Die Boek Openbaring – 09 Die 1260 jaar profesie

Lesing 9: Die 1260 jaar profesie

Ds. Louis Jordaan

Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.

Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.

Hfst. 9: Inleiding

Inleiding

1260 dae = 42 Maande = 3½ jaar

Hierdie is ‘n baie belangrike PROFESIE wat die subtiele aanval wat die Satan teen die kerk geloods het, vir ons toelig.

Daar word SEWE keer (twee maal in die Boek Daniel en vyf maal in die boek Openbaring) in die Bybel na hierdie tydperk verwys. Soos ons reeds in die bestudering van Daniël 7 gesien het, was dit die tyd toe die Antichris op die aarde geheers het. Soos ons reeds aangedui het, is hierdie drie tye presies ewe lank.

Tyd, Tye & Halwe Tyd

Ons moet hier onthou dat die Romeinse tel wyse in gebruik was.

 ‘n Tyd het verwys na 1 jaar

Tye in die meervoudsvorm het na 2 jaar verwys.

 ‘n Halwe Tyd na ½ jaar.

Duisen Tweehonderd En Sestig Dae
Twee En Veertig Maande

Weereens is dit ook dieselfde tydperk, want 42 maande is die hoeveelheid maande wat daar in 3½ jaar is.

Dus :3½ Jaar = 42 Maande = 1260 Dae

Profetiese dag = een letterlike jaar

Nou is dit ook belangrik om te onthou, dat ‘n profetiese dag gelyk is aan een jaar.

Numeri 14:34 “Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.”

Hier sê die Here vir Israel dat hulle na 40 dae sou terugkeer, maar dat dit 40 jaar sou wees. Dit was ook presies wat in die geskiedenis gebeur het.

Dus: :3½ Jaar = 42 Maande = 1260 Profetiese Dae = 1260 Jaar.

Dit was dan ook presies hoe lank die klein horinkie of liewer, die POUSDOM op die aarde geheers het.

In die 538n.C. gee Justinianus (Justinian)  vir die pous staatsmag.  In die jaar 533 n.C. het die einste Justinianus al vir die Pous as hoof van die kerke verklaar.  Teen die jaar 538n.C. is al die state wat teen die oppermag van die pous was uit die weg geruim.

Duisend twee honderd en sestig jaar later, op 10 Februarie 1798 het BRETHIER, weereens ‘n Franse generaal die Pous sy staatsmag weer ontneem en daardie Pous is in die tronk oorlede.

Ja, tweeduisend seshonderd jaar gelede in die boek Daniel en byna twee duisend jaar terug in die boek Openbaring het God deur Sy profete hierdie vaste tye voorspel.  Geen aardse mag kon hierdie profesieë gee en uitvoer nie, dis God gegewe.  Interessant dat die geskiedenis na hierdie tydperk verwys as die donker eeue.

Die sewe tekse wat hierdie profesie verklaar:

Heidendom Vertrap Die Kerk Vir 1260 Jaar

  1. Openbaring 13:5 “En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.”
  2. Daniël 7:25 “En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.”

Die heidendom vertrap die kerk

Heidendom Vertrap Die Kerk Vir 1260 Jaar

  1. Openbaring 13:5 “En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.”
  2. Daniël 7:25 “En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.”
  3. Openbaring 11:2 “Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet want dit is aan die heidene gegee: en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.”

In hierdie tyd het daar heidendom in die kerk ingekom.  Dinge wat vandag in die kerk is, wat nie in die Bybel voorkom nie en selfs teen die Bybel se lering is.

BYBEL WAS VERTRAP VIR 1260 JAAR

  • Openbaring 11:3 “En Ek sal aan My twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer,” (Sag 14:5)

Daniël 8:12 “En ‘n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer: en dit het waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.”

Die Pousdom het ‘n weermag en konings gehad wat sy sake af forseer het.  Die Pousdom het suksesvol die waarheid op die grond neergewerp.

Kinders van God vervolg

  • Daniël 12:7 “… ’n Tyd, tye en ’n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. “

Openbaring 13:3,4 “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.  En hulle het die draak aanbid wat die dier die mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?”

Die kerk verloor sy integriteit gedurende die 1260 jaar. In hierdie tyd verklaar Daniel vir ons dat die heiliges in hierdie tyd hulle integriteit verloor het In hierdie tyd het die Satan die beheer van die kerk oorgeneem tot net ‘n gedaante van Godsaligheid, met geen ware Godsvrug nie.  Tog was hierdie gedaante van godsaligheid so misleidend dat die hele wêreld dit nagevolg het.

(Werk gerus die brief aan Thiatire (Opb 2:18-29) deur waar Jesus aan die mense moed inpraat.  Hierdie mense wat nie eers toegang tot ‘n Bybel gehad het nie.  Net die priesters het toegang tot ‘n Bybel gehad, wat in Latyn geskrywe was, wat net die geleerde mense kon verstaan. Jesus vra hulle om net vas te hou aan wat hulle het.  Ja Jesus seën dit wat ons toegang tot het en oordeel ons net oor wat ons van weet/kan weet.) Die volgende twee tekste is meer positief waar die Here sê dat Hy in hierdie tyd Sy kinders beskerm het

Die 7 fasese van die kerk

  1. Openbaring 12:6 “En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-twee-honderd-en-sestig dae lank.”
  2. Openbaring 12: 14 “maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, vir ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.”

Geskiedenis Agtergrond

Ons gaan nou na hierdie tydperk in die geskiedenis kyk en sien hoe hierdie dinge gebeur het. Ons het reeds in ons studie van die ANTICHRIS gesien dat die Pous sy staatsmag opgeneem het in die jaar 538n.C. en dit hom ontneem was, op 10 Februarie 1798 toe Berthier een van die generaals van Napoleon hom gevange geneem, en sy mag hom ontneem is.

As u bereken hoe lank hierdie tydperk is, dan is ons weereens verbaas om te sien dat wat Daniël 2600 jaar gelede neergeskryf het, en wat Johannes byna 2000 jaar gelede voorspel het, presies so plaasgevind het.

Die Sewe Tydperke Van Openbaring

Om ons te help om dit beter te verstaan, gaan ons dit illustreer aan die hand van die sewe tydperke wat ons in die eerste helfte van die boek Openbaring vind:

DIE SEWE KERKE

DIE SEWE SEËlS

DIE SEWE BASUINE

Ons het die SEWE TYDPERKE nie met u behandel nie. Ons gebruik net die inleiding sodat ons kan verstaan wat hierdie tydperk van 1260 jaar vooraf gegaan het

Later met die 2300 jaar profesie sal ons weer sien wat na die tydperk gebeur het. m.a.w. dit gaan nader aan ons dag kom.

GemeenteTydperkWoord-betekenisGeestelike Geskiedenis
Éfese31. – 100.n.C.Gewensde, begeerlikeVroeë Apostoliese Kerk  – Verloor hulle eerste liefde
Smirna100 – 313n.C.Lieflike geurTyd van vervolging, God se wet bly staan
Pergamus313 – 538n.C.vesting  (citadel)Tydperk van verval /kompromie – Die Kanon word gesluit
Thiatíre538 – 1565n.COffer van boetvaardigheidHeidendom kom die kerk binne (Isébel & Babilon))
Sardis1517 – 1740n.C.Hulle wat ontvlug   / Hulle wat oorblyTydperk van Hervorming
Filadelfía1740 – 1844n.C.BroederliefdeFirst and second Awakening & Groot teleurstelling
Laodicense1844 – WederkomsDie Oordeel van die mensdomOndersoekende oordeel & 3 engele boodskap

As ons nou na die diagram kyk, sal ons sien dat die tweede tydperk, die TYD VAN VERVOLGING aandui. Ons wil graag u aandag vestig op hoe hierdie tydperk geëindig het.

Dit eindig met die TIEN DAE van verdrukking van Openbaring 2. Dit is die tydperk in die geskiedenis waarin die meeste mense ooit hulle lewens vir hulle geloof gegee het.

Gedurende hierdie tydperk word dit deur die geskiedenis beweer dat daar gemiddeld 500 000 per jaar vir hulle geloof gesterf het.

Die Tien Dae Van Verdrukking

Openbaring 2:10 “Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word: en julle sal tien dae verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die kroon van die lewe gee,”

Dit lei nou die laaste fase van hierdie vervolgingstydperk binne. DIOCLETIANUS was nou aan bewind en hy was ‘n OUTOKRAAT in die ware Oosterse sin. Hy het begin deur die LEER en die STAAT van Christene te suiwer.

Die Edikte Van Vervolging

In Februarie 303 n.C. het hy drie EDIKTE VAN VERVOLGING teen die Christene uitgevaardig, wat volgens hierdie Bybelprofesie tien jaar sou duur.

Deur hierdie edikte is kerke vernietig, Skrifte gekonfiskeer en verbrand, en die Christene gedwing om reukwerk aan die Romeinse keiser te offer, of hulle was in die tronk gestop.

Konstantyn

Hierdie vervolging het tot ‘n einde gekom na KONSTANTYN keiser geword en by sy oorwinning by MUL VIAN BURG tot bekering gekom het, en dus die Christelike geloof aangeneem het.

Die Edik Van Milan

In 313 n.C. vaardig hy die Edik Van Milan uit. In die edik was die Christelike geloof nou erken as ‘n wettige godsdiens en is aan hulle volle vryheid toegestaan.

303 – 313 n.C. = 10 Jaar (5 000 000 sterf)

Dit het die tyd van vervolging beëindig en so ook die tydperk van SMIRNA.

Dit sou egter net die einde van vervolging van buite die kerk wees. As vervolging nou weer sy kop sou uitsteek, sou dit van binne die kerk wees, net soos die Bybel dit voorspel het.

Pergamus

Pergamus lei die tydperk in waar vervolging nou tot ‘n einde gekom het. In die tydperk is die vervolging nie net gestaak nie, maar word die status van die Christene van die veragte sekte, nie net tot erkende godsdiens nie, maar wel tot die STAATSKERK van daardie tyd verander. Ja, byna gelykstaande aan die Romeinse godsdiens van daardie tyd. Dit word teweeg gebring deur die politieke, of sogenaamde BEKERING van KONSTANTYN, die keiser van daardie tyd. Waar die keisers van daardie tyd as gode in menslike gewaad gesien was en aanbid moes word, het juis een van daardie keisers hom tot die Christelike geloof bekeer.

AI was dit net vir politieke gewin, het dit tog radikale veranderinge in die Christelike kerk teweeg gebring.

Die Satan Verander Sy Tegniek.

Die Satan het nou ‘n nuwe aanvals tegniek teen die kerk gebruik. Satan het besef dat sy tegniek van vervolging nie die vrugte afgewerp het wat hy verwag het, die geval sou wees nie.

Die teendeel was waar, dat die kerk uitgebrei het, ten spyte van die vervolging. Dat vervolging eintlik ‘n seën vir die kerk was. Dit het die kerk suiwer gehou. Net hulle wat hulle werklik tot die Here bekeer het, sou bereid wees om deel te wees van so ‘n veragte minderheid, en dan nog sulke wrede vervolging kon verduur.

Die vervolging het ook meegebring dat die ware aard van die Christen sterk na vore gekom het. Hulle het nie die wat hulle so vervolg en mishandel het, gehaat en gevloek nie.

Die wêreld kon nie anders as om die egtheid van die kerk raak te sien nie.

Daarom het die kerk uitgebrei ten spyte van die vervolging en dit het meegebring dat die kerk gegroei en ook suiwer gebly het. Dit het mannemoed geverg om ‘n Christen te word.

Daarom het die Satan nou sy tegniek verander. Daarom is vervolging nou gestaak en Christene was nou skielik bo aan die erelys geplaas. Dit was nou maklik om ‘n Christen te word, en dit was ‘n eer, want die keiser was ook nou ‘n Christen.

Duisende het nou sogenaamd tot bekering gekom. Dit was een van die slinksste sette wat die Satan nog teen die Christelike kerk geloods het. Die kerk se standaarde het nou geval en half bekeerde mense het die kerk ingestroom.

Dr. I van Zyl stel dit as volg:

“Hierdie bekeerlinge uit die Heidendom het baie van hulle ou heidense konsepte en praktyke saam met hulle die kerk ingebring. Afskrifte van die Woord was skaars, baie kon nie lees nie, en mondelinge lering was noodsaaklik. Dit het tot heelwat wanaanpassing gelei. …”Waar die nuwe bekeerlinge hulle vorige praktyke met ooreenkomstige konsepte in die Christelike denke kon aanpas, is dit sonder aarseling gedoen.”

Dit is dan nou presies wat Openbaring 11:2 vir ons gesê het, dat die HEIDENDOM die kerk gedurende hierdie tydperk sou binnestroom.  Om hierdie instroming beter te verstaan, moet ons ook die terme, BABILON, wat die Bybel gedurig gebruik, verstaan as iets wat die EVANGELIE teenstaan.

Ons gaan net vir ‘n oomblik aandag skenk aan die ontstaan van die konsep, want ons moet verstaan waarom die Here nou juis HIERDIE HEIDENSE GODSDIENS UITSONDER AS DIE EVANGELIE SE GROOTSTE TEENSTANDER.

Hoekom Babilon?

Babilon

Dit het begin met NIMROD. Ja, al in die boek Genesis. Hy was die eerste persoon wat oor die mens geheers het. Hy het vir hom ‘n koninkryk gebou, wat BAAL of Babilon genoem was. Hy was die stigter van die stad of koninkryk. Nimrod het met sy moeder, as sy vrou saamgeleef. Ons as mens ken die luste van die mens.

Daar is mans wie se luste en verlaging hulle so ver gedryf het, dat hulle van enige vrou beskikbaar gebruik sou maak.

Daar is selfs mans wat so ver gedaal het dat hulle, ook geen respek toon vir hulle susters of selfs hulle eie dogters nie.

Maar as daar een persoon is wat enige man nog respek voor het, dan is dit vir sy eie moeder, terwyl hulle geen respek toon vir enige ander vrou nie.

Nimrod was een van hierdie mans wat geen respek vir sy moeder gehad het nie. Hy het saam met sy moeder, SEMEREMIS, geleef as sy vrou.

Dit was by hom waar die Baal-aanbidding sy oorsprong gehad het.

Nimrod het ‘n sterk beweging tot stand gebring en het ‘n groot aanhang gehad. Hy was ‘n geharde man, vandaar dat die Bybel hom die GEWELDENAAR noem. Hy was as godeseun gesien.

Valse Messias

Tammuz | Mesopotamian god | BritannicaNimrod het egter op ‘n vroeë leeftyd gesterf. Hier het sake ‘n interessante wending geneem. Nimrod het geen kinders nagelaat nie. Semeremis, sy moeder wat met hom saamgeleef het as vrou, het meer as ‘n jaar na sy dood ‘n onegte kind gehad.

Sy het verkondig dat sy die kind van die GODE ontvang het, m.a.w. ‘n “maagdelike” geboorte. Net soos voorspel was dat die MESSIAS sou kom. Die kind was TAMUS (Tammuz), m.a.w. Satan se namaaksel van die Messias.

SEUN EN MOEDER het nou hierdie BABILONIESE godsdiens tot ‘n sterk en magtige godsdiens uitgebou. Hierdie koalisie wat daar tussen Semeremis en Tamus ontstaan het, het reg deur die antieke wêreld versprei.

Vandaar dan die gebruik dat die konings in die antieke wêreld saam met hulle moeders geregeer het. U sal ook merk dat reg deur die Bybel daar byna altyd as daar na ‘n koning verwys word, sy moeder ook vermeld word In baie gevalle het hulle saam met die konings regeer.

In Egipte was die Moeder van die konings die ISES genoem. In Griekeland was sy die JUNO genoem. Dit is vandag nog in gebruik.

In Mexico noem hulle haar QUDALOPIE

Twee Riviere Vloei Nou Saam

Maagd Maria

Met die samevloeiing van die Christelike geloof en die Heidense leer, was daar uit hulle agtergrond gevra na die moeder van Jesus. Dit was deur hierdie gebruik dat MARIA as ‘n goddelike wese beskou is, en sy so in ‘n aanbiddingswaardige wese verander het.

Leidraad 1 en 2

Die Ongetroude Priester

Van die Babiloniese priester was daar vereis dat hy nie mag trou nie. Daarom, toe die heidendom die kerk binnekom, het dit ook deurgewerk na die werkers van God.

Nêrens in die Bybel word geleer dat die werker van God ongetoud moes bly nie, maar soos die heidense leer die kerk ingesypel het, het hierdie Babiloniese leer vereis dat die bedienaars van die evangelie ongetroud moes bly.

As gevolg hiervan is die ongetroude priester tot vandag toe met ons.

Die Nonne

Nonne het dieselfde oorsprong. Die Babiloniërs het dames gehad, wat bekend was as

TEMPEL – MAAGDE.

Dit was dames wat nie toegelaat was om te trou en ‘n normale huwelikslewe te lei nie.

Hulle was “GETROUD” aan die godsdiens van Baal. Daar was tye dat hierdie dames suiwer maagde gebly het en dan was daar tye dat hulle tempelprostitute was. Ons vind

ook dat die Bybel so na hulle verwys.

Vandag is “NONNE” ‘n gerespekteerde gebruik, sonder enige Bybelse oorsprong. Dit is alles deel van die heidense leer wat die kerk binnegekom het.

Die “Kruis” Groet

Die “Kruis” wat die priester op hom maak. Hierdie gebedsteken het nie sy oorsprong by die KRUIS nie. Weet u hoe het een Baalaanbidder ‘n ander Baalaanbidder gegroet en herken? Deur ‘n onderstebo “T” op homself te maak. Dit is nie die teken van die kruis nie, maar dit staan vir die hoofletter “T” wat die eerste letter van Tamus is. Dit was al in gebruik 2500 jaar voor Jesus op die kruis gesterf het.

Dit is vandag nog in gebruik in THAILAND, Japan, en onder die Boeddhiste. Die meeste van hulle het die naam “Jesus” nog nie eers gehoor nie, maar groet mekaar op hierdie manier

Hierdie heidense priesters wat die Kerk binnegekom het, het dus hierdie groetwyse met die letter “T” saam met hulle gebring. Dit is die teken dat jy Baal as God erken.

Vandag glo ons dat dit na die kruis verwys. Nêrens in die skrif is daar enige aanduiding dat die teken van die Kruis as ‘n groetwyse moet dien nie. Tog is dit ‘n algemene gebruik vandag. Inderdaad is dit dan ‘n vervulling van die woorde van Openbaring dat die Heidendom die kerk sou binnekom.

Die Babiloniërs het ‘n toutjie met knope daarin gebruik as ‘n gebed-simbool. Daar was soms bessies; of as jy meer welgesteld was, selfs juwele in die toutjie geplaas. Jy het dan by elke knoop ‘n gebed opgestuur.

Kersfees

Ons vier vandag 25 Desember as die geboortedag van Jesus. Dit is nie die geboortedag van Jesus nie, maar wel die geboortedag van TAMUS Vir baie eeue was die geboortedag van Tamus gevier met die fees van “WINTER SOLSTICE.” Dit was ‘n baie losbandige fees wat op 21 Desember begin het en sy klimaks op 25 Desember die verjaarsdag van Tamus bereik het. Dit was ‘n dag van volkome seksuele vryheid. Op daardie dag het geen huweliksband gegeld nie.

Leidraad 4 – 6

Prof Dr. CJ. Uys stel dit as volg:

“Konstantyn is tot held bevorder omdat hy oor sy heidense vel ‘n dun nerfie Christelikheid getrek het ‘n Kompromis tussen die Christelike leerstellings en die heidense afgodsdiens is aangegaan. Op Konstantyn se muntstukke het die kruis sowel as die sonnebeeld gepryk.

Die geheiligde Joodse Sabbat is in die jaar 321 offisieel deur die heidense Dies Solis die dag van die sonnebeeld vervang, terwyl die geboortedag van Christus vanaf Maart of April na die vyf-en-twintigste dag van Desember verskuif is, om saam te val met een van die losbandigste heidense feeste wat jaarliks ter ere van die Persiese Songod Mithras, gevier is.” (Mithras is die Persiese naam vir Tamus) 25 Desember is dus die laaste dag waarop ons die geboorte van Jesus kan vier.

Die Kersboom

Dan is daar die kersboom wat ook ‘n eeue-oue gebruik by hierdie feeste was. Ons lees in Jeremia daarvan.

Jer 10:2-5 “So sê die Here: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die Tekens van die hemel nie, omdat die heidene daarvoor skrik nie. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met ‘n byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle:”

Die kersboom is ‘n heidense gebruik wat nie net sy weg in ons huise gevind het nie, maar ook binne die kerk sy plek gekry het.

Die geheiligde Joodse Sabbat is in die jaar 321 offisieel deur die heidense Dies Solis die dag van die sonnebeeld vervang, terwyl die geboortedag van Christus vanaf Maart of April na die vyf-en-twintigste dag van Desember verskuif is, om saam te val met een van die losbandigste heidense feeste wat jaarliks ter ere van die Persiese Songod Mithras, gevier is.” (Mithras is die Persiese naam vir Tamus) 25 Desember is dus die laaste dag waarop ons die geboorte van Jesus kan vier.

Die Kersboom

Dan is daar die kersboom wat ook ‘n eeue-oue gebruik by hierdie feeste was. Ons lees in Jeremia daarvan.

Jer 10:2-5 “So sê die Here: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die Tekens van die hemel nie, omdat die heidene daarvoor skrik nie. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met ‘n byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle:”

Die kersboom is ‘n heidense gebruik wat nie net sy weg in ons huise gevind het nie, maar ook binne die kerk sy plek gekry het.

Paaseier En Paashasie

Nog ‘n groot fees in die Babiloniese sonaanbidding was die vrugbaarheidsfees, waar die PAASNAWEEK sy oorsprong het. Dit was begin met 40 dae van selfonthouding. Jy het iets waarvan jy gehou het vir 40 dae aan Baal opgeoffer. Die 40ste dag was die dag van DIES SOLIS (Dag van die son, m.a.w. SONDAG).

Hierdie fees het die ontwaking van die VRUGBAARHEIDSGODIN herdenk, Sy het gedurende die wintermaande geslaap, nou ontwaak sy. Die duiwe koer weer en begin nes maak. Die natuur is weer vrugbaar.

Die Paaseier is die simbool van die VRUG van die vrou. Die Paashaas is die simbool van MENIGVULDIGE VRUGBAARHEID.

Hierdie dinge is vandag nog met ons.

PaasSondag

Hierdie vrugbaarheidsfees en die paasfees het tot ‘n mate saam geval. Die vrugbaarheidsfees, het geëindig op die veertigste dag en het altyd op ‘n Sondag geval. Die Pasga egter, het elke jaar op die 15de dag van die Joodse maand Nissan geval. Dit was dus nie verbonde aan ‘n weeksdag nie, maar wel aan ‘n datum. Net soos ons verjaarsdae het die Pasga elke jaar op ‘n ander weeksdag geval.

Soos die Babiloniese leer en die Christelike leer verenig het, het die kerk begin om die Pasga nie meer op die l5de dag van Nissan te hou nie maar wel laat saamval met die herdenking van die ontwaking van die vrugbaarheidsgodin, wat soos reeds genoem altyd op ‘n Sondag gehou was.

Dit was dan die eerste stap in die rigting, dat Sondag later ook deur die Christene onderhou sou word.

Sabbat na Sondag

“Die SOLIS” Dag Van Die Sonnebeeld (Sondag)

Van al die Babiloniese leerstukke wat die kerk binne gekom het, is die Babiloniese rusdag die een wat die Skrif as die ergste beskou.

Konstantyn

Constantine The Great And His Rule - About HistoryKonstantyn het hierdie oorskakeling van Sabbat na Sondag voltooi. Daar was op die stadium Twee RUSDAE agter mekaar gevier.

Saterdag: Die dag wat deur die Christene en die Jode onderhou was.

Sondag: Die dag waarop die Son deur die Romeine aanbid was.

Hierdie toedrag van sake was vir Konstantyn onaanvaarbaar, daarom het hy hom beywer om net een amptelike rusdag in te stel en dit is dan die dag wat hulle vereer het nl. Sondag.

Konsilie Van ArIes

By die Konsilie van Aries in 314 n.C. deur Konstantyn byeen geroep, is dit bepaal dat almal dieselfde dag moet onderhou.

Konsilie  Van Nicea

The Turning Point of Christianity—The Council of Nicaea • World Mission  Society Church of God SingaporeBy die Konsilie van Nicea, 11 jaar later, is “dieselfde dag” as Sondag gedefinieër. Dit was ‘n geleidelike oorskakeling en so het die onderhouding van Paassondag nou ‘n wettige instelling geword.

Van nou af het die Biskoppe van Rome alles in hulle vermoë gedoen om die Sabbat in diskrediet te bring en die aandag op Sondag te vestig as “die dag van rus” en om heiligheid daaraan te verleen. Dekrete het nou vermenigvuldig en meer dringend geword.

INNOCENTIUS (401- 417)

Gedurende sy episkopaat beveel Innocentius 1:

“Daar moet gevas word op die Sabbat, want Jesus was toe in die graf, en die dissipels het toe gevas, maar daar moet nie gevas word op die dag van die Here nie, want toe het Hy opgestaan om die mis op die dag van die Here te vier, ‘n voorreg wat eers net aan die biskoppe behoort het.” Lable et Cossart, SACROSANCTA COLCILJA, Epistle 1, Hstk. 4, Tom 11, Cols 1246,1247

EG White stel dit as volg:

“Die dag van die son is deur sy heidense onderdane vereer, en deur Christene geëerbiedig. Dit was die Keiser se beleid om teenstrydige elemente in die heiligdom en in die Christendom te verening. Hy het dit op die aandrang van die biskoppe van die kerk gedoen, wat besiel met ambisie en ‘n dors na mag, gesien het dat as dieselfde dag deur beide Christene en heidene vereer sou word, dit die uiterlike aanname van die heidene tot Christendom sou vergemaklik.” The Great Controversy, Bl. 59

Die Eerste Sondagswet

“Alle amptenare en stadsmense en ambagsmanne moet rus op die eerbiedwaardige dag van die Son. Mense op die platteland egter, mag vrylik aangaan met die verbouing van die grond want dit gebeur dikwels dat geen ander dag so geskik is daarvoor, vir die saai van graan en die plant van die wynstok, as die dag nie.” Codex Justinianus, (A.D. 321) 111,12,3 in die Beck ed. Of Corpus Civilis, vol l l, bis. 108, and tras I. In Ayer, Souree Book of Ancient Church History, bis. 284.

So is daar oorvloedige historiese bewyse dat “Sondag” deur die oorlewering van mense as rusdag ingestel is, sonder die gesag van die Allerhoogste, van Christus, van Sy apostels, van die Bybel of die vroeë Christelike kerk.

Dit het dus net so gebeur soos in die Bybel voorspel is, dat die KLEIN HORINKIE buitengewoon baie kwaad aangerig het en die tyd van die wet verander het.

Die Sabbat Deur Die Eeue

Die groot hervormer, Martin Luther het nooit die Sabbat onderhou nie, nietemin het hy erken dat dit bindend was op die Christen.

In sy kommentaar oor Genesis erken hy dat die Sabbat spesiale betekenis het, deurdat dit van die begin van die wêreld afgesonder is vir die aanbidding van God.

Een van sy helpers, Carlstadt, het hom herinner daaraan dat Saterdag die Sabbat en die vierde gebod is.

Luther se antwoord was:

“Voorwaar as Carlstadt verder moes skryf oor die Sabbat, sal Sondag moet padgee en die Sabbat, dit is Saterdag, sal geheilig moet word.” Maritn Luther, Commentry on Genesis deel 1, bl 138- J 40. J W Moore, Life Of Martin Luther in Pictures, bl 402

Dr. Eck van lngollstad (Geleef in die Hervormingstyd) het die volgende verklaring gemaak in sy dispuut met Luther oor alleen-gesag van die Skrifte: “Die kerk het mag gehad om die Sabbat van die Bybel na Sondag te verander. .. As jy van die kerk wegdraai na die Skrif, Dan moet jy die Sabbat hou … wat van die begin van die wêreld gehou was.” THEODORE NERLIN ENCHRIDION, bl. 78, 79

“Die skrif leer; ‘dink aan die Sabbatdag dat jy dit heilig …. Maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.’ Nietemin het die kerk die Sabbat verander na die dag van die Here, deur hulle eie gesag, waarvoor jy geen skriftuurlike goedkeuring het nie.” John Eck, handbook Of Common Places. (Fotostaat 127)

“In Noorweë het die priesters die mense geleer om Saterdae in plaas van Sondae te heilig.” P. T Mullings, Theological Periodicals of The Evangecal Lutheran Church in Norway Deel 1, bl. 184

In Swede en Finland lees ons dat omstreeks in die jaar 1625 openbarings en visioene van Engele, mense in Wes-Cotland, Smaland en Nerike gewys het op die noodsaaklikheid om Saterdag heilig te hou. “Hierdie Godsdienstige strekking het so ‘n houvas op die mense gekry dat nie alleen groot getalle van die gewone mense begin het om Saterdag heilig te hou nie, maar ook baie priesters. Dit het groot skeuring gebring.” Theodore Nerlin, History of the Swedish church, Deel J, hfst. 3, bl. 250.

Nou verstaan ons waarom die Here sê dat die HERVORMING die naam het dat Hy leef, maar dood is. Dat Sy werke nie deur God volkome gevind was nie.

Wie Is Hierdie Valse Kerk?

Openbaring 17:3 “En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.”

Wie is hierdie valse kerk? Dit is die kerk wat ontstaan het na die val van die vierde ryk, nl. Romeinse Ryk. Dit is die kerk wat ontstaan het tussen die Tien nasies wat uit die Romeinse Ryk gekom het.

Daar is net een kerk wat in hierdie tyd ontstaan het en dit is die Rooms Katolike kerk.

Vers 9 stel dit onomwonde.

Openbaring 17:9 “Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.”

Dit is dan juis die Katolieke kerk wat in die groot wêreld-stad, Rome, op sewe heuwels, haar hoofsetel het, nl. Vatikaan. Die antwoord tot op hierdie punt in die profesie, is dus ondubbelsinning, dat die Katolieke kerk die Groot Moeder van die valsheid is. Dit is dan juis die boodskap van die vyfde vers.

Openbaring 17:5 “en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.”

Die valse kerk bestaan dus nie net uit die Katolieke kerk nie, sy is die moeder van baie ander dogters wat haar ook navolg. Volgens die profesie is die valse kerke veel wyer as net die Katolieke kerk met sy hoof setel in die stad op die sewe heuwels.

Sy sê sy is die bruid, maar dit is die grootste leuen, Sy is juis die moeder, die oorsprong van die groot dwaalleer wat sy in die kerk ingebring het.

Die Antichris Is Die Pousdom

Sy is nie God nie, maar het haar ontstaan uit ‘n samesmelting van die Heidendom en die Christendom.

Openbaring 17:4 “En die vrou was beklee met purper en skarlaken en versier met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol van gruwels en onreinheid van haar hoerery.”

Sy, die valse kerk is welgesteld. Vandaar dan ook die meegaande respek wat sy as gevolg hiervan geniet.  Haar dwaalleer is in ‘n Goue Beker. Ja dit word geleer in die grootste Universiteite en inrigtings in die wêreld. Die grootste professore en doktors. Ja al die leerstellings wat sy oorsprong nie uit die woord van God het nie, maar uit die Heidense godsdienste.

Tog het sy daarin geslaag om hierdie Heidense leerstellings in te burger in die Christelike wêreld. Ja die Christene is dronk van hierdie dwaalleer. Hulle was so subtiel mislei dat hulle heeltemal oortuig voel dat al hierdie dinge wat uit die heidendom die kerk binne gekom het, van God gekom het. Daarom stel die Profesie dit so duidelik dat die wêreld dronk van hierdie dwaalleer is. Dit was so subtiel die kerk binne gebring. Dit was begin deur om van Jesus se moeder, Maria, ‘n tussenganger, ‘n goddelike wese te maak. Iemand wat aanbiddingswaardig is. In lyn met die heidense gebruik. So was ook die ongetroude Babiloniese Priester en die Babiloniese tempel maagde die kerk in gebring. Kersdag was voorgestel as die geboorte dag van Jesus, wat in werklikheid die geboortedag van Tamus is, die Groot Godeseun uit die Babiloniese leer.

So is daar nog baie leerstellings wat vandag ‘n integrale deel van ons Christelike “erfenis” is, wat nie sy oorsprong by God gehad het nie.

Die Bybel is baie presies oor die instellings wat God van ons verwag. Tog is dit belangrik om hier te besef dat dit ‘n groot dwaal was om van Maria ‘n “God” te maak. Dit staan lynreg teenoor die Tweede Gebod.

Met Kersfees, die ongetoude Priester, en die Nonne is dit nie so ‘n ernstige saak nie. Ons het hier nie met Wette of instellings van God te doen nie. Paulus self het nie getrou nie om so sy lewe ten volle aan die verkondiging van die Evangelie te wei. Let op na;

1 Kor 7:32,33 “Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.”

So ook met die viering van Kersdag. Wanneer kersdag vandag gevier word doen mense dit nie om Tamus te vereer nie. Dit is net belangrik vir ons om te weet wat die oorsprong van hierdie dinge was. Kersdag is nie ‘n vervanging of verandering van ‘n instelling van die Here nie. Dit is suiwer ‘n menslike instelling.

Dit is nou duidelik waarom die Here ons die 1260 jaar Profesie vooruit gegee het. In die tydperk het die Satan deur die DIER MET DIE SEWE KOPPE EN TIEN HORINGS sy aanslag op die WET van GOD gemaak. Dit was mos die waarskuwing in Openbaring 12:17 dat die Satan sy aanslag sou maak teen die Wet van God. So was dit ook die voorspelling in Daniël 7 dat hierdie MAG die Tyd van die Wet sou verander.

Die 1260 jaar was dus die tydperk waarin die Antichris in die Tempel van God inbeweeg het en voorgegee het dat hy van God is en so die Christen op ‘n baie subtiele manier mislei het. Die hele wêreld het hom met verwondering en bewondering gevolg en hom aanbid. (Open 13:5, Daniël 7:25)

Die 1260 jaar was ook die tydperk waarin die Heidendom met al sy verlaagde invloede en vormgodsdiens die kerk binne gekom het. (Openbaring 11:2, Daniël 12:7)

Die 1260 jaar was die tydperk toe die Woord van God vertrap en nie gelees was nie. Dit was dan die omstandighede wat die instroming van die heidense konsepte en die verandering van die Wet van God vergemaklik het.

Daniel 8 stel dit dat “hy listige streke verstaan het.” Hy het die “volk van die heiliges oorwin.” “En op grond van sy slimheid het hy met geluk bedrog gepleeg.,;”

Groot en skokkend is die inligting wat ons bekom met die versigtige – “Iaat hy wat lees oplet” – bestudering van die Profesieë.

Lesing Media

Lesing 9, Die 1260 Jaar Profesie, pdf: Die 1260 Jaar Profesie.pdf

Volledige klankbaan van Lesing 09 : Die 1260 Jaar Profesie

Oorspronklike Video van Lesing 09: 09 Die 1260 Jaar Profesie (Hiedie skakel vat u na ons OneDrive omgewing toe, waar u dan op die aflaai pyltije moet druk.

Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en mp4 (video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com

Lesing 10: Die Valse Kerk (Die Hoervrou van Openbaring)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *