Die Drie Engel boodksap
Ds. Louis Jordaan
Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.
Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.
Ons vier vandag die Opstanding

Dood en Opstanding van Jesus
Met die studie van die boek Openbaring is die oorlog wat Satan teen die wet van God het ‘n baie pertinente saak. Dat Satan ‘n doelgerigte oorlog teen die wet van God gemaak het, dat hy die wet verander het en die tyd van die wet verander het, dat hy die Sabbat van God na die Sondag verander het, is vir ons een van die grootste skokke wat na ons gekom het deur die bestudering van die boek Openbaring.
Vra jy vir enige Christen, hoekom hy/sy op ‘n Sondag kerk toe gaan, want dis nie in die Bybel nie, dan is daar uiteenlopende antwoorde wat na ons toe kom. Ons wil in die eerste deel van die lesing kyk na ‘n paar vrae, wat in ons hart opkom. Dit is hoe jy groot geword het, met Sondag wat ‘n dag is wat jy kerk toe gaan.
- Ons vier vandag die Opstanding
- Jy kan enige dag jou Sabbat vier
- Elke dag moet vir jou ‘n Sabbat wees
- Die Sabbat is Joods
Ons vier vandag die Opstanding
Die Sabbat is ingestel in die tuin van Eden. Die einde van die eerste week op aarde was afgesluit deur om Sabbat te hou saam met die Skepper.
Ons verklaar vandag dat ons die Opstandingsdag- Sondag as die Sabbat vier. Die vraag is dan, of die Bybel ons vra om die opstandingsdag te vier, te herdenk?
Ja, die Bybel vra ons om die opstanding te herdenk, dit aan te neem, dit deel van ons lewe te maak. Maar hoe vra die Bybel dit?
Ons gaan nou kyk na Rom. 6:3-5 wat eintlik vir ons verduidelik van die doop en dat jy die dood en opstanding van Jesus eintlik aanvaar deur om gedoop te word.
Sy Dood Aanvaar
Rom. 6:3 “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?”
• Die eerste punt wat ons aanvaar as ons gedoop word, is dat ons saam met Jesus gedood word. Ons sterf ons ou lewe af.
Rom. 6:4 “Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood.”
Soos jy die watergraf ingaan, neem jy dit aan dat Jesus vir jou part die tweede dood gesterf het. Jy is dus saam met Hom begrawe, Hy het die dood vir jou gesterf. Dit is hoe jy die sterfte van Jesus vir jou aanneem. Dit is die een been, die dood(die kruisiging) wat ons aanvaar.
• Ons Opstanding
Rom. 6:4,5 “Sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saam gegroei het deur die gelykvormigheid van Sy dood, sal ons dit tog ook wees, deur dié aan Sy opstanding.”
Die doop is ‘n publieke belydenis. Soos ‘n huwelikspaar in die publiek hulle geloftes verklaar, so ook as ons God ten volle wil volg, is dit ‘n publieke verklaring. Ek aanvaar nou Jesus se dood vir my en ek kyk in die ewigheid in. Soos ek dan saam met Jesus begrawe word in die doop, deel ek in Sy opstanding wat lei tot die ewigheid.
Die fokus vraag is, hoe aanvaar ons die opstanding vir ons lewe, hoe herdenk ons Jesus se opstanding. Die dag wanneer jy gedoop word, aanvaar jy die dood en opstanding vir jou lewe. Soos jy dan saam met Jesus begrawe word in die water-graf, staan jy dan op saam met Jesus uit die water-graf en jy weet daar wag ‘n ewige lewe op jou. Sover geen koppeling aan ‘n dag nie.
Ons vier die dood en opstanding van Jesus.




1 Kor. 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
Elke keer as ons nagmaal deel, herdenk ons die kruisiging en opstanding, dat Jesus vir jou gesterf het en vir jou die ewige lewe gee. Die brood is ʼn simboliek van Sy liggaam, Hy het vir jou gesterf. Die wyn ’n simboliek van Sy bloed wat jou skoongewas het, dis die kontrak wat Hy met jou sluit dat Hy vir jou die ewige lewe gee.
Dus is die antwoord ʼn pertinente ja. Ons vier met die Nagmaal dat Hy vir jou gesterf het en dat Hy vir jou die ewige lewe gee.
Vir jou persoonlik neem jy dit aan, die dag as jy jou laat doop. Hoe herdenk jy dit? Elke Sondag? Nee, elke keer as jy nagmaal neem.
Dit is dus baie duidelik, die Bybel verklaar dat ons die opstanding moet vier en dit jou eie maak, maar dis nie aan ’n dag gekoppel nie, maar aan die doop en nagmaal.
Ons moet besef dat die dood en opstanding van Jesus die kern van ons verlossing is. Dit is nie net die opstanding nie, maar ook die dood van Jesus. Verlossing is nie net gekoppel aan die opstanding nie, maar ook aan die dood van Jesus. Jesus het vir jou en my sondes gesterwe. Van die twee bene van verlossing is die dood effens groter as die opstanding. Ons moet besef, Jesus het op die 15de van die maand Nissan (Joodse eerste maand) op Vrydag middag 3uur gesterf. Hy het vir jou gesterf. Ons kan nie net Sy opstanding vier nie.
Wanneer aanvaar ons Sy dood en opstanding vir ons lewe? Die dag as jy die doop aanvaar het. Wanneer jy uit daardie waterbad uit opstaan en die water oor jou loop, dan kyk jy die ewigheid in, jy weet die dood is vir jou oorwin.
Jy kan enige dag jou Sabbat vier
Elke dag moet vir jou ‘n Sabbat wees…
Hierdie is ook twee stellings wat algemeen gemaak word om Sondag te staaf. Hierdeur word die Sabbat erken maar beweer dat dit enige en elke dag kan wees. As ons na die Tien Gebooie gaan dan is dit baie duidelik dat hierdie twee stellings geen grond het nie. Die vierde gebod stel dit baie duidelik dat ons die eerste ses dae van die week moet werk. Ses dae moet jy werk. Vir ses dae moet jy jou eie lewe gaan lei, maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God. Jy kan nie elke dag geen werk doen nie.
Eksodus 20:8-11 8Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.9Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;10maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.11Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.[1]
Hoeveel werk kan jy op ’n Sabbat doen? Geen. Jy kan nie niks werk vir ses dae lank doen nie. Die wet maak dit duidelik dat jy vir ses dae moet werk, maar op die sewendedag moet jy rus. Ja, dit is waar dat jy elke dag n lewe saam met die Here moet lewe. In jou werk by jou huis, orals moet die mense kan sien die Here stap saam met jou ’n pad, maar jy is beslis besig om jou brood te verdien. Op die sewendedag is n spesiale dag wat jy geen werk mag doen nie en saam met jou skepper deurbring. Elke dag is nie geseen en geheilig nie, net die sewende. Dit kan dus nie water dra dat elke of enige dag die Sabbat kan wees nie. Die Bybel en veral die Gebooie van God maak dit dan so duidelik dat dit net die Sewende dag is wat geheilig is. Nêrens verklaar die Bybel dat elke dag of ’n ander dag geheidlig is nie.
Die Sabbat is Joods
Hier word dit beweer dat die Sabbat net vir die Jode gegee was. As dit waar was dan is die Tien Gebooie ook Joods en dan hoef ons hulle nie te onderhou nie. Die waarheid is dat die Sabbat ingestel was lank voor daar nog enige Jood bestaan het. Die Sabbat was met die Skepping ingestel. Die Sabbat is ’n baie pertienente deel van die Tien Gebooie. Die Tien Gebooie vind ons tot en met die laaste hoofstuk in die Bybel. Net soos die Egbreuk gebod nie net Joods is nie so ook al tien van die gebooie.
Waar kry jy die merk




Luk. 6:1-2 EN op die tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet. 2Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle: Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie?
Wat is ‘n “tweede eerste sabbat”? Ons het nounet gesien dat dit sonde is om op ‘n Sabbat te werk. Dink u dis verkeert om op ‘n sabbat ‘n perske te plik en dit te eet. Nee, maar wat se die Fariseërs?
Luk. 6:5 Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.
Die Sabbat is ’n gelukkige tyd, ’n tyd vir die gesin, ’n verlustiging, ’n tyd saam met God, ’n tyd vir verhoudings. Dis nie werk om n perske te pluk en te eet nie!. Lees gerus Jesaja 58.
Maar wat is die tweede eerste sabbat?
Lev. 23:3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ’n dag van volkome rus, ’n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie—dit is ’n sabbat van die Here in al julle woonplekke.
Die Here wil hê daar moet ’n tyd wees wat jy volkome kan afskakel. ’n Tyd van volkome rus. Gaan maak jou bestaan vanaf Sondag tot Vrydag, maar kom terug na die Here op die Sabbat. Op die Sabbat mag jy geen werk doen nie, jy rus saam met God en jou familie. Dit is die Sabbat
Lev. 23:4–8 4Dit is die feestye van die Here, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd. 5In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here; 6en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die Here; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. 7Op die eerste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. 8Maar julle moet sewe dae lank aan die Here ’n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie
Daar was ook heilige feesdae. Hierdie feesdae was ook sabbatte genoem, maar dit was bietjie anders as die Sewendedag-Sabbat. Op hierdie feesdae mag hulle nie beroepswerk gedoen het nie.
Lev. 23:15-16 15Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring—sewe volle weke moet dit wees; 16tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ’n nuwe spysoffer aan die Here bring.
Waar kom die woord Pinkster vandaan? Van die woord penta wat 50 beteken. Dit is sewe keer sewe plus een. Dit is sewe weke na Pasga plus een dag. Hierdie feeste was vervul deur Jesus se kruisiging, opstanding en opvaring na die Hemel.
Lev. 23:21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ’n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ’n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
Op die Sewendedag-Sabbat mag jy geen werk gedoen het nie, maar op Pinkster, Pasga, die Versoeningsdag, al die ander feesdae mag jy by jou huis iets gedoen het, jy mag in die tuin gewerk, jou wa was. Enige werke behalwe jou beroepswerk. Maar op die Sewendedag-Sabbat mag jy geen werk gedoen het nie.
Hierdie nader feesdae was gekoppel aan datum en nie die weeklikse siklus nie.
Waarom fokus ek u nou op hierdie inligting? Waarom fokus ek u nou op Pasga, Pinkster, dag van Yom Kippur (Versoeningsdag). Hoekom het die mense in die ou tyd n lammertjie geoffer? As die Jordaan gesin besef het dit gaan nie goed nie en hulle wou hulle sondes voor God bely het hulle ’n lammertjie gevat na die tempel toe. Hulle het hulle sondes bely en die lam is geslag. Die lam het dus in hul plek vir hul sondes gesterf en so is hulle dan versoen met God en hul sondes is vergewe. Kon die lam regtig in hul plek gesterf het vir hul sondes. Nee, die lam het vooruit gewys na die Lam vang God (Joh. 1:36) wat die sondes van die wêreld sou wegneem deur om op die kruis vir ons sondes te stef. Die dag toe Jesus op die kruis sterf, op die 15de van die maand Nissan om drie uur die middag, wat het met die voorhangsel in die tempel gebeur? Die gordyn het geskeur, van onder na bo, of van bo na onder? Wat gebeur as n sterk wind ’n gordein skeur, defnitief nie vanaf sy angker punt nie, maar van onder waar die gordein die ergste wapper. Hoekom wil die Bybel hê ons moet weet die gordein het van bo na onder geskeur? Dit is ’n onnatuurlike skeur, dit was n bo-natuurlike skeur. God wys ons die stelsel is vervul. Hoef ons nog n lam te bring? Nee Nou veertig jaar later skryf Paulus vir ons in Galasiërs, hoe wil julle nog die feeste hou terwyl dit vervul was deur Jesus?
Sabbatismos


Gal. 4:10–11 10Julle neem dae en maande en tye en jare waar.11Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.
Rom 14:5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.
Kom ons plaas onsself in die skoene van die Jode twee duisend jaar gelede. Die ware Lam het nou gekom, en Jesus is gekruisig en het opgestaan uit die dood. Vir al ons sondes is daar nou gesterf, en Jesus het die dood (die loon van die sonde) oorwin. ’n Jaar later kom 15 Nissan weer aan, en oupa vra vir sy kleinseun om die Pasga-lam reg te kry, maar die kleinseun verduidelik weer dat die Lam van God klaar gesterf het. Die ou verstand skop nog daarteen. Hoe swaar was dit nie vir die Jode om eeue se tradisie te laat gaan nie. Nou gee Paulus hulle half grasie.
Rom 14:6 6Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.
Ons moet verstaan, die Sewendedag-Sabbat was nie gekoppel aan ‘n datum nie, maar wel aan die Sewendedag van die week. Op die Sabbat mag GEEN WERK gedoen word nie.
Dus wanneer die Bybel verwys na sabbatte wat nie gehou hoef te word nie, is dit die feesdae wat afgestel was, nie die Sabbat van die Here nie. Jesus bly nog die Here van die Sabbat.
Kol. 2:16–17 16Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ’n fees of nuwemaan of sabbat nie, 17wat ’n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Hierdie is ‘n skaduwee tot in die ewigheid in. Die Sabbat staan tot in die ewigheid in.
Jes. 66:22,23 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die Here, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. 23En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here.
Dis een van my grootste begeertes: die dag wanneer ons die hemel instap en die Sabbat aanbreek, wie gaan die preek waarneem? Jesus, God die Vader, dalk sal Petrus of Paulus ook ‘n beurt kry.
Moet niemand jou oordeel omdat jy die Sabbat hou nie, want dit het te doen met die hiernamaals. Dis hoekom die Hebreërs praat van ‘n “σαββατισμός” (sabbatismos), daar bly dus ‘n Sabbatsrus oor vir die volk van God.
Die Tien Gebooie is steeds Bindend





Die Tien Gebooie is stees Bindend
Voorbeeld: Die besnydenis. Hoef ons nog ons seuntjies te besny? Hierdie volgende vers was omstreeks 50 n.C. geskryf.
1 Kor. 7:19 Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
Geld die tien gebooie op hierdie oomblik nog? Baie beslis.
Die Sabbat Steeds Bindend
Heb. 4:9 Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God
Han. 13:42 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. Han. 13:44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.
Han. 18:4 En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.
Lank na die kruis, toe die evangelie al aan die heidene verkondig was, het Paulus op die Sabbat vir die Jode en nie-Jode (Grieke) gepreek.
Han. 17:2 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte
Vrydag – Sabbat – Sondag
Lk 23:54–24:1 (DIE BYBEL: Afrikaans 1983-vertaling)
54 Dit was Vrydag, en die sabbat het al begin aanbreek. 55 Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word. 56 Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal. 24:1 Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het.
Watter dag is na Sabbat? Die dag wat na Vrydag volg. Watter dag volg van Vrydag?. Dit is Saterdag, dus is Saterdag die Sabbat. Gaan kyk na die woordeboek om uit te vind watter dag die sewende dag is. Sabbat is die dag voor Sondag en na Vrydag.
Die dag van Voorbreiding.
Wat is ‘n voorbereidingsdag? Wat sal boet Jan maak as hy weet sy verjaarsdag is oor twee dae en hy merk glad nie dat ma begin koekies bak nie? Kan ’n verjaarsdag vir ’n kindjie mooi wees as sy ma nie eers voorberei nie?
Ex 16:23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die Here gespreek het: Môre is dit rusdag, ’n heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
God het ook aan die vrouens gedink. Hoe sou dit wees as die hele gesin kom rus, maar ma moet nog die hele dag voor die kospotte staan? Dus sê die Here ook vir die vrou: “Wat jy wil bak, bak dit, en wat jy wil kook, kook dit.”
Ex 16:24 DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling
En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.
Watter sort yskaste het hulle in daardie jare in die woestyn gehad? Wat belowe die Here vir ons hier?
Ex 16:26–27 26 Ses dae lank moet julle dit in-samel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie. 27 En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie
Hierdie woorde is geskryf in die woestyn. Vir veertig jaar het God vir hulle gesorg in die woestyn. Hulle hoef niks te koop of te plant nie. Die manna het vir ses dae geval, maar nooit op die Sabbat nie. Wanneer hulle op enige dag, behalwe Vrydag, manna opgetel het om te hou vir ‘n ander dag, het die manna vrot geword. Maar die manna wat op ‘n Vrydag geval het, het gehou vir die Sabbat. Vrydag was daar ook ‘n dubbel porsie beskikbaar om op te tel. Dus hoef die vrouens nie te werk op die Sabbat nie, die manna was al op Vrydag gereed gemaak en God het belowe dat die manna vars sou bly tot die Sabbat toe. Dit het ook so gebeur.
Ex 16:26–29 28 Toe sê die Here vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou? 29 Kyk, omdat die Here julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
Daar was van die mense wat wel op die Sabbat uitgegaan het om manna te gaan soek. Dis toe dat God vir Moses vra: “Hoe lank weier julle om te reageer?”
Sabbat vs Sondag




Jesus se Gewoonte
Die Sabbatrus was ingestel by die Skepping. Indien u sou wonder of die weeklikse siklus dalk êrens verlore sou kon raak en dus die sewendedag moontlik op ‘n ander dag kon val, kan u verseker wees dat God dit sou regstel in Eksodus. Duisend vierhonderd jaar voor Christus was die Israeliete veertig jaar in die woestyn (oppad na Kanaan toe vanaf Egipte). In hierdie tyd het die Here weer baie pertinent vir hulle gewys watter dag die Sabbat is. Verder het die Here die sewendedag Sabbat self ook gehou terwyl Hy op aarde was. Vandag het ons rekords wat wys dat die weeklikse siklus vanaf Jesus se tyd tot vandag toe nog nooit verander het nie.
Lk 4:16 Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.
Van Aand tot Aand
Hoe vier ‘n mens die Sabbat?
Lev. 23:32’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
Die Bybel se dag siklus is nie soos wat ons aan gewoond is nie. Dit hardloop nie van middernag tot middernag nie. Nee, dit werk soos dit by die skepping ingestel was. ‘Dit was aand en dit was more die eerste dag’ Die siklus loop dus van aand tot aand. Wanneer die son sak begin die volgende dag.
Sondag is Satan se skepping
- Daar is nie een Bybelse teks waarin Jesus bevel gee dat die Eerste dag , Sondag geheilig moet word nie.
- Daar is nie een Teks waarin Jesus on voorbeeld, die Sondag gevier het nie.
- Daar is nie een tkes waarin Jesus oor Sondag gepraat het nie
- Daar is nie een teks waarin die Apostels ons bevel gee om die Sondag te heilig nie.
- Daar is nie een teks waarin die Rusdag verander word van die Sewendedag na die eerste dag van die week nie.
- Daar is nie een teks wat ons vermaan om die opstanding met Sondag te vier nie
- Daar is nie een teks waarin die Bybel ons vra om Sondae nie te werk nie.
- Daar is nie een teks wat ons vra om die Sondag Heilig te hou nie.
Daar is net agt tekse in die Nuwe Testament wat na die eerstedag(Sondag) van die week verwys:
Mat. 28:1 EN laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
Mak. 16:2 En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf.
Mak. 16:9 EN nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.
Luk. 24:1 EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
Joh. 20:1 EN op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
Joh. 20:19 EN toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
Hand. 20:7 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe.
1 Kor 16:2 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
Hand. 20:7




Nou gaan ons kyk na Handelinge 20:7. Hierdie vers word die mees algemeenste gebruik om te probeer bewys dat ons nou Sabbat op Sondag moet vier. Ons gaan na verskillende vertalings van hierdie vers kyk.
King James
Acts 20:7 And upon the first day of the week, when the disciples came together to break bread, Paul preached unto them, ready to depart on the morrow; and continued his speech until midnight.
Today’s English Version
7 On Saturday evening we gathered together for the fellowship meal. Paul spoke to the people, and kept on speaking until midnight, since he was going to leave the next day.
Revised Standard Version
7 On the first day of the week, when we were gathered together to break bread, Paul talked with them, intending to depart on the morrow; and he prolonged his speech until midnight.
On the first day of the week we came together to break bread. Paul spoke to the people and, because he intended to leave the next day, kept on talking until midnight.
On Saturday evening we gathered together for the fellowship meal. Paul spoke to the people and kept on speaking until midnight, since he was going to leave the next day.
On Sunday we met to break bread. Paul was discussing [Scripture] with the people. Since he intended to leave the next day, he kept talking until midnight.
Nou watter vertaling is nou reg?

Waarom sukkel die vertalers so met hierdie spesifieke vers?
Die Verklaring vir die verskillende tye wat in hierdie teks gevind word; Eerste dag, Saterdag, Sondag, Saterdag-aand lê in die volgende: Die Bybel begin ‘n nuwe dag die oomblik as die son sak en nie soos ons gewoond is om middernag nie, ‘dit was aand en dit was more die eerste dag….’ (Volgende Genesis) Daarom staan daar in die oorspronklike dit was eerste dag gewees. Hoekom sukkel die vertalers dan so? In Handelinge 20:7 was Paulus die Sabbat by hulle en het daardie aand ‘n vaarwel preek gelewer. Die regte vertaling is soos die Good News Translation dit vertolk as Saterdag-aand. Deur om die oorspronklike as eerstedag of Sondag te vertaal, laat die moderne mens dink die preek het tot Sondagnag middernag geloop. Dit gooi die preek ’n hele 24 uur uit.
Wat gebeur het, is dat Paulus was die Sabbat by hulle en het toe die aand vir hulle ’n vaarwel preek gepreek. Vir die Jood (en volgens die Bybel), die oomblik toe die son gesak het, het die nuwe dag(en week) begin.
Dit is hoekom die vetalers sukkel met hierdie probleem. Die vertalers wat ons vertaan van ’n dag in ag neem, vertaal die teks na Saterdag-aand. ’n Vertaler is maar op sy beste ’n vertolking, die vertaler word maar geskoei deur sy eie leer en doel met die vertaling.
Die Dood en Opstanding van Jesus






Die Dood en Opstanding van Jesus
• Sy Dood Aanvaar
Rom. 6:3 “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?”
• Ons Begrafnis
Rom. 6:4 “Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood.”
Deur die doop gee ons ons dankbaarheid teenoor God te kenne. Ons dankbaarheid dat Hy in ons plek die tweede dood gesterf het. Ja, die doopbad word genoem ‘n begrafnis.
• Ons Opstanding
Rom. 6:4,5 “Sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saam gegroei het deur die gelykvormigheid van Sy dood, sal ons dit tog ook wees, deur dié aan Sy opstanding.”
Die doop is ‘n publieke belydenis. Soos ‘n huwelikspaar in die publiek hulle geloftes verklaar, so ook as ons God ten volle wil volg, is dit ‘n publieke verklaring. Ek aanvaar nou Jesus se dood vir my en ek kyk in die ewigheid in. Soos ek dan saam met Jesus begrawe word in die doop, deel ek in Sy opstanding tot die ewigheid.
Kol. 12:12 “Omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”
Vir die meeste van ons gaan wel ‘n graf-dag kom, maar gaan die graf jou toesluit? Nee die dood is dan nie meer die einde nie.
• Jesus Aanvaar
Gal. 3:27 “Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.”
• Belydenis
Matt. 3:6 “En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.”
Dankie Jesus, my lewe is swart van sonde. Ek bely vandag al my sonde voor U voete. Was my skoon asb.
• Bekering
Mat. 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Luk. 3:3 “En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die Doop van Bekering tot vergifnis van sondes verkondig.”
Hand. 2:38 “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”
Die predikant doop jou met water, maar dis die Heilige Gees wat jou nuut maak. Dis Hy wat saam met jou wandel.
• Glo
Mar. 16:16 “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word: maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”
• Gebed tot God
1Pet 3:21 “Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete- deur die opstanding van Jesus Christus.”
Bad van Wedergeboorte
Tit. 3:5 “Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na Sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.”
Jy kom nie na God toe omdat al jou sondes nou oorwin is nie. Ons kom na God toe om juis wedergebore te word vanaf ‘n ou lewe in sonde na ‘n nuwe lewe in Christus.
Jn 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Joh. 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
As ons nie wedergebore is uit water (doop) en Gees nie, sal die dood vir u die einde wees. Want u het nie die dood van Christus vir u aangeneem nie. Ja, een van die duidelikste bewyse dat U Christus aangeneem het, is die doop, die bad van die wedergeboorte. Jy gaan die watergraf is, so aanvaar jy Jesus se dood vir jou, jy sterf die ou lewe af en jy begin ‘n nuwe lewe saam met Christus.
Joh. 19:39,40 En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ‘n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig. 40 En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.
Hier sien ons duidelik dat Nikodémus ‘n verandering deur gegaan het. Van waar hy in die nag (sodat niemand hom mag sien nie) na Jesus gekom het, tot waar hy openlik die Here in sy skandelike dood ondersteun het. Duidelik as ons nie hierdie verandering wat Nikodémus deurgegaan het, deurgaan nie, sal ons die koninkryk van God nie kan ingaan nie. So is die profesie vervul wat verklaar het dat Jesus (wat ‘n arm man was) by die rykes in Sy graf sou wees.
Metode van Doop


Metode van die Doop
Die vraag kom by ons op, is doop ‘n besprinkeling van water of is jy in die water?
Matt 3:16 “En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die ‘Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.”
Hoe wat Jesus gedoop? Hy het opgeklim uit die water uit. So waar was Hy tydens Sy doop? Binne in die water anders kon Hy nie uit die water uit geklim het nie. Is Jesus nie ons volmaakte voorbeeld nie? Toe Hy uit die water uit kom het die Heilige Gees op Hom neergedaal.
Ko1. 2:12 “Omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”
Han. 8:38,39 “En hy het beveel dat die wa moes stilhou, en hulle het altwee in die water afgeklim, Fillippus en die hofdienaar, en hy het hom gedoop.” 39 “En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Fillippus skielik weggevoer, en die hof dienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.”
Waar was Filippus en die hofdienaar tydens die hofdienaar se doop? – In die water…
John 3:23 “En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.”
‘n Mens besprinkel nie ‘n beskuit nie jy doop die beskuit met genoeg water sodat die beskuit in die water kan verdwyn. So met die mens ook. Jy het genoeg water nodig d at jou liggaam in die water kan ingaan.
Kinderdoop
• Moet ek kan Glo?
Mark 16:16 “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”
Kan ‘n baba glo?
• Moet ek Belydenis kan Aflê
Matt 3:6 “En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.”
Kan ‘n Baba sy sondes bely?
• Moet ek Bekering Ondergaan
Luk. 3:3 “En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig.”
Han. 2:38 “En Petrus sê vir hulle Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle
Die Hele huisgesin is gedoop?
Han. 16:15 “En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.”
Han. 16:33 “En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem, hulle wonde gewas, en hy is onmiddelik gedoop, hy en al sy mense.”
By implikasie word daar beweer dat daar babas kon gewees het. By implikasie is dit net so sterk dat daar nie babas kon gewees het. Die vraag is, kon die babas belydenis deurgaan, kon hulle besluit om te bekeer?
Haar huisgesin- dit is duidelik dat dit hulle sou insluit wat kon glo, kon besluit tot bekering, kon belydenis aflê, ens.
Besprinkling
Besprinkeling
Let daarop dat die woord besprinkel ander betekenis en gebruik gehad het. Besprinkeling is nie sinoniem met die woord doop nie. Nêrens in die skrif word dit afwisselend gebruik met dieselfde betekenis nie.
Kol. 4:6 “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.”
Heb. 9:21 “En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.”
Doop se praktiese betekenis in die Bybel
1 Sam. 14:27 “Maar Jonatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ‘n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword.”
Die Ontvangs van die Heilige Gees
Hand. 2:38 ” En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.“
Die Belofte van die Heilige Gees
Hand. 2:39 “Want die belofte kom julle toe, en julle kinders, en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”
Kom ons kyk wat die Belofte is.
Joh. 14:15 “As julle My liefhet, bewaar My gebooie.” Wanneer bekering waarlik plaasvind sal ons God liefhê. Dit is mos ware bekering.
So wat sê die belofte?
John 14:16 “En Ek sal tot die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid.”
Die Onderhouding van die Gebooie is die vrug van die Bekering. Dit is liefde tot God en Liefde tot ons naaste. Dit word volbring deur die werking van die Heilige Gees in ons lewens.
John 14:21 “Wie My gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”
John 14:22 “Judas, nie die Iskariot nie, sê vir Hom, Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?”
John 14:23 “Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy My woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.”
Hoe Weet Ons Dat Ons Hom Ken?
1 John 2:3 “En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons Sy gebooie bewaar.”
Let op wie dit is wat Hom nie waarlik ken nie.
1 John 2:4 “Hy wat sê: Ek ken Hom – en Sy gebooie nie bewaar nie – is “ʼn leuenaar en in hom is die waarheid nie.” “Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.”
Let op hoe die Wyse Salomo dit stel.
Pred 12:13 “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou Sy gebooie, want dit geld vir alle mense.” “Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is “n gruwel.”
As die Here Sy oor wegdraai van ons gebed, dan tree die Satan nader met sy Valse heilige gees.
1 Tim. 4:1 “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.”
1 Joh. 4:1 “Geliefde, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is.”
Dan Verhoor die Valse heilige gees Ons Gebed
Open 16:14 “Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen “
Die ontvangs van die Heilige Gees sal jou lei tot die onderhouding van God se gebooie van liefde. Dit sal jou lei om ‘n heilige lewe te lei.
Open 14:12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas: hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.”
Open 22: 14 “Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.”
Skokkend is dit wanneer ons besef dat die Bybel uitdruklik leer, dat as ons gedoop word en die Tien gebooie verwerp, is dit nie God se Gees wat ons lei nie..
Tit. 2:11 “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn.”
Joh. 14:15 “As julle My liefhet, bewaar My gebooie.”
Joh. 14:21 “Wie My gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet, en wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”
Tit. 3:5 “Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.”
Israel Gedoop
Die volgende skrif gedeelte sal ons help om die begrip van die Doop beter te begryp.
Paulus maak dit duidelik dat toe die Israeliete deur die Rooi See getrek het, dit hulle doop in Christus Jesus voorgestel het.
1 Kon. 10:1-4 “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, En almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, En almal dieselfde geestelike spys geëet het, En almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.”
Hierdie is ‘n pragtige simboliek van die Doop. Net soos die Jode slawe was in Egipte, was en is ons slawe van die sonde. As ons Jesus in die geloof aanneem en ons laat doop, is die doopbad ook vir ons ‘n Rooi See ondervinding.
In Jesus gaan ons na ons Doop die Woestyn van hierdie wêreld in. As ons by Jesus bly, sal Hy ons deur die woestyn na die Hemelse Kanaan neem. Wees egter gewaarsku dat baie Jode nie die Hand van die Here in die Woestyn bly vashou het nie.
Hier sal dit goed wees as ons die gelykenis van die saailand sal bestudeer.
Jesus Se Voorbeeld
Matt. 3:14,15 “Maar Johannes het Hom ernstig teë gegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.” Sal Koninkryk Nie Sien Nie
Joh. 3:3 “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”
Slot
Sal Koninkryk Nie Ingaan Nie
John 3:5 “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.”
Bewaar God se Gebooie
John 14:21 “Wie My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet, en wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”
Jesus Nou in Jou Hart
John 14:23 “Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.”
Volk Laat Hulle Doop
Luk. 7:29 “En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.”
Wetgeleerdes Verwerp die Doop
Luk. 7:30 “Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.”
Waarom Versuim Jy?
Han. 22: 16 “En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat j ou doop en j ou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.”
Beklee Jou met Christus
Gal. 3:27 “Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.”
Kom Uit My Volk
Open. 18:4 “En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”
Die Groot Opdrag
Matt. 28: 19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onder hou wat Ek julle beveel het.”
Lesing Media
Lesing 13: Denkvrae en die Doop, pdf: 11 Die Uur van Sy Oordeel het gekom
Volledige klankbaan van Lesing 11 :Die Uur van Sy Oordeel het gekom.mp3
Oorspronklike Video van Lesing 11: 11 Die Uur van Sy Oordeel het gekom.mp4 (Hiedie skakel vat u na ons OneDrive omgewing toe, waar u dan op die aflaai pyltije
moet druk.
Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en mp4 (video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com