Die Boek Openbaring – 08 Die Antichris

Lesing 8: Antichris

Ds. Louis Jordaan

Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.

Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.

Hfst. 8: Inleiding

Inleiding

Daar heers vandag groot belangstelling oor die Antichris. Wie is hierdie Dier Met Die Sewe Koppe En Tien Horings? Almal wil graag weet wie hy is. Maar eers moet ons die kontras weer sien:

Open 12:1  EN ’n groot teken het in die hemel verskyn: ’n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ’n kroon van twaalf sterre;

So mooi is dit, God se bruid.  Die ware kinders, pragtig versier met heilighede, maar so weerloos soos ‘n vrou teen ‘n monster, staan hulle teen ‘n draak:

Open 12:3 “En ’n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ’n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;”

Ja, die draak voer ‘n oorlog teen die bruid van God.  Wat se soort oorlog?  Dit is ‘n oorlog teen die wet van God, daardie wet wat die liefde van God verklaar, daardie wet wat die verhouding tussen mens tot God en mens tot mens verklaar.  ‘n Oorlog teen liefde.  ‘n Oorlog tot die dood toe:

Open 12: “17En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

Duideliker kan die woord dit nie maak nie, hierdie draak het ‘n oorlog teen die gebooie van God en die Geloof in Jesus. Dit was die hoofsaak van Openbaring twaalf.  Openbaring dertien begin met hierdie drama. 

Sewe maal in die apokaliptiese profesieë word daar verwys na die dier met die sewe koppe en tien horings.

Open 13:1 “EN ek het ’n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ’n naam van godslastering.”

Hier is nou ‘n dier met sewe koppe en tien horings.  Dis dieselfde mag, maar nou in ‘n ander vorm.  Die draak gee hierdie dier sy mag.  (Open 13:2)

Open 13:3 … En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

Wat is so spesiaal aan ons, dat ons nie deel is van “die hele wêreld” nie?  Dat ons nie ook verwonderd agter hierdie dier aangaan nie?  Dat ons nie ook die Satan volg nie?

Die Hoerkerk

In ‘n volgende lesing gaan ons Openbaring sewentien saam deurwerk.

Open 17:1. Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,

Open 17:3 … en ek het ’n vrou sien sit op ’n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings

Die valse kerk word gedra deur hierdie dier met sewe koppe en tien horings.

Open 17:5 en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

Ja, op haar voorhoof, haar denke, haar karakter, wie sy is word verklaar as verborgenheid.  Sy steek baie weg.  Sy beweer sy is die ware kerk van God (Open 18:7), maar sy is die hoerkerk, die valse kerk.  Die Bybel stel dit baie sterk deur om na haar te verwys as die “moeder van die hoere van die gruwels van die aarde”

Hierdie dier beveg die rein kerk, maar dra die valse kerk.

 Hierdie saak is egter belangriker as net die sensasie daaraan verbonde. Hoekom is dit belangrik om te weet? Wat gaan hy nou doen? Dan ‘n veel belangriker vraag; Watter gevaar hou hy vir ons in? Waarom gee die Bybel soveel aandag en sulke ernstige waarskuwings rakende die Antichris?

Kom ons begin hierdie vrae beantwoord deur van Paulus se waarskuwings aan te haal.

Hy maak dit duidelik dat die Antichris in die kerk sal wees en voorgee dat hy van God is.

Dit strook ook met die volle betekenis van die Griekse woord, “anti”. Dit beteken nie net “teen” nie, maar sy sterker vorm, “in die plek van.” Dit is veral waar ten opsigte van leierskap. As een leier teen ‘n ander leier is, dan wil hy eintlik daardie leier se plek inneem.

Die groot doel van die Satan met die Antichris, is om die plek van God in die lewe van die Christene en die kerk in te neem. Let nou op Paulus se waarskuwing i.v.m. die

“Die wederkoms van Jesus Christus sal vooraf gegaan word deur die openbaring van die Antichris.

2 Thess 2:4 “die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God

Die wederkoms van Christus sal voor afgegaan word deur die openbaring van die Antichris”

Die woord “teëstander” kan net so wel vertaal gewees het: Antichris. Ja, ons sien Satan se karakter van selfverheffing in hierdie “teëstander”.  Dis Satan wat hom lei.

Die Antichris sit in die Tempel van God en maak asof hy God is

Waar vind ons hierdie mag aan die werk?  In die kerk.

2 Kor 11:14,15 “En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie.

Satan weet hy sal nie ‘n inbraak in jou geloofslewe kan maak as hy nie met die Bybel onder sy arm na jou toe kom nie.

Sy optrede in die kerk gaan gepaard met groot magsvertoon en wonderwerke.

Geen wonder Jesus self waarsku ons dat daar baie valse profete en leraars gaan opstaan nie.

2 Thess 2:9Hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen.”

Ons moet vasstel wie die Antichris is. Hy het ‘n getal en die getal is “666”.

Open 13: 18 “Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en sestig.”

God wil hê ons moet ons verstande gebruik.  Hierdie dier is ‘n mens.  Hy het ‘n getal en sy getal is 666. Hierdie vers is aan die einde van die hoofstuk geplaas, sodat wanneer ons al die gegewens op die tafel het, sal ons die getal ook verstaan.

Matt 24: 15 “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom -Laat hy wat lees, oplet.”

Waar gaan die teëstander werk?  In die kerk!  Hier vra Jesus ons, as ons hierdie eindtyd dinge wil verstaan, moet ons die boek Daniël gaan lees en verstaan.

Hierdie eerste lesing oor die Antichris is die begin van die pad wat ons deur die Profesie gaan neem om die inligting te bekom wat die Here ons gemaan het om te bekom. Dit is uiters Dringend en Belangrik.

Hierdie inligting gaan ons skok, maar onthou dis maar jou eerste tree in hierdie inligting in.

Dit bring ons by die boek Daniël

Ons moet net waarsku dat hierdie geen maklike taak gaan wees om die Antichris hier te ontleed nie.

Dan 7:21 “Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin.”

Hierdie mag oorwin die Heiliges. Oorwin beteken dat hy suksesvol was in sy veldtog teen die kinders van God. Om die heiliges te oowin beteken om hulle van hul heiligheid

en hul Christelikheid te beroof en dus te verlaag totdat hulle net ‘n gedaante van godsaligheid het (2 Tim 3:1-5), maar geensins in die ware sin van die woord kinders van die Here is nie.

Open 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

Hierdie “hom” is weereens die dier met die sewe koppe en die tien horings. Daniel en Openbaring het dieselfde boodskap, dat hierdie dier die heiliges oorwin. Hierdie mag oorwin elke stam en taal.  Tot ons Afrikaanse volkie.

Skokkende inligting

Die hele wêreld het hierdie mag agterna gevolg. Dit gaan dus skokkende inligting wees. Daniël was uiters geskok toe die Here hierdie dinge aan hom geopenbaar het.

Dan 7: 15,28 “Die gees van my, Daniël, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het My verskrik…. Hier is die einde van die saak. Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my.”

Ons moet dus voorbereid wees om, as die Here ons gebed gaan verhoor en ons die gesig verstaan, ons ook soos Daniël, uiters geskok gaan wees.

Open 10:4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.

Daar is sekere inligting wat God geheim gehou het vir ‘n tyd. Daniel 12 se dieselfde. 

Open 12:4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

Die Gesig

Open 10:7 “Maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.

Hierdie tyding is soet in die mond, maar bitter in die maag.  Ja, ons gaan geskok wees teen die einde van die lesing, maar onthou die Bybel noem dit die blye tyding.

Open 10:7 10Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

Die Gesig

Dan 7: 1-8 “In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, en die hoofsaak vertel.

Hierdie is die 2de gesig in die boek Daniel.  Nebukadnésar is Belsasar se oupa.

Dan 7:2 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring:

Dan 7:3 En vier groot diere het uit die see opgekom, die een verskillend van die ander

Volgens Openbaring 17:15 is die see/water volke en menigtes en nasies en tale.

Dan 7:4 Die eerste was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan mensehart gegee is.

Dan 7:5 En kyk, ’n ander dier, ’n tweede, het gelyk soos ’n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en só het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis

Dan 7:6 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was ’n ander een soos ’n luiperd, en dit het vier vlerke van ’n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee.

Dan7:7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ’n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad

Dan 7:8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek.”

Dieselfde gesig kom ook in Openbaring 13 voor

Open 13:2 “En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.”

Op die oog af lyk die paar verse nie baie insiggewend nie. Dit is egter eers wanneer ons lees wat Daniël aan die Engel vra en die Engel hom antwoord, dat die dinge in plek begin val.

AI wat Daniël hier aan ons beskryf is dat hy in ‘n droom by die see gestaan het. Toe het vier WINDE die SEE in beweging gebring en VIER DIERE het die een na die ander uit die See gekom.

Die liefde tot God

Leidraad 1

In vers 17 vind ons die eerste leidraad om die gesig te verstaan. Wat beteken hierdie vier diere?

Dan 7: 17 “Hierdie groot diere wat vier is – vier konings sal uit die aarde opstaan.”

Hierdie vier diere stel dus, VIER KONINKRYKE voor. Onmiddellik sien ons weer die ooreenkoms tussen hierdie gesig en wat ons in Daniël 2 bestudeer het, waar die Here alreeds vir ons die verloop van die geskiedenis gegee het. Daarom gaan ons nie nou weer al ons aandag aan die ontleding hiervan gee nie.

Ons gaan ook later sien dat Daniël nie veel aandag aan die ontleding hiervan gee nie. Ons gaan ook later sien dat Daniël nie veel aandag gee aan die eerste drie ryke nie, maar net aan die vierde een wat daarop volg.

Die Vier Ryke

Leeu Eerste dier – Die eerste Ryk. BABILON soos Daniël alreeds vir ons gesê het (“U is die hoof van goud”) Die Leeu-simbool word ook orals in Babilon gevind.

Beer Tweede dier – Die tweede Ryk. Uit die Geskiedenis en Daniël 8 weet ons dat dit die MEDERS en PERSE was. Nog in Daniël se tyd het hulle oorgeneem.

Luiperd Derde dier – Die derde Ryk – GRIEKELAND. Uit die geskiedenis en Daniël 8 weet ons dan ook dat Alexander die volgende wêreldheerser was.

Draak – Daniël se aandag was by die VIERDE DIER en die KLEIN HORINKIE, wat later die grootste van almal sou word, daarom dat hy nou na die Engel gaan en meer inligting vra oor die VIERDE DIER.

Dan 7: 19 “Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier wat van al die ander verskillend was, buitengewoon vreeslik, met ystertande en met koper kloue, wat verslind, vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap het.”

Die Engel antwoord Daniël op sy vraag oor die VIERDE DIER.

Dan 7:23 “So het hy gesê: Die vierde dier – die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.”

Die Vierde Dïer

Die vierde Koninkryk – VREESLIK en SKRIKWEKKEND.

Wie is die volgende Ryk wat na die Grieke die wêreld regeer het?

Die Romeïnse Ryk

Waarom is hierdie Ryk dan vir Daniël so skrikwekkend? Die ander Koninkryke was ook magtig. Die waarheid was dat dit in die tyd van hierdie koninkryk sou wees, wat die Skepper van die hemel en die aarde gebore sou word.

Dit sou ook in hierdie tyd wees dat die mens hulle Verlosser aan ‘n kruis sou hang.

Dit was ‘n Romeinse wet wat Jesus aan die kruis laat hang het.

Dit was ‘n Romeinse swaard wat Jesus se sy deurboor het.

Dit was ‘n Romeinse seël wat Jesus se graf verseël het.

Dit was onder die bewind van hierdie ryk dat die wêreld sy grootste sonde gepleeg het, deur Jesus aan ‘n kruis te nael.

Dit was hierdie dinge wat Daniël so ontstel het, toe hy vooruit gesien het wat met die Messias gaan gebeur.   Dit is dan ook die boodskap van Openbaring 12.

Dit was die vier ryke.

“Hierdie groot Diere wat Vier is, VIER KONINKRYKE SAL UIT DIE AARDE ONTSTAAN.”

Tien Ryke

Dit is dan ook nie al wat Daniël ontstel het nie. Hy wou ook weet van die TIEN HORINGS.  Daniel se tweede vraag aan Engel Gabriel.

Dan 7:20en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en ‘n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.”

Die Engel verduidelik nou vir Daniël dat die Vierde Ryk sou verdeel in TIEN RYKE. Dit is dan ook presies wat ons in Daniël 2 gesien het, dat in die jaar 476n.C. die Romeinse Ryk in Tien Ryke verdeel het.

Dan 7:24 “En die tien horings – uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en ‘n ander een sal na hulle opstaan.”

Die Nasies was: (Latynse Name)

* OOS-GOTE 538 n.C.                        Wes-Gote

Franke                                                   *VANDALE 534 n.c.

Boergondiers                                      * HERHULE 493 n.c.

Angel-Saksers                                     SUEVE

Almane                                                 LOMBARDE

(* Die Drie wat ontwortel was)

Die Klein Horinkie

Tussen die Tien Horings sou daar ook ‘n Klein Horinkie ontstaan. Daniël wou ook by die Engel weet wie dit was.  Daniel se derde vraag:

Dan 7:20 “en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en ‘n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.”

Die Engel verduidelik nou ook die omvang en belangrikheid van die KLEIN HORINKIE.

Ons moet onthou dat die horinkie, die heiliges oorwin.  Nou vir die hoof-vers:

Leidraad 1 en 2

Dan 7:25 “En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy

hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.”

  • Hy sou woorde spreek teen die ALLERHOOGSTE
  • Hy sou die heiliges mishandel
  • Hy sou die tyd van die wet verander.
  • Hy sou dit doen vir ‘n TYD, TYE en ‘n HALWE TYD.

Dit is die ontleding van hierdie MAG wat vir ons die groot deur gaan oopsluit, om die geheim agter hierdie saak te verstaan. Hier moet ons weer Jesus se waarskuwing onthou.

Matt 24: 15 “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom -Iaat hy wat lees, oplet – “

Dit was dan nou die basiese agtergrond.

  • Vier Koninkryke
  • Die Vierde Koninkryk ontstel vir Daniël
  • Dit verdeel in Tien Ryke

Klein Horinkie

• Hy ontwortel dan DRIE RYKE. Dit is dan die Vierde Ryk wat in Tien verdeel. Drie

word ontwortel sodat daar net sewe oorbly. Ons kom dus hier by die ontleding van

die DIER MET DIE SEWE KOPPE EN DIE TIEN HORINGS.

• Die Horinkie doen groot dinge

• Spreek woorde teen die ALLERHOOGSTE

• Vervolg die HEILIGES

• Probeer om die tye van die wet te verander

• Doen dit vir ‘n tyd, tye en die helfte van ‘n tyd

Ons sal nou uit hierdie gegewens na leidrade moet soek om uit te vind wie hierdie klein horinkie is, wat sulke groot dinge doen.

Leidraad Nr. 2

(in die video is die leidraad nog deel van leidraad nr. 1)

Dan 7:8 “…kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op. “

Watter mag het tussen die Tien Koninkryke ontstaan?

As ons deur die Geskiedenisboeke blaai om te sien watter politieke mag nou na vore tree, dan vind ons geen Ryk wat nou na vore tree nie. Net voor ons die Geskiedenisboeke uit teleurstelling wil toemaak, sien ons tog dat daar wel ‘n mag na vore tree. Dit is nie ‘n politieke mag nie, – maar ‘n geestelike-politieke mag.

Pousdom

Die Pousdom is die enigste mag wat in daardie tyd en tussen die Tien Ryke ontstaan het. Ons moet egter nog eers kyk of hierdie afleiding by die res van die hoofstuk inpas.

Leidraad Nr. 3

(leidraad nr 2 in die video)

Dan 7:24 “sal tien konings opstaan, en ‘n ander EEN sal NA hulle opstaan. “

Het die Pousdom Na hulle ontstaan?

467 n.C. – Val van die Romeinse ryk.

538 n.C. – Pous bekom sy Staatsmag

Let op hierdie aanhaling uit die geskiedenis ter stawing hiervan:

“Baie eeue gelede, toe Rome deur die verwaarlosing van die Westelike keisers aan die genade van wreedaardige bendes oorgelaat is, het die Romeine huile tot een persoon gewend vir hulp en beskerming en hom gevra om oor hulle te heers; en dus, op hierdie eenvoudige manier, het die beste aanspraak op alle koninklike regte, die wêreldlike ryksgesag van die Pouse begin. In nederigheid het die Vikaris van Christus die troon van die Keiser betree en die septer opgeneem waarvoor keisers en die konings van Europa in eerbied sou buig deur so baie eeue.” – Eerw. James P Conry in American Catholic Quarterly Review, April 1911

Leidraad 4 – 6

Leidraad Nr. 4

(leidraad nr 3 in die video)

Dan 7: 24 “-en drie konings neerwerp. “

Volgens hierdie leidraad moes die Pous dan drie magte ontwortel. Dit het dan ook presies so gebeur.

In 533 n.C. was die Pous genader om die heerskappy oor te neem, tog was dit teengestaan. Hierdie teenstand het al eintlik voor hierdie tyd begin maar het nou tot sy klimaks gekom, toe die Vandale in 534 n.C. en die volgende jaar die Oos-Gote uitgewis is. Die Herule was al in 493 n.C. uitgewis. Die Pous het dus eers in 538 n.C. die septer ten volle opgeneem.

Hy het dus net soos voorspel was, drie van hierdie lande ontwortel:

  1. Oos-Gote
  2. Vandale
  3. HeruIe

Hulle is van die aardbodem afgevee. Hulle bestaan vandag nie meer nie.

Leidraad Nr. 5

(leidraad nr 4 in die video)

Dan 7: 24 “-en hy sal verskillend wees van die voriges -“

Het die Pousdom verskil van die Tien Ryke?

Ja, die tien ryke was Politieke magte, maar die Pousdom was ‘n kerklike mag en politieke mag.

Leidraad nr.6

(leidraad nr 5 in die video)

Dan 7: 8 -; ‘n mond wat groot dinge spreek. “

Was hy ‘n TOONAANGEWENDE MAG?

Let ook op die volgende aanhaling uit Geskiedenis bronne:

“Gedurende die tweeduisend jaar wat die Kerk op hierdie aarde bestaan, het sy oorlog gevoer teen so te sê elke regering in die wêreld. Die wêreld is vol van hul puinhope.  Hulle trone het gewankel en geval, hulle vorstehuise het stof geword. En die regerings van die wêreld vandag sal dieselfde noodlot teëkom as hulle die vyandskap van die Kerk van God uitdaag.”

Leidraad Nr. 7

(Deel van leidraad nr 6 in die video)

Dan 7: 25 -: Hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste -“

Hoe spreek ‘n mens woorde teen die Allerhoogste?

Lukas 5 :20,21 “En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en gesê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?”

Geen mens kan hom hierdie reg wat net aan God behoort toe-eien nie. Die Pous en sy priesters eien hulle hierdie reg toe. Let nou op na die volgende aanhaling uit hulle eie boeke i.v.m. hierdie saak:

Priesters Vergewe Sondes

“Soek waar u ook al wil, deur die hemel en die aarde, en u sal alleenlik een geskape wese vind wat die sondaar kan vergewe, wat hom kan vrymaak van die kettings van die hel. Daardie buitengewone persoon is die priester, die Katolieke priester. ‘Wie kan sondes vergewe behalwe God?’ is die vraag wat hedendaagse Fariseërs vra, en ek antwoord, ‘Daar is ‘n man op die aarde wat sondes kan vergewe, en daardie man is die Katolieke priester.’ Ja, geliefde broeders, die priester verklaar nie alleenlik dat die sondaar vergewe is nie, maar hy vergewe hom werklik. Die priester lig sy hand, hy spreek die woord van vergifnis, en in ‘n oomblik, blitsvinnig, word die kettings van die hel verbreek, en die sondaar word ‘n kind van God. So groot is die mag van die priester, dat selfs die oordele van die Hemel onderworpe is aan sy besluit.” Micheal Muller, The Catholic Priest, Baltimore: Kreuzer Broers, 1876.

U is ewig ‘n priester,’ word op sy siel geskrywe. Vir ewig ‘n priester en die Allerhoogste met mag oor die Almagtige.” – Shall I Be A Priest? Bl. 8

Leidraad Nr. 8 – “666”

(Deel van leidraad nr 6 in die video)

Die priester sê egter nie net dat hy sondes kan vergewe nie – maar hy sê dat hy in die plek van God op die aarde is. Die pous het baie krone.  Op een van hierdie krone staan daar die woorde: VICARIUS FILII DEI”  Die betekenis is:

Leidraad 8 en 9

“Plaasvervanger van die Seun van God.”  Hierdie woorde word ook gebruik in vele van hulle liedere wat hulle sing. Hierdie lese is so sentrale punt in hul stelsel dat dit op ‘n kroon en liedere vasgelê word.  Dit op sigself is ook LASTERLIK EN AANMATIGEND.

Nou kom ons by die interessante maar ook belangrike identifikasie wat ons in Openbaring 13 vind, naamlik die “666”.

Openbaring 13: 18 “Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is seshonderd ses en sestig.”

Die Bybel sê hier dat die dier ‘n NOMMER het en as ons ons verstand wil gebruik sal ons hom kan identifiseer, want sy getalwaarde is “666”.

Die Berekening:

Ons weet nou almal dat Romeinse syfers getal waardes het. Neem ons nou die titel van die Pous, nl. “VICARIUS FILII DEI” en ons gee aan elke syfer sy getalwaarde en tel dit bymekaar dan vind ons dat dit presies “666” is.

As ons nou hierdie titel in Grieks vertaal: Lateinos daaraan gee, dan is dit ook “666”.

LATEINOSROMITH
L = 30
A = 1
T = 300
E= 5
I = 10
N = 50
0= 70
S = 200
R = 200
0= 6
M= 40
I = 10
T = 10
H = 400  
Totaal = 666Totaal = 666

Dieselfde geld as ons dit in Hebreeus vertaal, nl. ROMITH. As sy getalwaarde bymekaar getel word, is dit ook die getal wat in die Bybel gegee word, nl. “666”.

Hierdie kan nie per toeval wees nie. Die Bybel sê dat hierdie mag wat tussen die Ryke sou ontstaan en wat drie van die Tien sou neerwerp, woorde teen die Allerhoogste sou spreek; sy getal kan bereken word, en die getal is “666′.

Daar kan by ons geen twyfel bestaan dat die Pous laster teen God nie.

Leidraad Nr. 9

(leidraad nr 7 in die video)

Dan 7:25″ – Die heiliges van die Allerhoogste mishandel – “

Het die Katolieke die Christene vervolg?

Miljoene mense het hulle lewens verloor aan die hand van die Katolieke. Die geskiedskrywers stel die getal tussen 50 en 70 miljoen.

St Bartholomeüs se Slagting – 24 Augustus 1572 :

“Katolieke beweer dat 30000 omgekom het; Protestante stel die getal as 70 000. Ons verkies die laasgenoemde syfer. As daar op die nag van slagting 70 000 Hugenote in Parys was, soveel te meer regverdiging vir die slagting …. Ons het dikwels die klokke hoor lui wat die Katolieke op daardie rampspoedige nag saamgeroep het. Hulle had altyd ‘n soet klank in ons ore” – Western Watchman (Roomse Katoliek) 21 November 1912.

“Sedert die geboorte van die Pousdom … tot die huidige tyd, word dit deur noukeurige en geloofwaardige historici bereken dat meer as vyftigmiljoen van die menslike ras vermoor is vir die misdaad van dwaalleer deur pouslike vervolgers, ‘n gemiddeld van meer as veertig duisend godsdienstige moorde vir elke jaar van die bestaan van die Pousdom.

Natuurlik was die gemiddelde aantal slagoffers jaarliks baie groter gedurende daardie donker eeue toe pousdom op haar hoogtepunt was en Dwingeland van die Wêreld regeer het; en dit was baie minder sedert die mag van die pouse verminder het om oor die nasies

te tiranniseer, en om die prinse van die aarde te dwing, deur die skrikbeelde van verbanning, banvonnis, en onttroning, om hulle ketterende onderdane te vermoor.” -John Dowling, The history of Romanism, bls. 541} 542

Aanslag op die wet van God

Leidraad Nr. 10

-, en hy sal probeer om tye en wet te verander – “

Hulle het presies gedoen wat voorspel was. – Hulle het die TWEEDE GEBOD uit die TIEN GEBOOIE verwyder. Daardeur maak hulle voorsiening vir hulle aanbidding van Maria en die plasing van die Mariabeeld in die kerk. Die tiende gebod het hulle in twee gedeel om weer tien op te maak.

Ons kan sien die wet is verander, maar wat is die “tye” dan? Die profesie het gesê dat die tyd van die Wet verander sou word. Daar is net een gebod wat tydsgebonde is – Ons moet altyd ons vader en moeder eer, – ons moet altyd nie steel nie, – egbreek, ens.

Net die vierde gebod is anders – dit is tydsgebonde. “Ses dae moet jy arbei – maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God, – Dan mag jy geen werk doen nie.”

Het die Katolieke enige verandering aan hierdie gebod gedoen?

Hulle Katkisasie Boek stel dit as volg:

  “V. Watter is die Sabbatdag?

A. Saterdag is die Sabbatdag.

“V. Waarom hou ons Sondag in plaas van Saterdag.

“A. Ons hou Sondag i.p.v. Saterdag omdat die Katolieke Kerk by die Konsilie van

Laodicea (336n.C.) die plegtigheid van Saterdag na Sondag oorgeplaas het.” – Eew. Peter Geierman, C.Ss.R., The Convert’s Catechism of Catholic Doctrine, bl 50

“V. Het u enige ander manier om te bewys dat die Kerk mag het om voorgeskrewe feeste in te stel?

“A. As sy nie so ‘n mag gehad het nie, kon sy nie dit gedoen het waarin alle moderne geestelikes met haar saamstem nie; – sy kon nie die onderhouding van Sondag, die eerste dag van die week, in plek van Saterdag, die sewende dag, gestel het nie, ‘n verandering waarvoor daar geen Skriftuurlike magtiging is nie.” Eerw. Stephen Keenan, A Doctrinal Catachism, bl 174.

Priester Enwright, C.Ss.R., Kansas City, Missouri, president van Redemptorist Kollege van daardie stad, verklaar: “Ek het herhaaldelik $1000 aangebied aan enigeen wat uit die Bybel alleenlik vir my kan bewys dat ek verplig is om Sondag heilig te hou, Daar is nie so ‘n wet in die Bybel nie. Dit is alleenlik ‘n wet van die Heilige Katolieke Kerk. Die Bybel verklaar, “Gedenk die Sabbatdag, dat jy dit heilig.” Die Katolieke Kerk sê: Nee. Deur my goddelike mag verban ek die Sabbatdag en beveel ek julle om die eerste dag van die week te heilig. En kyk, die hele beskaafde wêreld buig neer in eerbiedige gehoorsaamheid aan die bevel van die heilige Katolieke Kerk.” – Lesing te Hartford, Kansas, 18 Februarie 1884.

Soos ons gesien het, was die draak se hoof strategie om die oorlog te voer teen Jesus se bruid, die wat die wet onderhou….  Hierdie wet het ons in die tempel gekry.  Nie net in die tempel nie, maar in die Allerheiligste gedeelte.  Net die hoëpriester kon eenmaal ‘n jaar in die Allerheiligste ingaan. Daar waar God se teenwoordigheid was.  Daar in die ark was God se wet.  Satan se aanval was dus op die kern van God se koninkryk, teen God se wet en die tyd van die wet.

Sy heers oor die konings van die aarde

Openbaring 13:3,4 …die hele wêreld volg hom verwonderd agterna. 4En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Deur om hierdie dier te volg, volg jy die mag wat aan sy hoof staan.

Openbaring 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

Openbaring doen ‘n oproep op ons om hierdie aanval teen die WET te weerstaan en die GEBOOIE TE ONDERHOU.

Openbaring 14: 12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

In die laaste hoofstuk in die Bybel word ons aandag weer op hierdie saak gevestig.

Openbaring 22: 14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.”

Leidraad Nr. 11

“… En sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd, tye en helfte van ‘n tyd. “

Hier word dit aangedui dat die mag vir hierdie tydperk op die aarde sou regeer. Maar hoe lank is hierdie tydperk?

TYD = Een Jaar

TYE = Twee Jaar

HALWE TYD = Halwe Jaar

TOTAAL = 3½ Jaar.

Die tydperk verskyn sewe keer in die Bybel:

TYD, TYE, EN ‘N HALWE TYD.

  1. Daniël 7:25
  2. Daniël 12:24
  3. Openbaring 12: 14

TWEE-EN-VEERTIG MAANDE

  • Openbaring 13:5 (11:2) “En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.”
  • Openbaring 11:2

DUISEND TWEEHONDERD EN SESTIG DAE

  • Openbaring 11:3 “En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.”
  • Openbaring 12:6

 3½  Jaar; 42 Maande; 1260 dae

Met die eerste oogopslag blyk dit dat hierdie drie tydperke verskillend is. Met nadere ondersoek sal ons sien dat hulle presies dieselfde is.

3½  Jaar = 42 Maande = 1260 Dae

Die horinkie sou dus vir 1260 dae op die aarde heers. Dit is egter vir ons belangrik om te weet dat ‘n Profetiese dag = Een Jaar.

Let op die volgende voorbeeld. Toe die Israeliete na hulle reis deur die woestyn, by die beloofde land aankom, maar nie geloof gehad het om in te gaan nie, het die Here hulle terug gestuur na die woestyn vir veertig jaar.  In die profesie daarvan word verwys na veertig dae.

Daarom stel die Bybel dit dat ‘n Profetiese Dag = Een Jaar.

Numeri 14:34 “Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.”

1260 dae = 1260 jaar

Die groot vraag is nou; het die Pousdom vir 1260 jaar, soos die profesie sê, geregeer?

Die pousdom het sy staatsmag opgeneem in die jaar 538 n.C.

Hierdie mag was hom ontneem, toe BRETHIER, een van Napoleon se generaals, die Pous gevange geneem het, op 10 Februarie 1798 en hom sy mag ontneem het.

As ons hierdie tydperk bereken, dan is ons verstom oor die akkuraatheid van hierdie profesie. Dit was presies 1260 jaar.

538n.C. + 1260jaar  = 1798n.C.

Ook hierdie leidraad pas dus in by wat in die geskiedenis gebeur het. Dit laat ons weereens die akkuraatheid en die belangrikheid van die Profesie besef. DIT IS DAN EEN VAN DIE REDES WAAROM JESUS ONS GEVRA HET OM DIE PROFESIE MET AANDAG TE BESTUDEER.

Leidraad 12

Ons laaste leidraad in hierdie studie gaan ons neem uit die boek Openbaring. Die dier wat so lank oor die aarde geheers het, se mag sou hom ontneem word, soos ons nou net gesien het. Maar hierdie wond wat hy ontvang het, sou herstel. Hy sou weer sy mag terug ontvang.

Openbaring 13:3 “En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.”

Dit het ook net so gebeur. Die Pousdom het herstel, en het weer vandag ‘n wêreldwye omvang. Let op die volgende twee aanhalings uit die geskiedenis:

“Dit is twaalfuur, Maandag, die gewigtige 11 Februarie, en ons staan by die gedenknaald by die noordelike deur van die moeder van die kerke van die wêreld, St. John. Ons het gesien hoe eers Kardinaal Gesparri en toe Premier Mussolini die Lateran-Paleis binnery, en nou verseël hulle die verdrag tussen die Heilige Biskopsetel en Italië. Hulle byeenkoms was veronderstel om ‘n geheim te wees, bewaar deur die intieme geselskap, maar die verhaal, soos so baie van sy soort, het uitgelek: en ‘n skare, gespanne met opgewondenheid, is hier as getuies van die deurtog van hierdie twee manne wie se penne ‘n wond van nege-en-vyftig jaar sal genees. – Eerw. John. J Considine, in Catholic Advocate, 18 April 1929.

“The Pope’s journeys receive major coverage by the news media, and increasingly he is presented as the most significant Christian leader. The recent Liverpool R.e. conference was also headline news, prompting the suggestion from one radio commentator that Rome was becoming the national church in England.”

Openbaring bevestig dit, as dit dan ook verwys na Rome; die Stad op Sewe Heuwels.

Openbaring 17:9,18 “Hier kom die verstand van wysheid te pas. Die sewe koppe is die sewe berge waar die vrou op sit.” “En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.”

Die SATAN het dus eers gewerk deur die Romeinse Ryk (Open 12) en toe deur die (Romeinse) Rooms Katolieke Kerk. (Open 13) Dit is dan die DIER MET DIE SEWE KOPPE EN DIE TIEN HORINGS. Uit die Romeinse Ryk ontstaan die Tien Ryke (Europa) maar verminder tot Sewe met die ontstaan van die Katolieke kerk. Die KLEIN HORINKIE het die Christene oorwin deur die TYD VAN DIE WET te verander. Hy het die SABBAT VAN DIE HERE verander na SONDAG, die eerste dag van die week. Daarin het, soos die Katolieke dit self stel, die hele wêreld hulle nagevolg.

Hulle het die WAARHEID met sukses op die grond neergewerp. Tog waarsku Jesus in Matteus 5: 17 – 19 baie duidelik dat nie een van hierdie gebooie in die minste mag verander nie.

Matteus 5: 17 – 19 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemel; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemel.”

Dit laat ons nou die waarskuwing in Matteus 7 beter verstaan.

Matt 7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

Dit was die waarskuwing van Jesus in;

Matt 24:24 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”

(Ons gaan nie in hierdie lesing aandag gee aan wonderwerke nie.)

Hierdie verleiding van die Antichris is uiters suksesvol.

Open 13:1,3,4 “En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer.”

Dit is dan ook belangrik om te onthou dat Satan spesiaal teen die wet van die Here oorlog maak.

Openbaring 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

Tog bly die paspoort tot die hemel, soos in Openbaring 22:14 saamgevat.

Openbaring 22:14 “Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte van die stad.”

Hierdie is ‘n uiters ernstige saak. Baie subtiel het die Satan dus daarin geslaag om die WET VAN GOD te verander en die wêreld het met verwondering die Satan hierin nagevolg ..

Openbaring 13:3 “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan. – Hulle het die Draak aanbid.”

Ja die ANTICHRIS het in die tempel gaan sit en die hele Christelike wêreld vandag volg sy wette en leerstellings. (Ons volgende lesing gaan spesiaal gewei word aan die 1260 Jaar Profesie wat hierdie saak baie duideliker sal

Lesing Media

Lesing 8, Die Antichris, pdf: 08 Die Antichris – Die Boek Openbaring – JLL Jordaan

Volledige klankbaan van Lesing 08 : Die Antichris.mp3

Oorspronklike Video van Lesing 08: 08 Die Antichris.mp4

Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en mp4 (video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com

Lesing 9: Die 1260 jaar Profesie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *