Lesing 6: Die Tien Gebooie
Ds. Louis Jordaan
Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.
Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.
Hfst. 6: Inleiding
‘Die Groot draak…, die ou slang wat genoem word die Duiwel en Satan’
Inleiding
Open 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Met ons volgende lesing sal ons sien hoe die val van die Engele gekom het. Hier sien ons die Duiwel staan bekend as die ou draak, slang en Satan.
Open 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. En ek het op die sand van die see gaan staan.
Die Satan se hoof aanval het twee bene. Sy eerste fokus is ‘n aanval teen die gebooie van God. Die ander been fokus op die getuienis van Jesus Christus. Hoekom wil Satan so graag sy oorlog fokus teen die wet van God en Jesus? Die definiese van ‘n heilige van God, sluit in die gebooie van God:
Open 14:12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
Deel van wie en wat Jesus se kinders moet besit is die tien gebooie. Satan wil verhoed dat God se kinders hierdie liefdes kode moet besit. Van daar dat ons sien dat Satan ‘n oorlog het teen die wet van God
Open 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad..
Duidelik moet die gebooie deel van ons wees as ons die ewigheid wil in stap.
Exo 31: 18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
Die Bybel is vir ons gebring op papirus/of vel (vandag papier). Die enigste gedeelte van die hele woord wat op klip gegraveer is, is die tien gebooie. Dit is ook die enigste gedeelte wat persoonlik deur God geskryf is. Die tien gebooie is geskryf deur die vinger van God op klaptafels. Ja tot vandag toe in die argeologie sien ons dit want in antieke tye op klip uit gegraveer is, bly staan.
Exo 32:16 En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
Baie van ons het nog ‘n brief of gemerkte Bybel wat deur jou pa of ma se eie hand geskryf is. Ja dis ‘n persoonlike boodskap vir elkeen van ons.
Die verbond van God
‘n Verbond is ‘n kontrak/belofte wat God met Sy kinders aangegaan het. Dit is basies ‘n voorwaardelike of onvoorwaardelike belofte wat van een of albei partye af hang hoe die belofte verwesenlik.
Deut: 5:22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met ‘n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee
Dis ons keuse



Deut 4:13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.
Heb 8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees
Tweede Tafel – Liefde teenoor jou naaste
Gebod 5 – Eer jou vader en jou moeder
Hierdie gebod klink of dit ‘n eenrigting gebod moet wees, maar in die oorspronklike is dit ‘n tweerigting gebod. Ons as ouers moet ons kinders ook respekteer en eer.
Mal 4:6 6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.
Ons ly baie in ons persoonlike lewe as die lig van hierdie gebod nie tot volkome wasdom in ons lewens kom nie. Die vyfde gebod gaan om die verhouding tussen ouers en kinders. Hierdie verhouding vorm die basis van die mens se verhouding met die samelewing. Ons bots baie in die lewe met ander. Sommige van ons meer as ander.
“Die verhouding wat daar tussen ouers en kinders bestaan veral in hulle ontwikkelings jare, bepaal tot ‘n baie groot mate die geluk van die kind vir sy latere lewe.”
Die Huisgesin
Die huis is die fondasie van ons geluk of ongeluk, Daarom vind ons dat die Satan sygrootste aanval op die huisgesin maak,
Die Gejaagde Lewe
Daar is min ouers wat werklik ‘n verhouding met sy kind het. Ons spandeer soms nie eers VYF MINUTE per dag met ons kinders nie.
‘n Ondersoek deur die Universiteit van Bloemfontein het gevind (na hulle 1000 Afrikaanse huise besoek het) dat in 24 uur net 18 tot 24 minute aan ‘n kind gewy word. Wat dit erger maak is dat net drie tot ses minute aan twee-rigting kommunikasie gewys word.
Dit is ons goddelike plig om betekenisvolle tyd met ons kinders deur te bring.
Die vyfde gebod is net so belangrik soos die vierde gebod. U kinders ly omdat u nie hierdie gebod nakom nie. Uself ly omdat u nie hierdie gebod nakom nie.
Kinders en jongmense, julle maak ‘n groot fout in die lewe as julle nie gehoorsaam aan julle ouers in nie. Julle lê die fondament vir ‘n ongelukkige lewe. Julleself gaan die meeste ly.
Dit is julle plig om die vyfde gebod te onderhou.
Ouers, ons wat so baie bid en hoop dat ons kinders eendag gelukkig sal wees. Spandeer u nou tyd met u kinders? lndien nie, kan u maar gereed maak vir trane van droefheid en bekommernis.
Die Tyd het aangebreek dat die TV meer male afgeskakel moet word. Julle selfone eenkant geplaas word.
As ons as ouers deur die Media beheer word dan onderhou u nie die vyfde gebod nie.
Die Sesde Gebod – “Jy mag nie doodslaan nie. “
Moord begin in die gedagtes van die mens. Dit begin by haat vir iemand. Maar weet dit dat as” u iemand haat, dan ly uself die meeste daaronder. Om te haat is net so ‘n oortreding van God se gebooie as enige ander gebod. Hoeveel geestelike dood word nie deur ons veroorsaak nie.
As ons kwaad van mekaar spreek saai jy dood om jou. Die mens vandag ly baie as gevolg van verwerping. As ons van ‘n persoon kwaad spreek en hom kritiseer beteken dit dat u hierdie gebod nie hou nie.
Dit beteken dat u nie gelukkig is nie. Die rede vir LI ongeluk is verdorwenheid van u hart, wat sy uiting vind in die oortreding van God se gebod. Daar is groot lig in hierdie gebod soos daar in al God se gebooie is.
As ons haat, dan ly ons.
As daar waarlik vir ons naaste plek in ons lewens is, dan salons nie liggeraak wees nie.
Dan sal mense ons nie met handskoene hoefte hanteer nie. Sensitiewe mense hoef nie selfsugtig te wees nie. Dit is net wanneer ons sensitiwiteit na jouself gekeer is dat jy liggeraak word.
Wanneer ons sensitiwiteit uitwaarts wyk, dat ons sensitief word tot die behoeftes van ander mense, word ons een van die aangenaamste persone om mee te verkeer.
Ons ly baie, omdat naasteliefde, nog nie in ons, tot volle wasdom gekom het nie.
Ons Groot Hoop





Sewende Gebod – “Jy mag nie egbreek nie”
As daar een gebod is, wat meer gevaarlik en rampspoedig is om te oortree, is dit juis hierdie gebod. Net soos in die vyfde gebod kom ons nou weer by die gesin uit, maar hierdie keer by die huwelik self.
Satan besef dat as hy die huwelik en dus die huisgesin kan vernietig, hy die wêreld onder sy voete het. As die huisgesin val, val die mense en die hele samelewing in duie.
Wie hierdie gebod oortree eindig in chaos
Daar is geen geluk en lewens vervulling buite hierdie gebod nie. Gaan stap maar saam met die mense wat hulle totaal hieraan oorgegee het. Kyk maar na hulle strak gesigte. Hulle is altyd aan die hardloop. Hulle is dwalende geeste. Vervullings ken hulle nie. Hulle is hopeloos verslaaf Hulle geliefdes waarvoor hulle omgee, vertrap hulle. Hulle self ween daaroor, maar hulle kan daar niks aan doen nie.
Sulke mans is erger as diere; hulle is duiwels in menslike gedaante. Van die ware, heilige liefde, weet hulle niks nie. Die wêreld is vol manne en vroue van hierdie soort en hulle mooi, netjiese huise is soos die hel daar binne.
Dink as julle kan, watter soort kinders sulke ouers het. Sal die kinders nie nog laer sak nie? Hulle geluk is verwronge.
Die ellende van ‘n groot klas is so groot dat die dood vir hulle verkiesliker sou wees as die lewe. En baie sterf voor hulle tyd, omdat hulle, hul lewens opgeoffer het aan dierlike drifte.
Seks buite die huwelik, is vuur. Wie daarmee speel sal homself verbrand. Dit maak jou so bedwelmd dat niks anders vir jou bestaan nie.
Daar is ‘n oorlog teen die huwelik.
Daar gaan al hoe meer stemme op dat die huwelik jou net bind. Dat dit goedkoper is om nie te trou nie. Dat dit die beste is om maar net saam te bly. Ons lees al hoe meer van filmsterre en vooraanstaande mense asook talle jongmense wat nie meer bereid is om te trou nie.
Mal 2:16 16Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ’n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
God sien egskeiding in dieselfde lig as geweld/moord. Die moordenaar en die egbreker dra ewe veel skuld
Die Agtste Gebod “Jy mag nie steel nie. “
Ons is almal tot ‘n meer of mindere mate skuldig aan hierdie gebod. Ons weerhou soms inligting tot ons voordeel en so beroof ons andere. Hierdie dinge ontneem ons van ons vrymoedigheid en ons ly baie as gevolg hiervan. Ons beroof ook ons kinders van die Christelike voorbeeld wat hulle so nodig het.
Hierdie verkeerde en negatiewe voorbeeld waaraan hulle nou in hulle vormingsjare blootgestel word, is ‘n dodelike gif vir hulle.
Spr 20:7 “Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed.”
Die feit dat jou kinders by jou leer om nie in sy diepste wese eerlik te wees nie, ontneem ons ons kinders van die sekerheid wat hy/sy in jou kon hê.
Die Negende Gebod “Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. “
Die kern van die negende gebod het te doen met die gesindheid van my hart teenoor my medemens. Die leuen is liefdeloos. Die waarheid is vol liefde. Ons gesindheid blyk nêrens so duidelik as in ons woorde nie. Ons slaan mekaar so maklik met woorde. Ons
praat agter die rug van mekaar. So ‘n verhaal oor andere word maklik geglo. En daar is normaalweg baie waarheid in so ‘n verhaal, maar dit is ‘n onnodige waarheid. Dit is ‘n vergrote waarheid.
Dit is ‘n liefdelose waarheid. En dit is meeste van die tyd ‘n halwe waarheid. Maar die feit dat u hierdie leemte in u naaste so met lus verkondig wys dat u alreeds in hierdie verband geestelik dood is. Daar is ‘n wet in hierdie verband. As u stories van andere verkondig, dan sal daar ook stories van u vertel word. En wat ons nie besef nie, mense wat maklik na ons stories luister, vertel net so maklik ook stories van jou.
Hierdie is ‘n kanker wat maklik onder ons versprei. Groot hartseer was al daardeur veroorsaak. Die mense wat die meeste daaronder ly is die storievertellers self. Hulle is die ongelukkigste mense. Ons ly baie omdat ons hierdie gebod nie onderhou nie. As ons kwaad van mekaar spreek is dit net so ‘n groot oortreding as om die Naam van die Here ydellik te gebruik of om die Sabbat te ontheilig.
Die Tiende Gebod – “Jy mag nie begeer nie”
Hierdie gebod is gekoppel aan jou naaste.
“Nie jou naaste se huis nie. Nie jou naaste se vrou nie. Nie sy dienskneg of diensmaagd nie. Of enige iets wat aan jou naaste behoort nie.”
Die tiende gebod is in werklikheid ‘n samevatting van al die gebooie. Die tiende gebod sê vir ons dat al hierdie kwaad in ons hart begin.
Jak 1: 14,15 “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as hy die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”

As begeerte eers in jou hart die oorhand kry, word jou naaste vir jou ‘n struikelblok.
Iemand wat uit die weg geruim moet word, want ek wil dit wat hy het, vir myself hê. Van alles word ‘n slagveld gemaak. Later moet sy vrou verower word. Sy naam moet neergehaal word. Sy goed beskadig word, en later moet selfs sy lewe hom ontneem word.
Hoe ongelukkig is die mens tog nie wat deur sy eie begeerlikheid verteer word nie. Hy buig voor niemand nie. Almal moet voor hom buig. Hy is soos ‘n onstuimige see. Hy kan tot rus kom nie. Hierdie mens is diep ongelukkig.
Is u so ‘n mens?
Die liefde tot God





Die geheim van die tien gebooie word in die vierde gebod vas gevang.
Hierdie was ‘n blik op naaste liefde. Hierdie liefde is nie sonder die Here moontlik nie.
Dit Is Die Hemelse Gebooie
Uit hierdie korte oorsig oor die Tweede Tafel van Gods gebooie, is dit duidelik dat dit Hemelse Gebooie is. Hierdie is liefde waartoe ons as mens nie sonder die Here in staat is nie, daarom dat die Eerste Tafel so belangrik is.
Dit gaan oor ons liefde en verhouding tot God wat alleen vir ons hierdie dinge kan doen. As ons ons liefde tot God nie deur Sy krag kan bemeester nie, is die liefde tot die naaste nie moontlik nie.
Die Eerste Gebod “Jy mag geen ander gode vuur My aangesig hê nie. “
Slegs God kan hierdie hartsverandering aan ons gee. Maar as ons, ons hulp by ander gode gaan soek is ons op ‘n doodloop straat. Hierdie “gode” beskik oor geen krag om jou van hart te verander nie.
Geld!
Geld is vir so baie van ons ‘n afgod.
Geld kan vir ons baie dinge gee.
Groot dinge. Motors, Huise, Oorsese reise. Maar geld kan nie ons harte verander nie.
Ons kan al hierdie dinge besit en ons harte bly nog dieselfde. Ons is nog steeds diep ongelukkig.
1 Tim 6:8–11
8Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
9Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
10Want die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
11Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
Dit is dus baie belangrik om die ware God te ken en op Hom alleen te vertrou om u nuut te maak.
Die Tweede Gebod – “Jy mag vir jou geen gesnede beelde maak nie. “
Ons kan maklik sê, maar ons maak nie meer beelde nie en aanbid hulle ook nie. Maar weet u hoekom het hierdie mense beelde gemaak en hulle dan aanbid? ‘n Beeld is stom.
Jy kan hom die persoonlikheid en vereistes gee wat jy graag in hom wil hê. Dan dien die sogenaamde god van jou soos jy dit wou hê.
Mark 7:7,8
7Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. 8Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas….
Hierdie probleem is vandag nog met ons. Mense probeer God en Sy lewensreëls verander sodat dit hulle pas, maar dan het dit Sy krag verloor. Al is daar hoeveel goeie punte in die rites wat jy uitvoer.
Die Derde Gebod
“Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie. “
As ons die Naam van die Here sonder eerbied gebruik, het dit nie net ‘n negatiewe invloed op onsself nie, maar ook op die mense wat ons aanhoor. Ons en ons aanhoorders verloor die besef van die feit dat dit alleen God is wat ons van harte nuut kan maak. Dit word alledaags. Dit word net ‘n ligsinnige wyse in ons algemene omgang, sonder die diepe harts besef daarvan.
Ons vind vandag baie “goedkoop getuienisse” vir die Here. Ons vind dat hy wat geen bewys het van die Krag van God in sy lewe het nie, die Naam van die Here luidkeels verkondig.
“Jesus” het my gered. “Jesus” het my gered uit die doolhof van die sonde. “Jesus” is die middelpunt van my lewe. Terwyl sy lewe die teenoorgestelde verhaal vertel, Om te getuig vir die Here beteken ten eerste om ‘n voorbeeld te wees, en dan te getuig van die hoop wat daar in ons is.
Die naam in die Ou Testament is tog
Die Vierde Gebod. “Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig. “
Hierdie gebod bring ons by die klimaks of geheim agter die tien gebooie. Daar is geen
krag in hierdie gebooie self nie. Die krag lê in die PERSOON agter die gebooie.
Die Persoon is die Skepper van die Hemele en die Aarde. Hy het ons gemaak en net HY kan ons herskep. Ons as mens is net tot die liefde wat in die TIEN GEBOOIE omskryf word, in staat, as ons tyd met ons God deurbring. Daarom dat God dan ‘n sewende van ons tyd vereis. Ons kan slegs die kwaad oorwin met die goeie.
Hier in die begin van die wêreld se geskiedenis is die vierde gebod gegee. Dis die heel eerste gebod wat God vir ons gegee het. Dit is om tyd met Hom te spandeer. Sonder om tyd met Hom te spandeer kan die res van die gebooie nie verdiep nie.
Wet aan die kruis genael




Gen 2:1 SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
Gen 2:2En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
Gen 2:3En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Toe die gebooie op kliptafels gegraveer was, was die gebooie in herinnering aan die eerste keer toe die gebooie gegee is gegee.
Exo 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
Exo 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
Exo 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Exo 20:11Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
In hierdie gebod, herinner God ons aan die instelling van hierdie gebod.
Die geheim van die tien gebooie le in die feit dat ons tyd met die God agter die gebod spandeer. Dus is dit belangrik dat ons Sabbat hou, die sewende dag eenkant plaas om geheilig te word:
Exodus 31:13 preek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
Die TIEN GEBOOIE is dan inderdaad dié omskrywing van die Karakter van God. Die TIEN GEBOOIE is dan die volmaakte Wil van God in ons lewe.
Is Die Tien Gebooie Aan Die Kruis Genael?
Geen wonder Satan het ‘n oorlog teen God se gebooie nie.
Opb 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Dit is die verbond waarteen Satan veg. Satan veg teen hierdie karakter van God. Satan wil nie hê dat ons die enigste gedeelte wat deur God se vinger self geskryf is moet onderhou nie. Hierdie gebod wat ons verhouding met God en met ons medemens verdiep. Hierdie gebod wat verhoudings laat bou en liefde laat seevier, is onder aanval deur Satan.
Vandag is die Christelike wêreld in twee geskeur. Helfde verklaar dat die tien gebooie aan die kruis genaal is. Die ander helfde verklaar dat die die tien gebooie vir ewig geldig is. Hoe kan ons nou skielik egbreek pleeg, jok, ander gode dien en begeer. Wie is nou waar?
Ons sal hierdie vraag begin beantwoord deur twee tekste aan te haal wat oënskynlik mekaar weerspreek. Die eerste is in die brief van Paulus aan die Galásiërs. Dit blyk hier duidelik dat dit slegs genade is wat ons ons redding bied en geensins werke nie.
Gal2: l6 “Terwyl ons weet dat die mens nie regverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.”
Die volgende teks, ook deur Paulus, blyk om weer presies die teenoorgestelde te sê. Hier maak Paulus dit duidelik dat slegs die DADERS van die wet die lewe sal beërwe,
Rom 2:13 “Omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.”
Hier is net twee opsies; of Paulus weerspreek homself, wat nie die geval is nie, of hy spreek van verskillende wette. Wanneer ons die woord wet in die Bybel lees, is ons eerste gevolgtrekking dat dit die TIEN GEBOOIE is, waarna verwys word.
Die waarheid is egter dat die woord “wet” nie net na die Tien Gebooie verwys nie, maar wel na ‘n verskeidenheid van wette. Die mees algemene is die
WET VAN MOSES en
DIE WET VAN GOD.
Die volgende tekse sal duidelik aan ons toon dat die woord nie net na die Tien Gebooie verwys nie.
Wet Van Sonde
Rom 7:21 “Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen is die kwaad by my aanwesig.”
Wet Van God
Rom 7:22 “Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;”
Wet Van Die Gemoed
Die Wet van God en die Wet van Moses





Rom 7:23 “maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.”
Om dan klaring te bied aan die groot vraag of die Tien Gebooie aan die kruis genael is of nie, sal ons aan die hand wil doen van die oënskynlik weerspreking tussen die twee reeds genoemde tekse.
(Gal 2:16 & Rom 2:13)
Waar die een se klem dan GELOOF is en die ander ONDERHOUDING van die wet,
Dit is vir ons belangrik om die onderskeid tussen die WET VAN GOD en DIE WET VAN MOSES te ken. Vir die beantwoording hiervan kyk ons nou na;
2Kon 2l :8 “En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.”
Hier is dit dan duidelik dat die Here ‘n onderskeid maak tussen die wet wat HY gegee het en die wat HY deur Moses aan hulle gegee het. Hierdie onderskeid vind ons herhaalde male.
Nehemia 9:13,14 “En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee. En u heilige Sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en ‘n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel.”
Hier wys die Here weereens na die WET wat HY gegee het en ook die duidelike onderskeid m.b.t. die “Wet van Moses.”
Geskrywe Met Die Vinger Van God
Die tien gebooie is die enigste gedeelte in die Bybel wat persoonlik deur God geskrywe is. Wat ‘n pragtige beskrywing is dit nie van die karakter van God nie. Dit is die volmaakte beskrywing van liefde. Liefde teenoor ons Maker en liefde teenoor ons Medemens.
Exodus 31: 18 “En Hy het aan Moses, toe Hy geëndig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.”
Deut 4: 13 “Toe het Hy aan hulle Sy verbond verkondig wat Hy hulle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.”
Deut 5:22 “Met hierdie woorde het die Here die hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met ‘n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.”
TIEN GEBOOIE BINNE DIE ARK
Moses se Wetboek langs die Ark Soos ons weet was die Tien Gebooie binne in die ark geplaas wat weer in die ALLERHEILIGSTE geplaas was. Dit het dus die sentrale plek in die HEILIGDOM beklee.
Moses Se Wetboek
Moses se wetboek was weer buite die ark geplaas. Dit het dus ook ‘n prominente plek gehad, tog ondergeskik aan die WET VAN GOD.
Deut 31 :24-26 “En toe Moses die woorde van hierdie wet klaar in ‘n boek geskrywe het tot die einde toe, het Moses aan die Leviete wat die verbondsark van
die Here gedra het, bevel gegee en gesê: Neem hierdie wetboek en sit dit neer aan die kant van die verbondsark van die Here julle God, dat dit daar as getuie teen jou kan wees.”
Dit is dan duidelik dat daar ‘n onderskeid in die Bybel gemaak word tussen die Wet van God (Tien Gebooie) en Die Wet van Moses (Seremoniële & andere).
Seremoniële Wet Aan Die Kruis Genael
Die seremoniële wette wat met sy insettinge vooruit gewys het na die Kruisdood van Jesus het hulle groot vervulling gevind in Golgota. Paulus stel dit as volg in Kolossense.
Ko12:14 “en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael.”
Die Wet Van God Steeds Bindend
Meer as 50 jaar na die kruisdood van Jesus stel Paulus dit onomwonde dat die Wet van God nog steeds bindend is. Terwyl hy dit duidelik stel dat die insettinge nie meer geldig is me.
1Kor 7: 19 “Die besnydenis is niks en die onbesnydenis is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.”
Jesus het dit self ook baie duidelik gestel dat HY nie Sy Wet afgeskaf het nie, maar dit eerder ‘n meer voller betekenis laat kry. Dit word duidelik gestel dat selfs die kleinste besonderheid van die Wet nie verander mag word nie.
Matt 5: 17-19 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemel.
Matt 5: 27,28.Julle het gehoor dat daar aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat net na ‘n vrou kyk om haar te begeer, in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.”
Wet In Ons Harte Geskryf
Die mooi sy van Verlossing is dan ook dat die Wet in ons harte geskrywe word.
Heb 8: 10 “Want dit is die verbond wat Ek na die dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal My wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.”
As jy My lief het

Die Gebooie Is Nie Swaar Nie
Johannes sê dat die gebod nie swaar is nie, omdat met die Wedergeboorte ons die nodige begeerte ontvang.
1Joh 5:3,4 “Want dit is liefde tot God dat ons Sy gebooie bewaar; en Sy gebooie is nie swaar nie. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik die geloof.”
Joh. 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
Joh. 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Joh. 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
Die Wet ons tugmeester na die Here
Gal 3:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
Gal 3:25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ’n tugmeester nie.
Beteken dit dat ons nou kan egbreek en steel?
Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Nie een van ons sal dit maak as ons vandag teen die tein-gebooi te staan kom nie. Dis net uit genade wat ons nie veroordeel word nie. Ons is skuldig aan hierdie liefdes-kode. Die liefde het nog nie ten volle in ons tot wasdom gekom nie. Daarom is ons onder God se genade.
Ro 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
1 Jn 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Rom. 7:1 OF weet julle nie, broeders—want ek spreek met mense wat die wet ken—dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
Rom. 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
In die begin het jy die liefdes gebod gesien en daarna gesmag, maar in jouself kon jy dit nie regkry nie. Nou kom God en maak in jou woning. Omdat jy graag die gebooie deel van jou lewe wil maak, kom God en herskape Sy beeld in jou.

So is die wet in jou wese ‘n bewys dat jy genade gevind het en jy is gered. Die onderhouding van die wet is dus ‘n teken dat jy uit genade gered is.
Rom. 7:7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
Ro 7:12 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.
Daar Is Geen Weerspreking
Paulus weerspreek hom dus geensins as hy sê dat net die daders van die Wet van God regverdig is nie. Paulus verwys ook nie na die Wet van God in Galasiërs 2:16 nie. Lees dit in die Nuwe Vertaling.
Gal 2: 16 “En tog weet ons dat ‘n mens nie van sonde vry gespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.”
Deur Genade Gered
Ons word deur genade gered.
Ons onderhou nie die gebooie om gered te word nie, ons onderhou die gebooie omdat ons gered is.
Dit beteken geensins dat ons nou die wet kan oortree nie. Let mooi op na Paulus se volgende woorde.
Rom 3:31 “Maak ons dan nou die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.”
As jy My lief het



Genade het ons slegs nodig as daar ‘n wet bestaan. As daar geen wet is nie, dan is daar ook geen oortreding nie en dus geen behoefte aan genade nie. Die waarheid is dat ons nog steeds nie mag steel nie, nie mag egbreek nie, ens.
Ons moet altyd onthou dat as die Wet van God deur Wedergeboorte op ons hart geskrywe staan, dan onderhou ons die wet omdat ons gered is en nie om gered te wil word nie. Daar is ‘n dag en nag verskil tussen die twee konsepte.
oorlog teen die wet van God
Open. 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Ons moet dus versigtig wees dat ons nie saam met Satan, ‘n oorlog teen die wet van God het nie. Ons moet nie saam met die duiwel teen God veg nie.
Ons moet onthou dat Satan en die gevalle Engele uit die Hemel gewerp was omdat hulle aan God ongehoorsaam was. Die Probleem lê daarin dat as die Here een persoon in die Hemel sal toelaat wat nie die gebooie van God onderhou of in Belydenis daarvan staan nie, sal die Here Satan en die Gevalle Engele weer moet terugneem in die Hemel.
Satan wil jou graag oortuig dat jy nie die gebooie moet onderhou nie. Dan staan jy saam met hom in rebellie teen God. As God dan een persoon in die Hemel inneem wat Sy gebod verwerp, sal Hy Satan ook moet terugneem.
Genade word verleen aan die wat die wet wil onderhou en nie aan die wat die wet verwerp nie.
Jud 4 Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
Die woord ongebondenheid wys juis uit dat daar mense is wat glo dat jy onder die genade van God staan en dus nie gebonde is om die wet te onderhou nie.
Spr. 28:9 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ’n gruwel.
Hoe ken ons God?
1 Jn 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom—en sy gebooie nie bewaar nie—is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
As ons God ken, ken ons Sy karakter. Sy karakter word weerspieël deur Sy wet van liefde. Dus sal ons Hom net ken as ons Sy gebooie bewaar. Dit is daardie gebooie wat Hy op ons harte skryf wanneer Hy in ons bly.
Die Paspoort Tot Die Hemel
Let mooi op hoe die laaste boek in die Bybel die plek van die wet toelig.
Open 14:12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God bewaar.”
Open 22: 12,14 “En kyk, Ek kom gou, en My loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte van die stad.”
Hier is dit duidelik dat jou dade bewys of jy verlossing ondergaan het of nie. Dit is die wonder van verlossing wat ons in Jesus ontvang. Die sonde het sy houvas op jou verloor.
Rom 8:2 “Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus, het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.”
Die Tien Gebooie = Die Karakter Van God = Liefde
Lesing Media
Lesing 4, Die Wederkoms, pdf: 06 Die Vergete Gebod van God – Openbaring van Jesus Christus – JLL Jordaan.pdf
Volledige klankbaan van Lesing 06 : Die Vergete Gebod van God
Oorspronklike Video van Lesing 06: Die Vergete Gebod van God.mp4
Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en mp4 (video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com