed van die kerk te Rome was die van sy onfeilbaarheid. Die kerk het beweer dat hy nooit ‘n fout begaan het nie en nooit sal nie. Hy het hierdie leer op die volgende redenasie gebaseer wat nie deur die Bybel onderskraag word nie: Omdat die kerk heilig is, is een van sy inherente eienskappe onfeilbaarheid. Daarby moet die kerk, onfeilbaar wees in sy onderrig van geloof en sedelikheid, omdat God beoog het om alle welwillende mense deur hierdie heilige kerk na die hemel te lei.13 Christus sal hom daarom vir alle dwaling vrywaar deur die krag van die Heilige Gees.
Die logiese afleiding, wat die basiese verdorwenheid van die mens (kyk hoofstuk 7 van hierdie boek) ontken, is dat die kerk se leier daarom ook onfeilbaar moet wees.14 Die gevolg is dat Katolieke geskrifte aanspraak op goddelike prerogatiewe vir sy leier gemaak het.15
3. Christus se hoëpriesterlike bediening tersyde gestel. Namate die invloed van die kerk van Rome toegeneem het, is die aandag van gelowiges afgetrek van Christus se voortdurende middelaarswerk as Hoëpriester in die hemel – die teenbeeld van die voortdurende daaglikse offerandes (kyk hoofstukke 4 en 23 van hierdie boek) – na ‘n aardse priesterdom met sy leier in Rome. Pleks dat gelowiges vir vergifnis van sonde en die ewige verlossing op Christus vertrou het (kyk hoofstukke 9 en 10 van hierdie boek), het hulle hul geloof in pouse, priesters en prelate gestel. In teenstelling met die Nieu-Testamentiese leer van die priesterskap van alle gelowiges, is die geestelikes se bediening van absolusie nou as noodsaaklik vir verlossing geag.
Christus se priesterlike bediening in die hemel, waar Hy voortdurend die verdienste van Sy soenoffer vir berouvolle gelowiges aanwend, is doelmatig verloën toe die Heilige Nagmaal met die mis vervang is. In teenstelling met die Nagmaal – ‘n diens wat Jesus ingestel het om Sy dood te gedenk en om na Sy komende koninkryk vooruit te sien (kyk hoofstuk 15 van hierdie boek) – beweer die Katolieke Kerk dat die mis ‘n menslike priester se bloedlose offering van Christus aan God is. Omdat Christus na bewering weer geoffer word, soos op Golgota, word daar geleer dat die mis spesiale genade aan gelowiges en aan die ontslapenes bring.16
Omdat hulle onkundig is aangaande die Skrifte en net kennis het van die mis wat deur ‘n menslike priesterskap onderneem is, het menigtes die seën van regstreekse toegang tot ons Middelaar Jesus Christus ontbeer. Die belofte en uitnodiging: “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:16) is dus uitgewis.
4. Die verdienstelikheid van goeie werke. Die heersende mening dat ‘n mens deur middel van goeie werke jou verlossing kan verdien, dat die geloof nie kan red nie, het die leer van die Nuwe Testament weerspreek (kyk hoofstukke 9 en 10 van hierdie boek). Die Katolieke Kerk het geleer dat goeie werke, wat deur genade in die sondaar se hart ingeboesem word, verdienste inhou, met ander woorde, dat hulle ‘n mens ‘n regmatige aanspraak op verlossing gee. Trouens, , ‘n mens kan meer goeie werke verrig as wat vir jou verlossing nodig is – soos met die heiliges die geval is -en sodoende ekstra verdienste ophoop. Hierdie ekstra verdienstelikheid kan ten behoewe van ander gebruik word. Omdat die kerk geglo het dat sondaars geregverdig word op die grondslag van die geregtigheid wat in hul harte ingeboesem word, het hulle geleer dat goeie werke ‘n belangrike rol in ‘n mens se regverdiging speel.
Verdienstelike werke het ook ‘n belangrike rol in die leer van die vagevuur gespeel, waarin beweer word dat diegene wat nie volkome rein is nie, ‘n louterende, tydelike straf vir hul sondes in die vagevuur moet ondergaan voordat hulle die vreugde van die hemel kan binnegaan.
Deur hul gebede en goeie werke sou gelowiges die duur en intensiteit van die lyding van mense in die vagevuur verkort.
5. Die leer van boetedoening en aflate. Boetedoening is die sakrament waardeur Christene vergifnis van sondes wat na die doop gepleeg is, kan ontvang. Hierdie vergifnis van sondes word deur die absolusie van ‘n priester bewerkstellig, maar voordat dit kan geskied, moet Christene hul gewetens ondersoek, berou oor hul sonde hê en besluit om God nooit weer te mishaag nie. Dan moet hulle hul sondes voor die priester bely en boete doen – ‘n taak wat deur die priester opgedra word.
Boetedoening het sondaars egter nie heeltemal vrygestel nie. Hulle moes nog tydelike straf ondergaan, of in hierdie lewe, of in die vagevuur. Om mense van hierdie straf te bevry, het die kerk die aflaat ingestel, wat voorsien vir die vrystelling van tydelike straf wat weens sonde oorbly nadat die skuld kwytgeskeld is. Aflate, wat sowel die lewende as mense in die vagevuur kon baat, is toegeken op die voorwaarde van boetedoening en die verrigting van voorgeskrewe goeie werke, dikwels in die vorm van geld wat aan die kerk betaal moes word.
Dit was die ekstra verdienstelikheid van die martelare, heiliges en apostels en veral Jesus Christus en Maria, wat aflate moontlik gemaak het. Hul verdienstelikheid is in ‘n “skatkis van verdienstelikheid” geberg en kon oorgedra word op die gelowiges wie se rekeninge ‘ntekort getoon het. Die pous, as die beweerde opvolger van Petrus, was in beheer van die sleutels van hierdie skatkis en kon mense vrystel van tydelike straf deur krediet uit die skatkis aan hulle toe te ken.17
6. Hoogste gesag berus by die kerk. Deur die eeue heen het die gevestigde kerk baie heidense gelowe, heilige dae en simbole aangeneem. Toe stemme teen hierdie gruwele opgegaan het, het die kerk van Rome hom die enigste reg toegeëien om die Bybel te vertolk. Die kerk, nie die Bybel nie, het die hoogste gesag geword (kyk hoofstuk 1 van hierdie boek), Die kerk het geredeneer dat daar twee bronne van Goddelike waarheid bestaan: (1) die heilige Skrifte, en (2) die Katolieke tradisie, wat bestaan het uit die geskrifte van die kerkvaders, die dekrete van die kerklike konsilies, goedgekeurde leerstellings en kerklike seremonies. Waar die kerkleer deur die tradisie onderskraag word en nie deur die Skrif nie, het die tradisie voorkeur geniet. Die gewone gelowiges het geen gesag gehad om die leerstellings wat God in die Skrif geopenbaar het, te vertolk nie. Daardie gesag het alleen by die Katolieke Kerk berus.18
‘n Nuwe Dag Breek Aan. In die veertiende eeu het John Wycliffe op hervorming in die kerk aangedring -nie net in Engeland nie, maar in die hele Christendom. In ‘n tyd toe min afskrifte van die Bybel beskikbaar was, het hy die eerste vertaling van die hele Bybel in Engels gelewer. Sy leer dat verlossing alleen deur die geloof in Christus geskied en dat net die Skrifte onfeilbaar is, het die grondslag van die Protestantse Hervorming gelê. As die môrester van die Hervorming het hy getrag om die kerk van Christus te bevry van die bande van die paganisme wat hom in onkunde verstrengel het. Hy het ‘n beweging aan die gang gesit wat individuele gemoedere sou bevry en hele nasies van die kloue van godsdienstige dwaling sou verlos. Wycliff se geskrifte het Johannes Huss, Hiëronimus, Luther en talle ander besiel.
Martin Luther – vurig, impulsief en onkompromitterend – was seker die kragtigste persoonlikheid van die Hervorming. Meer as enige ander man het hy die volk teruggelei na die Skrifte en die groot evangeliewaarheid van regverdigmaking deur die geloof, terwyl hy verlossing deur werke heftig aangeval het.
Hy het aangevoer dat gelowiges geen ander gesag as die Skrifte moet ontvang nie en het die gelowiges se oë laat opkyk van menslike pogings, priesters en boetedoening na Christus as hul enigste Middelaar en Verlosser. Dit is onmoontlik, het hy gesê, om die sondeskuld deur menslike pogings te verminder of om aan sy straf te ontkom. Alleen bekering tot God en geloof in Christus kan sondaars red. Omdat dit ‘n gawe is wat vrylik geskenk word, kan Sy genade nie gekoop word nie. Die mens kan hoop hê, nie weens aflate nie, maar weens die gestorte bloed van ‘n gekruisigde Verlosser.
Soos ‘n argeologiese ekspedisie skatte onder die puin van eeue uitgrawe, het die Hervorming lank vergete waarhede opgediep. Regverdiging deur die geloof – die groot beginsel van die evangelie is herontdek, asook ‘n nuwe waardering vir die eens vir altyd soenoffer van Jesus Christus en Sy genoegsame bemiddelende piesterskap. Baie onbybelse leerstellings, soos gebede vir die dooies, die aanbidding van die heiliges en relikwieë, die viering van die mis, die aanbidding van Maria, die vagevuur, boetedoening, heilige water, selibaat vir die priesterdom, die rosekrans, die inkwisisie, transsubstansiasie, die oliesel en die afhanklikheid van tradisie is verwerp en afgeskaf.
Die Protestantse Hervormers was dit feitlik eens in hul eiening van die pouslike stelsel as “die mens van sonde,” die “verborgenheid van die ongeregtigheid,” en die “horinkie” van Daniël, die entiteit wat God se ware kinders gedurende die 1260 jaar van Openbaring 12:6, 14, en 13:5, voor die Wederkoms sou vervolg.19
Die leer van die Bybel en die Bybel alleen as die norm van geloof en sedelikheid het basiese Protestantisme geword. Die Hervormers het alle menslike tradisie onderwerp aan die finale en hoër gesag van die Skrifte. Wat godsdienstige gesag betref, kon geen gesag – hetsy die pous, konsilies, kerkvaders, konings of geleerdes oor die gewete heers nie. Trouens, die Christenwêreld het begin ontwaak uit sy slaap, en eindelik is godsdiensvryheid in baie lande uitgeroep.
Hervorming in Stagnasie
Die hervorming van die Christelike kerk moes nie in die sestiende eeu geëindig het nie. Die Hervormers het veel tot stand gebring, maar het nie al die lig wat gedurende die afvalligheid verlore gegaan het, herontdek nie. Hulle het die Christendom uit die volslae duisternis gelei, maar het nog in die skaduwees gestaan. Hoewel hulle die ysere hand van die middeleeuse kerk gebreek, die Bybel aan die wêreld gegee en die basiese evangelie herstel het, het hulle versuim om ander belangrike waarhede te ontdek. Die doop deur onderdompeling, onsterflikheid as ‘n gawe wat met die opstanding van die regverdiges deur Christus toegeken word, die sewende dag as die Bybelse Sabbat en ander waarhede (kyk hoofstukke 7, 14, 19 en 25 van hierdie boek) was nog in die skaduwees verskole.
Pleks van die Hervorming voort te sit het hul opvolgers hul prestasies gekonsolideer. Hulle het die aandag op die Hervormers se woorde en menings toegespits, pleks van op die Skrif. Enkeles het nuwe waarhede ontdek, maar die meerderheid het geweier om verder as die vroeë Hervormers te vorder. Die gevolg was dat die Protestantse geloof in formalisme en skolastiek ontaard het, en dwalinge waarvan afgesien moes geword het, verskans is. Die vlam van die Hervorming het geleidelik doodgegaan, en die Protestantse kerke het self koud, formeel en behoeftig aan hervorming geword.
Die tydperk na die Hervorming was teologies baie bedrywig, maar weinig geestelike vordering is gemaak. Van hierdie tydperk skryf Frederic W. Farrar dat “vryheid vir slawerny verruil is; universele beginsels vir armsalige elemente; waarheid vir dogmatiek; onafhanklikheid vir tradisie; godsdiens vir sisteem. ‘n Lewende ontsag vir die Skrifte is deur ‘n doodse teorie oor inspirasie vervang. Geniale ortodoksie is deur ‘n ysere eenvormigheid verdring en lewende denke deur polemiese dialektiek.“20 En hoewel die Hervorming “die loodsware septer van die ou Skolastiek verbreek” het, het die Protestantse kerke . ” ‘n nuwe Skolastiek ingevoer wie se septer ‘n ysterroede was.”21 Robert M. Grant het hierdie nuwe skolastiek “net so verstard as enige middeleeuse teologiese konstruksie” genoem.22 “Die Protestante het hulle feitlik deur die perke van hul heersende belydenisse geboei.”23
Polemiek het ontstaan. Nog nooit was daar ‘n tydperk waarin mense hulle so toegespits het op die ontdekking van mekaar se foute of waarin hulle mekaar soveel beledigende name toegevoeg het nie.”24 Die goeie tyding het gevolglik ‘n woordestryd geword. “Die Skrif spreek nie langer tot die hart nie maar tot die kritiese intellek.”25 “Die dogmas was ortodoks, maar geestelikheid is uitgedoof. Die teologie het getriomfeer, maar die liefde is geblus.”26
Die Oorblyfsel
Ondanks die afval en die beproewinge van die 1260 jaar was daar gelowiges wat steeds die reinheid van die apostoliese kerk bewaar het. Toe die 1260 jaar van onderdrukking in 1798 n.C. geëindig het, het die draak nie daarin geslaag om die getroue volgelinge van God heeltemal uit te wis nie. Die Satan het steeds sy vernietigingswerk probeer voortsit. Soos Johannes gesê het: “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou” (Open.12:17).
Wat Is die Oorblyfsel? In Johannes se beskrywing van die draak se stryd teen die vrou en haar afstammelinge gebruik hy die uitdrukking “haar ander nakomelinge” (Open. 12:17). Die uitdrukking beteken die “oorblywendes” of die “oorblyfsel.” Die Bybel beeld die oorblyfsel uit as ‘n klein groepie van die kinders van God wat deur rampe, oorloë en afvalligheid getrou aan God bly. Hierdie getroue oorblyfsel was die wortelstok wat God gebruik het om Sy sigbare kerk op aarde te propageer (2 Kron. 30:6; Esra 9:14,15; Jes. 10:20-22; Jer. 42:2; Eseg. 6:8; Eseg. 14:22).
God het aan die oorblyfsel die opdrag gegee om Sy heerlikheid te verkondig en om Sy verstrooide kinders deur die hele wêreld na Sy “heilige berg Jerusalem” die “berg Sion” (Jes. 37:31, 32; 66:20; vgl. Open. 14:1) te lei. Aangaande diegene wat so versamel is, sê die Skrif: “Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan” (Open. 14:4).
Open. 12:17 gee ’n beskrywing van die laaste oorblyfsel in God se uitverkore geslag van gelowiges-Sy getroue getuies in die laaste dae voor Christus se wederkoms. Wat is die oorblyfsel se eienskappe?
Die Eienskappe van die Oorblyfsel. Die oorblyfsel in die tyd van die einde kan nie maklik verwar word nie. Johannes beskryf hierdie groep in spesifieke terme. Hulle verskyn na die 1260 jaar van vervolging en bestaan uit diegene “wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus, Christus hou” (Open. 12:17).
Hulle dra die verantwoordelikheid om net voor die wederkoms van Christus God se laaste waarskuwing aan die hele wêreld te verkondig die drie engele se boodskappe van Openb. 14:6-12. Hierdie boodskappe bevat self ‘n beskrywing van die oorblyfsel: hulle is die “wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openb. 14:12). Laat ons elkeen van hierdie hoedanighede van nader betrag.
1. Die geloof van Jesus. God se oorblyfselvolk word gekenmerk deur ‘n geloof soortgelyk aan die wat Jesus gehad het. Hulle gee Jesus se onwrikbare vertroue in God en in die gesag van die Skrif weer. Hulle glo dat Jesus Christus die Messias van die profesie is, die Seun van God, wat na die wêreld as sy Verlosser gekom het. Hulle geloof omvat al die Bybelwaarhede – die wat Christus geglo en verkondig het.
God se oorblyfsel sal dus die ewige evangelie van verlossing deur geloof in Christus verkondig. Hulle sal die wêreld waarsku dat die uur van die oordeel van God aangebreek het en hulle sal ander voorberei om hul spoedig komende Heer te ontmoet. Hulle sal ‘n wêreldomvattende sendingprogram onderneem om die Goddelike getuienis aan die mensdom te voleindig (Open. 14:6, 7; 10:11; Matt. 24:14).
2. Die gebooie van God. Opregte geloof in Jesus bind die oorblyfsel om Sy voorbeeld te volg. “Hy wat sê dat hy in Hom bly,” sê Johannes, “behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het” (1 Joh. 2:6). Aangesien Jesus Sy Vader se gebooie bewaar het, sal hulle ook God se gebooie bewaar (Joh. 15:10).
Veral omdat hulle die oorblyfsel is, moet hulle dade by hul belydenis pas – anders is dit waardeloos. Jesus het gesê: “Nieelkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is” (Matt. 7:21). Deur die krag wat Jesus hulle gee, gehoorsaam hulle God se vereistes, waaronder al tien God se gebooie, God se onveranderlike sedewet (Exod. 20:1-17; Matt. 5:17-19; 19:17; Filip. 4:13).
3. Die getuienis van Jesus. Johannes omskryf “die getuienis van Jesus” as “die gees van die profesie” (Openb. 19:10). Die oorblyfsel sal gelei word deur die getuienis van Jesus, wat deur die gawe van die profesie meegedeel word.
Die profetiese gawe sou dwarsdeur die geskiedenis van die kerk funksioneer “totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus” (Efe. 4:13). Dit is daarom een van die vernaamste kenmerke van die oorblyfsel.
Sodanige profetiese leiding maak die oorblyfsel ‘n profetiese volk wat ‘n profetiese boodskap verkondig. Hulle sal die profesie verstaan en onderrig. Die openbaring van die waarheid wat deur die oorblyfsel ontvang word, help hulle om hul sending te voltooi om die wêreld voor te berei vir die wederkoms van Christus (kyk hoofstuk 17 van hierdie boek).
Die Verskyning van die Oorblyfsel van die Laaste Dae. Die Bybel dui daarop dat die oorblyfsel op die wêreldtoneel verskyn na die jare van die groot vervolging (Openb. 12:14-17). Die aardskokkende gebeurtenisse van die Franse Revolusie, wat aanleiding tot die gevangeneming van die pous aan die einde van die 1260 jaar (1798 n.C.), gegee het, en die vervulling van die drie groot kosmiese tekens – waarin die aarde, son, maan en sterre getuig het van die nabyheid van die koms van Christus (kyk hoofstuk 24 van hierdie boek) – het ‘n nuwe belangstelling in die profesieë verwek. ‘n Wydverspreide verwagting van die ophandesynde wederkoms van Christus het ontstaan. Dwarsdeur die wêreld het baie Christene besef dat “die tyd van die einde” aangebreek het (Dan.12:4).27 Die vervulling van Bybelse profesieë gedurende die tweede helfte van die agttiende eeu en die eerste helfte van die neentiende eeu het ‘n kragtige onderling belydende beweging tot gevolg gehad wat om die hoop op die Wederkoms gesentreer het. In elke kerk kon gelowiges in die ophandesynde wederkoms van Christus gevind word, wat almal gebid, gearbei en gewag het op die klimaks van die eeue. Die Adventhoop het ‘n diepe gees van eendragtigheid onder sy volgelinge teweeggebring, en baie het hul kragte saamgesnoer om die wêreld te waarsku oor die spoedige wederkoms van Christus. Die Adventbeweging was ‘n waarlik Bybelse onderling belydende beweging wat die Woord van God en die Adventhoop as middelpunt gehad het.
Hoe meer hulle die Bybel bestudeer het, hoe dieper was hul oortuiging dat God besig was om’n oorblyfsel uit te roep om die versteende Hervorming van die Christelike kerk voort te sit. Hulle het self diegebrek aan die ware gees van die Hervorming in hul onderskeidelike kerke aangevoel, asook die gebrek aan belangstelling in die bestudering van en voorbereiding vir die Wederkoms. Hul Bybelstudie het aan die lig gebring dat die beproewinge en teleurstellings waardeur God hulle gelei het, ‘n diep geestelike, louterendeondervinding was wat hulle saamgevoeg het -as God se oorblyfsel. God het aan hulle opdrag gegee om die Hervorming, wat soveel blydskap en krag aan die kerk besorg het, voort te sit. In dankbaarheid en ootmoed het hulle hul sending aanvaar, in die besef dat God se opdrag nie weens enige inherente meerderwaardigheid aan hulle gegee is nie, en dat hulle aIleen deur die genade en krag van Christus enigsins kon slaag.
Die Sending van die Oorblyfsel
Die profesieë van die boek Openbaring spel die sending van die oorblyfsel duidelik uit. Die drie engele se boodskappe van Openbaring 14:6-12 openbaar die verkondiging van die oorblyfsel wat die evangeliewaarheid volkome en finaal sal herstel.28
Hierdie drie boodskappe is God se antwoorde op die oorweldigende sataniese misleiding wat net voor die wederkoms van Christus deur die wêreld trek (Openb. 13:3, 8, 14-16). Onmiddellik na God se laaste beroep op die wêreld keer Christus terug om die oes in te samel (Openb. 14: 14-20).
Die Eerste-engelboodskap. “En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het” (Openb. 14:6, 7).
Die eerste engel versinnebeeld God se oorblyfsel wat ‘n ewige evangelie aan die wêreld verkondig. Hierdie evangelie is dieselfde goeie tyding van God se oneindige liefde wat die profete en apostels van ouds verkondig het (Heb. 4:2). Die oorblyfsel hou nie ‘n ander evangelie voor nie – met die oog op die oordeel herbevestig hulle die ewige evangelie dat sondaars deur geloof geregverdig kan word en die geregtigheid van Christus kan ontvang.
Hierdie boodskap roep die wêreld tot bekering. Dit beveel almal om te “vrees,”of eerbied jeens God te hê, en om Hom “heerlikheid” te gee of te eer. Ons is om hierdie rede geskape en ons kan eer en heerlikheid aan God in ons woorde en dade gee. “Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra” (Joh. 15:8).
Johannes voorspel dat die beweging wat die wêreld vir die koms van Christus voorberei, opnuut die Bybelse vereiste dat God verheerlik moet word, sal beklemtoon. Soos nooit tevore nie sal dit die Nieu-Testamentiese beroep om die gewyde rentmeesterskap van ons lewens weer onder die aandag bring: “Jou liggaam is die tempel van die Heilige Gees.” Ons het nie uitsluitlike reg op ons fisieke, sedelike en geestelike vermoëns nie; Christus het dit met Sy bloed op Golgota gekoop. “Verheerlik God dan in jul liggaam en in julle gees wat aan God behoort” (1 Kor. 6:19, 20). “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor. 10:31).
Die feit dat “die uur van sy oordeel” gekom het, maak die oproep om bekering des te dringender (kyk hoofstuk 23 van hierdie boek). In Openbaring 14:7 gee die woord oordee1, die Griekse woord krisis weer, wat die oordeelsdaad aandui en nie die vel van die vonnis, (krima,) nie. Dit verwys na die hele oordeelsproses, waaronder die daging van mense voor die Goddelike regstoel, die ondersoek van lewensopgawes, die uitspraak van vryspreking of veroordeling, en die toekenning van die ewige lewe of die doodvonnis (kyk Matt. 16:27; Rom. 6:23; Openb. 22:12). Die boodskap van die oordeelsuur verkondig ook God se oordeel oor alle dwaling (Dan. 7:9-11,26; Openb. 17, 18).
Die oordeelsuurboodskap wys veral op die tyd wanneer, as die laaste fase van Sy hoëpriesterlike bediening in die hemelse heiligdom, Christus Sy oordeelstaak begin het (kyk hoofstuk 23 van hierdie boek).
Hierdie boodskap roep almal ook op om die Skepper te aanbid. God se oproep om aanbidding moet gesien word in teenstelling met die beroep om die dier en sy beeld te aanbid (Openb. 13:3, 8, 15). Weldra sal alle mense moet kies tussen die ware en die valse aanbidding – tussen die aanbidding van God op Sy voorwaardes (geregtigheid deur die geloof), of op ons voorwaardes (geregtigheid deur werke). Deur ons te beveel om “Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het,” te aanbid (Openb. 14:7; vgl. Exod. 20:11), vestig hierdie boodskap die aandag op die vierde gebod. Dit lei mense na die aanbidding van die Skepper, ‘n belewenis waarby die verering van Sy gedenkdag van die Skepping betrokke is die sewendedag-Sabbat van die Here, wat Hy met die Skepping ingestel en in die Tien Gebooie bevestig het (kyk hoofstuk 19 van hierdie boek). Die eerste-engelboodskap doen dus ‘n beroep om die herstel van die ware aanbidding, deur Christus as Skepper en Heer van die Bybelse Sabbat voor te hou. Dit is die teken (Eseg. 20:20) van die Skepping van God – ‘n teken wat deur die oorgrote meerderheid van sy geskape wesens verwaarloos word.
Dit is juis so beskik dat die verkondiging van hierdie boodskap wat die aandag op die Skepper-God vestig, op ‘n stadium begin het toe die evolusieleer sy groot spoorslag gekry het met die publikasie van Charles Darwin se boek Origin of Species (1859). Die verkondiging van die eerste-engelboodskap is die stewigste vesting teen die vooruitgang van die evolusieleer.
Laastens dui hierdie beroep op die herstel van die verering van God se heilige wet, wat deur die “mens van sonde” (2 Thess. 2:3) vertrap is. Alleen wanneer die ware aanbidding herstel is en gelowiges die beginsels van die koninkryk van God naleef, kan God verheerlik word.
Die Tweede-engelboodskap. “Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery” (Openb. 14:8).
Van die vroegste geskiedenis af het die stad Babilon, of Babel, as simbool vir die uittarting van God gedien. Sy toring was ‘n monument vir afvalligheid en ‘n middelpunt van verset (Gen. 11:1-9). Lucifer (die Satan) was sy onsigbare koning (Jes. 14:4, 12-14), en dit wil voorkom asof hy Babilon die middel wou maak vir sy meesterplan om die mensdom te regeer. Dwarsdeur die Bybel illustreer die stryd tussen die Godstad, Jerusalem, en die Satan se stad, Babilon (of Babel in die Ou Testament), die botsing tussen goed en kwaad.
In die vroeë Christeneeue, toe die Romeine sowel die Jode as die Christene onderdruk het, het die Joodse en Christenlektuur na Rome verwys as Babi1on.29 Baie glo dat Petrus Babilon as ‘nskuilnaam vir Rome gebruik het (1 Pet. 5:13). Weens sy afvalligheid en vervolging het die meeste Prostestante van die Hervorming en sedertdien na die kerk van Rome as die geestelike Babilon verwys (Openb. 17), die vyand van die kinders van God.30
In die boek Openbaring verwys Babilon na die goddelose vrou, die moeder van hoere, en haar onrein dogters (Openb. 17:5). Dit versinnebeeld alle afvallige godsdienstige organisasies en hul leiding, hoewel dit in besonder na die groot afvallige godsdienstige alliansie tussen die dier en sy beeld verwys, wat die finale krisis wat in Openbaring 13:15-17 beskryf word, sal ontketen.
Die tweede-engelboodskap bring die universele aard van die Babiloniese afvalligheid en sy dwingende vermoë aan die lig, en verklaar dat hy “al die nasies laat drink [het] van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery”. Die “wyn” van Babilon stel sy ketterse leer voor. Babilon sal die staat dwing om sy valse godsdienstige leer en dekrete universeel af te dwing.
Die “hoerery” wat hier vermeld word, stel die onwettige verhouding tussen Babilon en die nasies voor -tussen die afvallige kerk en die burgerlike gesag. Die kerk is veronderstel om met die Here getroud te wees; deur dus die steun van die staat in te roep, verlaat sy haar eggenoot en pleeg sy owerspel (vgl. Eseg. 16:15; Jak. 4:4).
Hierdie onwettige verhouding het tragiese gevolge. Johannes sien hoe die bewoners van die aarde “dronk” is van die valse leerstellings, en Babilon self is “dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus” wat weier om haar onskriftuurlike leerstellings aan te neem en hulle aan haar gesag te onderwerp (Openb. 17:2,6).
Babilon val omdat hy die eerste-engelboodskap verwerp – die evangelie van geregtigheid deur geloof in die Skepper. Soos die kerk van Rome in die eerste paar eeue afvallig geword het, het baie Protestante tans afgewyk van die groot Bybelwaarhede van die Hervorming. Hierdie profesie aangaande die val van Babilon word veral vervul in die afwyking van die Protestantisme oor die algemeen van die suiwerheid en eenvoud van die ewige evangelie van geregtigheid deur die geloof wat eens so ‘n kragtige dryfveer van die Hervorming was.
Die tweede-engelboodskap sal toenemend relevant word namate die einde nader. Dit sal volkome vervul word met die alliansie van verskillende godsdienstige organisasies wat die eerste-engelboodskap verwerp het. Die boodskap van die val van Babilon word in Openbaring 18:2-4 herhaal, waar die algehele ondergang van Babilon aangekondig word en ‘nberoep gedoen word op die kinders van God wat hulle nog in die verskillende godsdienstige organisasies bevind wat Babilon uitmaak, om daaruit weg te kom. Die oproep van die engel is: “Gaanuit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openb. 18:4).31
Die Derde-engelboodskap “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘nmerk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar (Openb. 14:9-12).
Die eerste-engelboodskap verkondig die ewige evangelie en doen ‘n beroep om die herstel van die ware aanbidding van God as Skepper omdat die oordeelsuur aangebreek het. Die tweede engel waarsku teen alle vorme van aanbidding wat die produk van mense is. Eindelik verkondig die derde engel God se plegtigste waarskuwing teen die aanbidding van die dier en sy beeld – wat almal wat die evangelie van geregtigheid deur die geloof verwerp, uiteindelik sal doen.
Die dier wat in Openbaring 13:1-10 beskryf word, is die vereniging van kerk en staat wat die Christelike kerk soveel eeue lank oorheers het en deur Paulus die “mens van sonde” genoem is (2 Thess. 2:24) en deur Daniël as die “horinkie” (Dan. 7:8, 20-25; 8:9-12). Die beeld van die dier stel die vorm van afvallige godsdiens voor wat sal ontstaan wanneer die kerke, wat die ware gees van die Hervorming kwytgeraak het, met die staat verenig om hul leer op ander af te dwing. Deur kerk met staat te verenig sal hulle ‘npresiese beeld van die dier word – die afvaIlige kerk wat 1260 jaar lank vervolg het. Vandaar die benaming beeld van die dier.
Die derde-engelboodskap bevat die ernstigste en verskriklikste waarskuwing in die Bybel. Dit toon dat diegene wat hulle aan menslike gesag onderwerp, in die laaste krisis liewer die dier en sy beeld as God sal aanbid. In hierdie laaste botsing sal twee duidelik onderskeibare klasse ontwikkel. Die een klas sal ‘n evangelie van menslike versinning bepleit en sal die dier en sy beeld aanbid en hulle sodoende die verskriklikste oordele op die hals haal. Die ander klas, daarenteen, sal volgens die ware evangelie lewe en “die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openb. 14:9, 12). Die laaste strydvraag gaan om ware en valse aanbidding, die ware en die valse evangelie. Wanneer hierdie strydvraag duidelik aan die wêreld voorgehou word, sal diegene wat God se aandenking van die skepping – die Bybelse Sabbat – verwerp, verkies om Sondag te aanbid en te onderhou in die volle wete dat dit nie God se bepaalde dag van aanbidding is nie, “die merk van die dier” ontvang. Hierdie merk is ‘nmerk van rebellie; die dier se aansprake op die verandering van die dag van aanbidding toon sy gesag selfs oor die wet van God.32
Die derde-engelboodskap vestig die wêreld se aandag op die gevolge van weiering om die ewige evangelie en God se boodskap aangaande die herstel van die ware aanbidding te aanvaar. Dit gee’ntreffende beskrywing van die eindresultaat van mense se keuse aangaande die godsdiens. Die keuse is nie maklik nie, want wat ook al ‘n mens se keuse, dit sal lyding meebring. Diegene wat aan God gehoorsaam is, sal hulle die woede van die draak op die hals haal (Openb. 12:17) en sal uiteindelik met die dood gedreig word (Openb. 13:15), terwyl diegene wat verkies om die dier en sy beeld te aanbid, die sewe laaste plae sal ontvang en eindelik in die “poel van vuur” sal beland (Openb. 15, 16; 20:14, 15).
Hoewel albei keuses lyding meebring, verskil die gevolge. Die aanbidders van die Skepper sal aan die dodelike toorn van die draak ontkom en saam met die Lam op die berg Sion staan (Openb. 14:1; 7:2, 4). Die aanbidders van die dier en sy beeld sal daarenteen die volle gramskap van God ontvang en in die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam omkom (Openb. 14:9, 10; 20:14).
Elke mens sal moet kies wie hy wil aanbid. Of die persoon sal geregtigheid deur die geloof kies namate hy deelneem aan ‘n vorm van aanbidding wat God se goedkeuring wegdra, of hy sal ‘n keuse doen wat neerkom op geregtigheid deur werke namate hy deelneem aan aanbidding wat God verbied het maar wat die dier en sy, beeld beveel ‘nmensgemaakte vorm van aanbidding. God kan hierdie laasgenoemde aanbidding nie aanvaar nie omdat dit voorkeur gee aan die gebooie van mense en nie aan die van God nie. Dit soek regverdiging deur die werke van die mens en nie deur die geloof wat die gevolg van ‘nvolkome onderwerping aan God as Skepper, Verlosser en Herskepper is nie. In hierdie sin is die derde-engelboodskap dus ‘n boodskap van regverdiging deur die geloof.
God het Sy kinders in alle kerke; maar deur die oorblyfselkerk verkondig Hy ‘n boodskap wat Sy ware godsdiens sal herstel deur Sy kinders uit te roep uit die afvalligheid en hulle voor te berei vir die wederkoms van Christus. In die besef dat baie van God se kinders nog by hulle moet aansluit, is die oorblyfsel bewus van hul tekortkominge en swakhede in hul poging om hierdie plegtige opdrag na te kom. Hulle besef dat dit alleen deur God se genade is dat hulle hierdie gewigtige taak sal kan voltooi. Met die oog op die spoedige wederkoms van Christus en die noodsaaklikheid om klaar te maak om Hom te ontmoet, dring God se ernstige, hartstogtelike beroep deur tot elkeen se hart: “Gaanuit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou” (Openb. 18:4,5).
Videos en Klankbane:
Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Vrae:
Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.
TERUGVOER
Addisionele hulpbronne:
Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Verwysings:
1. Die verblindende helderheid van die son om die rein vrou (Openb. 12:1) stel volgens verskeie kommentators die lig van die Nieu-Testamentiese evangelie voor wat die vroeë kerk sy salwing en krag gegee het. Die maan, wat die lig van die son weerkaats, is ‘n gepaste simbool vir die Ou-Testamentiese weerkaatsing van die evangelielig deur die voorspellings en rites wat vooruitgewys het na die kruis en die komende Verlosser. Die kroon van twaalf sterre stel die kerk se wortels voor – die vaders van die twaalf stamme in die Ou Testament en die twaalf apostels in die Nuwe Testament.
2. Die gebruik van die jaar-dagbeginsel om profetiese tyd te bereken is vroeër genoem in die verwysing na die Messiaanse profesie van Daniël 9. Kyk hoofstuk 4 van hierdie boek.
3. SDA Bible Commentary, deel 4, bl. 835.
4. Die naam pous kom van die plat Latyns papa, plat Grieks papas, “vader,” “biskop/; Grieks pappas, “vader.” Die pous is “die biskop van Rome, die hoofvan die Rooms-Katolieke Kerk.” (Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, 2de uitg. (New York, NY: Simon & Schuster, 1979]).
5. Die pousdom kan beskryf word as die stelsel van kerklike heerskappy waarin die oppergesag in die pous berus.
6. Brief, Justinianus aan pous Johannes, aangehaal in Brief, Pous Johannes aan Justinianus, in Codex Justinianus (Code of Justinian), deel 1, titel 1, 8, Corpus Juris Civilis, comp., Paulus Krueger, 12de uitg. (Berlyn: Weidmannsche Verlaglsbuchhandlung, 1959), deel 2, bl. 11, in The Civil Law, uitg. en vert. S.P. Scott (Cincinnati, OH: Central Trust Comp., 1932), deel 12, bl. 11-13. Vgl. Justiniani Novellae (Justinianus se Nuwe Konstitusies), 131e Nuwe Konstitusie, hoofst. 2, Corpus Juris Civilis, comps. Rudolfus Schoell en Guilelmus Kroll, 7de uitg. deel3, bl. 665, in Civil Law, deel 17, bl. 125. Kyk ook Don Neufeld en Julia Neuffer, uitg. Seventh-day Adventist Bible Students’ Source Book (Washington, D.C.: Review and Herald, 1962), bl. 684, 685.
7. Brief, Justinianus aan aartsbiskop Epiphanius van Konstantinopel, 26 Maart, 533, in Codex Justinianus, deel i, titel 1, 7, Corpus Juris Civilis, Krueger se uitg., deel 2, bl. 8, soos aangehaal in Source Book, bl. 685.
8. Kyk bv. “Persecution,” Encyclopaedia of Religion and Ethics, uitg. James Hastings (New York, NY: Charles Scribner’s Sons, 1917), deel 9, bl. 749-57; John Dowling, The History of Romanism: From the Earliest Corruptions of Christianity to the Present Time, 10e uitg. (New York, NY: Edward Walker, 1846), bl. 237-616.
9. Hierdie terugslag het die prestige van die pousdom erg benadeel maar het nie sy invloed beeindig nie. Openbaring 13:3 meld die heling van’n “dodelike wond,” wat op ‘n herlewing van die pouslike invloed dui. In die laaste dae word dit die magtigste godsdienstige invloed ter wêreld.
10. George Trevor, Rome: From the Fall of the Western Empire (Lon den: The Religious Tract Society, 1868), bl.439, 440; John Adolphus, The History of France From the Year 1790 to the Peace Concluded at Amiens in 1802 (Londen: George Kearsey, 1803), dee12, bl. 364-369. Kyk ook Source Book, bl. 701, 702.
11. Leroy E. Froom, The Prophetic Faith of Our Fathers (Washington, D.C.: Review and Herald, 1948), dee1 2, bl. 765-782.
12. Peter Geiermann, The Convert’s Catechism of Catholic Doctrine (St. Louis, MO: B. Herder Book Co., 1957), bl. 27, 28.
13. Ibid., bl. 27.
14. Later is die leer van die onfeilbaarheid van die pousdom gebaseer op die veronderstelling dat (1) “onfeilbaarheid as ‘n hoedanigheid van ‘n Goddelike kerk word noodwendig in sy volheid in sy hoofmanskap bevind”; (2) Petrus was onfei1baar in sy onderrig van geloof en sedes, en (3) die pous het die hoedanighede van ‘n Goddelike kerk van Petrus oorgeërf. Dit is afgelei dat wanneer hy ex cathedra praat, “is die Pous ‘n onfeilbare Leermeester in Geloof en Sedes” (Geiermann, bl. 29). Ex cathedra in Latyn beteken letterlik “van die stoel af.” Met betrekking tot die pous verwys dit na sy amptelike verklarings wat tot die Katolieke Kerk gerig is.
15. Vir aansprake namens die pousdom, kyk bv. Lucius Ferraris, “Papa,” art. 2 in Prompta Bibliotheca (Venesie; Gaspar Storti, 1772), dee1 6, bl. 25-29, soos aangehaal in Source Book, bl. 680. Vir die aansprake van die pousdom self, kyk bv. Pous Leo XIII, Ensikliese Brief, 10 Jan. 1890 en 20 Junie 1894 in The Great Encyclical Letters of Pope Leo XIII (New York, NY: Benziger Brothers, 1903), bl. 193,304. Kyk ook Source Book, bl. 683, 684.
16. Catechism of the Council of Trent for Paris Priests, vert. deur John A. McHugh en Charles J. Callan (New York, NY: Joseph F. Wagner, Inc., 1958 herdruk), bl. 258, 259. Kyk ook Source Book, bl. 614.
17. SDA Bible Commentary, deel 7, bl. 47, 48.
18. Kyk Council of Trent, Sessie IV (8 April 1546) soos aangehaal in The Creeds of Christendom, uitg. Philip Schaff, 6e uitg., hers. (Grand Rapids, MI: Baker, 1983), dee1 2, bl. 79-83. Kyk ook Source Book, bl. 1041-1043.
19: Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, dee12, bl. 528-531.
20. Ibid.
21. Ibid.
22. Robert M.Grant, A Short History of Interpretation of the Bible (Philadelphia, PA: Fortress Press, 1984), bl. 97.
23. Farrar, bl. 361.
24. Ibid., bl. 363.
25. Grant, bl. 97.
26. Farrar, bl. 365.
27. Vir die oorsprong van die Oorblyfsel, kyk Froom, The Prophetic Faith of Our Fathers, dee1 4; P. Gerard Damsteegt, Foundations of the Seventh-day Adventist Message and Mission (Grand Rapids, MI: Wm. B. Eerdmans, 1977).
28. Vgl. Damsteegt, “A Theology of Restoration,” (referaat op die Centennial Conference on Evangelism, Andrews-Universiteit, aangebied op 4 Mei 1974).
29. Kyk Midrash Rabbah oor Canticles 1.6, 4; Tertullianus, Against Mardon, III, 13; Tertullianus Answer to the Jews, 9.
30. Froom, The Prophetic Faith of Our Fathers, dee12, bl. 531, 787.
31. SDA Bible Commentary, dee1 7, bl. 828-31.
32. Die Katolieke Kerk maak aanspraak op die gesag om die dag van aanbidding te verander. V. Watter is die Sabbatdag? A. Saterdag is die Sabbatdag. V. Waarom onderhou ons dan Sondag pleks van Saterdag? A. Ons onderhou Sondag pleks van Saterdag omdat die Katolieke Kerk die plegtigheid van Saterdag na Sondag oorgeplaas het” (Geiermann, bl. 50). Kyk ook Source Book, bl. 886. Hierdie kategisme dra die “apostoliese seën” van pous Pius X weg, 25 Jan, 1910 (ibid.).