Druk hieronder op DOWNLOAD om hierdie studie in ‘n PDF formaat af te laai.
Inleiding:
In Sy grenslose liefde en genade het God Christus, wat geen sonde geken het nie, sonde vir Ons gemaak, sodat ons in Hom die geregtigheid van God gemaak kan word. Onder die ingewing van die Heilige Gees besef ons ons behoefte, erken ons ons sondigheid, het ons berou oor ons oortredinge, en oefen Ons geloof in Jesus uit as Here en Christus, as Plaasvervanger en Voorbeeld. Hierdie geloof wat die verlossing aanneem, kom deur die Goddelike krag van die Woord en is die genadegawe van God. Deur Christus word ons geregverdig, aangeneem as seuns en dogters, en verlos van die heerskappy van die sonde. Deur die Gees word ons herbore en geheilig; die Gees vernuwe ons gees en skryf God se liefdeswet in ons hart, en ons ontvang krag om ‘n heilige lewe te lei. Deur in Hom te bly, word ons deelgenote van die Goddelike natuur en het ons die versekering van verlossing nou en in die oordeel. ( 2 Kor. 5:17-21; Joh. 3:16; Gal. 1:4; Gal. 4:4-7; Titus 3:3-7; Joh. 16:8; Gal. 3:13,14; 1 Petrus 2:21,22; Rom. 10:17; Lukas 17:5; Markus 9:23,24; Efe.2:5-10; Rom. 3:21-26; Kol. 1:13, 14; Rom 8:14-17; Gal. 3:26; Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23; Rom. 12:2; Heb. 8:7-12; Eseg. 36:25-27; 2 Petrus 1:3,4; Rom. 8:1-4; Rom. 5:6-10 )
Die Belewenis van Verlossing
Eeue gelede het die
herder van Hermas gedroom van ‘ n verrirnpelde ou vroutjie wat lank geleef het.
In sy droom het sy met verloop van tyd begin verander: hoewel haar liggaam
steeds oud was en haar hare wit, het haar gelaat jonger gelyk. Eindelik is
haar jeug herstel.
T. F. Torrance het die vrou met die kerk vergelyk.1 Christene kan nie staties wees nie. As die Gees van Christus in die hart heers (Rom. 8:9), verkeer dit in die proses van verandering.
Paulus het verklaar: “Christus [het] … die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee … om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees” (Efe. 5:25-27). So ‘n reiniging is die oogmerk van die kerk. Daarom kan die gelowiges wat die gemeente uitmaak, getuig “al vergaan die uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag na dag vemuwe” (2 Kor. 4:16). “Terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor. 3:18). Hierdie verandering is die uiteindelike inwendige Pinkster.
Dwarsdeur die Skrif
word na die gelowige se ondervinding – verlossing, regverdiging, heiliging,
reiniging en bevryding – verwys as (1) reeds verkry, (2) tans aan
verwesenliking, en (3) om in die toekoms verwesenlik te word. ‘n Begrip van
hierdie drie perspektiewe help om die skynbare teenstrydighede in beklemtoning
op te los wat met regverdiging en heiliging in verband staan. Hierdie hoofstuk is
daarom in drie hoofseksies verdeel, naamlik, die behandeling van verlossing
in die gelowige se verlede, sy hede en sy toekoms.
Die Belewenis van Verlossing in die Verlede
In Feitekennis van God en Sy liefde en weldadigheid is ontoereikend. Om sonder Christus te probeer om vanself goed te wees, is nutteloos. Die belewenis van verlossing wat diep in die siel indring, kom net van God. In verband met hierdie ondervinding het Christus gesê: “As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie …. As iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy die koninkryk van God nie ingaan nie” (Joh. 3:3, 5).
Alleen deur Christus kan ‘n mens verlossing ondervind, “want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die son gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand. 4:12). Jesus het gese: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh. 14:6).
By die ondervinding van verlossing is bekering, belydenis, vergifnis, regverdigmaking en heiligmaking betrokke.
Bekering. Nie lank voordat Hy gekruisig sou word nie, het Jesus aan Sy dissipels die Heilige Gees belowe, wat Hom sou openbaar deur die wêreld te “oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Joh. 16:8). Toe die Heilige Gees met Pinkster wei die volk oortuig het van hul behoefte aan ‘n Verlosser en hulle gevra het wat hulle moet doen, het Petrus geantwoord: “Bekeer julle!” (Hand. 2:37, 38; vgl. 3:19).
1. Wat is bekering? Die woord bekering is [enersyds1 ‘n vertaling van die Hebreeus nacham, wat beteken “om spyt te wees,” of “omjou te bekeer.” Die Griekse weergawe, metanoeo beteken “om van gedagte te verander,” “omberou te hê,” of “omjou te bekeer.” Ware bekering lei tot ‘n radikale verandering van gesindheid teenoor God en die sonde. Die Gees van God oortuig diegene wat Hom aanneem van die erns van die sonde deur hulle ‘n begrip te gee van die geregtigheid van God en hul eie verlorenheid. Hulle voel skuldig en spyt. In ‘n besef dat “hywat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind” (Spr. 28:13), bely hulle spesifieke sondes. Deur die wil doelbewus te beoefen, gee hulle hul volkome aan die Heiland oor en versaak hulle hul sondige leefwyse. Die berou lei dus tot bekering die sondaar keer hom tot God. [Die Bybelse gebruik van bekering in Afrikaans sluit sowel berou soos hierbo vermeld in, as ‘n wegdraai van die sonde na God soos in die Griekse woord epistrophe, “in kering tot,” vgl. Hand. 15:3.-Vertaler}.2
Dawid se berou oor sy sondes van owerspel en moord gee ‘n treffende voorbeeld van hoe hierdie ondervinding die weg baan vir ‘n oorwinning oor die sonde. Toe hy deur die Gees van sy sonde oortuig is, het hy sy sonde verag en betreur en het hy om reinheid gepleit: “Ek ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë.” “Weesmy genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.” “Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees” (Ps. 51:5, 3, 12). Dawid se lewe daarna toon dat die vergifnis van God nie net vergifnis van sonde skenk nie, maar die mens ook van die sonde verlos.
Hoewel berou vergifnis voorafgaan, kan die sondaar deur berou alleen nie die seën van God verwerf nie. Inderwaarheid kan die sondaar nie eens uit homself berou hê nie – dit is die gawevan God (Hand. 5:31; vgl. Rom. 2:4). Die Heilige Gees trek die sondaar na Christus sodat hy tot bekering kan kom in ‘n innige besef van sonde.
2. Motivering vir bekering. Christus het gesê: .”En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek” (Joh. 12:32). Die hart word week en ootmoedig as ons besef dat Christus se dood ons regverdig maak en van die straf van die dood verlos. Dink maar net hoe ‘n veroordeelde in die dodesel moet voel as hy skielik begenadig word.
In Christus word die berouvolle sondaar nie net vergewe nie, maar vrygespreek regverdig verklaar! Hy verdien nie so ‘n behandeling nie en kan dit ook nie verwerf nie. Soos Paulus sê, Christus het gesterf sodat ons regverdig verklaar kon word terwyl ons swak, sondig, goddeloos en vyande van God was (Rom. 5:6-10). Daar is niks wat die hart so diep ontroer as die besef van Christus se vergewende liefde nie. Wanneer sondaars die ondeurgrondelike liefde van God betrag soos dit aan die kruis geopenbaar is, ontvang hulle die kragtigste motivering moontlik tot bekering. Dit is die goedheid van God wat ons tot bekering bring (Rom. 2:4).
Regverdiging. In Sy grenslose liefde en genade het God Christus, “wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Kor. 5:21). Deur geloof in Jesus word die hart deur Sy Gees vervul. Deur hierdie selfde geloof, wat ‘n genadegawe van God is (Rom. 12:3; Efe. 2:8), word berouvolle sondaars regverdig verklaar (Rom. 3:28).
Die woord “regverdiging” is ‘n vertaling van die Grieks dikaioma wat die betekenisse het van “regverdige vereiste, handeling,”regulering,” “geregtelike vonnis.” “regverdige handeling,” en dikaiosis wat beteken “regverdiging,” “vindikasie,” “vryspreking.” Die verwante werkwoord dikaioo wat beteken “omas regverdig verklaar en behandel te word,” “vrygespreek te word,” “geregverdig te word,” “tevindikeer.” “omgeregtigheid te beoefen,” gee meer insigte in die betekenis van die begrip.3
Oor die algemeen is die woord regverdiging in die teologiese sin “die handeling waardeur God ‘n berouvolle sondaar regverdig verklaar of as regverdig beskou. Regverdiging is die teenoorgestelde van veroordeling (Rom. 5:16}.”4 Die grondslag vir hierdie regverdiging is nie ons gehoorsaamheid nie, maar Christus s’n, want “soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe … so sal ook deurdie gehoorsaamheid van Een baie tot regverdiges gestel word” (Rom. 5:18, 19). Hy skenk hierdie gehoorsaamheid aan die gelowiges wat “deur genad e sonder verdienste geregverdig” word (Rom. 3:24). “Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered” (Titus 3:5).
1. Die rol van geloof en werke. Baie mense verkeer onder die wanindruk dat hul status voor God afhang van goeie of slegte dade. In ‘n verduideliking hoe mense voor God geregverdig word, verklaar Paulus ondubbelsinnig dat hy “alles prysgegee het…om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid nie, … maar met die wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof” (Filip. 3:8, 9). Hy het na Abraham verwys, want “hy het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken” (Rom. 4:3; Gen. 15:6). Hy is regverdig verklaar voordat hy die besnydenis ontvang het en nie as gevolg daarvan nie (Rom. 4:9, 10).
Watter soort geloof het Abraham gehad? Die Skrif verklaar: “Deur die geloof het Abraham…gehoorsaam” (Heb. 11:8) toe God hom geroep het, en dat hy sy vaderland verlaat het, “sonder om te weet waar hy sou kom” (Heb. 11:8-10; vgl. Gen. 12:4; 13:18). Dat hy ‘n egte, lewende geloof in God gehad het, is deur sy gehoorsaamheid bewys. Dit was op grond van hierdie dinamiese geloof dat hy geregverdig is.
Die apostel Jakobus het oor ‘n ander misverstand oor regverdiging deur die geloof gewaarsku: dat ‘n mens deur die geloof geregverdig kan word sonder dat jy die nodige werke aan die dag lê. Hy het getoon dat opregte geloof nie sonder werke kan bestaan nie. Soos Paulus het Jakobus Abraham se ondervinding as illustrasie gebruik. Abraham se gewilligheid om sy seun Isak te offer (Jak. 2:21) het sy geloof bewys. “Sienjy dat die geloofsaamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?” het hy gevra (Jak. 2:22). Die geloof, as dit geen werke het nie [is] in sigself dood” (Jak. 2:17).
Abraham se ondervinding het aan die lig gebring dat werke die bewys van ‘n ware verhouding met God is. Die geloof wat aanleiding tot regverdiging gee, is dus ‘n lewende geloof wat werk (Jak. 2:24).
Paulus en Jakobus was dit eens oor regverdiging deur die geloof. Waar Paulus hom uitgespreek het oor die wanbegrip dat regverdiging deur werke verkry kan word, het Jakobus hom oor die ewe gevaarlike dwaling van regverdiging sonder die ooreenkomstige werke uitgespreek. Nòg werke nòg ‘n dooie geloof lei tot regverdiging. Dit kan alleen geskied deur egte geloof wat deur die liefde werk (Gal.5:6) en die siel reinig.
2. Die belewing van regverdiging. Deur regverdiging deur die geloof in Christus word Sy geregtigheid ons toegereken. Ons staan in die regte verhouding met God omdat Christus ons Plaasbekleer is. God, het Paulus gesê, “het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Kor. 5:21). As berouvolle sondaars ondervind ons volkome vergifnis. Ons is met God versoen!
Sagaria se visioen oor Josua die hoëpriester gee ‘n pragtige illustrasie van regverdiging. Josua staan voor die engel van God in vuil klere, wat die besoedeling van die sonde simboliseer. Terwyl hy daar staan, eis die Satan sy veroordeling. Die Satan se beskuldiginge is geregverdig Josua verdien nie om vrygespreek te word nie. Maar in Sy grote genade bestraf God die Satan: “Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?” (Sag. 3:2). Is hy nie vir my kosbaar en bewaar Ek hom op ‘n besondere wyse nie?
Dan beveel die Here dat die besoedelde klere gou verwyder moet word, en verklaar: “Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere” (Sag. 3:4). Ons liefdevolle, genadige God verwerp die Satan se beskuldiginge en regverdig die bewende sondaar en bedek hom met die kleed van Christus se geregtigheid. Soos Josua se vuil klere die sonde voorstel, stel die nuwe kleed die gelowige se nuwe belewenis in Christus voor. In die proses van regverdiging word die sonde wat bely en vergewe is, op die rein en heilige Seun van God oorgeplaas – die Lam wat die sonde dra. “Die onwaardige, berouvolle gelowige word egter met die toegerekende geregtigheid van Christus geklee. Hierdie uitruiling van gewade, hierdie Goddelike, reddende transaksie, is die Bybelse leer van regverdiging.”Die geregverdigde gelowige het vergifnis ontvang en is van sy sondes gereinig.
Die Resltate. Wat is die resultate van bekering en regverdiging?
1. Heiliging. Die woord heiliging is ‘n vertaling van die Grieks hagiasmos, wat “heiligheid,” “toewyding” of “heiliging” beteken, van die woord hagiazo, “omheilig te maak,” “toete wy” of”af tesonder.” Die Hebreeuse woord is kwadasj, “omaf te sonder van gewone gebruik.”
Ware bekering en regverdiging lei tot heiliging. Regverdiging en heiliging is nou aan mekaar verbonde, verskillend, maar nooit van mekaar geskei nie. Regverdiging is wat God vir ons doen, terwyl heiliging is wat God in ons doen.
Nog regverdiging nog heiliging is die gevolg van goeie werke. Albei is alleen aan die genade en geregtigheid van Christus te danke. “Die geregtigheid waardeur ons geregverdig word, word ons toegereken. Eersgenoemde is ons aanspraak op toegang tot die hemel, en laasgenoemde ons geskiktheid vir die hemel.”
Die drie fases van heiliging wat dieBybel vermeld, is: (1) ‘n voldonge feit in die gelowige se verlede; (2) ‘n proses in die gelowige se teenswoordige ondervinding; (3) en die eindresultaat wat die gelowige met die wederkoms van Christus ondervind.
Wat die gelowige se verlede betref, die gelowige word op die oomblik van regverdiging ook geheilig “in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God” (1 Kor. 6:11). Hy of sy word ‘n “heilige.” Op daardie oomblik is die gelowige verlos en hehoort hy volkome aan God.
As gevolg van God se roeping (Rom. 1 :7) word die gelowiges “heiliges” genoem omdat hulle “in Christus” is (Filip. 1: 1; kyk ook Joh. 15:1-7), nie omdat hulle ‘n toestand van sondeloosheid bereik het nie. Verlossing is ‘n teenswoordige ondervinding. “Nasy barmhartigheid,” sê Paulus, “het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees” (Titus. 3:5), en word ons afgesonder en toegewy vir ‘n heilige doel en wandel ons met Christus.
2. Aanneming in die Gesin van God. Terselfdertyd het nuwe gelowiges die “Gees van aanneming” ontvang. God het hulle aangeneem as Sy kinders, wat beteken dat gelowiges seuns en dogters van die Koning is! Hy het hulle Sy erfgename gemaak, “mede-erfgename van Christus” (Rom. 8:15-17). Watter voorreg, eer en vreugde! 3. Die versekering van verlossing. Regverdiging bring ook die versekering van die gelowige se aanneming. Dit wek die vreugde om nou met God herenig te wees. Afgesien van hoe sondig ‘n mens se verlede was, vergewe God alle sondes en verkeer ons nie langer onder die oordeel en vloek van die wet nie. Verlossing het ‘n werklikheid geword: “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade” (Efe. 1:7),
4. Die begin van ‘n nuwe en triomfantlike lewe. Die besef dat die Heiland se bloed ons sondige verlede bedek, bring genesing vir liggaam, siel en gees. Skuldgevoelens is nou oorbodig, want in Christus is alles vergewe, alles is nuut. Deur Sy genade daagliks te skenk, begin Christus om ons na die beeld van God te verander.
Namate ons geloof in Hom toeneem, vorder ons genesing en vernuwing, en gee Hy ons meer en meer oorwinnings oor die magte van die duisternis. Die feit dat Hy die wêreld oorwin het, waarborg ons verlossing van die slawemy van die sonde (Joh. 16:33).
5. Die gawe van die ewige lewe. Ons nuwe verhouding met Christus bring die gawe van die ewige lewe met hom mee. Johannes het bevestig: “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Joh. 5:12). Ons sondige verlede is uitgewis; deur die inwoning van die Gees kan ons nou die seëninge van verlossing geniet.
Hoe Verlossing die Hede Raak
Omdat die bloed van Christus reiniging, regverdiging en heiliging bring, is die gelowige ” ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor. 5:17).
‘n Oproep om ‘n Lewe van Heiliging. Verlossing beteken ook om ‘n geheiligde lewe te lei op die grondslag van wat op Golgota volbring is. Paulus het op gelowiges ‘n beroep gedoen om eties heilig en sedelik te leef (1 Thess. 4:7). Om hulle in staat te stel om die heiliging te ondervind, gee God aan gelowiges die “Geesvan heiligheid” (Rom. 1:4). “Dat Hy aan julle mag gee,” sê Paulus, “na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon” (Efe. 3:16, 17).
Omdat hulle ‘n nuwe skepping is, het gelowiges nuwe verantwoordelikhede. Netsoos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking” (Rom. 6:19). Voortaan moet hulle “in die Gees” lewe (Gal. 5:25).
Gelowiges wat deur die Gees vervul is, wandel nou nie meer “na die vlees” nie, maar na die Gees” (Rom. 8:1; vgl. 8:4). Hulle is vernuwe, want”wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede” (Rom. 8:6). Deur die inwoning van die Gees van God is hulle nie in die vlees nie, maar in die Gees” (Rom. 8:9).
Die hoogste strewe van die lewe wat deur die Gees vervul is, is om God te behaag (1 Thess. 4:1). Heiliging is die wil van God, het Paulus gesê. Daarom moet “julle jul onthou van hoerery,” en uniemand [moet] sy broeder in hierdie saak bedrieg en benadeel nie…want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking” (1 Thess. 4:3, 6, 7).
Die Innerlike Verandering. Met die Wederkoms sal ons liggaamlik verander word. Hierdie verderflike, sterflike liggaam sal met onsterflikheid beklee word (1 Kor. 15:51-54). Maar ons karakter moet ook ‘n verandering ondergaan ter voorbereiding vir die wederkoms.
Karakterverandering raak die verstandelike en geestelike aspekte van die beeld van God, die “innerlike mens” wat daagliks vernuwe moet word (2 Kor. 4:16; vgl. Rom. 12:2). Daarom, soos die ou vroutjie in die herder van Hermas se storie, word die kerk innerlik jonger – elke Christen wat sy lewe volkome oorgelewer het, word van heerlikheid tot heerlikheid verander totdat sy of haar vernuwing na die beeld van God met die Wederkoms volkome sal wees.
1. Die betrokkenheid van Christus en die Heilige Gees. Alleen die Skepper kan ons lewe herskep en dit verander (1 Thess. 5:23). Hy doen dit egter nie sonder ons medewerking nie. Ons moet wees waar die Gees werk, en ons kan dit doen deur na Christus op te sien. terwyl ons die lewe van Christus betrag, herstel die Heilige Gees die fisieke, verstandelike en geestelike vermoëns (vgl. Titus 3:5). Die werk van die Heilige Gees is deels om Christus te openbaar en om Sy beeld in ons te herstel (vgl. Rom. 8:1-10).
God verlang om in Sy kinders te woon. Dit was omdat Hy belowe het “Ek sal in hulle woon” (2 Kor. 6:16; vgl. 1 Joh. 3:24; 4:12) dat Paulus kon sê: “Christus leef in my” (Gal. 2:20; Joh. 14:23). Omdat die Skepper daagliks in die gelowiges woon, verkwik Hy hulle innerlik (2 Kor. 4:16), en vernuwe Hy hul gees (Rom. 12:2; kyk ook Filip. 2:5).
2. Om in die Goddelike natuur te deel. Christus se “grootste en kosbare beloftes” stel Sy Goddelike krag beskikbaar om die vernuwing van ons karakters te voltooi (2 Pet. 1 :4). Hierdie toegang tot die krag van God stel ons in staat om “metaanwending van alle ywer by julle geloof [tel voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde (2 Pet. 1 :5-7). “As hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem,” sê Petrus, “laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind” (2 Pet. 1:8,9).
a. Alleen deur Christus. Wat mense na die beeld van hul Skepper verander, is die bekleding met Jesus Christus en die deelneming in Hom (Rom. 13:14; Heb. 3:14), die “vernuwing deur die Heilige Gees” (Titus 3:5). Dit is die vervolmaking van die liefde van God in ons (1 Joh. 4:12). Hier is ‘n verborgenheid so groot soos die van die menswording van die Seun van God. Net soos die Heilige Gees die Goddelike Christus in staat gestel het om met die menslike natuur beklee te word, so stel die Gees ons ook in staat om met die Goddelike natuur beklee te word. Hierdie aanwending van die Goddelike natuur vernuwe die innerlike mens en maak ons Christelik, hoewel op ‘n ander vlak: Waar Christus mens geword het, word gelowiges nie Goddelik nie. Hulle word wel soos God in aard.
b. ‘n Dinamiese proses. Heiliging geskied geleidelik. Deur gebed en Bybelstudie hou ons voortdurend al meer gemeenskap met God.
In Bloot intellektuele begrip van die verlossingsplan is nie genoeg nie. “As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie,” het Jesus gesê, “het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom” (Joh. 6:53-56).
Sy beeldspraak dra ‘n kragtige boodskap oor dat gelowiges die woorde van Christus moet assimileer. “Diewoorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe” (Joh. 6:63); kyk ook Matt. 4:4).
Die karakter bestaan uit wat die gees “eeten drink.” As ons die brood van die lewe verteer, word ons verander na die beeld van Christus.
3. Die twee transformasies. In 1517, in dieselfde jaar waarin Luther sy 95 stellings aan die deur van die kasteelkerk in Wittenberg, Duitsland, gespyker het, het Rafael in Rome begin skilder aan sy beroemde Verheerliking. Die twee gebeurtenisse het iets gemeen. Luther se daad was die geboorte van die Protestantisme, en Rafael se skildery het, hoewel nie doelbewus nie, die gees van die Hervorming uitgebeeld.
Die skildery toon Christus op die berg, en die besetene kyk hoopvol op na Hom van onder uit die vallei (vlg. Markus 9:2-29). Die twee groepe dissipels – die een op die berg en die ander in die dal – beeld twee tipes Christene uit.
Die dissipels op die berg wou by Christus bly, skynbaar onbegaan oor die behoeftes van die vallei daaronder. Deur die eeue heen het baie op die “berge” gebou, ver verhewe bo die behoeftes van die wêreld. Hul ondervinding is gebed sonder werke.
Daarenteen het die dissipels in die dal sonder gebed gewerk – en hul pogings om die duiwel uit te dryf, het misluk. Menigtes is al vasgevang in die strik om of sonder krag te werk, of om veel te bid sonder om vir ander te werk. Albei tipes het nodig dat die beeld van God in hulle herstel word.
a. Die ware transformasie. God wil sondige wesens graag na Sy beeld verander deur die wil, die gemoed, die drange en die karakter te vernuwe. Die Heilige Gees bied gelowiges ‘n gewisse verandering van gesindheid. Sy vrugte, “liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing” (Gal. 5:22), maak nou hul nuwe lewenswyse uit – selfs al bly hulle verderflike sterflinge tot met Christus se wederkoms.
As ons Hom nie weerstaan nie, “sal Hy hom so met ons gedagtes en strewe vereenselwig, ons hart en gees so met Sy wil laat saamsmelt, dat ons, as ons Hom gehoorsaam, maar net ons eie impulse sal uitvoer. Die wil, gelouter en geheilig, sal sy hoogste behae in Sy diens vind. “9
b. Die twee bestemmings. Christus se verheerliking bring nog ‘n treffende kontras aan die lig. Christus is verheerlik, maar die seun in die vallei is ook verander. Die seun is in ‘n demoniese beeld verander (kyk Markus 9:1-29). Hier sien ons twee teenstellende planne aan die werk – God se plan om ons te herstel, en die Satan s’n om ons te verderwe. Die Skrif sê God is in staat om ons “vir struikeling te bewaar” (Judas 24). Die Satan, daarenteen, doen sy bes om ons in ons sondige toestand te hou.
Die lewe gaan met voortdurende verandering gepaard. Daar is geen neutrale terrein nie. Ons word of veredel of verlaag. Ons is of “diensknegte van die sonde,” of ons het”diensbaar geword aan die geregtigheid” (Rom. 6:17, 18). Wie ook al ons gees bewoon, beset ons. As Christus deur die Heilige Gees ons gees beset, word ons soos Christus – ‘n lewe wat deur die Gees vervul is, neem “elke gedagte gevange … tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor. 10:5). Om egter sonder Christus te wees, sonder ons af van die bron van die lewe en verandering, en maak ons uiteindelike vernietiging onvermydelik.
Die Volmaaktheid van Christus. Wat is die Bybelse volmaaktheid? Hoe kan dit verkry word?
1. Bybelse volmaaktheid Die woorde “volmaak” en “volmaaktheid” is vertalings van die Hebreeuse tam en tamim, wat “volkome,” “reg,” “vreedsaam,” “heel,” “gesond,” of “onskuldig” beteken. Oor die algemeen beteken die Griekse teleios “volkome,” “volmaak,” “volwasse,” “uitgegroei,” “tenvolle ontwikkel,” en “dat die doel verwesenlik is.” 10
Waar dit in die Ou Testament na die mens verwys, het die woord ‘n relatiewe betekenis. Noag, Abraham en Job was al drie beskryf as volmaak of onberispelik (Gen. 6:9; 17:1; 22:18; Job 1:1, 18), hoewel elkeen van hulle tekortkominge gehad het (Gen. 9:21; 20; Job 40:2-5).
In die Nuwe, Testament beskryf volmaak dikwels volwasse mense wat na hul beste vermoë geleef het volgens hul beskikbare lig, en wat die potensiaal van hul geestelike, verstandelike en liggaamlike vermoëns bereik het (vgl. 1 Kor. 14:20; Filip. 3:15; Heb. 5:14). Gelowiges moet in hul beperkte sfeer volmaak wees, het Christus gesê, soos God volmaak is in Sy perkelose en absolute sfeer (vgl. Matt. 5:48). In die oë van God is ‘n volmaakte mens een wie se hart en lewe geheel en al aan die aanbidding en diens van God toegewy is, wat voortdurend in die kennis van God toeneem, en wat deur die genade van God leef volgens die lig wat hy ontvang het en hom verheug in ‘n lewe van oorwinning (vgl. Kol. 4:12; Jak. 3:2).
2. Volkome volmaaktheid in Christus. Hoe kan ons volmaak wees? Die Heilige Gees bring ons die volmaaktheid van Christus. Deur die geloof word die volmaakte karakter van Christus ons s’n. Mense kan nooit aanspraak op daardie volmaaktheid as hul eie maak, asof dit hul ingebore besit is of dat hulle dit met reg kan eis nie. Volmaaktheid is ‘n gawe van God.
Mense kan by niemand anders as Christus geregtigheid verkry nie. “Wie in My bly, en Ek in hom,” het Hy gesê, “hy dra veel vrug, want sonder My kan julle niks doen nie” (Joh. 15:5). “Dit is Christus wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing” (1 Kor. 1 :30).
In Christus maak hierdie hoedanighede ons volmaaktheid uit. Hy het ons heiliging en verlossing eens en vir altyd volbring. Niemand kan byvoeg by wat Hy verrig het nie. Ons bruilofskleed, ons gewaad van geregtigheid, is deur die lewe,dood en opstanding van Christus geweef. Die Heilige Gees neem nou die voltooide produk en werk dit uit in die Christen se lewe. So kan ons “vervul … word tot al die volheid van God” (Efe. 3:19).
3. Voort na volmaaktheid. Watter rol speel ons as gelowiges in al hierdie dinge? Deur die inwonende Christus vorder ons tot geestelike volwassenheid. Deur God se gawes aan Sy kerk kan ons ontwikkel “tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus” (Efe. 4:13). Ons moet ons geestelike kinderskoene ontgroei (Efe. 4:14), verby die basiese waarhede van die Christelike ervaring tot by die “vaste spyse” wat vir volwasse gelowiges wag (Heb. 5:14). “Daarom,” sê Paulus, “moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan” (Heb. 6:1). “Dit bid ek,”het hy gesê, “dat julle liefde nog meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God” (Filip. 1:9-11).
Die gewyde lewe is nie sonder ernstige moeilikhede en struikelblokke nie. Paulus het gelowiges vermaan: “Werk julle eie heil uit met vrees en bewing.” Maar daarby het hy bemoedigende woorde gevoeg, “want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae” (Filip. 2:12, 13).
“Vermaan mekaar elke dag,” het hy gesê, “sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou” (Heb. 3:13, 14; verg. Matt. 24:13).
Die Skrifvermaan ons egter: “As ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel”(Heb.10:26, 27).
Hierdie vermaninge maak dit duidelik dat Christene “meeras ‘n blote wettiese regverdiging of heiliging nodig het. Hulle het ‘n heilige karakter nodig, hoewel die verlossing altyd deur die geloof is. Ons aanspraak op die hemel berus alleen op die geregtigheid van Christus. Benewens regverdiging voorsien die verlossingsplan van God deur hierdie aanspraak ‘n geskiktheid vir die hemel deur die inwonende Christus. Hierdie geskiktheid moet in die mens se sedelike karakter geopenbaar word as bewys dat verlossing gebeur het.”11
Wat beteken dit in praktiese terme? Voortdurende gebed is onontbeerlik vir die lei van ‘n toegewyde lewe wat op elke stadium van sy ontwikkeling volmaak is. “Daarom hou ons nie op…om vir julle te bid dat… julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug dra en in die kennis van God mag groei” (Kol. 1:9, 10).
Daaglikse Vernuwing van Regverdiging. Alle gelowiges wat in die krag van die Gees die gewyde lewe lei (deur Christus besit word), het voortdurend nodig om daagliks geregverdig te word (deur Christus gegee). Ons het dit nodig weens bewuste oortredings en weens foute wat ons onwetend mag begaan. Dawid, wat die sondigheid van die mensehart geken het, het vergifnis vir sy “verborge” sondes gevra (Ps. 19:14; vgl. Jer. 17:9). In ‘n spesifieke verwysing na die sondes van gelowiges stel God ons gerus met “as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige” (1 Joh. 2:1).
Die Belewenis van Verlossing en die Toekoms
Ons verlossing is finaal en volkome afgehandel as ons of met die opstanding verheerlik word, of lewend in die hemel opgeneem word. Met die verheerliking deel God Sy uitnemende heerlikheid met die verlostes. Dit is die hoop waarna ons almal, as die kinders van God, vooruitsien. Paulus het gese: “Ons roem in die hoop op die heerlikheid van God” (Rom. 5:2).
Dit word met die Wederkoms vervul wanneer Christus verskyn”aan die wat Hom verwag tot saligheid” (Heb. 9:28).
Verheerliking en Heiliging. Die inwoning van Christus in ons hart is een van die voorwaardes vir toekomstige verlossing – die verheerliking van ons sterflike liggame. “Christus onder julle,” het Paulus gesê, is “die hoop van die heerlikheid” (Kol. 1 :27), en elders het hy verduidelik: “As die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julie sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon” (Rom. 8:11). Paulus gee ons die versekering dat “God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiliging van die Gees en geloof in die waarheid … om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry” (2 Thess. 2:13, 14).
In Hom is ons reeds in die troonsaal van die hemel (Kol. 3:1-4). Diegene wat “die Heilige Gees deelagtig geword het,” het in werklikheid “die kragte van die toekomstige wêreld” gesmaak (Heb. 6:4, 5). Deur die heerlikheid van die Here te betrag en ons oë op die lieflikheid van Christus se karakter te vestig, “word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid” (2 Kor. 3:18) – ons word voorberei vir die verheerliking wat ons met die Wederkoms sal ondervind.
Ons uiteindelike verlossing en aanneming as ‘n kind van God vind in die toekoms plaas. Paulus sê: “Die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God,” en voeg daarby “ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam” (Rom. 8:19,23; vgl. Efe. 4:30).
Hierdie klimaktiese gebeurtenis vind plaas “op die tye van die wederoprigting van alle dinge” (Hand. 3:21). Christus noem dit “die wedergeboorte” (Matt. 19:28). Dan sal “die skepping self vrygemaak…word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God” (Rom. 8:21).
Die skriftuurlike siening dat die aanneming en verlossing in ‘n sekere sin “reeds” voleindig is en dat hulle in ‘n ander sin nog nie ‘n werklikheid is nie, het party mense verwar. ‘n Ondersoek na die volle omvang van die werk van Christus as Verlosser verskaf die antwoord. “Paulus het ons huidige verlossing met die eerste koms van Christus geassosieer. In die historiese kruis, opstanding en hemelse bediening van Christus is ons regverdiging en heiliging eens en vir altyd verseker. Ons toekomstige verlossing, die verheerliking van ons liggame, het Paulus egter met die wederkoms van Christus geassosieer. “Om hierdie rede kan Paulus tegelykertyd sê: ‘Ons is gered,’ met die oog op die kruis en opstanding van Christus in die verlede; en ‘ons is nog nie verlos nie,’ met die oog op die toekomstige wederkoms van Christus om ons liggame te verlos.”12
Om ons huidige verlossing te beklemtoon tot uitsluiting van ons toekomstige verlossing wek ‘n verkeerde, ongelukkige begrip van Christus se voltooide verlossing.
Verheerliking en Volmaaktheid. Party mense glo verkeerdelik dat die uiteindelike volmaaktheid wat die verheerliking sal bring, reeds vir die mens beskikbaar is. Maar aangaande homself het Paulus, daardie toegewyde man van God, teen die einde van sy lewe geskryf: “Niedat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Jesus Christus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Filip. 3:12-14).
Heiliging is ‘n lewenslange proses. Perfeksie tans is alleen in Jesus Christus, maar die uiteindelike, alomvattende transformasie van ons lewens na die beeld van God sal eers met die Wederkoms plaasvind. Paulus waarsku: “Wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie” (1 Kor. 10:12). Die geskiedenis van Israel en die lewe van Dawid, Salomo en Petrus is ernstige waarskuwings vir almal. “So lank as wat ons lewe, is dit nodig om die geneenthede en die hartstogte doelgerig te bewaak. Daar is innerlike verderwing, daar is uiterlike versoekings, en waar die werk van God ook al sal uitgebou word, beoog die Satan om omstandighede so te reël dat die versoeking die siel met oorweldigende krag sal tref. Nie een oomblik kan ons veilig wees nie. Alleen as ons op God vertrou, is die lewe met Christus in God verskans.”13
Ons uiteindelike skeppende transformasie word volbring wanneer ons onverderflikheid en onsterflikheid ontvang, wanneer die Heilige Gees die oorspronklike skepping volkome herstel.
Die Grondslag van Ons Aanneming by God
Nòg ‘n Christelike karakter, nòg onberispelike gedrag is die grondslag van ons aanneming by God. Reddende geregtigheid kom van die regverdige Mens, Jesus, en word deur die Heilige Gees aan ons oorgedra. Ons kan niks bydra tot Christus se gawe van geregtigheid nie; ons kan dit alleen ontvang. Niemand anders as Christus is regverdig nie (Rom. 3:10); op sigself is menslike geregtigheid net ‘n besoedelde kleed Jes. 64:6; kyk ook Dan. 9:7,11,20; 1 Kor. 1:30).14
Selfs ons handelinge ten antwoord op Christus se reddende liefde kan nie die grondslag van ons aanneming by God vorm nie. Die aanneming word met die werk van Christus geïdentifiseer. Deur Christus na ons te bring, bring die Heilige Gees daardie aanneming. Berus ons aanneming by God op Christus se regverdigende geregtigheid, of op Sy heiligende geregtigheid, of op albei? Johannes Calvyn het daarop gewys dat aangesien “Christus nie onderverdeel kan word nie, is die twee dinge, regverdiging en heiliging, wat ons as verenig in Hom sien, onskeibaar.”15 Die bediening van Christus moet in sy geheel gesien word. Dit maak dit van die uiterste belang dat gissing oor die twee terme deur “te poog om die onderskeidingspunte tussen regverdiging en heiliging in fyne besonderhede te omskryf… “vermy moet word.
“Waarom moet ons probeer om op fyner detail as die Inspirasie in te gaan oor die belangrike vrae rakende geregtigheid deur die geloof? “16
Net soos die son lig en hitte het onskeibaar maar tog met unieke funksies so het Christus vir ons sowel geregtigheid as heiliging geword (1 Kor. 1:30). Nie alleen word ons in Hom volkome geregverdig nie, maar ook volkome geheilig. Die Heilige Gees bring die”dit is volbring” van Golgota na die hart en wend so die enigste belewenis van God se aanneming van die mensdom vir ons aan. Hierdie “dit is volbring” van die kruis werp twyfel op alle ander pogings van die mens om aanneming te verkry. Deur die Gekruisigde in die hart in te voer, verskaf die Heilige Gees die enigste grondslag vir ons aanneming by God en voorsien sodoende die enigste ware aanspraak tot en geskiktheid vir verlossing wat vir ons beskikbaar is.
Videos en Klankbane:
Kyk of luister nou na die lesings hieronder wat ‘n indiepte bespreking lewer oor die Woord van God. Beantwoord daarna die vrae.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Vrae:
Druk hieronder op TERUGVOER om die paar kort vragies te beantwoord.
TERUGVOER
Addisionele hulpbronne:
Vind hieronder nog hulpbronne wat jou sal help om hierdie onderwerp nog beter te verstaan.
INSERT VIDEO HERE
INSERT SOUNDTRACK HERE
Verwysings:
1. T. F. Torrance, Royal Priesthood” Scottish Journal of Theology Occasional Papers, No.3 (Edinburgh: Oliver and Boyd, 1963), bl. 48.
2. Kyk “Conversion” en “Repent, Repentance,” SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 235, 933.
3. W. E. Vine, An Expository Dictionary of the New Testament Words (Old Tappan, NJ: Fleming H. Revell, 1966), bl. 284-286; William F. Arndt en F. Wilbur Gingrich, A Greek English Lexicon of the New Testament and Other Early Christian Literature (Chicago, IL: University of Chicago Press, 1973), bl. 196.
4. “Justification,” SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 635.
5. LaRondelle, bl. 47.
6. “Sanctification,” SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 979.
7. Ibid.
8. White, Messages to Young People (Nashville, TN: Southern Publishing Association, 1930), bl. 35.
9. White, Die Koning van die Eeue, Mst. 73, par. 22.
10. “Perfect, Perfection” SDA Bible Dictionary, hers. uitg., bl. 864.
11. LaRondelle, bl. 77.
12. Ibid, bl. 89.
13. White in SDA Bible Commentary, hers. uitg., dee1 2, bl. 1032.
14. In ‘n kommentaar oor Christus, ons Hoëpriester, het White gesê: “Die godsdienstige seremonies, die gebede, die lof, die berouvolle belydenis van sonde styg soos wierook van die ware gelowiges op na die hemelse heiligdom, maar omdat hulle deur die verdorwe kanale van die mensheid gaan, is hulle so besoedel dat tensy hulle deur bloed gereinig word, hulle nooit waarde vir God kan hê nie. Hulle styg nie in vlekkelose reinheid op nie, en tensy die Middelaar, wat aan God se regterhand staan, alles deur Sy geregtigheid aanbied en reinig, is dit nie vir God aanneemlik nie. Alle wierook van aardse tabernakels moet bevog word deur die reinigende bloed van Christus” (Selected Messages, deel l, bl. 344).
15. J. Calvyn, Institutes of the Christian Religion (Grand Rapids: Associated Publishers and Authors, Inc. n.d.), III, 11, 6.
16. White in SDA Bible Commentary, hers. uitg., dee1 6, bl. 1072.