13 Stappe om Eenheid met Jesus te Vind

Die doel van hierdie Bybelstudies is om jou verhouding met Jesus te verdiep. Teen die einde van hierdie studies behoort jy ‘n verdiepte en intieme verhouding met Jesus te hê soos nog nooit van tevore nie. Jy gaan beleef wat dit beteken om jou Verlosser so lief te hê dat jou liefde vir Hom nie meer kondisioneel aan verlossing gebonde sal wees nie. Jy gaan ondervind wat dit beteken om ander onvoorwaardelik te vergewe en te vergeet, en dus hulle en jouself te bevry vanuit die onvergeeflike juk van Satan. Jy gaan die voorreg beleef om vir hulle, wat jou seer gemaak het, nie net onvoorwaardelik te vergewe nie, maar ook om hulle lief te hê, om deur die oë van Jesus hulle te kan sien. Jou perspektief om “reg” te wees gaan so verander dat jy nie meer in staat sal wees om konflik te inisieer nie. Jy gaan beleef dat jou woede uitbarstings verkwyn in Sy teenwoordigheid en hoe dit ‘n stille dood sterf. Jou lig gaan so helder brand dat jy jou wêreld vir Hom aan die brand gaan steek en werklik ‘n dissipel van Jesus sal word. Jy gaan daagliks deur die Heilige Gees gelei word en daardeur gaan Hy die beeld van Jesus deur jou reflekteer. Die beste van alles is wanneer jy verlossing gaan beleef en die versekering van die ewige lewe gaan verkry. Verlang jy na hierdie bevryding? Dit gaan ‘n totale “commitment” van jou vereis om deursettingsvermoë te hê en elke dag tyd hieraan toe te wei. Voltooi gerus hierdie 13 Stappe om ‘n intieme verhouding met Jesus te hê.

Druk hieronder op DOWNLOAD om ‘n PDF formaat van die Studiegids af te laai.

Kontak ons asseblief by teksopteks@gmail.com indien u vrae het of ondersteuning verlang.