Lesing 4: Die Goeie Nuus
Ds. Louis Jordaan
Die reeks bestaan uit 16 lesings. Ek stel voor dat u by lesing 1 begin en werk stap vir stap deur die lesings. Byna al die verse is aanhalings uit die 1953 Arikaanse Bybel. Onder aan elke lesing kan u die volledige lesing aflaai in pdf, klankgreep en video.
Onderaan die bladsy is die skakels vir die volledige pdf, mp3 en video van die lesing.
Hfst. 4: Inleiding
Jy is geskape in God se beeld
Die Goeie Tyding van Openbaring
Sonder die verlossing wat aan die kruis vir ons bewerk is, is die ewigheid nie vir een van ons moontlik nie. Ons verklaar maklik dat Jesus vir ons op die kruis gesterf het en ja, dit is die grootste liefdes boodskap ooit. Dat God Sy enigste gebore seun gegee het dat nie een verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe mag beërwe. Die vraag is, verstaan ons wat dit werklik beteken. Vir ‘n mens is dit nie moontlik om hierdie saak in sy volheid te verduidelik nie. Net God kan in U hart, hierdie grootste onderwerp begin ontvou. Wanneer ons dan die verse lees, mag God in u hart begin werk.
Met trots: Die Woord van God se eerste drie hoofstukke en laaste drie hoofstukke is in harmonie. Die Eerste 3 hoofstukke van die Bybel vertel ons hoe sonde in die wêreld gekom het. Die Laaste 3 hoofstukke vertel vir ons hoe sonde volkome verwyder gaan word. Van waar alles goed geskape was tot waar alles weer goed herskape word.
Die Hoofstukke tussen in vertel ons hoe God hierdie tragedie van die sonde probleem benader het.
Gen 1:26 “En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.”
Ons is geskape na die beeld van God. Hierdie konsep het baie dieptes. Ons is geskape om te kan “skep” Nie soos God wat uit niks skep nie, maar ons kan motors, kameras, gedigte, liedere… skep. Ons is geskape met die vermoë om morele keuses te kan maak(Free moral agent). Ons het die vryheid van keuse. Ons lyk nie net soos God nie, ons het ‘n baie kragtige verstand gekry. God het ons geskape met ‘n baie hoë ideaal. Ja, jy is na die beeld van God geskape. Ons moet in liefde vir die natuur sorg. Ons heers oor hierdie natuur.
Gen 1:27 “En God het die mens geskape na Sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape, man en vrou het Hy hulle geskape.”
Ja, die man is na God se beeld geskape. Ja, die vrou is na God se beeld geskape. Ja, die huwelik is na God se beeld geskape.
Wat verklaar Dawid oor hierdie saak:
Ps. 8:4 “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, en maan en die sterre wat U toeberei het.”
Dawid was ook ‘n gevalle mens soos u en ek. Hy wonder, soos ons, hoe is dit dat God nog vir ons omgee? Ons wat so hoogmoedig, selfsugtig, eiesinnig, grootpraterig, wreed en leunagtige hart het. Ons verdien nie een enkele goeie gawe nie, hoe is dit dat U aan ons dink?
Ps. 8:5 “wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?”
Wanneer ons die kontras tussen ons en God sien, vra ons die vraag: ”hoe is dit dat U vir ons kom sterf het?” In die kontras lê ‘n beginpunt van die verstaan van die wonder van die kruis. Die vraag op Sy hart is dus, wat is die mens dat U op hom nog ag gee?
Ps. 8:6 “U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.”
Ja, daar is ‘n hoë ideaal wat God vir U en my het. Daar is ‘n ewigheid’s-potensiaal vir die mens.
Ps. 8:7 “U laat hom heers oor die werke van u hande, U het alles onder sy voete gestel
Die mens heers oor die wêreld. Ons het nie baie goed gevaar nie, maar tog heers ons. En baie ontwikkelings, kan ons sien dat daar baie potensiaal in die mens is. Geskape met vir ‘n groot doel.
Dis ons keuse
“Kennis van Goed en kwaad”
Gen 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Elke ouer in hierdie lewe hoop dat hierdie bondeltjie lewe, nie die pad van sonde, verdowingsmiddels en smarte sal loop nie, maar dat die kind vrede, liefde en die volheid van die lewe sal belewe. So hoop elke ouer dat die kind nie die pad van hartseer, ongeluk en verdriet sal loop nie. Net so het God dit ook van ons gehoop. Hy het oggend en aand saam met Adam en Eva gewandel, om hulle op te voed wat die regte pad is. Sodat hulle nie uit ervaring van die slegte moes lees nie. As jy werklik in die dieptes van sonde val en jy deur God se genade daar uitkom, is jy werklik baie bly jy is daar uit. Maar God het van die begin af dit baie duidelik gemaak, die dag as jy die pad van die sonde begin “eet”, begin jy die pad van die dood.
God se woorde was: “…jys sal sekerlik sterwe” Wat was die Satan se eerste konsep aan Eva?
Gen. 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
God het net voor dit verklaar dat jy vernietig gaan word as jy die pad sal volg. Ja jy gaan jou eie ondergang bewerk. Wat verklaar Satan? Dis nie waar nie!!!??? Dis ‘n groot leuen!!! Openlik word God tot ‘n leuenaar verklaar en sonde word aantreklik voorgestel.
Gen 3:5 “maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.”
Die vrou het ingeneem en die leuen het vrugbare grond in haar gevind. Dit het vir haar goed gelyk. Sy het gereken dis ‘n goeie pad, waar sy verstand kan bekom. Nou gaan ek my lewe kan geniet. Ons almal loop hierdie pad en baie van ons het amper te laat besef waarmee ons te doen het. Net deur God se insig besef ons waarmee ons te doen het
Gen 3:6 “Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.”
Die Eerste Dood Ingestel
Onthou God het nie ons geskape om te sterwe nie. God het ons nie geskape om seer te kry en siek te word nie.
Hoor die hartseer in God se stem:
Gen 3:22 “Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!”
Nou verklaar God dat die mens nie in hierdie toestand vir ewig kan leef nie. Wie van ons is nie lewensmoeg nie. Hierdie wêreld met sy sonde is ‘n verwoestende pad. Sonde het die sin in die lewe is uitgedoof. God wil nie hê ons moet in hierdie toestand van haat en nietigheid vir ewig bestaan nie.
Die Aarde Vervloek
Meeste mense dink dadelik as hulle die volgende vers lees, dat God die aarde vervloek het om die mens te straf. Kyk mooi, dis nie wat daar staan nie.Gen 3: 17 “En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie – vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.”
Ons Groot Hoop
Wat ons saai sal ons maai. Ons het gekies om in sonde te loop en dis wat ons dan nou op aarde maai. Ons steek mense met dorings, en die aarde steek ons nou met dorings… Nou voel ons die pad van sonde, ons beleef die pad van sonde. Die aarde gee nie vir ons net liefde nie, want ons saai nou goed en kwaad. Ja, die goed is nog daar binne, maar die kwaad ook.
Gen 3: 18 “Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.”
Gen 3: 19 “In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terug keer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”
Waarheen gaan ons terugkeer? Die eerste dood is nou ingestel. Het God oorspronklik kanker, siekte moeite beplan? Om wie se wil is die aarde nou vervloek? Wat sê Paulus? Wat is die doel hiervan?
Die Groot Hoop
Rom 8:20 “Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het,”
Rom 8:21 “in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.“
Ja, die hele aarde is nou in die sonde nag, die kennis van goed en kwaad wat Eva en Adam gekies het. Met die hoop dat ons die gevolge van sonde kan sien en sal kies om verlos te word. Wat sal dit baat om die hele skepping nuut te maak, as ons nog steeds sonde kies? Ja, net die wat na betere, die liefde, die verlossing smag sal deel hê aan die nuwe Hemel en die nuwe Aarde. Die jammerte is dat meeste mense nie die verlossing aanvaar nie. Ons het ‘n vrye keuse.
Rom 8:22 “Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.”
Dit is wat ons beleef elke dag.
Die Plan Van Verlossing
God het al van die begin af ons verlossing beplan
Gen 3: 15 “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.”
Hier vind ons dat die Belofte van God dat Hy sonde sou oorwin deur Sy Seun. Ja die hele Ou Testament met die offer-stelsel het vooruit verwys na die “Lam van God wat die wêreld van sy sonde sou verlos” (Joh 1:29). Nou lewe ons in die realiteit dat Jesus klaar die prys betaal het, Hy het klaar gekom as die Lam. So het Jesus klaar Satan se kop kom vermorsel. Jesus het Satan kom oorwin op die kruis. Ja Satan is ‘n oorwinde vyand.
• Satan sou steeds nog toegang tot die mens hê, omdat dit ons keuse was om na Satan te luister. Dit word hier gestel dat Satan ons gedurig deur aan die hakskeen sal byt.
Die Laaste Drie Hoofstukke Van Die Bybel
Ons het nou gesien hoe sonde in die wêreld ingekom het. Nou die laaste drie hoofstukkie van die Bybel. Hier wys God ons in sterk simboliek hoe die Sonde tot ‘n einde gaan kom.
Open 20: 1 “En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in, sy hand.”
Satan Gebind Vir Die 1000 Jaar
Open 20:2 “En hy het die draak gegryp – die ou slang wat die duiwel en die Satan is – en hy het hom gebind duisend jaar lank.”
Die Eerste Opstanding & Die Tweede Dood
Open 20:6 “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”
1 Thess 4: 16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.”
1 Thess 4: 17 “Daarna salons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke
weggevoer word en die Here tegemoet in die lug; en so salons altyd by die Here wees.”
Na Die 1000 Jaar
Ons weet nou wat gebeur in die duisend jaar. Maar wat gebeur na die 1000 jaar?
Open 20:7 “En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;”
Open 20:5 “En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend iaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.”
Die Goddelose Vernietig
Open 20:9 “En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.”
Dis nie ‘n leer gedagte nie, maar erens gaan daar ‘n einde aan hierdie wêreld moet kom. Dink aan die egskeidings, die verneuk, die hartseer, die moordenaars, dink aan al die seer in hierdie wêreld. Hieraan moet ‘n einde kom.
Die gevolge van Sonde
Die Nuwe Hemel & Nuwe Aarde
Open 21: 1 “En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.”
Open 21:2 “En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.”
Dit Is Die Waarheid
Open 21:5 “En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.”
God ons Skepper, sit op die troon, ja Hy regeer en Hy verklaar dat Hy alles gaan nuut maak. ‘n Nuwe begin. Ja wanneer daar ‘n nuwe begin gaan wees, gaan ons al ‘n duisend jaar wees saam met God.
Of ons dit glo of nie, maar hierdie sonde nag, hierdie chaos wat ons nou beleef gaan ‘n einde hê.
More gaan jy aan met jou gewone loop van jou lewe, gaan jy toelaat dat hierdie dinge jou innerlike motivering word, Gaan jy lees, hoor en bewaar wat hier geskrywe staan?
Die Paspoort Tot Die Hemel
So wat gaan ons toelating gee tot die Hemel?
Open 22: 14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.”
Verlossing Is Verniet
Open 22: 17 “En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.”
• Die Eerste 3 hoofstukke van die Bybel vertel ons hoe sonde in die wêreld gekom het.
• Die Laaste 3 hoofstukke vertel ons hoe sonde volkome verwyder sal word van die aarde.
- Die hoofstukke tussen in vertel ons hoe God hierdie tragedie van die sonde probleem benader.
Die Gevolge Van Adam Se Sonde
Rom 5: 12 “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het”
Ons kan nie vir een oomblik net vir Adam en Eva die skuld gee vir ons sondes nie. Dit bly ons keuse of ons daardie sonde wil uitoefen of nie. Dit bly ons keuse wat ons doen. Die dood het so na almal deurgekom.
Jes 53:6 “Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom,”
Rom 6:23 “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.”
Erkenning – Belydenis – ‘n Groot Begrip
1 John 1:9 “As ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig,”
Bekering
Spr 28: 13 “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind,”
Ons moet begin erken dat ons ‘n fout het. Ons moet begin besef daar is gevolge aan elke daad wat ons doen. Ja, die Heilige Gees oortuig ons van ons sondes. As ons net na Sy stem wil luister en berou en bely dat ons sondes het.
Bekering
Han 3:19 “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,”
Bekeer beteken om, om te draai. Belydenis is ‘n houdings verandering teenoor God, jouself, asook teenoor andere. Bekering beteken om ‘n U-draai op jou lewenspad te maak. Dit help niks jy erken dan jy jou vrou slaan en jy sê jy is jammer, maar vannaand of Vrydagaand slaan jy haar weer nie.
Bekering Ons Deel Van Die Kontrak
Matt 13:15 “Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie,”
Wedergeboorte
John 3:1 “En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode,”
John 3:2 “Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God met hom is nie.”
Die Nuwe Hemel en Aarde:
John 3:3 “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”
John 3:4 “Nicodemus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?”
John 3:5 “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy die koninkryk van God nie ingaan nie.”
Uit die Gees Gebore
John 3:6 “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.”
John 3:7 “Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie,”
John 3:8 “Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie, So is elkeen wat uit die Gees gebore is.”
Wat is die gevolg van wedergeboorte?
John 14:21 “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet, en Ek sal hom liefhê, en My aan hom openbaar.”
John 14:23 “Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.”
As jy My lief het
Heb 8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.
Nikodémus groei
John 7:50 ” Nikodémus – hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was- sê vir hulle:”
John 7:51 “Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?”
Die Nuwe Nikodémus
John 19:39 “En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ‘n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.”
John 19:40 “En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.”
Wanneer sal Wedergeboorte tot ons kom ???
John 14:21 “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en My aan hom openbaar.”
John 14:23 “Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.”
Matt 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is.”
Werke En Geloof
Jak 2: 17 “Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.”
Jak 2:20 “Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?”
Jak 2:22 “Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?”
Jak 2:24 “Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?”
Ons word dus gered deur geloof, waar die werke ‘n uitvloeisel van die inwerkende krag van God is. Dus loop die twee hand aan hand. Sonder die werke is die geloof dus niks nie, want die werke is die vrug van die geloof. Sonder werke is jou geloof dood.
Deur Sy Krag
John 1:12 “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo;”
Dit Is Sy Werk
Fil 1:6 “Omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus,”
Jud I :24 “Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig.”
Jud 1:25 “Aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.”
Petrus Se Geloofsleer
2 Pet 1:3 “Immers, goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,”
2 Pet 1:4 “waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”
Trappe van Geloof
2 Pet 1:4 “waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”
2 Pet I :5-7 “En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle [I] geloof voeg die [2]deug, en by die deug die [31 kennis, en by die kennis die [4] selfbeheersing, en by die selfbeheersing die [5] lydsaamheid, en by die lydsaamheid die [6] godsvrug, en by die godsvrug die [7] broederliefde, en by die broederliefde die [8] naasteliefde.”
Bekering is Deel Van Die Kontrak
Matt 13: 15 “Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.”
Jon 3: 14 “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,”
John 3:15 “sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
John 3: 16 “Want so liefhet God die wêreld gehad, dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
John 3: 17 “Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur, nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.”Heb 3: 15 “omdat daar gesê word: Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.”
Lesing Media
Lesing 4, Die Wederkoms, pdf: 04 Die Goeie Nuus – Openbaring van Jesus Christus – JLL Jordaan.pdf
Volledige klankbaan van Lesing 04 : Die Goeie Nuus
Oorspronklike Video van Lesing 04: Die Goeie Nuus -JLL-Jordaan.mp4
Elke hoofstuk word aan die einde van die bladsy beskikbaar gestel in pdf (geskrewe formaat), mp3 (klankbaan) en mp4 (video). U is welkom om die materiaal en die webwerf te deel soos u goeddink. Daar is wel een voorwaarde: moet nie die inhoud op enige manier verander dat dit afbreek maak van die oorspronklike nie. As u enige veranderinge aan die oorspronklike wil maak, kontak ds. Louis Jordaan se seun Jaco by info@TeksOpTeks.co.za of TeksOpTeks@gmail.com