Die Boek Openbaring – 03 Die Wederkoms

Lesing 3 : Die Wederkoms

Ds. Louis Jordaan

Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.

Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.

Hfst. 3: Inleiding

Eenduisend vyfhonderd en agtien keer verklaar die Woord van God dat Jesus weer gaan terugkom.  Dit staan bekend as die wederkoms- of die advent- van Christus.

Eenduisend vyfhonderd en agtien keer verklaar die Woord van God dat Jesus weer gaan terugkom.  Dit staan bekend as die wederkoms- of die advent- van Christus.

Opb. 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Ja, elkeen gaan ween, want elke mens weet in sy diepste wese dat dit waar is.  Ons hoor die stem roep.  Om te laat te ween, is ‘n verskriklike saak.  Maar ook die wat Sy genade aangryp, want ons besef ons het te min gedoen om ons broers, ons kinders en ons naaste te help om gereed te maak.  Almal gaan ween. Die boek Korintiërs vertel ons dat wat ons nog nie gesien het nie en by ons gedagtes nie opgekom het nie, is wat God vir ons beplan.

Met hierdie lesing wil ons so ietsie van die hiernamaals kan sien.

Opb 22:1 EN ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

1 Kor. 15:19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

Wat is ons innerlike motivering?   Waarvoor bestaan ons en lewe ons.  Net vir vandag, more, aftrede?  Wat rig u as u opstaan tot waar jy gaan slaap?  Lewe jy net vir nou?  Besef u, u gaan nie vir ewig lewe nie?  As u in die tuin werk.. en die rig pla al…  hoekom is van ons hare al wit?  Die lewe staan nie stil nie. 

1 Kor 15:13, As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.

1 Kor 15:14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;

As daar dan geen hoop na die dood is nie, kan ons maar die kerke toemaak.  Ja, dis wonderlik dat Jesus nou in jou lewe kan kom, dit vir jou doen wat jy self nie kan doen nie, ja balans in jou lewe bring.  Veel meer ‘n lewe na die dood.  ‘n Lewe na die mens se grootste vyand, die dood. Die dood is die wreedste begrip wat die mens ken.

Voor Jesus Se Dood

Joh 14: 1 “LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.”

Joh 14:2 “In die huis van My Vader is daar baie wonings, as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.”

John 14:3 “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”

Net voor die groot teleurstelling, dat hulle Verlosser sterf, gee Jesus vir hulle hierdie versekering, dat Hy hulle sal neem na waar Hy sal gaan.

Na Jesus Se Dood

Han 1:9 “En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.”

Han 1:10 “En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle.”

Han 1:11 “wat sê: Gali1ése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.”

Ons Moet Nie Onkundig Wees Oor Die Dood Nie.

1 Thess 4: 13 “Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.” Jy kry vrede as jy verstaan wat gebeur na die dood.

4 Groepe

1. Die Regverdige Dode

2. Die Regverdige Lewendes

3. Die Onregverdige Lewendes

4. Die Onregverdige Dode

4 Groepe

Nou wil ons alle mense in vier groepe opdeel.  Kerke is nie deel van hierdie groepe nie. Alle kerke het mense wat werklik na aan God leef en ander wat kerk speel.  Kom ons deel dan alle lewende mense in twee groepe op.  Soos die Bybel dit noem, regverdiges en die onregverdiges.  Dan die dode (slapendes) in twee groepe, regverdige dode en die onregverdige dode.

1. Die Regverdige Dode

2. Die Regverdige Lewendes

3. Die Onregverdige Lewendes

4. Die Onregverdige Dode

Die angel van die dood gaan met die les uitgehaal word.  As ‘n by sonder ‘n angel op jou kom sit, sal jy hom nie vrees nie, maar met die angel vrees jy hom.

1. Die Regverdige Dode

Wat gebeur met hulle wat al oorlede is en hulle was reg met God toe die einde vir hulle gekom het:

1Thess 4: 16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

Wat is die eerste ding wat gaan gebeur wanneer Jesus in die wolke verskyn?  Die grafte gaan geopen word, maar nie al die grafte nie. Net die regverdige dode se grafte gaan dan oopgemaak word.

2. Die Regverdige Lewendes

Wat gaan gebeur met die mense wat sal leef wanneer Jesus kom?  Met al die regverdiges, die wat se saak reg is met God. Wat gaan met hulle gebeur wanneer Jesus kom?

1 Thess 4: 17 “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so salons altyd by die Here wees.”

1 Thess 4: 18 “Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde,”

Die wat dan regverdig en lewend is wanneer Jesus kom, gaan saam met ‘n “hulle” Jesus te gemoet in die lig.  Wie is die hulle?  Dis die wat nounet opgestaan het. Dis ouma/oupa, oom tannie, die wat al oorlede is, maar reg was met Jesus toe Hy kom.

3. Die Onregverdige Lewendes

[Baie wat Laaste is Baie wat Eerste is]

2 Thess 2:8 “en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.”

Jer 25:33 “En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die

aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe

word nie; hulle sal mis op die aarde wees.”

Wat ‘n grusame beskrywing.  Hoekom word hulle nie begrawe nie?  Hoekom ween niemand oor hulle nie?  Want daar is niemand oor op die aarde om hulle te begrawe of oor hulle te ween nie. Die lewendes is saam met Jesus hemel toe.

Die Verborgenheid

Jer 4:24 “Ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud

Jer 4:25 “Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.”

Jer 4:26 “Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die HERE, voor sy toorngloed.”

Jer 4:27 “Want so sê die HERE: Die hele land sal ‘n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.”

Die hoofskakelaar van hierdie wêreld is afgeskakel.  Al die stede, natuur wette is af.  Maar dis nie die einde van die wêreld nou  nie.

4. Die Onregverdige Dode

Ons het nou uitgevind wat met die regverdige dode en lewendes gebeur, hoe hulle hemel toe is.  Verder het ons gesien dat die onregverdige lewendes verslaan gaan word wanneer Jesus kom.  Maar wat gebeur met die wat onregverdig is en wat klaar dood is wanneer Jesus kom?

Open 20:5En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.”

Dus gaan die ander grafte ook geopen word, maar eers ‘n duisend jaar later.

Joh 5:28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor

Joh 5:29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. (Dan 12:1,2)

Nou het ons die antwoord vir al vier die groepe die dag wanneer Jesus weer kom:

1. Die Regverdige Dode – word opgewek en gaan Jesus tegemoet in die lug.

2. Die Regverdige Lewendes – gaan saam met die regverdige dode(wat dan lewe) die Here tegemoet in die lug.

3. Die Onregverdige Lewendes – Word verdelg met die verskyning van Jesus se wederkoms.

4. Die Onregverdige Dode – herlewe nie tot na die duisend jaar.

Opsommende vers:

Open 20:6 “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hom het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”

Hier vra Jesus ons dat ons so moet leef, dat ons sal opstaan met die eerste opstanding.   Hierdie opstanding is wanneer Jesus kom met Sy tweede koms.   Oor hierdie groep mense het die tweede dood geen mag nie.  Meeste mense weet nie eers die Bybel praat van ‘n eerste dood en ‘n tweede dood nie.

Die regverdiges lewe gedurende die duisend jaar en die onregverdiges is dood gedurende hierdie tyd.

Weereens die woord Salig.  Ja, ons is verlossings-gelukkig om te besef en dan te beleef dat die tweede dood geen mag oor ons gaan hê nie. Dit is ons vrede, ons hoop, ons wete, ons saligheid dat ons weet Jesus het die dood vir ons gewen. Ja, ons gaan saam met Jesus wees, in die Hemel,  die duisend jaar lank.

Paulus se Verborgenheid

1Kor 15:51 “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,”

‘n Verborgenheid?  Paulus praat van ‘n geheim hier.  Hy verduidelik vir ons dat daar mense gaan wees wat nooit gaan sterf nie.  Die Bybel verwys na die eerste dood as ‘n slaap. (Dit vir ‘n ander lesing). Daar gaan mos mense wees wat gaan lewe wanneer Jesus kom, daar die mense gaan die dood nooit sien nie. (Net soos Elia)

1 Kor 15:52 “in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.”

Elke oog sal Hom sien

Hier kom twee konsepte by.  Ten eerste gaan die wederkoms met ‘n harde trompet geluid gebeur. Almal gaan weet Jesus kom.  Tweedens gaan ons verander word.

l Kor 15:54 “En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.”

Ons gaan nuwe liggame kry.  Jou ouma gaan weer jonk wees.  Jou pa en ma gaan weer vinnig kan hardloop en sterk wees.  Jou brein gaan flink en slim wees.  Geen meer vergeetagtigheid nie. 

I Kor 15:55 “Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?”

Nou is die angel uit die dood verwyder

Ten Slotte

Die mees herhaalde belofte weereens:

Matt 24:27 “Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (1518 keer)

Matt 24:30 “En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.”

Engele  Word Uitgestuur

Matt 24:31 “En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompet-geluid, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

Nou gaan die engele uit en gaan haal die regverdiges (dode en lewendes) van een einde van die aarde tot die ander einde daarvan.  Jesus se voete raak nie nou die aarde nie, ons gaan Hom tegemoed gaan in die lug. 

Wat gaan die engele doen?  Hulle gaan haal van die mense en ander word agter gelaat.

Manne Matt ~4:40 “Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.”

Vroue Matt 24:41 “Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander een

word verlaat.”

Om te Laat te ween is Verskriklik

Baie Ernstige Waarskuwing

Matt 7:22 “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer, en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?”

Matt 7:23 “En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af. julle wat die ongeregtigheid werk!”

Wie gaan Hemel toe?

Daar is die wat gaan uitroep, dit is ons God op wie ons gewag het, maar ander gaan uit vrees vlug en vra dat die berg op hulle moet val:

Opb. 6:14 en die hemel het weggewyk soos ’n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;

Opb. 6:15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

Opb. 6:16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

Opb. 6:17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Die groot kontras, van ons is in vreugde en van ons wil weg hardloop.

Ons moet nooit oordeel wie gaan hemel toe nie

Mark 10:31 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

Ons kan nooit oordeel wie gaan hemel toe nie.  Want die wat ons dink eerste gaan wees sal dalk laaste wees en die wat laaste is eerste.  God ken die hart, God weet wat in die binnekamer gebeur.

Mat. 21:31Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.

Daar is mense wat ons wil afskryf, wat in baie moeilike omstandighede groot geword het.  Wie was Maria Magdalena?  Wie was die vrou by die pit? Hulle gaan ons nog voorgaan in die koninkryk van God.

Wat van die Heidene wat God nie ken nie?

Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ’n wet, al het hulle geen wet nie;

Rom 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,

Rom 2:16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie. (Jak 4:17, Hand 17:30, Sag 13:6)

Ons moet verseel word voor die wederkoms

Opb 7:1 EN ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.

Opb 7:2En ek het ’n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ’n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig

Opb 7:3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.

Ja, net voor die plae val, net voor Jesus kom moet ons verseël word.  Nog ‘n konsep wat ons sal moet deurtrap.

Esegiël loop in parallel met Openbaring:

Ese 9:2 En kyk, ses manne kom met die pad van die Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met ’n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak by die koperaltaar gaan staan.

Ese 9:3 En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het.

Ese 9:4 En die Here sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ’n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.

Die Nuwe Hemel en Aarde:

Ese 9:5Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie;

Ese 9:6slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was.

Nuwe Hemel en Nuwe Aarde

Opb 21:1 EN ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

Opb21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar

Hierdie tekste is waar en betroubaar.  Dit gaan gebeur met ons of sonder ons.  Of jy dit wil glo of nie.  Jy kan wel kies om deel te wees hiervan.

Jes 65:17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.

Jes 65:21 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:

Jes 65:22hulle sal nie bou dat ’n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ’n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.

Jes: 65:25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ’n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.

Jes 66:23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here.

Slot

4 Groepe

1. Die Regverdige Dode – word opgewek en gaan Jesus tegemoet in die lug.

2. Die Regverdige Lewendes – gaan saam met die regverdige dode(wat dan lewe) die Here tegemoet in die lug.

3. Die Onregverdige Lewendes – Word verdelg met die verskyning van Jesus se wederkoms.

4. Die Onregverdige Dode – herlewe nie tot na die duisend jaar.

Die Hoofgedagte

1Thess 4: 16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

1 Thess 4: 17 “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so salons altyd by die Here wees.”

1 Thess 4: 18 “Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde,”

2 Thess 2:8 “en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.”

Open 20:6 “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”

Lesing Media

Lesing 3 Die Wederkoms pdf: 03-Die Wederkoms – Openbaring van Jesus Christus – JLL Jordaan.pdf

Volledige klankbaan van Lesing 03 : Die Wederkoms

Oorspronklike Video van Lesing 03: Die-Wederkoms-JLL-Jordaan.mp4

Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en mp4 (video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com

Lesing 4: Die Wederkoms

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *