Die Boek Openbaring – 12 Die Merkteken van die dier

Die Drie Engel boodksap

Ds. Louis Jordaan

Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.

Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.

Die Merteken van die dier verse

WAAROM IS DIT VIR ONS BELANGRIK OM TE WEET WAT DIE MERKTEKEN VAN DIE DIER IS?

1. Christene gaan weer gedood word

Hierdie is ‘n vreemde en haas ondenkbare gedagte in hierdie moderne eeu waarin ons lewe.  In ‘n wêreld waar gelowe oor alle spektrums begin hande vat, wonder ons dalk hoe kan dit waar wees.  Of is dit dalk net moontlik in ‘n Moslem of Hindoe land?

Hierdie merk van die dier gaan ons sien is ook genoem die merkteken van die beeld van die dier.  Openbaring 13 het twee hoof temas:  Die dier met sy sewe koppe en tien horings en die beeld van die dier (Lamagtige dier).  Die Lamagtige dier sal ons in ‘n toekomstige lesing behandel.

Luister mooi na die volgende teks.

Open 13: 15, 17 “En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

Praat beteken dat jy ook outoriteit het.  As jy praat dan luister jy.  Soos die eerste dier uit die see ‘n mond gekry het om groot dinge te spreek, so gaan die beeld van hierdie eerste dier ook ‘n mond kry.  Hierdie dier uit die aarde gaan praat en die wat hom nie aanbid nie gaan gedood word.   Dus as jy nie saam met die dier se beeld loop nie gaan jy gedood word.

2. Koop en Verkoop

As jy nie die Merkteken van die Dier het nie, sal jy aan die Einde nie kan Koop of Verkoop nie

Open 13: 17 “Sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk, of die naam van die dier of die getal van sy naam het.”

Hier is dit dan duidelik dat ons nie sal kan handel dryf as ons nie saam met die dier of die beeld gaan nie. Christene sal gedood word as ons nie die Beeld volg nie.  

As ons die stelsel nie volg/aanbid nie sal ons nie kan koop of verkoop nie.  Erger as koop en verkoop is dat jy gedood sal word.

Die wat dink hulle kan God en die dier aanbid sal nie gedood word nie en sal ekonomiese vryheid geniet.

3. Wat gebeur met die wat die dier volg?

In Openbaring 14 sien ons duidelik wat gaan met die gebeur wat wel die dier of sy beeld aanbid/volg.  Hierdie oordeel gaan eers net voor en tydens Jesus se wederkoms plaasvind.

Open 14:9,10 “En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van Sy toorn.”

Jy mag dalk besluit om God en die dier(of sy beeld) te volg/aanbid.  Dit gaan egter nie werk nie, want die straf kom na die toe wat die dier(of sy beeld) aanbid/volg.  Duidelik is hierdie aksie die aksie waaroor God jou oordeel. Dus sal dit jou nie baat om albei; God en die dier(of sy beeld) te aanbid nie.  Soos Jesus al vroeër verklaar het dat ‘n mens nie God en Mammon kan aanbid nie.  Hier weer, kan ons nie God en ‘n ander mag aanbid nie. 

4. Oorwinnaars oor die dier

Die oorwinnaars oor die Dier en Sy beeld sal die Lied van Moses in die Hemel kan sing. 

Open 15:2 “En ek het gesien soos ‘n see van glas gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.”

Net die oorwinnaars oor die dier en sy beeld sal voor God in die Hemel staan.  Net hulle gaan die lied van Moses kan sing.  Die lied van Moses kan jy net sing as jy deur die verdrukking van God se vyand gegaan het en die verlossing van God ervaar het.

Net die wat nie die dier en sy beeld aanbid nie, sal in die Hemel voor God staan

5. Sewe laaste plae

Plae val op hulle wat die Dier en sy Beeld volg Open 16:2 “Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

Is my geliefdes daar?

Net voor Jesus kom, wanneer die plae val, gaan dit op die val wat die merk van die dier het en die dier se beeld aanbid het.  Dus gaan die wat NET vir God aanbid/gevolg het, nie die plae ontvang nie. 

6. die duisend jaar

Diegene wat die dier se merk nie het nie sal die Duisend-jaar in die Hemel deurbring.

Open 20:4 ” En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank..”

Wanneer jy die dier en sy beeld nie wil aanbid/volg nie draai die wêreld teen jou.  So erg raak die verstoting/verwerping van die wêreld teen jou dat die Woord van God verklaar dat mense onthoof gaan word omdat hulle vir Jesus en Sy Woord staan.  Net soos die wêreld Jesus verwerp het en Hom gedood het, so sal Sy volgelinge hanteer word. Ons het gesien dat hierdie vlak van vervolging deur die eeue toegepas was.  Hier verklaar God dat dit net voor Sy kom weer gaan gebeur.

Duidelik sien ons dat as jy die dier of sy beeld volg/aanbid sal jy nie in die duisend jaar saam met Jesus wees nie.

7. Voordeel in die Hemel

Net hulle wat die Seël van God het sal in die Hemel wees.

Open 7:2,3 “En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God: en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig. En gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.”

Opsomming

Dit is dus vir ons baie belangrik om te weet wat die Merkteken van die Dier is.

1. Christene wat nie die Merkteken het, gaan Gedood word.

2. Die wat nie die Merkteken het nie sal nie kan koop afverkoop nie.

3. God se Oordeel gaan val op hulle wat die Merkteken van die Dier het.

4. Net die Oorwinnaars oor die Dier sal die Lied van Moses kan sing in die Hemel.

5. Plae val op hulle wat die Merkteken van die Dier het.

6. Net die persone wat die Merkteken nie het nie, sal die 1000 jaar in die Hemel wees.

7. Net hulle wat die Seël van God het, sal in die Hemel wees.

Wie is die dier?

Open 13:1–2  EN ek het ’n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ’n naam van godslastering. 2En die dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd, en sy pote soos dié van ’n beer, en sy bek soos die bek van ’n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

Soos ons in vorige lesings duidelik gesien het is die dier die Pousdom wat ‘n dodelike wond in 1798 ontvang het.  Hierdie dier is ‘n konglomoraat dier wat die vier diere van Daniel 7 voorstel.  Die mag wat in Johannes se tyd in bewind was, was die vierde dier(Rome) wat verdeeld geraak het in tien.  Daarna het die Pousdom Rome oorgeneem.   Die dier (Pousdom) het toe ‘n dodelike wond gekry(1798) waarna die wond sou genees.

Waar is die dier se setel?

Open 17:9,18    Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. 18En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.

Ons moet ‘n keuse maak, wie gaan ons volg.  Gaan ons die gebaande pad na Rome(die dier) en sy beeld volg of gaan ons Christus en Sy Woord volg?

Wat het hierdie dier gedoen?

Dan 7:21Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin,

Open 13:7Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie

Hoe het die dier die heiliges oorwin?  Hy mislei die bewoners van die aarde.  Hy verander die wet van God.  Ja in die donker eeue het die wêreld verval.  Hierdie mag het mag oor elke volk taal en nasie.  Hierdie mag herstel en ons moet besluit wie ons gaan volg.

Open 13:3En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

As jy die dier volg en teen God en Sy woord gaan, ontvang jy sy merk en so aanbid jy hom in pleks van God.

Open13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Die draak werk nou deur die dier.  Dit is die Satan wat nou die dier sy mag gee.  Dus aanbid ons die draak wanneer ons die dier aanbid.  Ons kyk verwonderd na hierdie groot mag en almal vra wie is aan hom gelyk.

Open 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

Hierdie draak voer oorlog teen God se kinders.  Ons sien hy oorwin.  Sy hoof doel in sy oorlog is teen die gebooie van God en teen die getuienis van Jesus Christus.

Wat het hy aan die Wet verander?

Dan 7:25 “en hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.”

Dit is deur hierdie mag dat die wet van God verander was.  Dis deur hierdie Rooms Katolieke biskoppe dat die Sabbat verwyder was en Sondag in die plek van Sabbat daar gestel was.  Kom ons kyk weer na hulle eie geskrifte:

Die Katolieke Katkisasie Boek stel dit as volg:

“Ons hou Sondag in plaas van Saterdag omdat die Katolieke Kerk by die Konsilie van Laodicéa (336 nC) die Heiligheid van Saterdag na Sondag oorgeplaas het.” (Eerw Peter Geierman, C.S.s.R., The Convert Catachism of Catholic Doctrine, bl 50.)

“As sy nie so ‘n mag gehad het nie, kon sy nie dit doen waarin alle moderne geestelikes met haar saamstem nie:- sy kon nie die onderhouding van Sondag, die eerste dag van die week, in die plek van Saterdag, die sewende dag, gestel het nie, ‘n verandering waarvoor daar geen skriftuurlike magtiging is nie.”(Eerw. Stephen Keerman, A Doctrinal Catachism, bl 174)

“Daar is nie so ‘n wet in die Bybel nie. Dit is alleenlik “n wet van die Heilige Katolieke Kerk. Die Bybel verklaar, “Gedenk die Sabbat, dat jy dit heilig” Die Katolieke kerk sê: Nee. Deur my goddellike mag verban ek die Sabbatdag en beveel ek julle om die eerste dag van die week te heilig. En kyk, die hele beskaafde wêreld buig neer in eerbiedige gehoorsaamheid aan die bevel van die Heilige Katolieke kerk.” (Lesing te Hartford, Kansas, 18 Februarie 1884.)

Waar kry jy die merk

Sondag is inderdaad die instelling van die Dier. Dit is hulle trots. Sondag is die Dier se dag.

1 Sam. 15:23  Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.

1 Sam. 15:24  Toe sê Saul vir Samuel: Ek het gesondig, omdat ek die bevel van die HERE en u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister.

Hulle het die 2de gebod van God verwyder.  Die gebod wat ons verbied om beelde diens te doen, wat ons verbied om eiesinnig te wees, wat ons verbied om enige gebod of gewoonte of tradisie bo God en Sy woord te plaas.  Hierdie tweede gebod het hulle verwyder uit die tien.   So verhef Satan en die dier hulself bo God en vorm dus van hulself ‘n god wat hulle aanbid.  Die dier het sy mag by die draak gekry en hulle is een in doel en karakter.  Hulle wil hulself gelyk stel met die Allerhoogste, hul wil hulself verhef bo al wat God genoem word. (Jes.14 en Jer. 28 en Open. 12) Hierdie leuse van “Do as thow want” wat basies vorm van New Age is en soos Allica A Bailey (een van die Pioneers van die New Age beweging) skryf: “Know thyself, for in thyself is to be found all that there is to be known”  Koppel direk aan die selfverheffing van die dier.  Jy is basies jou eie God.  Hierdie gebod wat verhoed dat jy jouself sien as ‘n god of ander sien as ‘n god behalwe die ware God.  Die dier het hierdie Gebod verwyder.  Hierdie basis van die dier se rebellie vorm die kern van die aanbidding van die dier en die dier se beeld.  Dit vorm die kern van die karakter van sy volgelinge.

Open 13:3 “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan.”

Sondag aanbidding is die hoof kenmerk van waar die mens homself hoër as God stel.  Waar die mens homself god maak deur om te glo hy kan die wet van die ware God verander.  Net God kan Sy eie gebooie verander.  Net God kan die Woord van God inspireer.  Die dier verlei die bewoners van die wêreld dat hulle dink die dier mag ook aan die wet van God of aan Sy getuie verander.  Dis die hoof aanval van die dier en die draak op God.

Waar word die Merkteken geplaas???

Open 13: 16 “En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word.”

• Voorhoof. Karakter. Die toonbeeld van wat jy is.

• Jou karakter word die duidelikste in jou handelinge bewys. Die mens se grootste handeling is met sy regterhand Simboliek ontleen uit die OT

Deut. 6:5,6-8 “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees. Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.”

Leer van Pousdom op die Voorhoof en die Hand.

Die seël van God

Uit hierdie verse ontleen die boek Openbaring hierdie simboliek. Die Here wou hê dat die Israeliete, die Tien Gebooie in hulle verstand moes hê, m.a.w. in hulle karakters. As jy die wet in jou hart het, sal dit ook duidelik in jou handelinge weerspieël word.

Daarom moes hulle simbolies die wet aan hulle hande hê.

• Net so as ons die Dier of die Beeld navolg, salons hulle gedaante  van godsaligheid in ons harte hê. Ook salons nie die Tien Gebooie onderhou nie. Ons karakter, of voorhoof weerspieël dan ons gesindheid, en ons regterhand weerspieël ons wetsoortreding.

• Jy sal dus die leerstellings of leuse van die Pousdom aanhang en dit sal die merk in jou karakter, of voorhoof laat.

• Dit sal ook in jou dade of hand duidelik wees. Leer van die Pousdom op Voorhoof en Hand

As ons die Dier of die Beeld navolg sal ons dus met ons verstand, of voorhoof hulle leer volg. Jou handelinge of jou hand sal doen wat hulle leer. Dit wat nie sy oorsprong by God se Woord het nie.

Die Seël van God

Open 7:2,3 “En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.”

‘n Seël bevat basies drie eienskappe:

1. Naam

2. Titel

3. Gebied

God se Seël bevat die volgende

1. Naam – Die Here God

2. Gebied – Hemel en Aarde

3. Titel – Skepper

n Seël is offisieel Merk is onoffisieel

God is die offisiële eienaar van die Hemele en die aarde. Die Dier kan nooit ‘n seël hê nie want die aarde en die hemele is nie sy eiendom nie. Hy het hulle nie geskape nie. As jy hom kies kry jy net sy merk. Hy het nie ‘n seël nie.

Die Tien Gebooie Bevat die Seël van God

In die aankondiging van die Oordeel verwys die Engel ons na die Skepping en haal die Skeppings gebod aan.

Die 10 Gebooie is die enigste gedeelte wat God persoonlik geskrywe het. Nege van hierdie gebooie bevat geen verwysing na hulle oorsprong nie. Hulle is suiwer net ‘n gebod. Bv. Jy mag nie steel nie. Geen aanduiding wie se gebod dit is nie. Dit kon enige iemand anders se gebod gewees het.

In die hele Tien Gebooie is daar net een Gebod wat die oorsprong en gewer daarvan wetlik openbaar. Waar God se Naam, Titel en Gebied voorkom. Ons vind in die gebod as volg:

1. Naam – Here God

2. Gebied – Hemel en Aarde

3. Titel – Skepper

Exodus 20: 11 “Want in ses dae het (l)die Here die (2) hemel en die aarde (3) gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig.”

Die Skeppingsordinansies hardloop tot die einde

Hierdie vers word juis deur die 1ste Engel wat die Oordeel aankondig aangehaal. Hier in die Sabbats-gebod word dit vir ons duidelik gestel wie God is, dat Hy die Skepper is van die Gebied, hemel en aarde. Dit is die Heelal. Daarom in die oordeels aankondiging verwys die Engel ons na die Skepping en haal die Engel juis hierdie Gebod aan. Die 4de Gebod. Selfs die eerste Gebod identifiseer nie die Here nie. Daarom word die Sabbat by en met die Skepping aangekondig. Daarom in die Tien Gebooie self word in hierdie gebod terug verwys na die Skepping. Om die rede, as die oordeel aangekondig word in Openbaring, word die Sabbat aangehaal.

Ook in Hebreërs waar aangekondig word hoe ons geoordeel word, is die Sabbat die sterk gebod wat na vore gebring word.

Kom Ons kyk weer na hierdie Oordeels Aankondiging

Open 14:7 “En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Verwys na die Skepping

Heb. 4:4,9,12 “Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al Sy werke gerus ….. (Verwys na die Skeppiing) Daar bly dus ‘n Sabbatsrus oor vir die volk van God.”

Hierin bewys God wat regtig in ons hart opgesluit lê. Wil ons regtig die Here dien en is die Bybel werklik vir ons die Woord van God.

As die antwoord hier ja is, salons uiters geskok wees by die wete dat ons baie slinks deur die Satan mislei was en salons die saak onmiddelik wil reg stel. As dit nie die geval is nie, sal ons antwoorde by mense soek en so die tradisie wil volg.

Heb. 4: 12 “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as ‘n tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordeel aar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

Exodus 20: 11 “Want in ses dae het (l)die Here die (2) hemel en die aarde (3) gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig.”

Gen. 2: I ,2,3 “So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.”

Dit is dan ook nog ‘n rede waarom die Satan dan juis gewerk het om hierdie gebod te verander. Dit is die enigste Gebod wat die Eienaarskap van God bevestig en as Skepper identifiseer.

As jy hierdie gebod verwerp, verwerp jy jou Skepper.

As jy dit onderhou, erken jy God as jou Skepper.

Daarom is die Sabbat die Seël van God

Eseg. 20:12 “Daarby het Ek ook my Sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE is wat hulle heilig.”

Eseg. 20:20 “En heilig my Sabbatte; en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat EK die HERE julle God is.”

Daarom in Hebreërs word hierdie gebod byna gestel as buite die verlossings plan. Heb. 4:3,4,5.

Ons word deur genade gered. Ons word nie gered deur die onderhouding van die Tien Gebooie of die Sabbat nie.

Ons onderhou die gebooie omdat ons deur God gered is en Hy nou die Gebooie in ons harte geplaas het. Daarom as ons bereid is om die Sabbat te onderhou is dit die bewys, die teken, die seël op ons verlossing.

Die dier kan nooit ‘n seël hê nie, want hy het ons nie geskape nie. As ons hom kies kry ons net sy merk.

Nou het ons die lig van die Here ontvang en God roep ons as intelligente Skepsels van Hom terug tot ‘n volle begrip. Wat ‘n voorreg om nou in die volle lig van Jesus se Openbaring openlik vir die Here en die Wêreld te sê ons kies en neem die Here nou ten volle aan. Ons het gelees, ons het gehoor en nou gaan ons bewaar. Ons neem God aan en dit sluit veral sy Skeppings ordinansies in.

As u die keuse maak verklaar u u is God se eiendom en word die wêreld u vyand.

Die dier kan nooit ‘n seël hê nie, want hy het ons nie geskep nie. As ons hom kies kry ons net sy merk.

Tweede & Derde Engele

Tweede Engel

Open 14:8 “En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.”

Geval, geval beteken nie dat sy nou tot n einde kom nie, maar nou is haar leuens, haar wyn ontbloot.  Gister en eergister het ons haar en haar praktyke in onwetenheid gevolg asof dit van God is.  Maar nou het ons vers vir vers (teks op teks) gesien wat God sê.  Voorheen het ons in onwetenheid Baiblon gevolg, maar nou is sy ontbloot en dit is jou keuse of jy haar wil bly volg of wil bekeer en God en Sy Woord volg.

As ons nou, nadat die lig tot ons gekom het, nog steeds verkies om nie die Sabbat van die Here te onderhou nie, maar eerder die Sondag van die Pousdom te onderhou, sê die Bybel het ons dan baie duidelik ons keuse teen die Engel se oproep gemaak, maar regstreeks eintlik teen Jesus.

Duidelik het ons nou gesien dat die Sondag die dag en kenteken van die Pousdom is. Jesus roep ons terug na die Sabbat terwyl die Pousdom ons roep tot die Sondag = die Merkteken van die dier.

Markus 7:7-8

7 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. 8 Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas…

Wie het aanbidding op Sondag ingestel?  Die mens of God?  Vir jare het God dit toe gehou, maar nou vra Hy vir hervorming, vir hierdie oordeelsuur.

Die Derde Engel

Openbaring 14 maak dit duidelik dat ons die GRIMMIGHEID van God ervaar as ons die DIER of die BEELD navolg.

Open 14:9,10 “En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is, in die beker van sy toorn.”

Die voorhof verwys nou jou besluit, dit is wat jy wil doen.  Die regterhand verwys na na jou daad, waar jy besef dis verkeerd, maar jy het nie die moed nie, jou hart is nie saam met God nie, dus volg jy die dier en sy beeld met jou dade.

Wat sou jy gedoen het as jy 2000 jaar terug gelewe het.  Sou jy deel gewees het van die klein groepie wat by Jesus gestaan het, of sou jy deel gevorm het van die groot bederheid wat geskree het, “Weg met Hom, Kruisig Hom”

Die vraag is, wat gaan jy doen wanneer daar groot druk is om God en Sy woord net so bietjie te verdraai en God te verwerp?  Het jy die duisternis liewer as die lig?

Dit is dan die rede waarom dit belangrik is vir ons om te weet wat die Merkteken van die Dier is! As ons dus Sondag onderhou sê hierdie teks gaan die grimmigheid van God op ons ongemeng uitgestort word.

Die vraag bly staan, wie het Sondagaanbidding ingestel, is dit God of Katoliesisme?

Vanaf Openbaring 10, waar die verborge inligting oopgemaak was, is die tema in Openbaring aanhoudend gehoorsaamheid aan God, gehoorsaamheid aan Sy wet.

Onthou wanneer God op die wolke verksyn gaan die oordeel klaar gedoen wees. Dis nou wat ons, ons besluit moet maak.   Petrus se dis nou wat die oordeel begin, en die oordeel begin by die Heiligdom. Ons word nou geoordeel volgens wat ons nou besluit.  

Open. 14:15-17

15En dit is hom gegee om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

16En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

17sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Wanneer jy besluit om saam met God te loop, gaan jy al hoe meer druk van die werk en samelewing kry, wat tot n hoogtepunt gaan kom waar jy nie kan koop of verkoop nie.  Maar as jy besluit om saam met die dier of sy beeld wil stap en doen wat hy sê, gaan jy geen probleem hê nie.

Die dier se beeld gaan maak dat jy nie kan koop of verkoop nie.  Die beeld van die dier gaan ons nog behandel.  Weet net as jy saam met die dier of sy beeld stap, maak jy n keuse vir die bose en jy sal die grimmegheid van God ontvang met die sewe laaste plae.

Tyd van Benoudheid

Die Tyd van Benoudheid

Dan. 12:1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.[1]

Ja onthou toe Jesus gekruisig was, was al sy dissipels in n huis toegelsuit, bang vir die owerhede. Maar in die tyd het Jesus opgestaan.  Hulle was benoud, maar hulle was aan die wen kant.

Open. 15:2 En ek het gesien iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.

As u die moed gaan he, om vir Jesus te staan, teen die dier en sy beeld te staan en dus te staan vir wat die Woord van God van ons verlang, gaan u binnekort op die see van glas staan as deel van die verlostes.

Die Plae gaan nie op u val nie.

Open. 16:2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.[1]

Al word ons vervolg, die plae val net op die dwat die merk van die dier het.  Net soos die plae in Moses se tyd, het net op die Egiptenaars geval.  Vanaf die derde plaag, die wat die towenaars nie kon namaak nie, het net op die Egiptenaars geval.

Wie gaan die Duisend jaar saam in die Hemel wees?  Hulle wat nie saam met die dier beweeg het nie.

Die Laaste oproep van die Bybel

Watter dringende oproep doen Jesus in…

Open. 18:4 4En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

Wie is tans, net voor die plae val, in die tyd van die einde nog in Babilon?  God se volk, mense soos u en ek wat soekend is.  As u soek, sal God beskik dat die Openbaring se inligting vir u geopen word.

Wie se openbaring is die boek Openbaring?  Jesus Christus sin.  Dit sal na u toe kom, dat u christelike bril skoongemaak word, sodat u as n intelegente wese kan kies.

Baie mense gaan eers wakker word wanneer die plae val, veral die vyfde plaag.  Weet u waar val die vyfde plaag?  Op die troon van die dier. Wanneer die stad op die sewe heuwels vernietig is en almal sien hierdie groot Crhistelike kerk word vernietig, dan sal hulle oe eers oopgaan.  Te laat, te laat.  Openbaring 18 maak dit duidelik dat haar plae in een dag gaan kom.  Op ‘n ander plek se dit sy gaan in een uur tot stilstand kom.  Maar dan mense is dit al by die 5de plaag.

Jy ontvang die merkteken van die dier of die seel van God voor die plae begin.  Openbaring 22:11 sluit af voor die plae begin.  Dit is waar die Here se:”Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuilder word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.”

Die woord Salig kom net sewe maal in die boek Openbaring voor.   Hier is drie van die sewe:

Open. 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Open. 22:7 7Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.[1]

Open. 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.[1]

Hierdie is nie werke nie.  Dis God wat deur jou werk, dis God wat jou kliphart uithaal en vir jou ’n hart van vlees gee. (Heb 8:10, Jer 31:33)  Dis Jesus wat Sy wet van liefde op jou hart kom skrywe.  ’n Mens onderhou nie die wet om gered te word nie, ’n mens onderhou die wet omdat jy gered is, omdat God iets in jou binneste kom doen wat jy vir jouself nie kon doen nie.

So Ontvang Ons die Merkteken van die Dier

So Ontvang Ons die Merkteken van die Dier

Wat ons nou na gaan kyk is baie belangrik dat ons dit verstaan. Dit gaan baie duidelik vir ons wys hoe en waarom ons die Merkteken van die dier sal ontvang of alreeds ontvang het.

Die Satan het nie n seël nie, jy kan net sy merk kry.

Die skrif gedeelte wat ons nou gaan bestudeer is Paulus se skrywe oor die werking van die Antichris.

Ons gaan nou na gedeeltes kyk wat skokkend is. Paulus begin waar hy baie duidelik stel dat die Antichris binne die kerk werk met groot vertoon en met die wonder van die leuen.

2 Thess. 2:4“Die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

2 Thess. 2:9 “Hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen.”

Nou kom Paulus by die gedeelte wat gaan verduidelik op watter basis die Here besluit dat ons nie redding sal kan ervaar nie. Baie pertinent word die saak van die wat verlore sal gaan belig. Die liefde vir dit wat God deur Sy woord openbaar is baie belangrik. Dit gaan juis oor hulle wat nie die lig, wat geopenbaar was, wil aanneem nie. Al wat die Here dan kan doen is om ons besluit te respekteer. Hier word dan gesê dat die Here jou oorgee aan die leuen van die Antichris. Sodat dit in jou lewe duidelik gesien kan word wat jou besluit was en dus in die oordeel jou saak duidelik kan wees.

2 Thess. 2:10-12 “En met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo. Sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.”

Duidelik is daar ‘n liefde vir die waarheid, ‘n eenword met die waarheid wat ons moet toelaat.  Wanneer die waarheid nie aangeneem word nie, gaan God ons besluit moet respekteer en Hy gaan moet toelaat dat die krag van die dwaalleer, daardie wonder van die leuen jou oorneem. Dis nie God wat hart is nie, dis jy dis ek wat kies.

Open. 22:11 “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.”

Met hierdie kennis, informasie tot u beskikking gaan hierdie besluit deur u en oor u in die Hemel gemaak word. Gaan ons die Seël van God of die Merkteken van die Dier ontvang?

Lesing Media

Lesing 12: Die Merk van die Dier.pdf: 12 Die Merk van die Dier

Volledige klankbaan van Lesing 12 : Die Merk van die Dier.mp3

Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en YouTube(video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com

Volgende Lesing 13: Denkvrae en die Doop

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *