Die Boek Openbaring – 07 Die Duiwel en sy ontstaan

Lesing 7: Die Duiwel en sy ontstaan

Ds. Louis Jordaan

Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.

Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.

Hfst. 6: Inleiding

‘Die Groot draak…, die ou slang wat genoem word die Duiwel en Satan’

Die Vrou = Die Bruid = Die Kerk

2Kor 11:2Want Ek is jaloers oor julle met ‘n Goddelike jaloersheid, want Ek het julle aan een Man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.

Die Kerk

Open 12: 1 “En ‘n groot teken het in die hemel verskyn; ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof’ ‘n kroon van twaalf sterre.”

Hier is God se bruid, bekleed met Jesus die son van  geregtigheid.  Ja ons het nie ons eie lig nie, maar ons weerkaats Jesus soos die Maan die Son weerkaats.  

Die Valse Kerk

Open 17:1 ” … Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit.”

Teenoor die pragtige reine bruid, is daar ook ‘n valse vrou.  ‘n Hoervrou.  Daar is ‘n rein kerk en ‘n valse kerk.  Daar is kinders van God en die sogenaamde kinders van God.

Die Tyd Van Jesus Se geboorte

Open 12:2 “en sy was swanger en het uitgeroep in haarweë en barensnood.”

Vir byna vier duisend jaar het die kerk gewag vir die geboorte van Jesus.  Ja die Messias was verwag, die Verlosser wat ons van ons Sonde sou verlos.  So is Jesus op die regte tyd gebore, die Verlosser is gebore en so ook is die aanval van Satan vergroot.  So ontvou die drama.

Die Draak = Die Duiwel

Open 12:3En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone,

Hier bring die Bybel ‘n prent waar God se bruid, die kerk op die punt was om te baar en die draak het teenoor hierdie vrou kom staan.

Geboorte Van Jesus

Open 12:5 “En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en Sy troon.”

Nadat Jesus ons verlossing aan die kruis bewerk het is Hy terug hemel toe.(Heb 8-10) In die hemel het Hy sy vroeër posisie weer geneem aan die regterhand van God.  Ja, hierdie manlike kind is tans in die Hemel waar Hy besig is om die wêreld te oordeel.

Open 12:6En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend – twee – honderd – en sestig dae lank.

Soos ons in die figuur kan sien kom hierdie profesie van ‘n duisend twee honderd en sestig dae sewe maal in die Bybel voor.  Ons gaan nog ‘n hele lesing hieraan wend.  Dat die kerk na die woestyn gevlug het vir die tydperk.  Sy het gevlug nadat die “Kind” na God toe is.

Vir hierdie lesing sien ons, die bruid, die wat God se verlossing aanvaar en die draak wat teenoor haar staan. 

Oorlog In Die Hemel

Open 12:7 “En daar het oorlog in die hemel gekom; Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak en die draak en sy engele het oorlog gevoer.”

Waar het die oorlog begin?  Waar het die oorlog tussen Migael (Jesus) en die Satan ontstaan?   Sonde het nie op aarde ontstaan nie, maar die Hemel.

Satan is uit die Hemel gewerp

Satan Het Die Oorlog Verloor

Open 12:8 “en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde

Satan & Gevalle Engele Uit Die Hemel Gewerp

Open 12:9 “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.”

Ons gaan in die lesing nog sien dat Satan was volmaak geskape, hy was nie met sonde geskape nie.  By hom het sonde begin, by hom het hoogmoed begin wat gelei het tot rebellie en oorlog teen God.  Met hierdie rebellie/oorlog het Satan ander engele oortuig dat God onregverdig is en so het hulle saam met hom gerebelleer. Hulle verloor hierdie oorlog en die Satan is neergewerp op die aarde.  Ja hier waar ons woon, waar die mens toegegee het om te deel aan hierdie rebellie.

Op hierdie aarde woed die stryd voort.  Die stryd wat u goed ken.  Die stryd om goed te doen en Jesus te kies teenoor die slegte.  Die stryd tussen goed en kwaad.

2Pet 2:4 “Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;”

Jud 1:6 “En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar.”

Jud 1:7 soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aan geloop het, as ’n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.

Sonde het nie in die tuin van Eden begin nie, dit was al daar voor die skepping van die aarde.  Die oorlog het in die Hemel begin voor die val van die aarde.  Dit was juis omdat daar ‘n sonde opsie bestaan het, dat die boom van die kennis van goed en kwaad in die tuin van Eden bestaan het.

‘n Derde Van Die Hemel Se Engele Is Deur Die Duiwel Mislei.

Open 12:4 “En sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het”

‘n Derde van die hemel se engele is gevalle engele.  Dus het ons, ons bewarings engele om ons, maar daar is gevalle engele wat saam met Satan werk om ons.  Hulle help Satan om jou in sonde te laat val. Gelukkig is daar twee derdes van engele wat nie geval het nie, en hulle is ook om ons om ons te beskerm.  Dit hang af wat jy kies.

Die Duiwel En Sy Oorsprong

Kol 1: 16 “want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemel en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.”

Ja ook die morester, Lucifer is deur Jesus geskape.

Satan Se Val

Jes 14:12Hoe het jy uit die hemel geval, O morester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van al die nasies,” Hy wat eens saam met die sterre van God kon ontmoet is nie meer daar nie

Satan was volkome gewees

Eseg 28: 13 “Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking; karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.”

Hy was pragtig geksape.  Sy drag was vol juwele, edelgesteentes.  Ja, God hou daarvan om iets mooi te maak.  Die Satan was ‘n besondere mooi gerub(hoof engel) gewees.  Hy was magtig, slim en baie mooi.

Eseg 28: 14 “Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes,”

Op die god-berg, waar God se troon was het hy gefunksioneer.  Hy het by God

Eseg 28: 15Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.”

Hy was geskape sonder ‘n sondige natuur.  Ja hy was volmaak in sy karakter.  Hy was vol van liefde geskape.  Het sonde sy oorsprong by God, ‘n duisend maal nee. Net soos die dag as u besluit om die verkeerde pad te loop, het dit nie sy oorsprong by God nie. Deur Satan en jou eie vrye keuse het hy teen God gedraai.  Ons is geskape na die beeld van God (Gen1, Ps.8), met ‘n vrye keuse wie ons wil dien en gehoorsaam.  In Psalm 8 sien ons dat ons “’n weinig minder as die Engele” geskape is.  Dus was die Satan en die engele nog nader aan God as eweknie geskape. Nie gelyk met God nie, maar nader aan God as ons. Met veel meer kennis van God, meer blootstelling aan ware liefde as ons, het Satan nog steeds teen God gerebelleer.

Eseg 28:16 “Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!”

Ja, met sy tong het hy sy politieke praatjies verkoop en hierdie verdraaide praatjies het gelei tot geweld.   Daar is nie fout met koophandel nie, maar as die vrug ‘n sonde(bv. rebellie en geweld) is, moet jy weet hierdie verhaal se oorsprong kom van sonde af.

Hoogmoed het oorgeneem

Eseg 28: 17Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans, Ek het jou op die grond gewerp, … “

God het hom mooi gemaak en beklee met juwele.  Dis nie die juwele en skoonheid wat die sonde is nie, maar wat jy daarmee doen wat die sonde is. Satan het homself beter as ander ge-ag oor sy skoonheid.  Ja hy het hoogmoedig geword.  Soveel so, hy wou homself God maak.

Eseg 28: 18Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.”

Waar sy sonde met koophandel en hoogmoed begin het, het dit uit gebrei tot vele meer.  Soos die ou mense gesê het, as jy kan jok kan jy steel ook.  Die een sonde lei tot die volgende. Sonde parasiteer op liefde en waarheid.

Satan sal vernietig word

Eseg 28: 19 “Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.”

Die Satan gaan nie vir ewig bestaan nie.  Ja soos Judas vir ons uitgewys het, is Sodom en Gomorra ‘n voorbeeld van hoe die straf met die helse vuur gaan plaasvind.  Die vuur verteer en die gevolg is vir ewig.  

Jes 14:12 “Hoe het jy uit die hemel geval, o morester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!”

Jes 14: 13 “En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde,”

Waar begin sonde?  In ons harte.  Ja, ons koester eers die gedagte, voordat dit ‘n daad word, of gepreek word.

Ja hoogmoed vorm die basis van Satan se sondige karakter. 

Jes 14: 14 “Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!”

Satan Se Bose Karakter.

Joh 8:44 “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

Waar het sonde begin? 

Waar het leuens ontstaan.  By Satan homself.  God speel oop kaarte met ons, hy maak alles bekend.   Alle sondes kom altyd uit.

Sonde het by Satan beging

Hoe Vêr Sal Satan Gaan Om Ons Te Mislei?

2 Kor 11:14 “En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.

Die Satan weet jy sal hom heel waarskynlik die deur wys as jy met die drankbottel onder sy arm kom, maar as hy met die Bybel onder die arm kom, mag jy hom net dalk as ‘n heilige aansien en hom in  nooi.

2 Kor 11: 15 “Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”

Wetend en onwetend het die Satan baie volgelinge op hierdie aarde.  Geen wonder Jesus is so bekommerd gewees oor hoeveel valse leraars en valse profete gaan opstaan.

Kan Satan Wonderwerke Doen?

Open 16:14 “Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die Almagtige God.”

Ons gaan nog na Armagedon kyk in een lesing.  Ja, Satan, met sy engele is magtig.  Hulle kan wonderwerke doen en so mislei hulle die konings en hul mense. Soveel so die hele aarde word verlei om te dink dit is van God af.

2 Thess 2:4 “die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.”

Die woord teëstander kan verstaan word as anti, of in die plek van.  Hier sien ons dat Satan in die plek van God in jou hart wil heers.  Satan wou in die plek van God die heelal regeer. Satan wil in die plek van God in jou kerk regeer.

2 Thess 2:9hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen,”

Hy bring die leuen met soveel krag dat dit vir die wêreld na waarheid klink.  Die king James sê” with lying wonders”.  So sterk bring hy hierdie leuen dat die waarheid na ‘n leuen lyk.

Matt 24:24 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”

Die valse profete gaan groot tekens en wonders doen. So raak gaan hierdie tekens en misleiding wees, dat as ons nie die Bybel en sy profesieë verstaan nie, sal ons die onderskeid nie sal kan maak nie.

Matt 7:22 “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?

Hulle gaan met ‘n groot vraag uit roep: Here, daar waar ons was kon ons duiwels uitdryf?  Hoekom verwerp U ons?

Satan doen wonderwerke in die Jesus se Naam

Matt 7:23 “En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie” Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

Wie het daardie wonderwerke gedoen?  Het hulle Satan se rebellie aan gesluit, deur om teen God en Sy gebooie(karakter) te rebelleer?

Die misleiding is vooruit voorspel om ons te waarsku.  God waarsku ons dat Satan kan wonderwerke doen en hy doen wonderwerke deur sy mense.  Wonderwerke kan nie ‘n teken wees dat iemand van God is nie.  Die Bybel is ons enigste maatstaf (Luk 13)

Satan die Bybel Aanhaal Om Te Mislei?

Matt 4:6 “en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien U voet teen ‘n klip stamp nie.” Wat Haat Satan Die Meeste?’

Satan is ‘n meester om die Bybel aan te haal

Open 12: 17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

Toe Satan teen Jesus verloor, is sy groot aanval teen God se kinders.  Wie val hy aan, die wat die gebooie bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.  Wat is Jesus se getuies?  Ons vind dit meestal in die Evangelies en Openbaring.  Dus wil die wat jou wil mislei, jou weg hou van God se wet en Sy getuies.  Hierdie getuies ontbloot juis vir Satan en sy volgelinge.

Definisie van ‘n Heilige:

Open 14: 12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.”

Open 22: 14 “Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.”

God wil juis ons nader trek aan Sy getuie en Sy wet van liefde.  Satan wil jou verhoed om by hierdie getuie en wet te kom.

Hoe Kan Ek Seker Maak Dat Ek Nie Deur Die Satan Mislei Word Nie?

Hierdie is van kardinale belang sodat ons nie mislei word nie:

Ou Testament

Jes 8:20Tot die Wet en tot die Getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.”

Nuwe Testament.  Die Ou Testament en Nuwe Testament is in harmonie.

Rom 3:21 “Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig.

In harmonie met Openbaring.  Die heiliges bewaar die wet en die getuie van Jesus Christus.  Hier weer is die geregtigheid van God geopenbaar in die wet en die profete.  Terwyl die profete deel maak van die getuienis van Jesus Christus.

Matt 5: 17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”

Matt 5:18 “Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.”

Duidelik moet ons die profesieë verstaan en bewaar. 

Matt 22:36 “Meester, wat is die grootste gebod in die wet?”

Matt 22:37 “En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.”

Matt 22:38 “Dit is die eerste en grootste gebod.”

Matt 22:39 “En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”

Matt 22:40 “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Opb 19:10)

Hulle het die Satan gewen deur die bloed van die Lam

Waarmee Word Satan Vergelyk?

1 Pet 5:8 “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.”

Satan Se Finale Lot

Eseg 28: 18Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.”

Eseg 28: 19 “AI jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ‘ewigheid nie.”

Heb 2: 14 “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel.”

Eseg 28: 19 “Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking

geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.”

Kan Ons Die Duiwel Oorwin?

Jesus Het Die Dood & Satan Oorwin

Open 12: 10 “Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en _ die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, en hy het hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

Ons Word Gered Deur Die Bloed Van Jesus

Open 12: 11 “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.”

Die Vreugde & Bekommernis Van Die Hemel

Open 12:12 “Daarom, wees verheug, 0 hemele en die wat daarin woon; wee die bewonders van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.”

Hoe Kan Ons Die Duiwel Oorwin?

Open 12:11 “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.”

Jak 4:8Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!”

Jak 4:9 “Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.”

Jak 4: 10 “Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.”

Die Dier met sewe koppe en tien horings

Die Dier Met Die Sewe Koppe & Tien Horings

Die Kerk

Open 12: 1 “En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre,”

Die Draak Met Sewe Koppe & Tien Horings

Open 12:3 “En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone.”

Open 13:3 “En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.”

Open 13:4 “En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?”

Open 13:8 “En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.”

Die Valse Kerk

Open 17: 1 “En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, en ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit.”

Open 17: 15 “En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.”

Open 17:3 “En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.”

Open 17:5 “en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.”

Die Antichris = Dier Met Sewe Koppe en Tien Horings

Lesing Media

Lesing 4, Die Wederkoms, pdf: 07-Die-Duiwel-en-sy-ontstaan-Die-Boek-Openbaring-JLL-Jordaan.pdf

Volledige klankbaan van Lesing 06 : Die Duiwel en sy ontstaan

Oorspronklike Video van Lesing 07: Die Duiwel en sy ontstaan

Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en mp4 (video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com

Lesing 8: Die Antichris

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *